Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 19. Dr. C. Louis Leipoldt.Die redakteur van Die Huisgenoot het Leipoldt se merkwaardige loopbaan as volg opgesom: ‘Dr. Christiaan Frederik Louis Leipoldt.... is in 1880 op Worcester gebore en het sy eerste onderrig aan huis van sy vader ontvang, wat vroeër sendeling in die Ooste (op Sumatra) en later | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 320]
| |||||||||||||||||||||||||||
predikant van die Ned. Geref. Kerk op Clanwilliam was. Later het hy 'n paar klasse in Kaapstad bygewoon. In die eksamen vir die Intermediêre B.A. het hy gedruip en later die staatsdienseksamen in die eerste klas afgelê. Hierop het 'n veelbewoë joernalistieke loopbaan gevolg, eers as oorlogskorrespondent in Suid-Afrika en later in Europa. Daarna het hy in die medisyne gestudeer, 'n tyd lank in Engeland as skoolinspekteur opgetree, om gesondheidsredes na die Ooste gereis en ook tyd gevind om universiteite op die Vasteland en in Amerika te besoek. In SuidAfrika teruggekeer het hy weer mediese inspekteur van skole geword, hierdie werk 'n tyd lank onderbreek om politieke joernalis te word en ook 'n volksraadsetel betwis. Op die oomblik is hy sekretaris van die Mediese Vereniging van Suid-Afrika, redakteur van die vereniging se vakblad en ook lektor aan die Universiteit van Kaapstad.’ In 1934 het hy 'n ere-doktoraat in die Lettere van die Universiteit van die Witwatersrand ontvang. Van hom het verskyn 'n sestal digbundels, 'n sestal toneelstukke en die volgende prosawerke:
Verder het van Leipoldt nog verskyn: Die Afrikaanse Kind in Siekte en Gesondheid en 'n kookboek Kos vir die Kenner. | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 321]
| |||||||||||||||||||||||||||
Uit bostaande opsomming blyk dat hierdie veelsydige skrywer besonder produktief is. Hy was een van die eerste digters wat werklik die hart van die nasie geroer het en baie gedigte van hom het die geestelike eiendom van die volk geword. As dramaturg het hy ons skrale toneelliteratuur met 'n paar verdienstelike stukke verryk, en as joernalis het hy vanaf sy twintigste jaar met onvermoeide ywer die skat van sy uitgebreide kennis aan die volk meegedeel. ‘By my is en was die skryfkuns altyd hoofsaak in my lewe’ het hy aan dr. P. de V. Pienaar verklaar. Op negeof tienjarige leeftyd het hy al 'n prysverhaal geskrywe vir die Boys' Own Paper, toe hy dertien was vir The Argus, en in sy twintigste jaar het hy medewerker geword van Elsevier se tydskrif en De Gids. Oor hierdie eerste pogings het Leipoldt interessante besonderhede meegedeel in die artikel Eerste Skoffies (Die Huisgenoot, 1 Des. 1933). Letterkundig beskou is Leipoldt se bydrae tot ons poësie van veel meer betekenis as sy prosawerk. Op die gebied van die spookverhaal was hy 'n wegbereider, wat met sy wetenskaplike insig die uitgebreide volksoorleweringe van spoke, goëlary, ens. in knap verhale verwerk het. Maar artistiek bevredig hierdie werk slegs by uitsondering. Dr. G. Dekker het tereg opgemerk: ‘Sy prosa openbaar.... 'n heeltemal ander persoonlikheid. Naas die hartstogtelike, die hewig-persoonlike van sy poësie, word ons hier getref deur die kalme geselser, die causeur, wat nooit sterk ontroerd is nie, nooit haastig nie, maar altyd die tyd het om alles omstandig te vertel, soms selfs pynlik langdradig en omslagtig word.’Ga naar voetnoot1) | |||||||||||||||||||||||||||
(a) Didakties:
| |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 322]
| |||||||||||||||||||||||||||
ons geskiedenis, ons alledaagse lewe, betref, maar waar sien of hoor jy dat ons publieke sprekers van sulke nasionale beelde 'n algemene gebruik maak?’ (p. 43.) Telkens word Multatuli met groot ingenomenheid aangehaal en die lesing van sy werk aanbeveelGa naar voetnoot1). 'n Paar van Leipoldt se denkbeelde is taamlik rewolusionêr en sal, deur ons land ten minste, seker 'n klein Multatuliaanse ‘rilling’ laat gaan. Hy is 'n teenstander van godsdiensonderwys op skole. ‘Is dit nie veel beter nie om uit die Bybel te put stories en stukkies wat 'n rein opvoedkundige waarde het, en dit voor te dra in die skool as deel van die algemene geskiedenis soos dan ook die Herbartse volgelinge dit doen?’ (p. 84.) Sendingwerk beskou hy as 'n uiting van onverdraagsaamheid. Die sendelinge is ‘uitstekende, mensliewende persone.... En tog, dieselfde beminnelike mense gaan naar ander mense, wat nie juis bely wat hulle bely nie, en kwets die mense in hulle diepste en heiligste gevoelens op 'n manier wat hulle van jou en my nooit sal verdra nie.’ (p. 150.) Op p. 34 is sprake van ‘die middeleeuse hipotese van erfsonde’ en ‘die predestinasie of verdoemingsleer van die Kristelike kerk.’ Predikante en prokureurs kry 'n opslagskoot op p. 16: ‘Die meeste van ons is geneig om die deskundige te wantrou. Daar is net twee van die soort mense aan wie onder ons mense 'n algemene roem toegeken word, naamlik die predikante en die prokureurs, en op die keper beskou is hulle deskundigheid tog maar van die minste waarde’! Leipoldt se helder prosa bevat ongetwyfeld 'n belofte. ‘Ek weet dat wat ek aanvoer van belang is vir ons volk, en dat dit algar dinge is, waaroor 'n verstandige mens behoort na te dink’ verklaar hy in sy voorwoord. Die waarde van sy Praatjies lê daarin, dat dit 'n aansporing tot selfstandig dink bevat. | |||||||||||||||||||||||||||
(b) Kortverhale.
