Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
(1891)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekend
[pagina 26]
| |
Wat andere seg:‘Mense skep ni nuwe woorde uit di hand uit ni, hulle stel dit same uit oue boustoffe,’ - seg Whitney in syn meer angehaalde werk, bl. 126. So het onse Afrikaners oek ni onse woorde geskep ni, mar dit uit oue bouwstoffe geneem. Mar hoe? Ni soos di Engelsman, samegelap uit alle molike tale ni, soos ons gesien het bij di behandeling van di eerste stelling ni. Ne, ons het ons so na as molik is an di Germaanse taalskat gehou en daaruit onse woorde ontleen. Nader selfs as Hollans, want terwyl Hollans 'n menigte basterwoorde uit Latyn en Frans o'ergeneem het, was ons hiir an di Kaap van Hollanse invloede afgeskei en is van di verbastering bewaard gebly. So merk Dr. Brill tereg op, hoe Afrikaans veul o'ereenkoms het met di oue Hollans van di 17 en 18de eeuw, en nog verskeie van di oue woorde gebruik, wat in nuwerwetse Hollans ni meer voorkom ni, soos Landdros, Veldkornet, tabberd, ens. - Gesk. Afr. Taalbew. bl. 34, 35. | |
Wat ons tot bevestiging hiir by voeg.Party van onse teenstanders het geseg: ‘Afrikaans is 'n brabbeltaal, 'n mengelmoes van allerhande tale.’ Andere het geseg: ‘Dis 'n Hottentots taal, wat ons van di volk geleer het.’ Nou dis mense wat praat sonder te denk, en hulle sinnelose geklap is dan oek gen notisi wêrd ni. Ons daag enig een uit om ons 'n suiwerder Germaanse taal an te wys onder alle gesproke takke van di taalstam. En dis wel opmerkelik, dat onse taal so seer syn suiwer Germaanse karakter behou het, terwyl daar tog so veul gevaar was tot vermenging met andere elemente. 1. Vereers was di Kaap mar 'n ankomsplek ver di skepe van alle nasiis, Engelse, Franse, Portugese, ens. Di vaste volkplanting hiir was mar klein. Wonder dus dat deur di vermenging hiir ni 'n spraakverwarring gekom het nes by di Toren van Babel, of soos an Mauritius, en andere plekke ni. 2. Di ankoms van di Franse Vlugtelinge, wat toen omtrent 'n derde van di bevolking uitgemaak en hulle taal nog lank behou het, was 'n twede gevaar ver taalverbastering. En tog kryg jy gen dosyn Franse woorde wat burgerreg gekry het in | |
[pagina 27]
| |
onse taal ni. Wel het ons wat van di Franse gees in onse taal opgeneem, soos ons later sal siin, mar amper gen Franse woorde ni. 3. 'n Derde gevaar het di suiwerheid van onse taal bedreig deur di omgang van di verspreide Europése bevolking met di menigtes van Kleurlinge, Kaffers en Hottentots; en tog sal jy ni 'n dosyn Kaffer of Hottentot woorde kry wat in onse taal opgeneem is ni. Alleen enkele Slamse woorde is in onse kombuistaal opgeneem, soos later sal blyk. 4. Mar di grootste gevaar was, dat Engels meer as 'n drikwart eeuw an ons opgedring is as offisiële taal in Parlement, publieke Kantore, as middel van onderwys op di skole, ja selfs in onse kerke; bowedien deur handelsverkeer. En tog is daar gen 25 Engelse woorde wat burgerreg verkry het in di Afrikaanse taal ni. Alleen nou in di laaste jare, veral deur di Engelse meisiis skole, begin Engelse woorde onse taal, in enkele kringe van di samelewing, te ontsier, soos ons later sal siin. Mar suiwer, buiten alle verwagting, haas sonder voorbeeld, is onse taal gebly. Vergelyk byv. met Engels. Hoor wat Max Müller seg: ‘Deur 'n noukeurige opneming en deur elke woord te tel in di woordeboeke van Robertson en Webster, het M. Thommerel di feit vasgestel, dat di getal Teutonise of Saxise woorde in Engels mar 13,330 bedraag teen 29,354 woorde wat regstreeks of sydelings tot hulle Latynse oorsprong kan nagespoor worde... Ons kan hele sinne vorm in Engels, wat net uit Latynse of Romaanse woorde bestaat.’ - Lectures on the Science of Languages. Dus met Engels hoef ons ni eens onse taal te vergelyk wat suiwerheid angaat ni. Mar laat ons dit met Hollans vergelijk. Ons sal daartoe neem di Reels van di Z.A. Taalbond, met net te onderstreep di woorde wat van vreemde, en ni van suiwer Germaanse, afkoms is. Ons neem di Reels omdat ons tog kan verwag dat dit in suiwer Hollans is, en omdat onse teenparty anders molik sal sê, dat ons opsettelik 'n keuse ten nadele van Hollans gedaan het: - | |
