met ons same ontwikkel, en is dus ver ons ni vooruit of agteruit ni.
Mar so is dit met alle volke en hulle tale. Neem weer di getuigenis van een van di beste Engelse boeke o'er taalwetenskap: -
‘Elke taal is di vortbrengsel en uitdrukking van di begaafdhede en strekkinge van 'n geslag, sover dit invloed het op di bepaalde werk van taal-maak; dit toon wat hulle kan doen op di bisondere weg van menselike strewe; en di verskeidenheid van vortbrengsels toon di verskil van menselike begaafdheid in di opsig...... Dis wat altyd angaat in enige taal: dit set uit en krimp in, in o'ereenstemming met di omstandighede en behoeftes van di wat dit gebruik; dit word verryk of verarm, same met di verryking of verarming van hulle gemoedere...... Mar dis onnodig om verder uit te wy o'er so'n duidelike waarheid: niemand sal daaran dink om te ontken, dat di inhoud van enige taal, in woorde en spreekwoorde en di mening daarvan, moet o'ereenkom met en afgemeet worde na di verstandelike rykdom van di samelewing, waaran dit behoor, en moet verander soos dit verander. Dis di eenvoudige gevolgtrekking van di waarheid wat ons reeds vasgestel het, dat mense hulle eie taal maak, en dit in stand hou deur hulle o'erlewering, en dat hulle dit maak en in stand hou ver hulle eie praktise gebruik, en ver gen ander doel hoegenaamd ni.’ - Whitney, Language and its Study, p. 124 en 139.