| |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 323]
| |||||||||||||||||||||||||||
In die eerste verhaal, Wit Angeliere, word 'n regter, wat 'n onskuldige ter dood veroordeel het, vyf jaar na die gebeurtenis op bo-natuurlike wyse oortuig van sy regterlike dwaling. Hy is weer in dieselfde kamer waar hy die noodlottige aanbeveling geskrywe het - al verskil is, dat in plaas van 'n groot bos angeliere, daar nou rooi rose op die tafel staan. 'n Opmerking van die waard herinner die regter aan die moordsaak van vyf jaar gelede en die blommegeur stuur sy onderbewuste gedagtes in dieselfde rigting. Die hele geval sou 'n mens as 'n doodgewone droomverskyning of nagmerrie kan beskou, as die skrywer nie ons nuuskierigheid prikkel nie deur 'n paar geheimsinnige draaitjies. Die rooi rose verander in 'n bos wit angeliere gedurende die nagtelike verskyning wat die regter se slaap verontrus. Maar dit is nie net 'n hallusinasie nie, want die volgende oggend sien die dokter werklik angeliere in die slaapkamer. Ook die merk om die regter se nek is daar om te bewys dat ons nie net met 'n nagmerrie te doen het nie. Aan 'n verklaring van hierdie okkulte verskynsels waag Leipoldt hom nie. Hy is trouens ook nie besig om 'n wetenskaplike verhandeling te skrywe nie en laat die onopgeloste raaisel aan die leser oor om hom tot nadenke te prikkel. Soos hy in die inleiding verklaar, reken hy ‘op die verbeeldings- en inbeeldingskrag van sy leser.’ In die tweede verhaal smeek 'n hopelose kanker-pasiënt sy seun om hom uit sy lyding te help deur hom 'n paar kristalletjies karbolsuur te gee. In 'n onbewaakte oomblik kry die kranke die bottel in die hande en die gedagte dat hy sy vader se moordenaar is, word 'n idée fixe by Hermaans. Presies 'n jaar na sy vader se dood sterf ook Hermaans en by die post mortem blyk dit dat sy ingewande verteer is deur karbolsuur. Niemand kan egter verklaar waar hy dit kon gekry het nie. In hierdie twee verhale is die algemene motief dus presies eners: 'n duidelik waarneembare fisieke verandering word bewerk deur 'n gemotiveerde psigiese aksie, wat egter alleen voltooi word met behulp van 'n bo-natuurlike mag (b.v. die vervanging van die bos rose deur angeliere en die herkoms van die karbolsuur). Die bo-natuurlike element sal deur die redeneervermoë van party lesers miskien uitgeskakel word, maar die onsekerheid daaromtrent vorm juis die pointe van die verhaal. By hierdie twee verhale sluit aan O'Callaghan se Waatlemoen. Oom Oelf en Kelgen, die dorpstimmerman, is groot maats. Laasgenoemde is in die laaste stadium van tering as hy oom Oelf se doodkis moet vergroot. Om sy vriend op te beur gaan oom Oelf 'n weddenskap aan met die timmerman omtrent hul lewensduur, en laat hom plegtig sweer dat hy 'n spogwaatlemoen, wat nog geplant moet word, sal kom help opeet. Die timmerman sterf eerste en sy kopmussie wat volgens die weddenskap oom Oelf toekom word saam met hom begrawe. As die spogwaatlemoen oopgesny word is Kelgen of sy ‘spook’ egter daar om sy eed gestand te doen en | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 324]
| |||||||||||||||||||||||||||
ook om die kopmussie volgens die weddenskap af te lewer. In hierdie verhaal word weer gebruik gemaak van die ruikmotief, want Kelgen se verskyning word voorafgegaan deur 'n skerp saagsel-lug. Die bo-natuurlike element word hier egter nie so fyn gesuggereer nie en die uitwerking van die besonderhede van Kelgen se verskyning is te nugter om selfs die illusie van geheimsinnigheid te wek. Pragtig geslaag daarenteë is die figuur van die oubaas, oom Oelf, wat sy middagdutjie in sy doodkis doen, want ‘'n mens moet hom so stadigaan gewoon maak aan die ding’! Die doodsgedagtes verstoor egter nie sy gemoedsrus nie en as gevolg van 'n luilekkerlewe word sy rusplek selfs vir hom te nou. Veral goed geteken is die oubaas se ywerige toewyding aan sy waatlemoene. Ook van oom Tys in Aalwyne kry ons 'n lewendige skildering. Hy het die vermoë om in die toekoms te sien en deur berekeninge met syfers kan hy voorspellings doen. By hierdie verhaal sluit aan Die Wit Hondjie, 'n dier wat telkens die voorbode van die dood is. Deur middel van skynbaar logiese redenerings, wat met persoonlike hartstog verdedig word, wek die verteller bygelowige assosiasies. En ten spyte van al ons wetenskaplike verligting is dit nie so'n danig moeilike taak nie! In Die Lammervanger slaag die skrywer daarin om 'n atmosfeer van angstige beklemming te skep. Mev. Ankus, die moordenaresse van haar man, word agtervolg deur 'n lammervanger, blykbaar 'n reïnkarnasie van die vermoorde. Uiteindelik word sy so betakel deur die lammervanger, dat sy na 'n kranksinnigegestig moet vervoer word. In Die Koranna se Kopbeen skuil daar ‘'n grondstoflike gees wat gewoonlik haatlik teen die mensdom gekant is en 'n besondere vermaak vind in plaery en in seermaak, liggaamlik sowel as geestelik.’ Leipoldt het die kwaadaardige invloed wat daar van die kopbeen uitgaan in besonderhede uitgewerk en daar 'n wetenskaplike tint aan gegee wat party lesers sal oortuig. In die laaste verhaal Die Cat in die Kamer, gee die skrywer ons 'n noukeurige en treffende analise van die angs in 'n kindergemoed. Ook hier is egter die bo-natuurlike element aanwesig, want die angs word veroorsaak deur 'n gat in die muurpapier. Daarin het vroeër die balk gesit waaraan 'n selfmoordenaar hom opgehang het. Uit die ondersoekings van die psigo-patoloë kan ons hierdie algemene gevolgtrekking maak: die abnormale werksaamheid van die gemoed, soos in die geval van histerie en kranksinnigheid, is net 'n buitengewone en ongebalanseerde ontwikkeling van karaktertrekke en funksies wat deel uitmaak van die normale, gesonde sielsgesteldheid. Baie onverklaarbare verskynsels van die normale gemoed kan verduidelik word deur verwysing na patologiese ontwikkelings en op dié manier kry ons 'n veel dieper insig in die geestelike struktuur van die mens. Op dieselfde wyse het geneeskundiges veel geleer omtrent die normale fisiologiese prosesse | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 325]
| |||||||||||||||||||||||||||
deur 'n studie te maak van siekteverskynsels. Vir 'n medicus, soos die skrywer, moet die wisselwerking van siel en liggaam 'n besonder aanloklike terrein wees en sy vlotte verteltrant stel hom in staat om selfs afstootlike motiewe op 'n boeiende wyse te ontwikkel. Hy maak natuurlik gebruik van die tradisionele spook-apparaat, maar het aan al die verhale 'n suiwer Afrikaanse atmosfeer gegee. | |||||||||||||||||||||||||||
Wat Agter Lê (1930).Hierdie verhale kan volgens die skrywer beskou word ‘as 'n verdere, miskien 'n rypere ontwikkeling van die tipe van verhaal wat ek reeds in Waar Spoke Speel geprobeer het.’ Die ooreenkoms tussen die twee bundels val meteens op, want verskeie motiewe word in enigsins gewysigde vorm weer gebruik. Nog beter as in die vorige bundel egter, slaag Leipoldt daarin om ons belangstelling vas te hou, omdat hy nou die tegniek van die kortverhaal beter beheers en ook meer aandag gewy het aan die omlysting. Uit die gesprekke oor die bo-natuurlike verskynsels blyk ook dat Leipoldt hom verder verdiep het in hierdie onderwerp. Af en toe ontkom hy nie aan die gevaar om die leser te vermoei deur geleerde uitweidings nie, wat die gang van die verhaal belemmer, en dit ongenietbaar maak vir persone van gemiddelde ontwikkeling. Die beste verhaal is seker Groottannie se Salf. Oom Danie het hom klaargemaak vir 'n aanval van sinkings deur 'n nuwe voorraad smeergoed by die apteker te haal. Hierdie salf word aangemaak volgens die geheimsinnige resep van sy Groottannie, en uit 'n gesprek met die apteker gewaar oom Danie tot sy grootste ontsteltenis dat dit eintlik 'n soort heksesalf is - ‘'n Slamaaier-gemors’ van die vreemdste bestanddele. Tuis gekom, dwing sy nuuskierigheid hom om die smeergoed te vergelyk met groottannie se oorspronklike potjie, waaruit hy 'n stukkie met sy knipmes loswoel. In die nag word die oubaas en sy ega gewek, nie deur die gierende suidooster nie, maar deur 'n smartvolle gekreun. Voortreflik geteken is die manier waarop die waardige egpaar 'n bangerige ondersoek instel na die oorsaak van hierdie geluid. As hul angs ten toppunt styg, fluister oom Danie: ‘Laat ons bid, of, liewer, laat ons sing. Trina, sit in vir my - ek kan nie vat nie - begin....’ ‘Maar, Danie....’ ‘Nee, Vrou, begin! Dit is die aanhef wat ek nodig het - sonder note kan ek nie - toe, maak gou!’ Met 'n bewerige stemmetjie het tant Trina ‘Rust mijn ziel’ aangehef, en oom Danie het met wat eers 'n skaars hoorbare sangstem was, by ‘Heel de wereld’ ingekom.’ Om ten volle die komiese effek van hierdie situasie te waardeer moet die hele verhaal gelees word, want die verskrikkinge van die tweede nag bevat ook spannende momente. Hierdie bundel is 'n welkome bydrae tot ons spookstories. | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 326]
