Afrikaans, ons volkstaal. 71 theses, of stellinge, neergeleg en verklaar
(1891)–S.J. du Toit– Auteursrecht onbekendWat andere seg.‘De taal is gansch het volk.’ - Da Costa. ‘De ziel van een volk is zijn taal.’ - Dr. Schaepman. ‘...de taal als een organisme beschouwen, dat als geestelijke uitdrukking van het volksleven alle graden zijner ontwikkeling teruggeeft. In de taal ligt alles, wat den volksstam drijft, beweegt, doordringt, bezighoudt. Voor een helderen blik geeft de taal den volksaard terug. De woordvoorraad toont ons den omvang van het denken en van de levensbelangen. De veranderingen van het woord in den zin en de wijze van den zinsbond vergunnen ons, eenen blik te slaan in de wijze van denken, in de wijze van samenvoegen en ontleden van beelden en gedachten.’ - Dr. Mielck, onze Volkstaal, No. 1, bl. 14. ‘De taal is uit God. Zij was het vorstelijk voorrecht van den naar Zijn beeld geschapen mensch; zij is het afdruksel zijner ziel, de afspiegeling dier hooger geestelijke wereld, waartoe hij behoort, - ken, erken, handhaaf, eerbiedig de uwe, ô Nederland! - Bilderdijk, (in Da Costa's Godgel. Opstellen, bl. 245). | |||||||||||||||
Wat ons hier byvoeg.Graag neem ons di laaste woorde van Bilderdijk o'er en pas dit op ons volk toe: - ken, erken, eerbidig, handhaaf julle taal, Afrikaners! - Dis di voorreg wat God ver julle gegé het, di portret van julle gees en lewe! En waarlik julle hoef ni beskaamd te wees ver di portret van julle nasionale karak- | |||||||||||||||
[pagina 6]
| |||||||||||||||
ter ni. Di skrywer hiervan is al lank besig, om onse nasi te vergelyk met andere nasies, veral met syn reise deur di verskillende lande van Europa, om te sien wat by onse nasionale vorming en ontwikkeling angemoedig en wat teengegaan moet worde. Mar hy kan in waarheid sê, in geen enkel opsig vertoon onse nasionale karakter sig gunstiger as in onse taal ni. Mar uit di algemeen erkende beginsel, dat di taal 'n portret is van di karakter en geesontwikkeling van 'n volk, wil ons nou nog 'n paar gevolgtrekkings maak, meer om di lesers op di spoor te breng, om self verder na te denk en op te merk. Laat ons dan mar 'n paar portretjies neem, eers van di Engelse, en dan van ons self. | |||||||||||||||
Di Engelse Taal 'n Portret van di Engelse Volkskarakter.Toen skrywer hiervan jonk was moes hy Hollans en Engels gelyk leer. Eens op 'n dag vraag hy ver syn skoolmeester: ‘Waarom moet ek in Hollans di eerste persoon ik met 'n kleine letter skrywe, en di twede persoon U met 'n grote letter; en omgekeerd in Engels di eerste persoon I met 'n grote letter, en di twede persoon you met 'n kleine letter?’ Myn skoolmeester kon my dit ni behoorlik uitleg ni. Mar di stelling hiir bo gé di antwoord: di taal is 'n portret van di volkskarakter. Dat di Hollander sigself met 'n kleine letter en syn ewemens met 'n grote letter andui toon di beskeidenheid, wat 'n ander uitnemender ag as sig self; mar dat di Engelsman omgekeerd sig self met 'n grote en syn naaste met 'n kleine letter beskryf kan dan oek niks anders beteken ni as di anmatiging en selfsug van 'n nasi, wat sig self verhef en groot maak ten koste van andere. Mar ni alleen in di skryfwyse ni, in di spelling kom dit netso seer uit. Dis 'n reel in Hollans, om eie-name uit vreemde tale o'ergeneem net so te spelle as in di tale waaruit dit afkom, byv. Virgilius, Horatius, ens.; dit toon weer ten minste beskeidenheid. Mar daarteeno'er blyk al weer di anmatiging van di Engelse nasi, wat met di grootste minagting inbreuk maak op wat ver andere heilig is, al bederf hulle dit oek, soos deur di mooie en welluidende name Virgilius, Horatius, Homerus, Ovidius, ens te verknoei tot di wanklinkende Virgil, Horace (lees Horris), Homer, Ovid, ens. | |||||||||||||||
[pagina 7]
| |||||||||||||||
