Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 24. Dr. C.J. Scheepers StrydomGa naar voetnoot1).Waar die Driedorings groei (1933).Die Koranna-strooptogte in die Noordweste vorm die historiese agtergrond van die verhaal. 'n Boeredogter word ontvoer na die Kalahari, waar 'n kranksinnige blanke as koning oor die Korannas regeer. Op avontuurlike wyse word sy deur haar minnaar uit die kloue van 'n naturel gered. Dis 'n geskiedenisles oor 'n weinig bekende periode ‘in ligte verhaalvorm’. Jeugdige lesers sal die spannende gebeurtenisse met belangstelling volg. |
|