Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekendDie Geheim van die Bergkom (1937).'n Fabelagtige skat, sedert eeue al verborge in 'n onbereikbare bergkom, 'n geheimsinnige kaart geteken deur 'n skipbreukeling, Kaffers wat om 'n geraamte dans en sommerso in die ingewande van die aarde verdwyn.... watter seun of dogter sal nie dadelik alles neergooi om uit te vind hoe dié vreemde avonture afloop nie? Die skrywer sal hulle nie teleurstel nie, want hy kan vlot vertel, sorg vir afwisseling en spanning, en bewaar sy geheim tot amper op die end. By 'n herdruk, wat hierdie lewendige verhaal seker verdien, moet 'n paar hinderlike anglisismes verbeter word. Ek noem o.a. (hy) lei die weg na binne; grond, wat van bo af deur reënwater afgewas is; ons beter hom wakker maak; spaarkamertjie; behalwe vir die een; ou Moesa het die skat nog aan sy persoon gehad. |
|