Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 472]
| |||||||||||||||
Hoofstuk IX
| |||||||||||||||
[pagina 473]
| |||||||||||||||
Sy verdere skoolopvoeding geniet hy op Ladismith en Riversdal. Hy word Engelsgesind en betreur die feit dat sy ouers hom nie op sy nasieplig gewys het nie. So verklaar hy die feit dat hy byna veertig jaar oud geword het voordat hy sy skrywersroeping besef het. Hy het wel kennis gemaak met Di Afrikaanse Patriot, maar in hierdie blad geen besieling gevind nie. Op skool ontwikkel hy o.a. 'n besondere voorliefde vir Latynse prosa, wat later goed te pas gekom het by sy studie in die regte. ‘My Latyn (het) my geleer om by die gebruik van my eie Afrikaans die regte lyn te vat wat die kortste afstand tussen twee punte is; om oortolligheid en vertroebeling te vermy; om nie tevrede te wees met gesegdes wat niks sê nie; om my toe te lê op noukeurigheid van uitdrukking; om eenvoud en helderheid hartstogtelik na te streef.’ Hy trek ook veel voordeel uit die studie van Macaulay's Essay on Milton. Die stylteorie wat hy later in Die Opdraende Pad ontwikkel het, is gebaseer op aantekeninge wat hy in hierdie voorgeskrewe boek gevind het. Op Riversdal stig hy 'n skooldebatsvereniging, en lewer Engelse bydraes vir die skoolblad. In 1895 het hy die B.A.-graad op Stellenbosch behaal. Ook in sy studentejare was hy 'n hartstogtelike bewonderaar van Engels, soos blyk uit 'n artikelGa naar voetnoot1) in die joernaal van die Unie-debatsvereniging, herdruk in Na Vyftig Jaar. Die man, wat 'n twintig jaar later die regte van Afrikaans met soveel klemmende argumente en roerende innigheid sou verdedig, het in 1893 met jeugdige oormoed verkondig dat Engels die toekomstige taal van Suid-Afrika sou wees! Die man, wat een van die vernaamste opbouers van ons letterkunde sou word en wat deur sy oorspronklike seggingskrag ons woordeskat so verryk het, kon in 1893 nog skrywe: ‘For intellectual training Africander Dutch offers no scope, for it has no literature, and a very poor vocabulary.’ Hierdie uitspraak herinner ons aan die groot omwenteling wat met ongeloofbare snelheid plaasgevind het in die gemoed van die Afrikanervolk. Na sy L.L.B.-eksamen in 1900 is Langenhoven toegelaat as advokaat. Die joernalistiek trek hom egter en hy word redakteur van die Oudtshoornse blad Het Zuid-Westen (1912). Sy betrekking tot hierdie blad het 'n groot stoot gegee aan sy letterkundige werksaamheid. In 'n hoofartikel Onse geblinddoekte sienersGa naar voetnoot2) uit hy 'n hartstogtelike klag oor ons gemis aan 'n nasionale kultuurbesitting: ‘Ek het hier in die teater gesit en Ierse liedere gehoor, en Skotse, en Engelse: en ek het my medetoneelgangers van daardie nasies gadegeslaan, en hulle oë het gefonkel. Ek kon byna hulle polse hoor klop. Maar my | |||||||||||||||
[pagina 474]
| |||||||||||||||
liedere, my gedigte in my eie taal, die dinge wat my net so sou laat voel, soos 'n man wat met trots 'n ander nasieman-in die oë kan kyk ter wille van die land waar ek in woon, die volk waartoe ek behoor, die vadere waar ek van afstam? Myne, myne, myne - my besitting, my deel van die hoëre dinge - waar is dié?’ Dit sou Langenhoven se lewenstaak word om op velerlei gebied in hierdie gemis te voorsien; hy sou word, soos hy in die aangehaalde artikel self sê: ‘die man wat brand en woed en kook, en beef van geesdrif en krag en entoesiasme; die hemel-gesondene wat die lewende vleis en bloed bring om die aardse doodsbeendere op te wek’. Eers moes hy egter deelneem aan die taalstryd. Sy belangrike dienste in hierdie verband is in dr. E.C. Pienaar se dissertasie bespreek.Ga naar voetnoot1) Nadat hy 'n tydlank lid van die Kaapse Provinsiale Raad en ook die Volksraad was, het hy senator geword. In 1931 ontvang hy die eregraad, doktor in die lettere, van die Universiteit van Stellenbosch. Langenhoven het in 1911 begin as skrywer met die uitgawe Stukkies en Brokkies ‘'n leesboekie vir almaal en hulpboekie vir Kristelike Jongeliede- en Debatsverenigings’. Dit is in 1914 opgeneem in Ons Weg deur die Wêreld, wat in 1922 in drie afsonderlike dele herdruk is. Sy prosawerk sal volgens onderstaande indeling bespreek word:
| |||||||||||||||
[pagina 475]
| |||||||||||||||
Laasgenoemde is 'n bloemlesing uit die weeklikse rubriek in Die Burger, wat Langenhoven op 10 April 1922 begin het en voortgesit het tot aan sy dood. Dit bevat werk wat tot al die bogenoemde afdelings behoort en verder ook nog gedigte, vertalings, ens. Alleen sy politieke artikels het afsonderlik verskyn, meestal onder die naam Sagmoedige Neelsie. Vir 'n juiste begrip van sy persoonlikheid is Aan Stille Waters van groot belang. Langenhoven het ook 'n agtal toneelstukke geskrywe, waaronder Die Hoop van Suid-Afrika en Die Vrou van Suid-Afrika ruime waardering gevind het, terwyl die samesprake uit Ons Weg deur die Wêreld deur herhaalde opvoeringe volkseiendom geword het. Van sy belangstelling in die staatkundige ontwikkeling getuig twee Engelse werke: Republicans and Sinners (1918) en The Everlasting Annexation (1919), asook Twee Geskiedkundige OpstelleGa naar voetnoot1) in samewerking met G.S. Preller. Sy eerste gedigte het verskyn in Ons Weg deur die Wêreld; verder in 1921 in die bundel Die Pad van Suid-Afrika en Gesange in Afrikaans (1922). Uit 1923 dagteken 'n vertaling van die Rubáiyát van Omar Khayyám. In 1931 het hy in medewerking met dr. E.C. Pienaar uitgegee: Hoe om te Skrywe.Ga naar voetnoot2) |
|