vertel. Noudat daar op ons universiteite meer aandag gewy word aan die inboorlingrasse is dit te hope dat ook ander skrywers sal help om hierdie ryke terrein te ontgin. Natal is nog maar skraal verteenwoordig in ons letterkunde en ek kan my nouliks 'n aantrekliker onderwerp voorstel vir die Natalse skrywer, wat tussen die Zoeloes groot word en hul taal met gemak praat.
Van Zyl het ook 'n aantal kortverhale geskryf vir Die Huisgenoot en Die Volksblad, waarin hy o.a. met sukses komiese situasies tussen hom en sy vrou, Alie, uitwerk.