En dit toon meteen 'n andere karaktertrek van di Engelse nasi, namelik gebrek an goeje smaak. Haas al di eie-name wat hulle o'erneem en verknoei verlies daarby an welluidenheid. En dit lei ons tot 'n andere opmerking, namelik: hoe di onzekerheid van di Engelse spelling en uitspraak 'n afspiegegeling is van di onvertroubaarheid van di nasi. Kyk mar hoe verskillend 'n Engelsman syn woorde spelle en uitspreek! Dis amper onmolik ver kinders van 'n andere nasi om dit te leer. Op di punt is dit tog molik ni kwaad ni om 'n paar getuige uit 'n menigte op te roep ni. Laat ons mar eers di grote taalgeleerde Max Muller neem: ‘Di taal is ni gemaak ver geleerde en woordafleiers (etymologists) ni, en as di hele geslag van Engelse woordafleiers werkelik weggeveeg word deur di invoering van 'n hervorming in di spelling, dan hoop ek dat hulle di eerste sal wees om sig op te offer in so 'n goeje saak.’ Dr. Morell, een van di skoolinspecteurs in England, seg: ‘dat van di 1972 wat gefeil het in hu lle eksame ver di Civile Diens ni minder as 1866 gefeil het in hu lle spelling, en dit ter wille van onreelmatigheid van di Engelse taal.’ Professor Gregory seg: ‘daar is gen hinderpaal half omtrent so ono'erkomelik ni as onse deur-en-deur valse manier van spelling.’ Lord Lytton seg: ‘'n Meer leugenagtige, omslagtige, verwarrende bedrog as di waarmé ons di heldere insig (instinct) in di waarheid verwar deur onse verwenste (accursed) manier van spelling is nooit gesmé deur di vader van di leugen ni’ En hoor wat seg di grote oue man, di waarlik edele Gladstone: ‘Ek verklaar eerlik, ek kan ni verstaan hoe 'n vreemdeling leer om Engels uit te spreek ni, as jy bedenk di totale gemis van reel, orde, wyse, en alle hulpmiddels wat mense gewoonlik kryg as hulle iits moet verkry wat moeielik te verkry is.’ Ni minder sterk spreek Dr. Thirlwall, Biskop van St. David, sig uit: ‘Ek beskou di vasgestelde manier van spelling as 'n massa van onreelmatighede, di vrug van onkunde en toeval, in stryd net so seer teen alle goeje smaak as teen gesond verstand.’ | |||||||||||||||
[pagina 8]
| |||||||||||||||
En om te eindig, nergens het Voltaire 'n beter voorwerp gekry ver syn bytende spot as in di Engelse spelling. Hy seg, 'n nasi wat a-g-u-e uitspreek as aigue en p-l-a-gu-e as plaig, verdien dat di een helfte van hulle di ague (pyn) en di ander helfte di plague (pes) het! Om onse lesers 'n denkbeeld te gé hoe Engels lyk as jy dit skryf soos jy dit praat, (soos ons met Afrikaans doet), geef ons hier enige reels uit 'n beryming van di 4 Evangelies, onder di titel: ‘Gospel Epic, A Harmoni ov the Gospelz, versifeid, By F. Barham & Is. Pitmann,’ met di gebruikelike spelling langel an.
In di versreels kom nou 45 woorde voor, waarvan mar 18 onveranderd kon bly, en 27 moes di spelling veranderd worde om dit te skrywe soos dit uitgespreek word. En dis 'n voorbeeld voor di hand geneem. Dus ⅗ van di Engelse woorde kan 'n mens reken word anders geskrywe as dit uitgespreek worde. Di Engelsman gé ver jou letters wat 'n uitspraak laat verwag vollens di klank of klanke wat di letters same maak; mar dan kom hy agteran met glad 'n andere uitspraak! Met andere woorde, hy doet jou 'n hele boel beloftes (want dis di letters feitelik by spelling), en as dit dan op vervulling ankom (di uitspraak), dan geef hy jou heel wat anders as hy jou laat verwag het! Dit spigel seker ni 'n al te mooie karaktertrek af ni! So sou ons lank kan vortgaan. Mar ruimte ontbreek. Nog mar 'n paar trekke. Toen skrywer hiervan by syn studie op Gimnasium eenkeer syn leermeester vraag: hoekom di Engelse taal dan so by makaar geskraap is, uit verskillende tale, | |||||||||||||||
[pagina 9]
| |||||||||||||||
was di antwoord omtrent soos hier nou volg: ‘Engeland is 'n grote eiland naby di vaste land van Europa; dus was dit van di vroegste tye af 'n toevlugsoord en versamelplaas van drosters, weglopers, kwaaddoeners, vlugtelinge, sêrowers, en sulke soorte van mense, uit di verskillende nasies van Europa: daaruit is di Engelse nasi oorspronkelik ontstaan, en daarom is hulle taal oek so'n mengelmoes.’ Of dit nou reg is laat ons an di oordeel van di leser oer. Di meester was 'n oue Hollander, wat mar tedanig teen di Engelse was! Daarom sal ons liwers hieroer laat uitspraak doen deur 'n regte Engelsman self, Aartsbisshop French (English Past and Present, bl. 12:) - ‘Engels is ni 'n enkelvoudige, mar 'n samegestelde taal, opgemaak uit verskillende elemente, ten minste sover as di woordeskat angaat, net soos di volk wat dit praat.’
