Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 5. Mev. M. Jansen-Pelissier.Mev. Jansen het haar Brandwag-verhale in 1919 gebundel onder die titel Die Veldblommetjie en andere Verhale. Verder het sy nog geskryf Afrikaner Harte, 'n toneelstuk. Die meeste verhale in Die Veldblommetjie het 'n duidelike strekking. Dit is veral pedagogiese en seksuele vraagstukke, wat behandel word. ‘Die skryfster toon ons die sedebederf aan wat saam met 'n bioskoopbeskawing tot ons oorgewaai het’ sê dr. W.M.R. Malherbe in sy voorwoord. Daar is eintlik drie ‘veldblommetjies’. Een volbring haar kinderplig ten spyte van die ontevredenheid van haar verloofde, die ander twee word verlei deur die skynskoon van die wêreld. Waarom die Agteruitgang? is geskryf ‘uit oortuiging dat die agteruitgang van ons mense op godsdienstig gebied grotendeels toe te skrywe is aan die feit dat Afrikaans nie van die kansel gebruik word nie....’ (p. 47). Die skryfster gaan só te werk: verskillende episodes uit die lewe word op so 'n manier samegevoeg, dat dit as afskrikwekkende voorbeeld of direkte les kan geld. Om haar moraal beter te laat inslaan, verskerp sy die situasie gewoonlik en eindig met 'n melodramatiese slot, wat soms nogal onwaarskynlik is, soos b.v. die moord op p. 169. Om meer nadruk te lê op die didaktiese doel word die lesers direk toegespreek en beskouings oor die gedrag van die karakters ingevleg. As gevolg van dié werkwyse het Die Veldblommetjie 'n bydrae op nasionaal-sedekundige gebied geword, wat 'n ernstige waarskuwing bevat, en sal meewerk tot opbouing van 'n gesonde Afrikaanse kultuur. Uit 'n letterkundige oogpunt moet egter die bewuste vooropstelling van 'n tendens afgekeur word. Die vernaamste fout is ‘that the moral suggests the tale far more frequently than the tale suggests the moral’Ga naar voetnoot2). ‘Zoodra je de bijgedachte hebt: ik wil 't leven zóó laten zien, dat de menschen onder den invloed van mijn werk op ideeën komen, die ze anders niet zouden hebben, moet je het leven een beetje verwringen, datgene er uitkiezen, waardoor die ideeën worden opgewekt, en zoodoende een eenigszins valsch beeld geven van het leven.’Ga naar voetnoot3) Dit is 'n gevaar waaraan die skryfster in haar ywer om ons oor te haal tot haar opvatting nie ontsnap nie, maar dit geld meer die bou en opset van die verhale want in die uit- | |
[pagina 453]
| |
werking van details word ons dikwels getref deur raak tekening van die lewe op plaas en dorp. |
|