Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 246]
| |
§ 5. Ds. J.H. Kruger.Ds. J.H. Kruger is in 1878 gebore op Venterstad, K.P. Aan die Teologiese Skool, Burgersdorp, het hy gestudeer en daarna enige tyd onderwys gegee. Sy teologiese studie is in 1899 deur die oorlog onderbreek. Met die hulp van vriende het hy deur Grootrivier gevlug en as rebel by die kommando's aangesluit. Na herstelling van 'n wond by Spioenkop, Natal opgedoen, het hy by generaal De Wet aangesluit, maar in die verwarring by die slag van Sandrivier is hy gevang en moes twee jaar as balling in Ceylon deurbring. In 1906 het hy in Potchefstroom proponentseksamen gedoen. Sy eerste standplaas was Elliot en van 1911 af Postmasburg. In 1921 het van hom verskyn 'n roman, Twee Rampe en Twee Gelukke, waaraan in die prysvraag van die firma J.H. de Bussy die tweede prys toegeken is; Die Koster en sy Vrou (1930) en Dawid en Jonathan (1932). | |
Twee Rampe en Twee Gelukke (1921).Bram, die eienaar van die plaas Leeukop, het agteruit geboer en was verplig om geld op te neem by sy buurvrou, ou tant Anna Smal, wat van sy verleentheid wil gebruik maak om haar buffelagtige seun Hans met sy fynopgevoede dogter Isabella te laat trou. Met skinderpraatjies steek tant Anna vir Bram op teen die Breed-familie, sy beste vrinde, wat op die aangrensende plaas Oupos woon. Isabella het vir Piet Breed lief, maar haar vader se afhanklike posisie verplig haar om met Hans uit te gaan, wat haar na 'n dansparty sleep. Tant Anna en Bram jaag die Breeds van hulle huurplaas weg, maar Bram se gewete plaag hom so, dat hy sy dogter en die Breeds kort voor sy dood om vergewing vra. Hans word in die pad gesteek deur Bram se weduwee en as tant Anna die geld opsê, word Piet Breed deur die vrygewigheid van oom Segrys Boshof in staat gestel om Leeukop te koop. Die roman is hoofsaaklik in dialoogvorm geskryf. Die gesprekke word baie breedvoerig weergegee, en as gevolg kry die verhaal hier en daar 'n slepende gang. Heel weinig word aan die fantasie van die leser oorgelaat. Daar is soms 'n neiging om alles tot op die been af te kluif. Groetery, koffiedrinkery en soortgelyke dinge word oor en oor vertel. Die skikkinge vir die begrafnis word baie omstandig meegedeel en ou Jefta se relaas (p. 37-40) kon heelwat korter gewees het. Die dialoog tref deur 'n besonder losse natuurlikheid. Die mense praat geen kunstig inmekaar gesette vernufs-taaltjie nie, maar hul gesprekke word gekenmerk deur die zig-zag gang, die toevallig gebrokene van die geselstaal.Ga naar voetnoot1) Maar, ‘gesprekjes weergeven is geen dialoog, hoe letterlijk de weer- | |
[pagina 247]
| |
gegeven woordjes en zinnetjes ook zijn.... De hooge en werkelijk groote dialoog ontstaat pas in de door de ziel van den kunstenaar herschapen taal-levingen. Dialoog krijgt alleen dan diepte, als hij geheel op hetzelfde geïndividualiseerde plan staat van de waarde der menschen en omgeving. Dialoog scheppen is even moeilijk als tragiek scheppen, of liever moet zich geheel scheppend oplossen in de gansche uiting. Evenmin als 'n fotografische opname eener omgeving, die alleen door de ziel van een kunstenaar er in te brengen stemming kan weergeven van die omgeving, evenmin kan een fonografische op- en overname van een gesprek de stemming weergeven van de ziel der wezens die spreken. Dialoog is stemmingskunst in de hoogste volmaking en 'n innig-levende dialoog kan nooit 'n klankweergeving zijn van afgeluisterde zinnetjes.’Ga naar voetnoot1) Fonografies korrekte sinnetjies is seker volop in die roman, maar in die pratery van ou tant Anna bereik Kruger ongetwyfeld iets van die hoë dialoog. En dat sy mense op natuurlike wyse gesels is ook al iets om dankbaar voor te wees, aangesien so baie van ons skrywers nog soos Bredero van Rodenburg sê ‘de Vrouwen, Dienst-meysjens, ja Stalknechts doe(n) Philosopheren.... dat ick doch meer voor een bewijs van uwe wetenschap acht, als voor een eygenschap in die slach