Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 165]
| |
Hoofstuk VI.
| |
[pagina 166]
| |
Die algemene opset is gewoonlik so: eers word met 'n paar vegies die stadsbeeld geteken; dan ontmoet ‘meester’ een van sy oud-leerlinge of 'n ander bekende van die plaas, wat nou in die uiterste ellende verkeer. So kry ‘meester’ af en toe 'n kans om die rol van Hildebrand teenoor die diakenhuismannetjie te speel. Anders word allerlei straattipes op die manier van Justus van Maurik beskryf, soms met 'n moraliserende prekie as slot. ‘Dink tog 'n bietjie, as julle die busdrywer(s) sien, dat hy ook een van ons medemense is’, ens. (Eenv. Mense, p. 36). Met 'n polisieman as geleider besoek Lub die gevangenisse, agterbuurte en reddingshuise. Die redakteur van Die Brandwag het sy werk juis gekarakteriseer: ‘Sulke sketse is menslike dokumente.... 'n simpatieke argief, wat die koue koerante en dokumente-argief van vandag se geskiedenis aanvul vir die toekoms’ (t.a.p., Des. 1918). Dit is goeie joernalistiek, met veel mensekennis geskryf, en dit werp 'n lig op die ontstaan van ons arm-blanke, 'n kwessie wat nog altyd aktueel is. By die beskrywing van sy melankoliese tonele gebruik Lub soms melodramatiese motiewe, wat as pakkende slot moet dien. Op dié manier verswak hy die indruk van roue realiteit, wat sommige van sy woordfoto's op ons maak. Ter afwisseling kry ons sketse in die komiese genre, wat meestal goed geslaag is. |
|