Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 574]
| |
bedrywighede van die Tweede Vryheidsoorlog breedvoerig en sluit met die Opstand van 1914. Die skrywer was by die begin van die oorlog privaat-burger, maar het deur dapperheid en bekwaamheid opgeklim tot die rang van assistent-kommandantgeneraal. Uit hierdie onopgesmukte verhaal leer ons sy beminlike persoonlikheid waardeer. Hy vertel padlangs soos ons dit van 'n krygsman sou verwag. Kort en bondig deel hy sy feite mee. Sonder enige snoewery, sonder die geringste sweem van selfverheffing word die waaghalsigste avonture opgeteken. Maar hoe groei ons bewondering vir die onverskrokke Bittereinders nie onder die lees van die eenvoudige feite-opsomming! Vir ons jongmense sal hierdie boek 'n inspirasie wees. |
|