Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 7. Thos. Blok.Thos. Blok is in 1879 gebore. In Holland was hy 'n tydlank onderwyser en sedert 1913 in Bloemfontein, waar hy eers hoof van die Voorbereidende Tegniese Skool was; op die oomblik is hy lektor aan die Normaalkollege. Hy het hom dadelik na sy vestiging in Suid-Afrika op Afrikaans en geskiedenis toegelê. Hy streef daarna om die resultate van sy argiefondersoek in aantreklike vorm uit te gee en bewerk veral die periode van die Oranje-Rivier-Soewereiniteit. Van hom het verskyn 'n serie leesboeke Ons Eie Taal, Klein Jannie, Oom Willem, Hendrik Afbeen en Willem Kruger, skool- en kinderlektuur, 'n paar bundels kinderversies, Grensboere (1918) en Die Adendorff-Trek (1927). | |
Grensboere (1918).Dit is 'n verhaal uit die dae van president Hoffman, ‘'n inleiding tot die geskiedenis van die (Basoeto)-oorloë.’ Blok wil ‘'n duidelike beeld.... gee van die toestande, wat geheers het, en die moeilikhede, waarmee die Boere te stry gehad het op die grens van Basoetoland.... Behalwe die vorm, waar die storie in verskyn, is alles suiwer geskiedenis.’Ga naar voetnoot1) Die geskiedenis smoor dan ook die verhaal dood; die argieflug is te sterk. In die begin kry ons nog iets van die mense te sien, maar ons verloor hulle gou tussen al die historiese feite en dokumente. In 'n suiwer historiese vorm sou Blok se werk meer voldoening gee, want die feite wat hy meedeel is belangrik en van sy simpatieke inlewing in die Boerekarakter getuig iedere bladsy van die boekie. Die helder, eenvoudige styl, wat alleen op enkele plekke spore van Hollandse invloed vertoon, maak Grensboere uiters geskik vir die jeug. |
|