Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 3. Chris. C. Euvrard.Van Chris C. Euvrard, onderwyseres in Rhodesië, het drie novelles verskyn: Twee Susters, Lena en Twee Broers. Haar werk word hier alleen vermeld, omdat aan Twee Susters in 1914 die eerste prys toegeken is in die jaarlikse wedstryd van die Akademie. Dit is van geen letterkundige belang nie, en bevat oorlogsondervindings in onbeholpe skoolmeisiesstyl. Ter tipering 'n enkel staaltjie: ‘Lena was skaars onder die seil uit, toe een van die wagte wat by die wa was, vir haar vra of hy die seil sal aftrek. Lena sê ja en in 'n paar oomblikke was die seil af en kon almal weer lug kry. Die seil was maar net af van die wa, toe 'n offisier daar kom. Hy begin met mev. van Eeden en tant Sannie te praat, en terwyl hulle nog praat, kom 'n paar soldate ook by die wa en begin ook met die meisies te praat.’ (Twee Susters2, p. 45.) Die redakteur van Die Brandwag het in Des. 1918 nog verklaar, dat ofskoon haar werk oppervlakkig is dit ‘veel daartoe by(dra) om leeslus op te wek by die wat anders nooit 'n boek sou opneem nie’ (p. 214). Vir die taalstryd mag dit dus miskien wel van enige betekenis gewees het.Ga naar voetnoot1) |
|