Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 18. H. Luhis († 1932)Ga naar voetnoot1).Nahoon-Legendes (1929).Die ‘Voortrekkers’ van Rydersdorp is gedurende die vakansie gekampeer langs die Nahoonrivier. Saans as hul gesellig rondom die kampvuurtjie sit moet daar natuurlik stories vertel word en die kaptein sorg dat be- | |
[pagina 466]
| |
soekers daarvoor ingespan word. Soms is dit 'n ou naturel, wat aangelok word deur die geurige kos of 'n entjie tabak, of anders 'n ou inwoner van die buurt wat die oorleweringe van vammelewe se dae nog onthou. Al die nege verhale staan in verband met die onmiddellike omgewing van die kampplek, en die vriendelike ou Jan Duppeljee kan presies die plek aanwys waar elke gebeurtenis plaasgevind het. Deur hierdie metode word die hele streek besonder interessant. Die kampgrappies bring ons in die regte stemming om saam met die vakansiegangers te luister na die besonder aantreklike verhale van ou Kosakapteins, spookhuise, seeslange, verborge skatte, ens. Daar moet nog baie streke in ons land wees waar sulke volksoorleweringe voortlewe en die skrywer het 'n goeie werk verrig deur die optekening van hierdie legendes wat anders seker verlore sou geraak het. |
|