| |||||||||||||||||||||||||||
Die Rooi Rotte (1932).Vier van hierdie verhale, nl. Die Rooi Rotte, Renosterbosas, Die Klipspringerhare van Tant Kato en Kattekruie behoort ook tot die spookgenre. Die spanning word bereik deur 'n bo-natuurlike element waarvoor die leser deur sy eie verbeeldingskrag 'n soort oplossing moet soek. Die skrywer is daarop uit om deur die skildering van 'n reeks pakkende besonderhede ‘'n indruk van gespanne angs en kriewelrige nuuskierigheid (te) wek’, soos hy in die voorrede van Waar Spoke Speel verklaar. Maar verder as dié angsspanning het Leipoldt dit ook in hierdie bundel nie gebring nie. Ons waardeer die psigo-patologiese deskundigheid van die skrywer, en bewonder die ratsheid waarmee hy die angswekkende verskynsels in die raamwerk van die verhaal inlas, maar moet tog konstateer dat Leipoldt tot dusverre tevrede gewees het om op lughartige wyse te koketteer met die okkultisme. Dit sal verblydend wees as hy in 'n volgende werk dieper wil indring in hierdie geheimsinnige gebied, waarvan hy blykbaar soveel hou. Op sy beste is Leipoldt in hierdie bundel in die dorpsverhaal: Die Koei van die Weduwee Priem, waarin hy met speelse geestigheid 'n geskilletjie tussen 'n lankmoedige Engelse predikant en 'n opvlieënde weduwee behandel. Die vertoornde dominee neem die koei, wat elke Sondag sy dienste kom stoor, persoonlik skut-toe, en die bitsige weduwee sorg vir allerlei spektakels langs die pad. Besonder goed is die slot waar die boetvaardige tante ewe sagmoedig die dominee 'n kommetjie sult van die oorlede koei kom aanbied. Sy, wat so'n virtuose op die gebied van die vloekkuns was, voel tog dat sy in haar woede miskien effens die grens van die betaamlike oorskry het: ‘Om ekskuus te vra, Eerwaarde, is nou nie eintlik my gewoonte nie, Eerwaarde. Ek is maar, Eerwaarde, soos Eerwaarde weet, 'n vrou wat reguit praat, en as ek iets gesê het, Eerwaarde, laaste Sondag, Eerwaarde, toe ons altwee kwaad opmekaar was, Eerw....’ Hoe jammer dat ons letterkunde nog so arm is aan verhale waarin die eenvoudige dorpslewe met al sy verskillende tipes geskilder word. Voortreflik het Leipoldt in Oorblyfsels 'n stokou Hottentotse egpaar geteken met hul ondankbare kroos. Regina gésel hul sonder genade: ‘Glo vir my, vuur en swawel, dit sal julle geniet hiernamaals, en ek en Hiskia sal met die harp in die hand sit en sing by die kristalrivier onder die Heiland se troon. En julle moenie dink dat ek die liewe Heer sal vra om Hom oor julle skepsels te ontferm nie, moenie glo nie. Ek sal Hom die waarheid, die hele waarheid sê, en as Hy ook wil toegee, sal ek sê: “Nee, asseblief seur, laat die vuilgoed maar braai.”’ Ons het weinig skrywers wat met sulke verrassende egtheid die kleurling-mentaliteit kan weergee. Regina gaan te werk met listige oorleg, want sy exploiteer | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 327]
| |||||||||||||||||||||||||||
die godsdienssin, bygeloof en gierigheid van haar kinders en klein-kinders met soveel sukses dat sy op haar oudag in weelde vertroetel word. Die geheim van die Kimberleyse diamante word eers na haar dood ontsluier, en dan blyk dat die fabelagtige skat niks anders as waardelose kristalletjies was nie! Ons geniet hierdie eenvoudige intrige waarin die lokasie-atmosfeer so uitstekend aangedui word veel meer as die kunstig-bedagte verskrikkinge van die ‘kriewelrige, rooiharige rotte’ wat ons volgens 'n bekende formule moet bang maak. | |||||||||||||||||||||||||||
(c) Romans:
| |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 328]
| |||||||||||||||||||||||||||
