§ 15. Hans Rompel.
Die Land van die Farao's (1923).
In 'n vlotgeskrewe kompilasiewerk, wat egter ook blyke dra van selfstandige navorsing, behandel Hans Rompel op populêre wyse die Egiptiese volk, hul gewoontes, godsdiens, kuns en wetenskap. Dis 'n handige inleiding tot die egiptologie, wat 'n paar interessante proewe uit die Egiptiese lettere bevat. Die skrywer het sy werk met groot liefde en ywer verrig. Die verskyning van so 'n boek is 'n bewys van die toenemende belangstelling in kuns.