Julij, 1705.
Woensdag den eersten.
Woensdag den eersten. 's morgens aangenaam stil weer. Onze knaapen zijn met wijngerdsnijden, en stroo in de hocken te dragen, weder bezig geweest. Voorts zijn de stroodragers aan 't spitten geraakt in de wijngaard. Desen voormiddag is hier ten huijse gekomen den predicant Bek, geassisteerd met den ouderling Mr. Mulder,Ga naar voetnoot68. en Mr. Stamhorst; de Hr. Bek versogt ons ten avondmaal tegens aanstaande
Sondag;Ga naar voetnoot69. na een weijnigje zittens, zijnse met elkanderen vertrocken; des namiddags ten drie uuren is de Hr. Bek, met Mr. Mulder weder hier bekomen; zij gingen Mr. Greevenb<r>oekGa naar voetnoot70. eens aanspreeken. Toen wierde hun wat eeten en drinken aangebooden; onderwijl geraakten we onder 't smooken van een pijpje dampkruijd zoo wat aan de praat van verschijde zaaken; tegens den avond zijn de vrunden vertrocken. Van onse knegt Jacob hebbe verstaan als dat hij desen avond na den eeten, Arend Gildenhuijs met een slaaff bij zig op onse
| |
which he was very grateful, and offered to clean our horses' mouths, etc. Having sipped some glasses of wine, he departed. |
-
voetnoot68.
- [Johannes Mulder of Muller van Rotterdam het in 1682 as soldaat na die Kaap gekom. Hy is as winkelier in diens gestel, maar het geen bevredigende werk gedoen nie en is in 1684 van sy pos onthef. Daarna het hy die eerste landdros van Stellenbosch geword, 1685-1691. As landdros het hy die Goewerneur ook meermale teleurgestel. (Vgl. Kerk van Stell., bl. 10, 15 en Böeseken, Simon van der Stel en sy kinders, bl. 62, 64). Uit sy handskrif, taalgebruik en algemene optrede kry 'n mens die indruk dat hy nie baie intelligensie gehad het nie. Dit was seker nie toevallig dat ds. Van Andel hom by een geleentheid toegevoeg het nie: ‘Landdrost, gij zijt een sot der sotten!’ (Böeseken, bl. 108). Nogtans het hy oor die jare as boer op sy plaas ‘Hoopenburg’ (nou ‘Muldersvlei’, na hom vernoem), waar hy vanaf 1700 gewoon het, tog die agting en geneentheid van die samelewing geniet. Hy was ouderling van die gemeente in 1705 en weer in 1714. Toe landdros De Meurs deur sy verregaande onversigtigheid die groot brand van 1710 laat ontstaan het, is oud-landdros Mulder in sy plek aangestel vir 'n tweede termyn, 1711-1713 (C. 510, deel I, Uitg. Br. bi. 307) en het hy hom met voorbeeldige ywer van sy taak gekwyt. Hy is oorlede in 1732 (Kasboek, Stell. Diakonie) en begrawe in graf no. 16 voor die preekstoel van die Stellenbosse kerk. Sy huwelik met Jacoba Kicheler van Den Haag was kinderloos. (A.M.H.)]
-
voetnoot69.
- [Volgens gewoonte moes die predikant, vergesel van die ouderling, al die lidmate van sy gemeente persoonlik besoek en tot die bywoning van die Heilige Nagmaal uitnooi. Die burgers het gekla (vgl. Klachtschrift, par. 5) dat ds. Kalden sy plig in hierdie opsig versuim het. Vgl. die interessante opmerking van ds. le Boucq in sy brief aan die Klassis van Amsterdam, 20 April 1708 (Spoelstra I, bl. 63 v.), waarin hy uitwei oor die sondes van di. Kalden en Beck: ‘Ook was het te wenschen dat de Africaansche predicanten (Kalden en Beck) op het ernstigste aanbevolen wierd, ten minste viermaal in 't jaar haer gemeynte te gaan opnemen, en tot het H. Nachtmaal nodigen, het geen weleer hier door een dronken koster, jae door Hottentots met een briefie geschiet is ...’ (A.M.H.)]
-
voetnoot70.
- [Johannes Guilelmus de Grevenbroek, soos hy met Latynse swier sy naam geteken het, is omstreeks 1644 in Nederland gebore. Hy het 'n deeglike klassieke skoling ontvang, Italië en Spanje in 1673 deurreis en in 1684 na die Kaap gekom. Hy is byna onmiddellik as sekretaris van die Politieke Raad aangestel en het die jaar 1685 met Van Goens in Indië deurgebring. Van April 1686 tot Junie 1694 was hy weer sekretaris van die Politieke Raad. Daarna het hy hom as vryburger op die plaas ‘Welmoed’ gevestig (by die teenswoordige Lynedoch). Hier het hy 'n wydlopige verslag oor die Hottentotte geskryf: ‘Elegans et accurata gentis Africanae circa Promontorium Capitis Bonae Spei vulgo Hottentotten nuncupatae descriptio epistolaris, anno MDCLXXXXV’, Hierdie dissertasie bevat nie alleen getuienis van sy bykans ongelooflike beheersing van die Latynse taal en letterkunde nie, maar bevat ook merkwaardige uitweidinge
oor die toestand van die Kolonie, die karakter van die vryburgers, die onnoselheid van die predikante, die heerlike skoonheid van die Kaapse natuur ens. Nog meer as Adam Tas se Dagboek laat dit ons 'n unieke blik slaan in die gedagtewêreld van 'n fynbeskaafde Europese mens in ‘hierdie afgeleë uithoek’, (Sien The Early Cape Hottentots, Van Riebeeck Vereniging, no. 14, 1933.) Sy testament is gedateer ‘Welmoed’, Stellenbosch, 3 Feb. 1714. As vrygesel het hy die meeste van sy besittings nagelaat aan Izaak Scheepers, boer van Hottentots-Holland. Hy is omstreeks 1725 oorlede. (A.M.H.)]
|