danigheid’, en alle toenadering misluk. ‘Dit was Cornelis se tragedie dat hy op sy ou dag moes gaan bedel vir die brokkies van liefde wat hy onverskillig in sy jonger dae verwerp het.’ Deur 'n hele reeks toneeltjies word hierdie tragedie veraanskoulik, en deur skerpsinnige analise verder verduidelik. Cornelis se onpedagogiese metodes en oordrewe belangstelling prikkel die seun tot verset, en sy karakter word volkome ondermyn deur die onoordeelkundige toegewendheid van sy vader. Aan die end van die verhaal is hy 'n morele wrak, 'n swakkeling sonder enige rigting in die lewe. Net soos sy moeder versoen hy hom eers op sy sterfbed met sy vader, aan wie hy dan tog eindelik 'n paar krummeltjies van sy liefde bied. Dis 'n donker, vreugdelose verhaal van eindelose wrywing en gedurige misverstand. Twee meulstene maal mekaar stadig maar seker fyn, en by elke wenteling bedui Leipoldt, die wetenskaplike, ons hoe die vernielingsproses vorder. Leipoldt, die digter, die kunstenaar, het weinig aandeel in hierdie roman gehad. Die karakters verbleek tot sielkundige abstraksies, en die swaarwigtige, omslagtige motiewe-uitrafeling laat die leser soms dink dat hy met 'n psigologiese handboek te doen het. By elke wending in die verhaal moet die opsetlike strekking aangedik word, by elke insident moet die skrywer in sy rol van professor in die sielkunde verklarende aantekeninge dikteer: ‘As Cornelis wetenskaplik aangelê was - wat hy regtig nie was nie - dan sou hy die saak kalm en bedaard opgevat het....’ ‘'n Bietjie grondiger kennis van die menslike sielslewe as wat hy gehad het, sou hom dadelik daarvan oortuig het....’ Geleerde redenasies in hierdie trant tref ons dikwels aan - digterlike uitbeelding slegs selde. | |||||||||||||||||||||||||||
Galgsalmander (1932).Ofskoon die skaduwee van 'n galg oor hierdie roman val, is dit tog vol ‘somer en son en saffier’. Hier geen kil-wetenskaplike atmosfeer soos in Die Donker Huis nie. Leipoldt vind nou weer die gemoedelike geselstoon, en ofskoon sy omslagtige breedvoerigheid soms vermoeiend is, hou hy tog die belangstelling van ‘die kundige leser’ vas deur sy aangename verteltrant en geestige stylwendings. Hoofsaak was vir hom in hierdie verhaal die skildering van maatskaplike toestande aan die begin van die negentiende eeu in die streek ‘tussen die hoë Olifantsrivier- en Skurweberge.’ Ons ontmoet 'n paar ontwikkelde boere en leer hul opvattings ken oor politieke, kerklike en maatskaplike sake. Hulle vier Nagmaal in 'n groot kafhuis, stig 'n plaasskooltjie waar 'n leegloper met 'n twyfelagtige verlede teen £20 per jaar as meester aangestel word, en herdenk die verjaardag van ‘die geliefde vorstin’, Victoria, feestelik op die dorp. Ons kry ook 'n kykie op die boerderytoestande en hoor van proefnemings in verband met wynmaak. Verder laat die skrywer ons | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 329]
| |||||||||||||||||||||||||||
toe om oor 'n Engelse winkelier se skouer te kyk wanneer hy sy dagboek skryf vir familiebetrekkinge in Engeland, en geniet die geselskap van oom Dorie en oom Martiens as hulle, na 'n partytjie skaak, landsake en hul bure se intieme geskiedenis uitpluis. Uit Meester se bedrywighede verneem ons veel omtrent die metodes van 'n plattelandse onderwyser. Die besonderhede van sy loopbaan vorm 'n interessante bydrae tot die beskawingsgeskiedenis van die periode. Aan die slot van die verhaal tree die Roomse meester in die huwelik met 'n ryk weduwee, wat haar nou nie juis te veel bekommer oor die verskil tussen Gereformeerd en Rooms nie. ‘Ons is altwee oud - dus sal dit nie te lank wees voordat ons weet watter van ons die regte geloof het nie’! As historiese roman is hierdie verhaal egter 'n mislukking omdat die hooffigure nie tot lewende mense ontwikkel het nie. Hulle word nooit betrokke in 'n ernstige botsing, waardeur die geheim van hul menslikheid geopenbaar word nie. Daar word wel 'n geheim ontsluier, maar dié is so deursigtig en onbelangrik dat dit nouliks enige spanning, maar hoogstens 'n bietjie nuuskierigheid veroorsaak. Die hoofkarakter, Amadeus Tereg, het vroeër opgetree as beul. Na 'n onverwagte erfenis, verander hy sy naam en vestig hom in 'n onbekende omgewing, waar hy spoedig die hoogagting van almal win. Die skrywer moet allerlei kunsmiddeltjies aanwend om hierdie ‘geheim’ nie aan die leser te verklap nie. Amadeus is oortuig dat hy reg gehandel het, en sy enigste motief vir die geheimhouding is die vrees dat hy die agting van sy vriende sal verloor. Uit hierdie skrale gegewens kan geen sielkundige konflik van enige betekenis ontstaan nie. Die vernaamste verdienste van die roman lê in die breeduitgewerkte sedeskildering van die periode net voor die Groot Trek. Daarby kom Leipoldt se deeglike kennis van gewoontes en gebruike hom goed te pas. | |||||||||||||||||||||||||||
