§ 21. J.G. Prinsloo en J.G. Gauché.
In die Woeste Weste (1933).
Hierdie twee skrywers het volgens die ondertitel ‘die lydensgeskiedenis van die Dorslandtrekker’ opgeteken uit die mond van een van die deelnemers daaraan. Dit bevat waardevolle boustowwe vir die toekomstige historicus. Nie alleen die ontberings van die dorstrek word beskrywe nie, maar ook die stigting van Humpata en Grootfontein. Literêre verdienste besit hierdie onopgesmukte verhaal nie, maar dit gee ons 'n helder blik op 'n besonder interessante episode uit ons geskiedenis.