Statuten van den Zuid Afrikaanschen Taalbond.Art. 1. Er bestaat een Zuid-Afrikaansche Vereeniging onder den naam van ‘Zuid-Afrikaansche Taalbond.’ | |
[pagina 28]
| |
Art. 2. Het doel van de Vereeniging is: Bevordering van de kennis der volkstaal en aankweeking van een ontwikkeld nationaliteitsgevoel. Art. 3. Het in Art. 2 omschreven doel tracht de Vereeniging te bereiken door: a. In overleg met reeds bestaande vereenigingen te zorgen voor de verspreiding van geschikte lektuur en schoolboeken. b. Het uitloven van prijzen of beurzen aan leerlingen op onze scholen voor vordering in de volkstaal. c. De taalkwestie voor de aandacht van het publiek te houden en de belangstelling in de goede zaak op te wekken. d. Het uitloven of toekennen van prijzen of eervolle onderscheidingen voor hier te lande geschreven of vertaalde stukken (werken) in de volkstaal. e. Met de Regeering des lands, den Afrikaner Bond en de Kerkelijke Lichamen samen te werken ter bereiking van het doel der Vereeniging. Art. 4. Stemgeregtigde leden der Vereeniging zijn zij, die tot het in Art. 2 omschreven doel toetreden en eene jaarlijksche bijdrage van minstens Vijf Shillings vooruit betalen. Donateurs zijn zij, die minsten Vijf Pond sterling in eens in de kas der Vereeniging storten, waardoor hun levenslang het stemrecht verzekerd wordt. Art. 5. In elke plaats, waar minstens tien leden wonen, wordt een tak opgericht, die zijn eigen bestuursleden kiest. Art. 6. Om de twee of drie jaren zal er een Congres gehouden worden, dat, om centralisatie te voorkomen, beurtelings op verschillende middelpunten bijeenkomt, en waarop alleen afgevaardigden (uit ieder tak één) der verschillende takken, als stemgeregtigden zullen worden beschouwd. Art. 7. Dit Congres kiest een hoofdbestuur, aan hetwelk tot het eerstvolgend Congres de behartiging van alle belangen der Vereeniging wordt toevertrouwd, en waarvan de leden telkens gezamenlijk of afzonderlijk verkiesbaar zijn. Art. 8. Het Hoofdbestuur der Vereeniging bestaat uit zeven leden, waaronder een Voorzitter, een vice-Voorzitter, een Secretaris en een Penningmeester, door het Hoofdbestuur zelf te kiezen. Vijf leden vormen een quorum. Bij afwezigheid van één of meer der gewone leden wordt het quorum uit de reserve leden aangevuld. Bij mogelijke vacature gedurende het tijdperk tusschen de Congressen vult het Hoofdbestuur zich zelf aan. Art. 9. Het Hoofdbestuur behartigt de zaken der Vereeniging bij briefwisseling, of komt, als het zulks noodig acht op een geschikt middelpunt samen. De vergoeding der onkosten geschiedt uit de algemeene fondsen. | |
[pagina 29]
| |
Art. 10. Het Hoofdbestuur is belast met: a. Het behartigen van de doeleinden van de Vereeniging, genoemd onder Art. 2, en het aanwenden van de middelen vermeld onder Artikel 3. b. Met de uitvoering van wat er verder door het Congres besloten wordt betreffende de openbare examens, de opleiding van onderwijzers, de aanstelling van Schoolinspecteurs, enz. Art. 11. Het Hoofdbestuur zal gehouden zijn, jaarlijks een verslag van zijne verrigtingen en van den staat der geldmiddelen onder de leden te verspreiden. Art. 12. De Vereeniging bedient zich, met toestemming en onder goedvinden van den Redakteur, van het ‘Zuid-Afrikaansche Tijdschrift’ als haar orgaan.
