Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 451]
| |
§ 4. Adv. H.A. FaganGa naar voetnoot1).H.A. Fagan is gebore op Tulbagh in 1889. Hy was een van die eerste direkteure van die Nasionale Pers, 'n tydlank assistent-hoofredakteur van Die Burger en daarna vir enige tyd professor in Hollands-Romeins reg aan die Stellenbosse Universiteit. Sedert 1933 is hy lid van die Volksraad en in 1935 het hy Minister van Naturellesake geword. Van hom het verskyn 'n Eerste Digbundel, Uit 'n Studente-AlbumGa naar voetnoot2), 'n bloemlesing Uitgesogte Afrikaanse Verhale (Burger-Leeskring, 2de jg.) en die toneelstukke Lenie, Op Sand gebou en Die Ouderling. | |
Uit 'n Studente-Album.Uit 'n Studente-Album bevat ses kortverhale, twee waarvan tot die komiese genre behoort. 'n Vondeling lyk die meeste op jeugwerk. Die beskrywing van Japie se ontnugtering bly aan die buitekant, en die melodramatiese ontknoping word deur niks voorberei nie. Op 'n Vakansiereis en Tableaux Vivants gaan baie dieper en bevat 'n belofte. Dit geld ook van 'n Gewone Rosie, waarin daar 'n teer sprokiesagtige atmosfeer is. Twyfel ontstaan egter aan die psigologiese uitbeelding, wanneer ons hoor, dat die seuntjie hom die nag voorgestel het ‘as 'n meetlose swarte ruimte, waarin jy sou dool en swerf as 'n verlore siel’ (p. 168). Ook die volgende sin mis die kinderlik-naïewe toon, wat anders goed bewaar word: ‘Tog is daar 'n waas van geheimsinnige betowering oor die hele natuur gesprei’ (p. 169). Fagan het 'n aangename verteltoon, 'n goedversorgde styl, wat net hier en daar bietjie konvensioneel word. 'n Eerste Digbundel bevat ook enkele prosastukke. | |
Uitgesogte Afrikaanse Verhale.Hierdie bundel bevat negentien kortverhale van die volgende outeurs: Helene Oldendorf, T. Schumann, G.R. von Wielligh, Rikie Postma, F.E. de Villiers, C.R. Swart, Eugène C. van Wijk, Sarah Goldblatt, Essie Malan, Frina Roux, Marjorie Hofmeyr, Chris. Fourie, N.H. Theunissen, D.W. Wessels en ‘Veritas’. Afgaande op die titel sou mens verwag, dat dit 'n bloemlesing is, maar die meeste verhale verraai 'n ongeoefende hand. Daar is spore van diep gevoel, hier en daar 'n geslaagde toneeltjie, maar weinig wat ontroer deur skoonheid van segging, klank of uitbeelding. Die taal is deurgaans suiwer, - die skaaf van die versamelaar het seker daaroor gegaan - en tog is daar baie kreupel uitdrukkings. Droogte van Helene Oldendorf bevat 'n belofte, Oog om oog is in sy soort goed. Die gelukkige en treurende paartjies van die meeste verhale | |
[pagina 452]
| |
maak geen blywende indruk op ons nie, wat behalwe aan reeds genoemde oorsake ook gewyt moet word aan onbekendheid met die tegniek van die kort verhaal. ‘More real brains are required for the construction of an excellent short story than for a hundred pages of many a novel’, sê Harry T. Baker,Ga naar voetnoot1) en dié uitspraak bevat seker waarheid. |
|