Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 5. Dr. J.D. du Toit (Totius)Ga naar voetnoot1).Ds. S.J. du Toit in Weg en Werk (1917).‘Een omstandigheid moet by die lees veral nie vergeet word nie. Ds. du Toit was 'n Ismaël: sy hand was teen almal en almal se hand was teen hom.... By die beskrywing van sy lewenstaak was dus wysheid en tak 'n hoofvereiste, en die skrywer wil hier die opregte versekering gee, dat hy sy uiterste bes gedoen het om by oue gevoelighede verby te skram en om oue wonde nie seer te maak nie. Vandaar dat deurgaans geen kritiek geoefen en geen beoordeling van persone en gebeurtenisse gegee word nie. Die dag daarvoor sal wel later aanbreek. Die skrywer wou volstaan met die blote meedeling van feite (soveel molik in sitaat) ....’ (Voorwoord). Met dié woorde het Totius sy werk goed gekarakteriseer. Dit is 'n feiteversameling van die grootste belang oor ‘'n periode van Afrikaanse oplewing’, soos die ondertitel lui. Die ranskikking van | |
[pagina 540]
| |
die feite, die ordening van sy biografiese materiaal het Totius met talent gedaan. Van alle oorde het hy met groot vlyt en nasporingsywer sy boustowwe bymekaar gemaak. Netjies opgepak lê die stene in afsonderlike stapels. Die fondament is ook al gelê en daarop moet die boumeester nou vir ons 'n sierlike skepping van monumentale skoonheid oprig. Dit is 'n taak waarvoor die digterlike seun van 'n groot vader allesins bereken is. Maar hy deel ons mee: ‘Die dag daarvoor sal wel later aanbreek’. Die redes wat Totius voorlopig van 'n interpretasie van sy feite laat afsien het, moet ongetwyfeld gebillik word, as ons onthou, dat sy vader se hand ‘teen almal was, en almal se hand teen hom’. Addison het in 1716 al verklaar: ‘The truth of it is, as the lives of great men cannot be written with any tolerable degree of elegance or exactness within a short space after their decease; so neither is it fit that the history of a person who has acted among us in a public character, should appear, until envy and friendship are laid asleep, and the prejudice both of his antagonists and adherents be, in some degree, softened and subdued.’Ga naar voetnoot1) Maar die opmerking van Samuel Johnson is nie minder juis nie: ‘If a life be delayed till interest and envy are at an end, we may hope for impartiality, but must expect little intelligence; for the incidents which give excellence to biography are of a volatile and evanescent kind, such as soon escape the memory, and are transmitted by tradition.’Ga naar voetnoot2) Dit is juis dié soort insidente wat Totius, blykbaar met opset verwaarloos het. ‘Die skrywer van hierdie reëls was toe maar vyf jaar oud. Tog styg daar nog verskeie witte wolkies van skerpe herinnering op bo die wegduisterende gesigseinder van kinderverlee. Die skrywer sal daarmee die leser nie te veel lastig wees nie.’ (p. 243.) Doodjammer, want deur die verswyging van sy persoonlike herinneringe ontbreek daar lewenswarmte aan die biografie. Die beeld van sy vader is groot en imposant, maar daar is weinig lewe in. Soos 'n reusagtige silhoeët staan dit teen 'n agtergrond van die bontste verskeidenheid. Maar ds. du Toit se pelgrimsreis van die wieg tot aan die graf, sy titaniese worsteling met die lewe, die dramatiese afwikkeling van dié geweldige stryd, die diepe kneusing van 'n groot siel wat van smaad en hoon meer as sy volle deel gehad het - daarvan val alleen 'n dowwe flikkerlig op die beeld. En dié indruk kom Totius self bevestig: ‘Van Ds. du Toit se inwendige lewe weet ons nie veel nie’ (p. 248).Ga naar voetnoot3) ‘Ons het tot dusver veel gesê van Ds. du Toit se werk en weinig laat deurstraal aangaande sy persoon. So hoort dit, want dis ons in die eerste plaas te doen om die grote werk wat Ds. du Toit verrig het. Maar daarom mag 'n beskrywing van sy persoon nie agterwege bly | |
[pagina 541]
| |
nie’ (p. 378). Die ‘persoonsbeskrywing’ (Hoofstuk XVII) bring ons egter nie veel verder nie. Dit bly aan die buitekant; ons mis daarin die vermoë om deur te dring tot die innerlike psige. Dit kan ons al weer met die skrywer se eie woorde bewys: ‘Nou oorgaande tot die beskrywing van Ds. du Toit se meer inwendige lewe, natuurlik soos dit sig naar buite geopenbaar het (want “wie weet wat in de mens is dan de geest des mensen die in hem is?”) sal ons eers bespreek sy emosionele lewe.’ (p. 381.)Ga naar voetnoot1) En hier wou Totius tog meer wees as 'n feiteversamelaar, hier wou hy ons iets van die persoonlikheid van sy vader laat voel. ‘The biographer must be more than the mere realist who can photograph facts - he must be something of the idealist as well, for he has to create as well as to reproduce: and we value a biography exactly in proportion as its author has succeeded in creating for us the character of a new man or woman to be added to our own personal acquaintance.’Ga naar voetnoot2) Nou lyk dit vir my of Totius met die metode wat hy volg, soiets nie kán bereik nie. Hy verklaar: ‘Nou gaan ons oor tot 'n beskrywing van Ds. du Toit se verstand en wil. Vanself hoef dit nie so uitvoerig te wees nie. Sy ganse lewe en werk deur ons beskrewe lê getuigenis af van die grootte van sy verstand en die krag van sy wil.’ (p. 396.) Dit mag nou wel waar wees, maar so 'n bewering help ons geen druppel om die persoonlikheid van 'n mens te begryp nie. En buitendien, het ons nie die reg om van die bicgraaf 'n artistieke sintese, 'n psigologiese interpretasie te verwag nie? Ons is nie tevrede met hier 'n raps en daar 'n raps nie, ons wil 'n volledige beeld hê. Die skrywer vervolg: ‘Ook moet hier die opmerking gemaak word dat dit ons nie te doen is om 'n strenge groepering van die sielsfunksies nie. Ons het 'n skema gemaak wat prakties aanwendbaar is. Bowedien is die siel van 'n mens 'n eenheid, wat sig nie uit mekaar laat kerf nie. Op die feit wys veral die nuwere sielkunde. Vandaar dat ons reeds die verstand en wil laat inwerk het op sommige van die beskrewe emosies of gemoedsaandoeninge.’ (p. 397.) Almal netjies beredeneer, maar hier help al die skemas en tabelletjies van die hele wêreld jou totaal niks! Die biograaf staan voor dieselfde probleem as die romanskrywer: Hoe moet ek die mens laat lewe? En as hy dié groot wonder reg kry, dan is dit nie omdat hy 'n knap psigoloog is nie, goed op die hoogte van die allerlaaste emosionele formulae, maar enkel en alleen omdat hy kunstenaar is. Hoe die wonder geskied weet hy miskien self nie, en ons kan dit alleen by benadering uitrafel; maar as ons sy boek gelees het, dan is daar 'n man of vrou toegevoeg by die getal van ons intieme vriende. En in die sielkundige skema van Totius mis ek die warme intimiteit; ek ken sy vader na meer as 450 bladsye nog nie so goed as my eie vader of een van my vriende | |
[pagina 542]
| |
nie. Die ‘witte wolkies van sy herinnering, dié moes hy nie laat wegwaai het nie! Beskou ons Totius se biografie nou alleen as feiteversameling, dan is dit inderdaad 'n nuttige kompilasiewerk, wat onmisbaar is vir die kennis van ons letterkunde en geskiedenis. Hy het die outobiografie, briewe en sitate op bekwame wyse inmekaar gevleg, sodat iedereen na bestudering van die bewysstukke sy eie oordeel kan vorm. Daarmee het hy seker bereik, wat hy Kuyper op die titelblad laat sê: ‘Niet vergeten van onze doden is niet genoeg. Er kan zo dikwels veel ook voor onze doden nog gedaan worden. Om hun eer en goede naam te verdedigen tegenover miskenning en laster.... Bitterheden weg te nemen, die als onkruid tussen hen en hun omgeving waren opgeschoten....’ Hy het as onpartydige historicus sy vader sy eie saak laat voordra, hom uit sy werke, self tot ons laat spreek; nou moet hy nog as seun sy vader vir ons uitbeeld met al die warmte van 'n liefdevolle kinderhart. Die voorwoord laat ons hoop, dat ‘die dag daarvoor wel later (sal) aanbreek.’ Vir ons letterkunde kan dit 'n blye dag word! Die biografie bevat besonderhede oor Du Toit se jeug, sy werk as predikant van die gemeente Noorder-Pêrel, sy stryd vir die beginsel van Christelik Nasionale Onderwys. Die oprigting van die Genootskap van Regte Afrikaners, Die Patriot en ander blaaie word uitvoerig bespreek, asook die stryd vir die Afrikaanse taal. Duidelik blyk hoe groot die invloed van ds. S.J. du Toit sedert 1875 was, en van hoeveel bewegings hy die eintlike vader kan genoem word. Die oprigting van die Afrikaner-Bond, die oplewing in die Kaap-Kolonie en die aandeel van Die Patriot in die Transvaalse Vryheidsoorlog is ook breedvoerig uitgewerk. Uit die belangrike sitate kan ons 'n helder beeld van die kulturele lewe van dié tyd saamstel. Ds. du Toit se werk as Superintendent van Onderwys en politikus in die Transvaal, sy Bybelvertaling en reise word ook behandel. Dan volg sitate oor sy houding tydens en na die Jameson-inval. Die verklaring van adv. J.H.H. de Waal, soos aangehaal op bladsy 2 word deur ds. du Toit se eie woorde bevestig: ‘Die houding deur my in Patriot en Getuige ingeneem teenoor die Transvaal-regering van die laaste tyd wag egter nie populêr in die Kolonie nie, veral sedert die Jameson-inval. Dit het gemaak dat die blaaie agteruit gegaan het.’ (p. 313.) Oor Du Toit se stryd teen sektes en kettery word ook meedelings gedaan. Met 'n beskrywing van sy persoon en laaste dae sluit die boek, waarin ook nog enige gedigte van hom afgedruk is. Van Du Toit se veelsydige bekwaamheid, sy onvermoeide ywer vir godsdiens, taal en nasie is op byna iedere bladsy bewyse te vind. Sy lewensbeskrywing is meteen ook die geskiedenis van die ontwaking van die Afrikaner bewussyn, en sy aandeel daarin was ongetwyfeld belangrik. |
|