Die Dwergvroutjie (1937).In Die Afrikaanse Jaarboek (1936) verskyn 'n besonder interessante onderhoud wat dr. P. de V. Pienaar met Leipoldt gehad het. Daaruit siteer ek die volgende: ‘Ek het hom gevra na die temasoort wat hom in sy kuns die meeste aantrek en sy antwoord was: Die oënskynlike teenstrydigheid tussen werklike skoonheid en bruikbaarheid of paslikheid. Vir 'n dokter wat belangstel in kankergewasse kan 'n bepaalde gewas mooi wees, wat vir ander afskuwelik is....’
Hierdie uitspraak moet ons in gedagte hou by die beskouing van die sonderlinge motiewe wat as raamwerk van Die Dwergvroutjie dien. Nisba is 'n achondroplasiese dwerg, wat deur die skrywer so verklaar word: ‘Eenvoudig uitgedruk, beteken dit dat sy die gevolg was van 'n diep | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 330]
| |||||||||||||||||||||||||||
ingrypende verwikkeling wat voor die geboorte plaasgevind en wat aanleiding gegee het tot 'n merkwaardige verstoring van die normale groei van die liggaam’. In die eerste gedeelte van die verhaal word die ongelukkige jeug van hierdie abnormale wesentjie beskrywe. As volwasse meisie is Nisba drie voet ses hoog. Wanneer die stampe en stote van 'n onsimpatieke omgewing haar wanhopig maak, vind sy troos en steun by die ontongmeid Mina en die ou skoolmeester Servaas. Deur laasgenoemde se vriendelike belangstelling kan haar vlug verstand ontwikkel tot 'n peil wat haar op intellektuele gebied verhef bo haar omgewing. Aia Mina en Servaas se invloed op Nisba se ontwikkeling word met baie gelukkige trekkies geteken. Ek dink byvoorbeeld aan die oulike manier waarop Aia Mina haar inwy in die geheime van die vrykuns: ‘Daar's iets in ons vroumense, Nonnie, wat opspring en basuin blaas as die mansgoed ons beetkry. Maar wees versigtig, Nonnie, want dis nie altyd die plesier werd nie.’
Onder 'n groot moerbeiboom ‘met die rooivlerkspreeus in sinode bo in die boonste takke’ sit Nisba dikwels en worstel met haar lewensprobleme. Sy leef in die begin van die negentiende eeu en net soos in Galgsalmander gee Leipoldt ons 'n interessante skildering van die maatskaplike toestande met al die sedes en gewoontes op die platteland. Nadat 'n jeugdige romanse op 'n mislukking uitgeloop het, ontmoet sy in haar negentiende jaar Lukas Melidoorn, 'n man van oor die dertig jaar. Lukas is die laaste telg van 'n familie wat met erflike kranksinnigheid belas is. Openhartig vertel hy haar sy geskiedenis: ‘My verstand is 'n wangedrog, net soos jou liggaam 'n wangedrog is, Nisba. En daarom.... het ek gevoel en besef dat ons twee miskien nader by mekaar kan staan.’ Omdat albei hierdie verstotelinge soveel behoefte aan simpatie en steun het, besluit hulle om mekaar te help. So vind dan die mees vreemdsoortige huwelik plaas, waarvan miskien ooit in 'n verhaal vertel is.
Nisba is 'n wakker boervroutjie wat die plaas baie suksesvol bestuur, en gedurende die eerste huweliksjare lyk dit of die twee maats wat gesweer het ‘om mekaar te help, om mekaar se vloek te dra’ baie gelukkig is. Maar met verloop van tyd begin Lukas se kranksinnigheid te ontwikkel. Hy kry die sonderlingste invalle, mishandel sy werkvolk, terg sy honde en word deur kleptomanie verlei tot moord. Jarelank voer hy 'n dubbelbestaan, want teenoor Nisba gedra hy hom as 'n voorbeeldige eggenoot. As sy uiteindelik besef dat hy ongeneeslik kranksinnig is en reeds drie moorde gepleeg het, dan openbaar hierdie dwergvroutjie 'n hoogheid van siel en 'n kalm, onversetlike wilskrag wat bykans bo-natuurlik is. Met verloop van tyd het sy die hulpbehoewende Lukas innig liefgekry en haar hoogste begeerte is dat hy nou die krag moet ontvang om die straf vir sy misdade op waardige wyse te dra. Sy bring Aia Mina se gif- | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 331]
| |||||||||||||||||||||||||||
botteltjie te voorskyn en bied aan om saam met haar man te sterwe. Haar besielende voorbeeld gee Lukas egter die krag om hom sonder enige verset aan die gereg oor te gee en as hy na die galg stap is Nisba aanwesig met 'n doodkis om die lyk van haar geliefde te ontvang.
