oorlog, die vlug van die vroue en kinders, die konsentrasiekampe, die krygsgevangenskap in Indië en die ontwrigting van die volkslewe na die oorlog word beskrywe.
Selfs op kommando het die predikant dikwels opgetree as volksleier. ‘Sy raadgewings, selfs oor oorlogstaktiek soms, is selde in die wind geslaan. Oral waar ek gegaan het, kon ek die voorreg geniet om die krygsraadsvergaderings by te woon en dikwels kon ek die bevelvoerders beweeg om sekere taktieke te volg.’
Ds. Burger het sy volk op kommando intiem leer ken en liefkry. Hy vertel van dapper manne, maar ook van wankelmoediges en lafaards - ‘ontroues, wat hulle volk en hulle leiers verraai het.’ Maar die ‘hensoppers’ se name verswyg hy, want, ‘dis mos nie uit wraak dat ek hierdie dinge opgeteken het nie.’
Sir Arnold Wilson het die waarde van sulke herinneringe mooi gekarakteriseer:
‘The individual dies, but the nation of which he was, during his lifetime, a living part, endures: this knowledge gives dignity and meaning to our short lives. We love our country because our ancestors made it; we have sustained it, and we wish to pass on to those who come after us a heritage for which they, too, will be proud to labour, for youth must serve rather than be served.’ (Walks and Talks Abroad.)