Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 535]
| |
§ 3. J.H. MalanGa naar voetnoot1).Boer en Barbaar (1913).By die tweede druk in 1918 het Malan sy werk in omvang byna verdubbel. Hy gee ‘die geskiedenis van die Voortrekkers tussen die jare 1835-'40 en verder van die kaffernasies met wie hulle in aanraking gekom het,’ soos die ondertitel lui. Dit is ‘volgens sy beskeiden mening, ('n) volledige geskiedenis van die eerste Voortrekkers tydperk’ (p. IX).Ga naar voetnoot2) Malan begin met Slagtersnek, bespreek die oorsake van die Groot Trek breedvoerig, asook die kafferoorloë van dié tydperk. Hoofstuk V bevat 'n kultuur-historiese beskouing, waarin uitvoerige meedelings oor veeen wynboerdery voorkom en 'n beskrywing van die huislike lewe van die Afrikaner tydens die Trek. Dan volg 'n oorsig van die eerste trekke onder Trigardt en Van Rensburg, en 'n breedvoerige verhandeling oor die verhoudings, oorloë en swerftogte van die talryke kafferstamme, asook die betrekkinge van die emigrante met hulle. Groot aandag word ook gewy aan die optrede van die Engelse en Amerikaanse sendelinge. Vervolgens kry ons 'n breedopgesette geskiedenis van al die ander trekke, die opkoms en ondergang van die Zoeloenasie, die eerste Engelse kolonie in Natal, die moord van Retief met die daarop volgende moorde en veldtogte en die vestiging van die Boererepubliek in Natal. As aanhangsel volg nog 'n verhandeling oor die argitektuur in die westelike provinsie. Sedert 1901 is Malan besig met sy ywerige navorsingswerk, en die groot aantal bronne deur hom ondersoek getuig van 'n onvermoeide vlyt en 'n hartstogtelike speursin. Hy het dan ook heelwat interessants en belangriks opgediep uit die Voortrekkersperiode. Maar tot die historici wat die uitkomste van hul ondersoek in skone vorm weet om te werk behoort Malan nie. Sy styl mis artistieke kwaliteit, en die gawe om op helder, logiese wyse die gang van 'n groot beweging te teken, ontbreek by hom maar alte dikwels. Die beeldende fantasie, wat al die tallose feite en besonderheidjies moet orden en rangskik, sodat dit tot 'n grootse tafereel vergroei, die besielende asem wat die stof van die ou foliante wegblaas en die vergete helde in lewende lywe voor ons laat staan - dit besit Malan slegs in geringe maat. Dit help nou eenmaal nie om net te praat van die ‘hartroerendste episodes’ (p. 286), ‘onuitwisbare tonele (p. 299), ‘hartdoorborende reise’ (p. 301), ‘ontsettende toestande’, ‘verbryselde manne’ (p. 302), want dit is tog maar niksseggende woorde, só banaal, dat dit ons alleen hinder. As die toneel dan werklik ‘onuitwisbaar’ is, teken dit dan in al sy kleure en geure, in al sy roerende droefheid, met al sy tragiese nasleep, sodat ook óns daar iets van kan voel. Toon ons die ding self, moenie net daaroor praat nie. Want Malan wil meer gee as 'n | |
[pagina 536]
| |
gekatalogiseerde feiteversameling of 'n wetenskaplike verhandeling. Hy raak telkens aan die moraliseer en wys op die deugde van die Voortrekkers, wat dan met die teenswoordige sedebederf gekontrasteer word. (o.a. p. 317-318.) Die geskiedenis is vir hom ‘die leermeesteres des lewens’ (p. 396). As die nageslag ‘afdwaal van die eienskappe van welvoeglikheid, statige fatsoenlikheid, ysterklip karakter en godsvrug van ons wegbaners’, dan raak hy op die pad wat lei ‘tot ondergang en vernietiging’. Malan probeer ook om deur te dring tot die gevoelslewe van die Trekkers. Hy laat vir 'n paar bladsye die kroniekstyl met al sy feite en syfers staan en beskryf ‘die laaste aand’ in die ou Kaapse woning (p. 136 vlg.).Ga naar voetnoot1) Hier sê hy nie: ‘Niemand kan sig inbeel, welke tonele deur die brein van elkeen.... gevlieg het’ (p. 285); hy is nie meer 'n blote toeskouer op 'n distansie van 'n ‘onuitwisbare toneel’ nie, maar die Trekker self wat afskeid neem. Omdat hy die geval werklik deurleef het in sy eie gemoed, daarom hoor ons ook die ontroering in sy woorde, al stuit ons taalgevoel telkens op wanklanke, en al verdwyn die weemoedige stemming geheel en al deur so 'n potsierlike beeld: 'n Maanstraaltjie is ‘'n teken van die Ewigheid, sag, op wolle slippers wadend oor die menslike stipjes....’! (p. 140.) Daar is nog tallose voorbeelde van visie-verknoeiing, o.a.: ‘'n hartebranding, wat onuitspreeklik was’ (p. 275); ‘snoewende woordegloed’ (p. 398); ‘Shaka rol die golwe van kaffers oor die Drakens Berre soos 'n grote bosbrand’ (p. 156); ens.; ook onbeholpe uitdrukkings soos: ‘'n diepheuse buiging’ (p. 123); ‘geen Britse leërmag met hulle destyds verwaande Europees-Waterloo militêre geflikker.... (p. 348); ens. Die onbeholpenheid bereik sy toppunt in onleesbare sinne: ‘Piet Retief was seker een van die merkwaardigste leiers onder die voortrekkers gewees en besonder bekwaam en - lankmoedig sowel as takvol om oor die grootste swakhede, veral in die begin, onder die emigrante: 'n volslae gebrek aan disipline, sug naar eer en 'n possie bekwaam of onbekwaam, te kom.’ (p. 186.) ‘Stuart vertel, dat die weduwee van P. Retief, wat 'n nooi de Wet was, en na eers met Jan Greijling gehuud te wees, na sy dood met P. Retief in 1814 was getroud, en dat hy in 'n huis aan die Mooi Rivier die veldfles van Piet Retief aan die muur het sien hang, synde in die huis van die heer H.S. Lombaard en daarop was die simbole van vrymetselary te sien’ (p. 289). Sulke voorbeelde van 'n verwronge, hopeloos verwarde sinsbou staan by klompies op byna iedere bladsy. Skoonheid uit letterkundige oogpunt hoef ons seker nie te soek in 'n boek waar die argitektuur van die sinne so 'n chaotiese warboel is nie - 'n ordelose hoop klippe van alle moontlike soorte, - agteloos op mekaar gesmyt, sonder vaste plan, sonder sierlike lyne. Die taalkundige sal ongetwyfeld 'n paar wavragte onkruid in Malan se akker kan oplaai. Hier kan alleen gewys word op die storende inversie | |
[pagina 537]
| |
van onderwerp en gesegde wat dwarsdeur die boek voorkom, om van ander foute in die sinstelling en onafrikaanse wendings nie eers te praat nie. Wat ook al die streng-historiese waarde van Boer en Barbaar mag wees, dit staat in elk geval vas: deur sy gebrekkige styl en taal is die letterkundige waarde daarvan gering. Laat ons hoop dat die boek van Malan, wat met soveel toewyding gewerk het en daarby gewillig was ‘to scorn delights, and live laborious days’ vir die historicus groter waarde het. Deur die belangstellende leek sal dit meer geraadpleeg as gelees word. | |
Die Opkoms van 'n Republiek (1929).Bostaande karakteristiek is ook van toepassing op hierdie lywige werk waarin die geskiedenis van die Vrystaat tot op 1863 behandel word. Dis inderdaad jammer dat hierdie geduldige navorser nie die gawe besit om sy interessante gegewens so te orden dat ons daaruit 'n samehangende beeld van die ontwikkeling in die Vrystaat kan kry nie. Die uiteensetting van essensiële sake word so dikwels onderbreek deur uitweidings oor onbelangrike bysake dat 'n mens die draad van die skrywer se betoog dikwels verloor. Verder word die leser se genot ook in hierdie werk belemmer deur Malan se eksentrieke styl. Wie egter die geduld het om, ten spyte van hierdie gebreke, Malan se werk aandagtig deur te lees sal vir sy moeite ryklik beloon word. Dit bevat 'n skat van anekdotes uit die administratiewe, maatskaplike en kerklike geskiedenis wat 'n verrassende lig werp op die wordingsperiode van die Vrystaat. Ons maak intiem kennis met die manne wat die grondslae van die nuwe staat gelê het en die byna onoorkoomlike moeilikhede wat hulle oorwin het. Deur die verslag van die wrywings met Transvaal kry ons 'n helder blik op staatkundige verwikkelinge wat vir die kennis van ons volkskarakter van groot belang is. 'n Ryke verskeidenheid van boustowwe lê hier opgestapel vir die toekomstige historiese romanskrywer wat die woelige beginperiode van die Vrystaatse Republiek wil laat herlewe. Ek noem enkele staaltjies: In 1875 is ‘president Brand deur 'n kommissie van die kerkraad sy redes vir afwesigheid van die dienste gevra. Sy antwoord was, omdat 'n seun van hom by die aanneming afgewys is.’ Toe ds. A. Murray nog 'n baardelose jongman was, het 'n Vrystaatse moeder, wat hom op die stoel van die leraar in haar eetkamer sien plaasneem, hom toegevoeg: ‘My kind, dis die plek van die predikant, jy kan maar daar op die voetbankie gaan sit.’ In 1861 is die landdros van Winburg gelas om die doodvonnis op 'n naturel te voltrek. Hierdie amptenaar huur egter 'n ander, Raaff, teen £20 om die onaangename taak te volbring. Met groot moeite rig Raaff 'n soort galg op, maar geen enkele Winburger was bereid om hom enige hulp te bied nie: ‘Dog hy het raad. Hy kry op die 15e Januarie 1861 'n | |
[pagina 538]
| |
oopkar waarin perde gespan is, haal die karet agter uit en plaas die moordenaar daarop. Hy ry tot onder die galg waarom die ganse bevolking van Winburg reeds staan, trek die sluif om Saul se kop en ja met die kar en perde onder die galg uit, met die gevolg dat Saul die ewigheid letterlik ingeswaai word.’ Sulke anekdotes kan daar by tientalle gevind word. Malan het met hierdie werk 'n belangrike bydrae tot ons kultuurgeskiedenis gelewer. |
|