‘Jy het my jou maat gemaak en my vertroos toe ek verstoot was, en ek dank God dat jy my nie teleurgestel het nie. Ek het geweet dat my man nie 'n lafaard is nie.’
As 'n mens die dwergvroutjie se gedrag volgens gewone psigologiese begrippe probeer beoordeel, dan kom jy voor heelwat raaisels te staan. Ons moet egter onthou dat albei hoofkarakters abnormaal is en dat hul in 'n tyd geleef het toe 'n kranksinnige nog nie as ontoerekenbaar beskou is nie. Leipoldt het die langsame ontwikkeling van Lukas se kranksinnigheid met die deeglikheid van die wetenskaplike navorser beskrywe en in die uitbeelding van Nisba se reaksies is daar skone momente wat sterk van dramatiese spanning is. Ek verwys in die besonder na hoofstuk XVI wat niemand sonder diepe ontroering kan lees nie. In hierdie hoofstuk is daar die warmte van gevoel, die innige deurleefdheid wat so dikwels ontbreek in Leipoldt se mensskepping. Deurgaans egter, bly die hooffigure in hierdie verhaal tog ook maar bewysstukke van psigo-patologiese prosesse wat met wetenskaplike presiesheid hul onverbiddelike loop voleindig. Daardeur gebeur dit, soos in ander romans van Leipoldt, dat die byfigure, o.a. Aia Mina en Regina, veel mensliker geteken word en dus langer bly voortlewe in ons herinnering. In die ontrafeling van die moordgeskiedenisse kom Leipoldt se talent as skrywer van speurverhale voor die dag en gee hy ons ook 'n interessante kykie op die regspleging aan die begin van die negentiende eeu. | |||||||||||||||||||||||||||
(d) Speurverhale:Na wat in hoofstuk I § 13 oor die speurverhaal gesê is, sal die leser begryp dat die volgende twee romans hier alleen bespreek word om die geaardheid van die genre aan te dui. | |||||||||||||||||||||||||||
Die Moord op Muizenberg (1932).‘Die meeste misdadigers is nalatig. Maar die misdadiger wat sy werk ken, wat werklik 'n kunstenaar is, sal nie nalatig wees nie. Hy sal sy moord so begaan dat dit op helder dag geskied, in 'n omgewing waar iedereen as moordenaar kan aangesien word as dit later die minste agterdog verwek. Onthou wat De Quincey sê: Die kuns om te vermoor, is om so te vermoor dat daar geen kwessie van moord is nie, maar dat die dood die natuurlike gevolg van die omstandighede skyn.’ (p. 11.) | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 332]
| |||||||||||||||||||||||||||
Met hierdie woorde het die skrywer self die kern van sy verhaal aangedui. Op 'n Sondagmiddag word iemand vermoor op die Muizenbergse strand onder die oë van duisende besoekers. 'n Paar kneusplekkies aan die lyk en die rafels van 'n rooi badkostuum is feitlik die enigste aanduidings wat by speurder Slink agterdog verwek. Maar juis omdat die misdaad so ‘goed afgerond’ is, prikkel dit die speurder tot 'n geduldige ondersoek waaraan hy sy hele verloftyd opoffer. In die jag op die moordenaar word hy ywerig bygestaan deur sy vader, vir wie sulke gevalle 'n soort van intellektuele tydverdryf geword het. Die Afrikaanse Sherlock Holmes moet natuurlik, volgens die welbeproefde resep, ook 'n dr. Watson as begeleidingsfiguur hê. Eerwaarde Jan Slink vind speurwerk heelwat interessanter as die godgeleerdheid, en deur die besprekings wat hy met sy seun, speurder Slink, voer, dra hy veel daartoe by om die verhaal binne die perke van die waarskynlikheid te hou. Ofskoon hy die belangrikste rol speel by die ontmaskering van die misdadiger, verteenwoordig hy ook die intelligente leser. Speurderswerk staan vir hom gelyk met navorsingswerk: ‘Die navorsing van 'n verslete sitaat - die bestudering van 'n nog onbekende basil - die ontrafeling van 'n ingewikkelde hofsaak - die diagnose van 'n lastige siektegeval - wat is dit anders as speurderswerk?’ Eerw. Jan Slink gaan dan ook wetenskaplik te werk en laat niks aan die toeval oor nie. Sy optrede is nogal geheimsinnig, en as sy seun hopeloos op dwaalspore rondjag, dan kom hy met oortuigende bewyse wat tot 'n verrassende ontknoping lei. Dat 'n dokter in die godgeleerdheid die opsporing van 'n moordenaar as intellektuele sport beskou - dit is nou een van die klein onwaarskynlikheidjies wat die lesers van hierdie soort ligte lektuur eenvoudig vir lief moet neem. Leipoldt se lewendige verteltrant hou steeds die belangstelling vas en laat ons, tydelik altans, veel van die gebreke van hierdie genre vergeet. Die Moord op Muizenberg is baie beter geslaag as Die Verbrande Lyk. | |||||||||||||||||||||||||||