van Menschen.’Ga naar voetnoot2) Kruger verstaan die kuns om uit die dialoog die innerlike wese van sy mense te laat opduik en daardeur bereik hy plek-plek meer as baie ander skrywers met analise of beskrywing. Tant Anna het skaars haar mond oopgemaak of ons ken haar al deur-en-deur in al haar skynheilige vroomheid. As skinderbek veral is sy goed geteken. Op listig-diplomatieke wyse word die driftige Bram eers opgestook, maar as hy te ver wil gaan in sy woede, laat sy hom bedaar met 'n Bybelteks! (p. 66.) Deur allerlei gelukkige trekkies en haaltjies word sy so goed uitgebeeld, dat sy naderhand lewendig voor ons staan met die vetswam onder haar kin, die vuilgelerige tande, bleekrooi sakdoek en snuifdosie. Ook van Hans en Jan Booise kry ons 'n realistiese portrettekening. Ou tant Anna se vroom uitvalle, haar met Bybeltekste deurspekte taal en haar manie om almal te dokter is goed weergegee. So ook die buffelagtige lompheid van Hans. Maar die kenmerkende eienskappe van moeder en seun word teen die end van die verhaal só aangedik, dat die tekening karikatuuragtig word. Kruger moet dit nie vergeet nie: ‘il n'y a point d'unité complète dans l'homme, et presque jamais personne n'est tout à fait sincère ni tout à fait de mauvaise foi.’Ga naar voetnoot3) Tog is daar 'n paar mooi realistiese toneeltjies uit die lewe op TweefonteinGa naar voetnoot4) en die manier waarop Hans van Leeukop verwilder word | |
[pagina 248]
| |
(p. 202, vlg.) is 'n gelukkige vinding, wat van diep-psigologiese insig getuig. Dit is ook waar van die uitbeelding van die oplopende Bram, wat na die dansparty tot inkeer kom; die kwaaikoppige oom Segrys, wat dit nie kan kleinkry nie, dat dit na 'n dansparty altyd so mooi reent (p. 182); tant Martina, wat so trots is op haar ‘skoon geslagte’ en die so fyn kan uitrafel. Maar Piet bly 'n skim, en die maklike manier, waarop hy eienaar word van Leeukop, gee hom die allures van 'n ‘romanheld’. Dit is die swak punt in die komposisie van die boek. Oom Segrys se buitengewone vrygewigheid word wel enigsins gemotiveer deur die feit, dat die Breeds hom in die stormagtige nag gered het, maar die oubaas, wat so 'n swak het vir familiebetrekkings, het tog seker nog nader verwante gehad, wat meer reg op sy geld het as Piet. Oom Segrys is eenvoudig die deus ex machina, wat die ontknoping van die verhaal moet bewerk. Sulke goedhartige ooms is maar bra skaars in die werklike lewe. Die tekening van Isabella is ook net gedeeltelik geslaag. Haar ervarings op die dansparty is meer die indrukke van 'n doodonskuldige teologiese student, wat vir die eerste maal iets van die sondige wêreld sien en notisies maak vir 'n retoriese preek teen wêreldsgesindheid. ‘Will Bottel het op haar 'n treurige, sonde-vieslikeGa naar voetnoot1) indruk gemaak’ (p. 151). Sy sien hom lê op die vloer ‘soos iemand in die poel van rampsaligheid moet lê’ (p. 172). ‘Dit was vir haar of sy in 'n onheilige omgewing staan en 'n besoedelde atmosfeer inasem, 'n atmosfeer, waarin verpestende sondekieme ronddrywe’ (p. 152). ‘Die onreinheid en onheiligheid het haar angstig gemaak, ontevrede, ongemaklik en verwaarloos laat voel, net soos iemand, wat vuil was en lanklaas gewas het’!! (p. 177.) Sulke opmerkings bewys, dat hier die predikant baas speel oor die outeur. Hy kon hom nie vereenselwig met die malkop-dansers in hul ‘dolle gloria’ nie, maar bly 'n onwillige toeskouer van al die sondige pret. Sy aanvoeling van Isabella se gewaarwordings is grof-manlik en nie vrouliksubtiel nie. Maar as Isabella met Koos dans, dan maak hy 'n raak opmerking: ‘Sy dans en voel, dat dit 'n genot moet wees om te dans met 'n jonkman, wat sy sou bemin’ (p. 163). Oom Freek is geen figuur wat ons tref deur individuele tekening nie. Sy mymering op p. 10-11 sit te netjies inmekaar om eg te wees. Dieselfde indruk maak ook p. 74, terwyl Hans onmoontlik ou Jefta se woorde so presies in sy gedagte kan nasê (p. 78). Dat al drie reisigers dieselfde indruk van die verlate Oupos kry (p. 138) is ook onmoontlik. Mooi word egter die atmosfeer aangedui as Piet in die waenhuis die doodkis toeskroef (p. 20) en treffend-eg is die uitbeelding van sy grillerig-bange gevoelens. ‘Piet verbeel hom meteens, daar uit die groot, wye spinnekop- | |
