van die kampe, maar dis juis die persoonlike element van herinneringe soos die van mev. Boshoff wat daar 'n innige lewe aan sal gee vir die nageslag. Daar is ander vroue wat hul ondervindings ook te boek gestel het, en dis 'n voorbeeld wat navolging verdien, want daar gaan nog meer as een vertelling uit dié tyd van mond tot mond, wat vir ons geskiedenis nie mag verlore gaan nie.
Die tweede gedeelte van Moedersmart en Kinderleed bevat ‘herinneringe uit die laaste oorlog’, o.a. 'n verhaal van 'n huisgesin verwoes deur drank’, wat oor die algemeen minder geslaag is as die eerste gedeelte.
‘Alles hierin meegedeel is die waarheid en niks minder dan die waarheid,’ verklaar die skryfster. Dit verhoog die waarde van die meedelings, wat dus van historiese belang is en ons ook 'n merkwaardige kyk gee op die lyding van die Boerevrou en die heroïese wyse waarop sy dit gedra het.