Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 16. N.H. TheunissenGa naar voetnoot1).Marianne (1925).Hierdie storie, wat presies volgens die resep van Johannes van Wyk opgemaak is, behandel dan ook dieselfde periode van ons geskiedenis. In die begin veral probeer die skrywer om 'n soort historiese atmosfeer te skep deur die gebruik van argaïstiese woorde. Marianne raak verlore in die woeste binneland en die gevolg is 'n lang ketting van die gewone drakerighede. Uiteindelik word die juffrou, van wie ons dan nog so goed as niks weet nie, deur die held gered uit die hande van mensvreters. As 'n spannende verhaal vir jongmense kan hierdie verhaal miskien enige verdienste besit, maar die geringe stylvermoë van die skrywer maak dit letterkundig ongenietbaar. Na die volgende staaltjie van die skrywer se onmag hoef ek nie veel meer te sê nie: ‘Die withuise met hulle grasdakke, die keurige Hollandse tuine bont van somerblomme, die eiklanings en die vrugtebome het 'n wonderlike indruk op Pieter gemaak. Dit was 'n gesig van stille vrede, en tog was daar iets groots in die natuur. Alles was lewendig en plesierig. Die slawe met mandjies vrugte, die halfnaakte kinders het gelag en rondgejoel. Die klerke in hul pronkerige klere en die soldate in kleurryke uniforms het die toneel nog meer opgewek.... Pieter gewoon aan die kleure van | |
[pagina 153]
| |
die ooste was bekoor (anglisisme) deur die vreedsame, lieflike groen van die gras en die bome net waar sy oë rus. Die gesing van die voëltjies en die geure van duisende blomme het die indruk versterk.’ (Kursivering van my.) Dit is net 'n aaneenryging van niksseggende sinne - en bra sleg geboude sinne daarby! As Pieter se indruk dan so ‘wonderlik’ was, dan moet die skrywer ons dit tog op een of ander manier laat voel. Maar hy praat soos 'n middelmatige opmerker, sonder 'n greintjie verbeelding oor ‘iets groots in die natuur’. |
|