Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 515]
| |
Hoofstuk X.
| |
[pagina 516]
| |
van die wordingstydperk te eer. Die grootste gedeelte van ons historiese prosa bestaan dan ook uit biografieë. Rondom groot figure soos Piet Retief, president Steyn, generaal de Wet en ander, word die geskiedenis van 'n hele tydperk gegroepeer. 'n Nuwe nasie het besit geneem van sy erfporsie en is besig om sy geestelike onafhankelikheid uit te werk! Die Afrikaanse Bestemming is ‘wyd en breed soos die Afrikaanse veld.’Ga naar voetnoot1) Die historici wat daartoe bygedra het om die eer van ons nasie te rehabiliteer, en aan die volk 'n gevoel van eiewaarde en selfrespek te gee, kan reken op die eerbiedige hulde van 'n jonger geslag, wat nog maar gister verlos is van die benoude nagmerrie van hul skooljare. En hul aantal is veel groter as die wat vir die volgende paragrawe in aanmerking kom. Hier word alleen 'n oorsig gegee van die vernaamste historiese werke in Afrikaans onder die Tweede Beweging, en 'n ondersoek ingestel na die letterkundige gehalte daarvan. 'n Bespreking van die historiese waarde val buiten die kader van hierdie werk. Dit spreek natuurlik vanself, dat ook die dorste kroniek vir die historicus groot waarde kan hê. |
|