§ 28. Karl Kielblock.
Die Skat van Java (1936).
Dit is 'n avontuurverhaal met 'n spannende intrige. Twee partye soek na 'n fabelagtige skat wat êrens in die suide van Afrika begrawe is. Elkeen het een helfte van 'n kaart, en die gevolg is 'n wedstryd waarin lis en geweld dan die een party en dan weer die ander 'n voorsprong gee. Twee Hugenote van die Kaap maak 'n kontrak met 'n seerower en neem deel aan die soektog. Hulle beleef die wonderlikste avonture, maak seegevegte mee, besoek die eiland Java en slaag daar uiteindelik in om die skat te verower. Jongmense sal geniet van al die noue ontkomings wat die helde beleef en ook nuttige kennis omtrent seilskepe opdoen. Ongelukkig laat die taal en styl van die verhaal heelwat te wense oor.