Nog iets. Dis opmerkelik dat di Engelse taal so vol is van di sis-klanke (hissing sounds), daartoe gebruik hulle di c, s, ae, z. sh, sch, ens. menigvuldig; sodat ons eens di verskillende tale kortweg hoor beskrywe het as: Engelse slangegesis, Franse neusgesnork, Hollanse keelgegrom, ens. En deur teenstelling temeer opmerkelik, di Afrikaner het so'n afkeer van di gesis, dat hy di c, x, en z, sch, ens. heeltemaal weggegoi het en nooit gebruik ni; hy het net di s oergehou. Sov eul is genoeg van di skryfwyse en woordeskat van di Engelse taal, mar as ons nou hulle manier van uitdrukking van naby bekyk, dan blyk daaruit dat dit 'n nasi is wat ni al te gesond denk en redeneer ni. Neem byv. di uitdrukking: ‘to depend upon,’ ‘afhang op iets.’ Hoe kan 'n ding nou hang op iets! Ons seg ‘afhang van of an iets’ en ‘leg op iets.’ Byv. di tou hang van di balk af; di klere hang an di rak, ens. En dan, di boek leg op di tafel, ens. So is dit oek in Latyn waaruit di woord ‘depend’ ontleen is. En dit kan elke mens verstaan. Mar hoe 'n ding kan hang op iets, dit kan alleen 'n Engelsman begryp! - En van di soort van uitdrukkings is di Engelse taal vol. Mar ons wil mar tot verder ondersoek opwek. Dis genoeg om te laat sien, dat di Engelse taal ni 'n al te mooie portret uitmaak van, di nasionale karakter ni, en dat dit 'n hoge mate van verblinde nasionaliteitsgevoel vereis om dan | |||||||||||||||
[pagina 10]
| |||||||||||||||
nog op so'n taal so trots te wees, dat alle andere tale daarvoor moet wyk. Ons het niks teen di Engelse taal op sig self ni. Mar as di Engelsman ver ons seg: ‘Julle taal is tog te sleg, en myn taal is so goed, nou moet julle mar julle slegte taal laat bly en myn goeje taal leer en gebruik’ - dan word dit tyd, dat ons kyk òf hulle taal wel soveul beter is as di van ons. | |||||||||||||||
Di Afrikaanse taal 'n Portret van di Afrikaanse VolkskarakterIn stelling 10 tot 16 is di karaktertrekke van di Afrikaanse taal opgesom en daar sal ons dit afsonderlik behandel. Dis nou hier net ons doel om daarin 'n afspiegeling van ons volkskarakter an te wys, so kort as molik is. 1. Di Afrikaner is behoudend; hy blyf by wat hy een maal het; hy hou ni van nuwighede ni. Daarom het hy syn taal oek so suiwer gehou, dat daar so min vreemde woorde in opgeneem is, hoewel daartoe grote anleiding was, deur vestiging van weinige koloniste onder grote massa's inboorlinge (Hottentots en Kaffers), waarmé hulle in nouwe omgang moes wees, 2) deur di inkoms van 'n menigte Franse vlugtelinge, 3) deur di Engelse oerheersing van 'n dri kwart euw. 2. Di Afrikaner is spaarsaam; in alles leg hy sig daarop toe om met so min as molik is klaar te kom. Dit moes hy oek doen. Di omstandighede waarin hy verkeer het dit noodsakelik gemaak. En di spaarsaamheid het hy oek op syn taal toegepas; syn woorde en syn uitdrukkings is so kort as molik is. 3. Di Afrikaner is oppassend; hy spaar waar hy kan; behou wat hy het; sorg graag om 'n bietji oer te gaar waar 'n kans is. Hy het altyd meer as hy sig voordoet. So oek met syn taal. Vele het sig verbeel, dat onse taal arm is; mar ons het di hele Germaanse taalskat om uit te put, en di Afrikaner weet heel goed waar en hoe hy daarvan kan profyt trek. 4. Di Afrikaner hou ni van onnodige omslag ni; wat hom hinder laat hy staan; en op di makkelikste manier doet hy 'n ding. So het hy met syn taal nek gemaak. In di uitspraak van Hollanse woorde, waar dit vir hom moeilik of hard was, het hy di anstotelike letter verzag of weggegoi. | |||||||||||||||
[pagina 11]
| |||||||||||||||
5. Di Afrikaner hou van muziek en sang, en hy het goed anleg daarvoor; selfs by onse eenvoudigste boeremense is dit op te merk. Gen wonder dat welluidendheid 'n kenmerk van syn taal is ni. 6. Van eenvoudigheid hou di Afrikaner veel, en daarby van reelmatigheid. Waar kryg jy 'n eenvoudiger en reelmatiger lewenswyse as by di onbedorwe Afrikaners? Dit blyk meer as iets anders in syn taal; alle onnodige vorme, en viral alle onreelmatighede, het hy laat vaar. 7. Di Afrikaner is oral diselfde, hier by di Kaap, of onder in di Transvaal, dis oral één volk. Daarom veral glo ons, dat ons 'n Verenigde Suid Afrika sal en moet kry. Mar waarin kom dit beter uit as juis in onse taal? Daar is, sover ons weet, gen taal wat oer so'n uitgestrekte werelddeel met so min verkeermiddels oral so eenders gepraat worde ni. Mar di twe portrette is genoeg om di leser an di gang te help, om self di waarnemings vort te sit. |
|