Die Verbrande Lyk.Daar sal altoos mense wees wat met 'n sieklike belangstelling al die weersinwekkende feite in verband met 'n moordsaak uitpluis. So intens is hul nuuskierigheid dat hul daelank in 'n bedompige hofsaal sal sit om tog geen enkele besonderheidjie te mis nie. En na die hofsitting het hul geselsstof vir maande.... Hierdie klas mense kan hul nou die moeite bespaar om hof-toe te gaan, want dr. Leipoldt het vir hulle 'n ‘interessante’ moordsaak, op feite gebaseer, saamgestel. Deur middel van sy vriendskap met een van ons regters en 'n gewese prokureur-generaal het hy 'n ‘kykie agter die gordyne’ gekry. Wat hom veral getref het is die nougesetheid waarmee die amptenare elke stukkie getuienis weeg en elke feit ondersoek, sodat hulle 'n oortuigende bewys van die aangeklaagde se skuld kan lewer. | |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 333]
| |||||||||||||||||||||||||||
Vir Leipoldt is nie soseer die sensasiewekkende besonderhede van belang nie, maar veral die vernufspel tussen die deskundiges en die reaksie van die regter en jurie op hul getuienis. In hierdie verhaal is die mediese getuienis van groot belang en dis verstaanbaar dat Leipoldt daar genot in vind om die deskundiges teen mekaar uit te speel. Sy hele uiteensetting is wetenskaplik sekuur, en tog so duidelik dat 'n intelligente leek dit gemaklik kan volg. Wie graag wil weet hoe die gereg getuienis bymekaar maak om 'n moordenaar se skuld te bewys sal hierdie verhaal 'n uitstekende handleiding vind. Ons het goeie ontspanningslektuur broodnodig, want dit kan 'n magtige faktor word om die breë volkslae tot nuwe geestelike lewe op te wek. Daarom kan ons dit verwelkom dat 'n ernstige skrywer soos Leipoldt sy aandag aan die ligtere genre wy. Maar dan mag ons ook met reg verwag dat hy sy talent sal gebruik om die peil van die volkslektuur te verhef, sodat dit iets meer word as 'n nuttelose tydverdryf of skadelike sinneprikkeling. Hierdie verhaal van 'n moedermoord is egter niks meer as 'n knap stukkie kriminalistiese joernalistiek nie, wat deur 'n wetenskaplike feitebeligting op 'n hoër plan staan as die gewone koerantverslag. Die klemtoon val, soos in die meeste speurverhale, nie op die afgryslikheid van die misdaad nie, maar op die geslepenheid en taaie volharding waarmee die deskundiges die amper onbewysbare bewys. Die eintlike misdaad is hier slegs 'n gegewe in 'n soort ‘Chinese puzzle’ wat 'n aantal deskundiges die geleentheid verskaf om bewys te lewer van hul verbluffende knapheid. Anders as by die groot kunstenaars, soos Shakespeare en Dostojevsky, wat die oorsake en gevolge van die misdaad beskrywe, staan ons hier voor 'n geïsoleerde feit wat heeltemal sonder lewensagtergrond is. Die misdadiger word nie deur die aanklag van sy gewete agtervolg nie, maar alleen deur die vernuftige breinspel van 'n klompie deskundiges. | |||||||||||||||||||||||||||
'n Reisverhaal:
| |||||||||||||||||||||||||||
[pagina 334]
| |||||||||||||||||||||||||||
van Insulinde, o.a. op die gebied van volksgesondheid en naturellepolitiek. Hierdie reisherinneringe bevat van die beste prosa wat Leipoldt totnogtoe geskryf het. Aangenaam en met groot kennis van sake gesels hy oor Indiese towenaars en mensvreters; Chinese familiegrafte en seerowers; oliefabrieke, rystafels, opiumskuiwers, vulkane, tropiese bome en plante. Hy het die bekoring van die geheimsinnige Ooste ondergaan, rondgedool in die ‘spokeland’ ‘waar jy nooit in intieme aanraking met die wesens wat daarin woon kan kom nie.’ Mooi is sy beskrywings van die Oosterse natuurskoon en altyd interessant sy meedelings en anekdotes oor die bewoners. Ten slotte kan nog opgemerk word dat hierdie reisbeskrywing nuttige inligting bevat vir die regte begrip van die digbundel Uit Drie Wêrelddele. |