[pagina 249]
| |
nes kom 'n grillerige langbeen....; die verewa agter in die waenhuis kyk hom aan met groot starende oë’.Ga naar voetnoot1) In die damtoneeltjies is daar stukkies beskrywing van 'n suggestiewe fynheid.Ga naar voetnoot2) In die verhalende gedeeltes is Kruger se styl soms so kort afgebyt, nes een wat ver gehardloop het en nog uitasem sy storie vertel.Ga naar voetnoot3) Eweas in die dialoog kom hier ook 'n breedvoerigheid voor, wat af en toe hinderlik word. ‘Die predikant staan op, maak keel skoon, haal sy bril uit die skyf, vee dit af, hak hom met albei hande agter die ore vas, gee 'n versie op, lees 'n kapittel en begin toe, so effens oor die brilleGa naar voetnoot4) loerend.’ (p. 30). So 'n eentonige reeks moment-opnames steek lelik af by realistiese skilderytjies soos die volgende: ‘Ou tant Anna lag met wyd oopgerekte mond, die vetswam onder haar ken uitdyend en die gehemelterooi agter haar vuil-gelige tande wysend.’ (p. 65.) En wat maak vlak-vaal sinne waarvan die volgende maar een voorbeeld is in 'n letterkundige werk? ‘Die meeste meisies was in die groot langwerpige eetkamer, waarin, behalwe 'n eettafel en 'n paar ouderwetse swart stinkhout stoele, niksnie besonders was nie.’ (p. 152.) 'n Voorbeeld van smaaklose klink-klank is die beskrywing van die wind op p. 146. ‘Draaiende, swaaiende kom met die paaie aangewaai stowwe suile (stofsuile?), wat soos geel krullende kuiwe opstuiwe. Die hollende, jollende wind skop die stowwe bolle (stofbolle?) soos dwalende, malende vuilkolle hoog in die lug in....’ So rym en allitereer hy dapper voort nes 'n poëtaster, wat sy eerste versfabriekie aanmekaar klink! Ondertussen word die stofsuile van krullende kuiwe tot stofbolle en die weer tot vuilkolle! Komies is die klankeffek in die volgende: ‘Die slappe wilkertakke.... skoppermaaie rusteloos, moedeloos, lindelam heen en weer oor die dam’!Ga naar voetnoot5) In sy beeldspraak is Kruger 'n enkele maal fris en oorspronklik. Ou Jefta se hemp word deur die wind bulsak geblaas tussen sy skouers (p. 147); Isabella sidder ‘soos 'n voëltjie vir 'n mambaslang’ (p. 153); Jana lyk ‘soos 'n Bloemfonteinse straat, wat.... opgemaak (is) vir die hertog van Connaught’ (p. 149). Die gewone cliché-praatjies is egter ook volop: Die lykpreek het ‘byna 'n eeu geduur’ (p. 30); ‘Koud soos 'n stuk ys, waaraan sy gloeiende hart raak....’ (p. 84); ‘Haar hart het.... gebrand van verlange, maar sy moes daardie liefdekole in haar boesem dra’! (p. 223). Arme meisie! Ofskoon die gebruik van dialektiese vorme in die dialoog toelaatbaar is, moet dit afgekeur word in die verhalende teks. Kruger gebruik o.a. suffel, groos, espres, bebliek, ens. Wat hy o.a. met preer (p. 204), effetroon | |
[pagina 250]
| |
(p. 62), eenspaier (p. 141) bedoel is my onbekend.Ga naar voetnoot1) Verkeerd is: ongehawende stemme (p. 8), kostelike gordyne (p. 214), terwyl moedvallig 'n Krugerisme is.
Kruger se volgende twee verhale was 'n teleurstelling. Dawid en Jonathan is net 'n aaneenskakeling van vervelende gesprekke wat selde of ooit tot dialoog ontwikkel. Die skrywer het wel baie tipiese gesegdes uit die volkstaal opgeteken, maar sy psigologie is onoortuigend en sy stylvermoë swak. Oom Org is nasionaal, en sy boesemvriend Memel, die prokureur, word kandidaat van die S.A. Party. Die verwydering tussen die twee vriende as gevolg van die politiek is 'n baie interessante motief wat nog maar deur weinig van ons skrywers aangedurf is. Kruger gee ons wel 'n kykie op die geknoei agter die skerms, maar die tekening bly baie oppervlakkig. Ons wag nog op die skrywer wat ons 'n lewendige beeld kan gee van die bedrywighede tydens 'n verkiesingstryd. |
|