Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 566]
| |
bewerk deur Frederik Rompel, het in 1902 verskyn. Die Suid-Afrikaanse Akademie het egter gevoel dat daar behoefte bestaan aan 'n populêre volksboek in Afrikaans en dié taak opgedra aan La Grange Lombard. Verder het dieselfde liggaam gesorg vir die publikasie van Paul Kruger se Amptelike Briewe (1851-77) wat in 1925 verskyn het onder redaksie van dr. S.P. Engelbrecht.Ga naar voetnoot1) Lombard het uitstekend daarin geslaag om op populêre wyse 'n beeld van Paul Kruger te teken. Dit was nie sy doel om die veelbewoë lewe van die staatsman aan 'n noukeurige historiese ondersoek te onderwerp nie en daarom sal party van sy gevolgtrekkings teëspraak uitlok, soos dit al gebeur in die inleiding van Preller. Hy teken egter op boeiende wyse die historiese agtergrond, wat die leser nodig het om die optrede van Paul Kruger te verstaan, sonder om in onnodige uitweidings te verval. Die vernaamste verdienste van die boek is die ryke skat van anekdotes, wat met 'n seldsame verteltrant meegedeel word. Rondom 'n beroemde figuur sal daar altoos 'n groot aantal verhale ontstaan, party waar en ander weer apokrief. So het dit ook met Paul Kruger gegaan. Sy vernaamste karaktertrekke en gewoontes is algemeen bekend en 'n groot aantal van sy snedige gesegdes en kwinkslae het deur mondelinge oorlewering gemeengoed geword. Maar juis daarom loop dit gevaar om meer en meer verdraai te word, veral deur die so menslike neiging om maar steeds nuwe stertjies aan te las. Op dié manier word dit moeilik om die werklike persoonlikheid te herken onder al die aangespoelde opdrifsels en kan die nageslag maklik 'n verwronge beeld kry van 'n nasionale held.Ga naar voetnoot2) Lombard het so terloops aan die end van sy werk 'n paar verdigte verhale genoem en dit is te hope dat hy by 'n herdruk in hierdie rigting sal voortwerk. Met belangstelling sal ook uitgesien word na die boekdeel oor ‘die gevatheid en humor van Paul Kruger, soos die in die gewone lewe tot uiting gekom het.’ Lombard het ongetwyfeld die slag om hierdie soort anekdotes op pikante wyse te vertel, al sal daar, soos Preller tereg opmerk, verskil van mening wees oor die grense van oorbaarheid. Dit kan nie ontken word nie, dat die skrywer die waarde van sy boeiende werk, veral vir die jeug, plek-plek verminder het deur sy sterk gekruide taal, of deur die vermelding van onsmaaklike besonderhede. En dit is jammer omdat daarin soveel voorkom wat 'n inspirasie vir ons jongmense | |
[pagina 567]
| |
kan wees. Lombard skryf met die maklike vaardigheid van die ervare joernalis; sy styl is hier en daar Hollands-getint en herinner soms aan die van Preller. |
|