Dus 40 woorde van vreemde - ni Germaanse - afkoms; herhalings ni samegetel ni, dan tog 20 aparte vreemde woorde in so'n korte stukki! Hierteeno'er geef ons alweer, sonder uitsoek, di Voorrede van di Geskidenis van di Afrikaanse Taalbeweging, wat reeds in 1880 gedruk is:
‘Herhaaldelik en van verskillende kante is ons gevraag om tog 'n kort verhaal te ge van di geskiedenis van di Afrikaanse Taalbeweging van di begin af, met al di stukke daarby. Di versoek is billik, want in di begin was ons getal voorstanders mar min, 'n groot deel word nou eers bekend met di saak, en di wil graag weet hoe di hele beloop was. En selfs di wat van di begin af hulle andag daaran gewy het, wil tog oek graag alles weer in geregelde volgorde lees, want dit gaat mar met koerante so, 'n mens lees dit en dan verslinger dit weer. Daarom het ons besluit om an di versoek te voldoen. Mar maklik is dit ni. Vereers om al di oue koerante van so veul jare nou weer deur te gaan, om alles daaruit te snuffel, is gen kleinigheid ni. Mar dan nog om di stof te bewerk, is nog moeiliker. Vereers kan jy ni mar alles opneem ni, dan kom dit te uitvoerig; nou moet jy eers di nodigste uitsoek. Dan kan jy dit tog oek ni somar deur makaar ge ni, jy moet dit eers mooi regel. Verder, moet jy onpartydig wees en vrind en vyand laat reg wedervaar. Eindelik, daar is dinge wat jy ni weet of jy hulle mar in di donker moet laat bly ni, dan of jy hulle ver goed in di geskiedenis moet opneem om daarin bewaard te bly. As imand dus iets verkeerd in ons werk meen te sien, dan moet hy mar denk hoe swaar ons taak was, veral onder andere drukke werksaamhede, en dan moet hy, in plaas van ons di enkele foute te verwyt, liwers hom self verwyt waarom hy dit dan ni beter gedaan het en ons so di kans be- | |
[pagina 30]
| |
neem het om di foute te maak ni. Wat ons geef is ni 'n geskidenis van di Afrikaanse taal ni; o'er di ontstaan en vorming van onse taal het ons wat angestip, in “Di Eerste Beginsels van di Afrikaanse Taal” - mar ons geef hier di geskidenis van di Afrikaanse Taalbeweging, van di werksaamheid om onse taal erkend en beoefend te kry as landstaal. Mag dit dien om vele teenstanders te o'ertuige, en alle voorstanders te versterk en te bemoedig!’
Wel daar is nou 'n suiwere proef. Tel elkeen nou self hoeveel basterwoorde daar in di Hollanse stuk is. En in di Afrikaanse gen een ni, of ons moet di een woord ‘koerant’ daarvoor neem. Mar waar is nou di Hottentots en Boesman woorde; waar di Franse en Engelse woorde? Kom nou, hier is feite. Mar di Afrikaner het nog meer gedaan. Om syn taal suiwer te hou, het hy dinge, wat Hollanders en Engelse hom mé in anraking gebreng het onder vreemde name, eenvoudig verdoop en daaran name gegé wat hy uit di ryke Germaanse taalskat gaan haal en toepasselik gemaak het. En bisonder gelukkig is hy hierin. Waar Hollander en Engelsman di Latijnse woord ‘lucifers’ gebruik seg di Afrikaner heel gepas ‘vuurhoutjiis.’ Waar Hollander en Engelsman di Fransman naseg ‘cameleon,’ daar het di Afrikaner gou 2 Germaanse woorde, di een so gepas as di ander: ‘verkleurmannetji’ en ‘trapsûtjies.’ Kom Engelsman en Hollander na ons toe met 'n Locomotief, gou-gou het di Afrikaner weer twe skilderagtige name ‘vuurwa’ en ‘ysterpêrd.’ Wat di Engelsman ongepas ‘everlastings’ noem (want dit is ni eeuwigdurend ni), en di Hollander net so ongepas ‘immortellen’ (want dit is ni onstervelik ni), daar het di Afrikaner ni alleen dadelik 'n suiwer Germaanse naam voor ni, mar bowedien 'n naam so gepas as jy ooit kan begeer, namelik ‘sewe-jaartjiis,’ want di blomme duur mar sewe jare. Hoe di Afrikaner woorde geput het en toepasselik gemaak het ver dinge wat hy eers hier leer ken het en waar di Hollander hom gen woorde voor gegé het ni sal ons later (Stelling 24) verder siin. Ons noem hiir mar net enige soos: wag-'n-bitji, haak-en-steek, kan-ni-dood, hot-op-ses, haar-naas-agter, ens., almal van suiwer Germaanse afkoms, en wat jou di voorwerpe amper voor di oge afteken. |
|