Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
(1891)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekendWat andere seg:‘Di rede waarom nuwe woorde, behalwe di nabootsende soort, ni uitgevonde word ni, is omdat elke woord 'n lange geskidenis het van syn oorsprong uit di gevoel tot an syn eindelike mening, en di resultaat sonder di ontwikkeling, voel elkeen, is 'n teenspraak en onmolikheid. Dis daarom dat alle pogings om 'n kunsmatige taal te maak 'n mislukking was, en di uitvoerige uitgewerkte planne van Kircher, en Becker, en Dalgarno, en Wilkins, en Faignet, en Letellier kan mar net 'n glimlag by ons opwek, omdat hulle gegrond | |
[pagina 15]
| |
is op 'n konvensionele opvatting van taal wat glad verkeerd is. Dis oek di rede waarom di taal sterker is as Keisers, en Tiberius kon an di burgers net so min 'n woord gé, as Tiberius kon bewerk dat 'n nuttige letterteken angeneem werd.’ - Canon Farrar, Language and Languages, p. 32. ‘Wil de spraakkunst iets meer dan spraakleer, wil zij alles wat styf en droog en rechtlijnig is van zich afschudden, dan moet zij geene wetten willen geven, maar omgekeerd trachten te leeren uit het spreken van hen, die het minst van taalwetten afweten. Voor den historischen taalbeoefenaar staat sinds Grimm de taal van den man uit het volk oneindig veel hooger dan alle wijsheid, die het gezag van schoolmeesters meer dan drie eeuwen lang in de hongerige maag van onze schrijftaal heeft geduwd.’ - De Beer, in Onze Volkstaal, I, bl. 11. ‘Ofskoon daar 'n gedurige verandering is in di taal, is dit ni in di mag van 'n mens òf om dit te maak òf om dit te belet ni: ons kan net so goed denk om di wette te verander wat onse bloedsomloop beheers, of om 'n duim tot onse lengte by te voeg, as om di wette van di spraak te verander, of nuwe woorde uit te vinde na ons eie lus.,’ - Max Müller, in syn Voorlesings o'er ‘Science of Language’, eerste reeks, twede lesing. ‘Om di waarheid van di stelling te bewys, haal hy 'n paar voorbeelde uit di geskidenis an, waarin 2 beroemde Keisers, Tiberius van Rome, en Sigismund van Duitsland, foute gemaak het in hulle Latyn, en deur eenvoudige taalkundige daaro'er reg gewys is, wat an hulle keiserlike majesteite vertel het, dat hoe groot en onbeperk hulle mag oek mog wees, hulle ni in staat was om 'n verandering in di Latynse taal te maak ni. Di redenering en gevolgtrekking hieruit is: ‘As so 'n hoge en magtige persoon as 'n Keiser ni so'n kleine dingetji kan doen as di geslag en uitgang van 'n enkele woord te verander ni - selfs ni, soos Sigismund perbeer het, in 'n doje taal, wat dus gen teenstand kon biede teen di ontering - veul minder kan enig imand van minder gewig hoop so'n verandering te bewerk, of enige andere van di veranderinge, van meer of minder betekenis, wat di geskiedenis van di taal uitmaak.’ - Antekening op voorgaande, deur Whitney, Language and its Study, bl. 35. Verder diselfde op bl. 95 en 129. | |
Wat ons tot waarskuwing hier by voeg.Di beginsel is dikwils uit di oog verloor. Tot grote skade ver di taalkunde van vele tale. So is o'er algemeen di Taalkunde van di meeste Germaanse tale ni geneem uit di lewende | |
[pagina 16]
| |
spreektaal ni, mar verwring na di reels van di doje Latynse taal. Di hele Engelse taalkunde is ni veul meer as 'n altyd herhaalde, mar euwig mislukte poging om di Engelse taal te breng onder di reels en in di vorm van di Latynse taalkunde, soos Max Müller treffend angetoon het. En dat Hollans daarvan oek ni vry gebly het ni is duidelik aangetoon deur Roorda (Schryftaal en Spreektaal) en Bilderdyk (Spraakleer, Verhandeling over de Geslachten, en in verschillende Taal- en Letterkundige Verhandelingen). En watter kwaad daardeur an di Digkuns gedaan is, deur in plaas van di eienaardigheid van di Germaanse tale te volg, soos di middeleuwse digters, di reels van di Griekse en Romeinse versbou op di Hollanse taal te wil toepas, het nog onlangs di grote Vlaamse Digter, Julius de Geyter, angetoon in di uitvoerige Voorrede (wat meer bevat as 'n menigte geleerde werke) ver syn nuwe bewerking van ‘Reinaart - De - Vos.’ Mar hierop kom ons later terug. Ons hou mar di voorbeelde tot waarskuwing voor. Selfs gen Keisers, hoe magtig oek, kan an di taal reels voorskrywe ni! Waar hulle 'n verkeerde grondslag geleg het in di taalkunde, daar laat dit sig moeielik later herstel. Di taal self is di hoogste wetgewer. Laat ons di Koningin haar wette gehoorsaam en opvolg. Wi kan an 'n boom vooraf reels voorskrywe, hoe hy moet groei; hoeveul takke hy moet gé; watter vorm hy moet anneem?... Wi is so dwaas om syn kind by di afnemer te breng en te sê: jy moet 'n portret maak van myn kind; mar dit moet ni so lyk soos di kind ni; dit moet lyk soos di kind van di en di, of dit moet wees soos di kind oer sal lyk?... Toepassing: di stelling is veral ver di wat 'n vereenvoudigde Hollanse taal ver ons Afrikaners wil maak! Dat eenvoudige mense, wat van taalwetenskap niks afweet ni, an so iets onmoliks kan denk, kan ons begryp. Mar geleerde manne, - predikante, - professore -! Afrikaner, skryf soos jy praat! Laat onse taal syn vrye ontwikkeling hou! Liwers 'n taal sonder (geskrywe) taalkunde, sig altyd verblydende in 'n euwige jeug as 'n taal vasgeskroef | |
[pagina 17]
| |
in 'n keurslyf van vreemde, opgedronge taalreels! Hoor di besielde taal van di Vlaamse Digter, de Geyter: -
‘Een taal is een stroom, waarvan het onnodig is de bronwel te kennen om zijne heerlijkheid te genieten. Heeft de Nyl één of twee oorsprongen? Wat scheelt het den Khedive, die in zijn salonjacht erop spelevaart; den Engelschen kapitein, die aan- en afstoomt op zijn zeekasteel; den armen visscher, die netten uitwerpt uit zijn sloep?’
Ons taalreels sal daar ni by ly as hulle 'n tyd onbeskrywe bly ni; wel as hulle verkeerd beskrywe is. Di kind sal wel groei, al het ons nog ni 'n goeie portret daarvan ni. |
|