Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 15. Nico Hofmeyr (1860-1932).In die tweede deel van Kykies vir Kinders het professor J. du Plessis 'n interessante lewenskets van Nico Hofmeyr gegee. Na 'n suksesvolle loopbaan as student word hy predikant op Warrenton, die ‘Vaaldorp’ uit sy roman Op die Walle van die Vaal. In 1891 lê hy egter sy bediening neer om Hollandse redakteur van De Express te word. Enige jare later word hy doesent in geskiedenis aan die Staatsgimnasium te Pretoria. Hier het hy die geleentheid gehad om hom heeltemal te wy aan sy geliefkoosde vak, geskiedenis. Reeds as joernalis het hy die bekende Kijkjes in onze Geschiedenis (1893) gepubliseer, 'n ‘Leesboek voor School en Huisgezin.’ In Pretoria skryf hy in samewerking met ds. J.D. Kestell De Voortrekkers, of het Dagboek van Izak van der Merwe. Daarop volg De Afrikaner-Boer en de Jameson-Inval, 'n boek wat veel daartoe bygedra het om die nasionale gevoel aan te wakker. Met die uitbreek van die | |
[pagina 150]
| |
Tweede Vryheidsoorlog gaan hy op kommando as offisiële geskiedskrywer en doen verslag van sy persoonlike ondervindings in Zes Maanden by de Commando's (1901). Tydens die oorlog word hy redakteur van Het Zuid-Westen, maar keer later terug na Pretoria as dosent. Na enige jare word hy inspekteur van skole, wat hy bly totdat hy in 1919 aftree. Verskeie skoolboeke het nog in Nederlands verskyn en eers in 1925 die verhaal Fanie in Afrikaans.Ga naar voetnoot1)) In 1928 publiseer hy 'n Afrikaanse bewerking van De Schaapherder deur Oltmans onder die titel: Jan van Schaffelaar en sy Vriend, en in 1929 'n roman Op die Walle van die Vaal. Dan keer hy weer terug tot die geskiedenis met die twee deeltjies Kykies vir Kinders. As digter het hy verdienstelike werk gelewer meestal in Hollands, o.a. die studentelied van die Victoria-Kollege en die bekende volkslied ‘Afrikaners, Landgenoten’. | |
Fanie (1925).Dit is ‘'n storie van vriendskap en liefde en awonture met 'n stukkie gouddraad uit ons heldetyd saamgevleg.’ Hofmeyr begin in 1835 en behandel die vernaamste episodes van die Groot Trek tot op die oorwinning by Bloedrivier. Historiese figure soos Retief, Maritz, Sarel Cilliers e.a. speel 'n vername rol in die verhaal en die skrywer moet hom dus beperk tot die bekende geskiedkundige feite. Deurgaans maak die roman dan ook die indruk van 'n geskiedenis-handboek in verhaalvorm. Die skrywer teken egter ook die lotgevalle van 'n paar Trekkersgesinne en gee op dié manier 'n persoonlike kleur aan die gebeurtenisse. Fanie vertel sy eie storie en die spanning word bereik deur 'n misverstand tussen hom en sy boesemvriend oor 'n mooi Trekkersdogter. Met byna bomenslike inspanning beheers Fanie sy gevoel ter wille van sy vriend, maar na dié se dood praat hy eindelik ‘reguit’ met die nooi. ‘Toe smelt ons in mekaar weg en ons voel net; ons praat nie meer nie.... net nou en dan 'n heel klein woordjie, wat so oneindig groot is vir harte wat mekaar so lank gesoek en eindelik gevind het.’ (p. 210.) So 'n enkele sinnetjie toon al dat Hofmeyr geen kunstenaar is wat hom bekommer oor die innerlike roersels van 'n mensehart nie. Sy hoofdoel is om vir jongmense ‘kykies in die geskiedenis’ te gee. Hy is 'n prettige verteller, wat met die gemaklik vloeiende styl van 'n ervare joernalis die lewendige toneeltjies van sy historiese rolprent behendig afdraai. Aksie, beweging, avonture is volop in die roman. Die daaglikse ervarings van die Trekkers, hul moeilikhede en ontberings word geteken en deur die uitwerk van tallose besonderhede het Fanie 'n verdienstelike ‘aanvullings-leesboek’ geword, wat elke geskiedenisonderwyser se hart sal verbly, en wat hy | |
[pagina 151]
| |
met gerustheid sy leerlinge in die hand kan gee, omdat die feite daarin nie verdraai word ter wille van die avonture nie. Wat Hofmeyr egter mis is die kunstenaarsvisie op die gees van die geskilderde tydvak, die skeppende verbeelding wat die leemtes tussen die historiese feite aanvul en ons daaragter die harteklop van 'n tydperk laat voel. Fanie bring ons nie nader aan die epos van die Voortrekkers nie. Net soos sy voorgangers maak Hofmeyr gebruik van 'n gerieflike ‘sluier’ as hy by 'n werklik ontroerende toneel kom (vgl. p. 28); of anders is dit ‘te verhewe vir (sy) arme woordeskat’ (p. 105) ‘onbeskryflik soos al die mooiste dinge in die wêreld’ (p. 108). Fanie verseker ons telkens dat hy dit en dat ‘nooit sal vergeet nie’, maar die beskrywings is so saaklik en nugter, dat dit geen blywende indruk maak nie. Die gesukkel om die waens oor die Drakensberg te kry word b.v. as volg beskrywe: ‘Daar was baie steil opdraans, groot modderpoele, diep strome. Gedurig moes ons die groot waens met rieme vashou, anders het hulle seker omgeval en in 'n afgrond gestort. Somtyds moes ons weer ure sukkel om hulle oor 'n klipbank te kry. Ons het tot drie span osse voor elke wa, een vir een, voorgehaak om hulle deur 'n modderpoel te beur! Dit het ons anderhalwe dag geneem om ons doel te bereik. Nooit vergeet ek die gesukkel en gespartel nie.’ (p. 107). Dit is alles sonder enige ontroering neergeskrywe. Hoe graag sou ons nie ‘die gerammel en gedreun, die gedruis en gedonder van boerewaens daar op die helling van die trotse Drakensberge’ wou gehoor het nie! Maar Hofmeyr vergenoeg hom met 'n retoriese uitroep tot die ‘liewe, sware, lastige ossewa’! Hy het niks gesien nie! Onder die groot aantal figure is daar twee wat my getref het: die Hollandse skoolmeester, wat so simpatiek uitgebeeld word en oom Hans, wat deur sy gehegtheid aan 'n sopie sy eerste liefde verloor, maar haar met soveel aandoenlike opregtheid trou bly. Ons aanvaar hierdie boek as 'n welkome bydrae tot die historiese biblioteek van ons jongmense, wat daar beide vermaak en nutte lering in sal vind. | |
Op die Walle van die Vaal (1929).Frans Maree verlaat die Karoplaas van sy afgeleefde vader, wat byna uitgeboer het as gevolg van die droogte, om 'n nuwe begin te maak op die walle van die Vaalrivier. Hy is 'n vooruitstrewende jong man, wat al gou op eie bene staan en 'n leidende aandeel neem in die maatskaplike en kerklike sake van Vaaldorp. Die diamantkoors, wat die meeste bewoners aangetas het, kan hy weerstaan, en sy tuinmakery is so suksesvol dat hy sy vader kan help om die ou Karoplaas deur moderne verbeteringe tot 'n ware lushof om te skep. Van meer belang as hierdie uiterlike voorspoed is egter die geestelike ontwikkeling wat Frans as gevolg van sy ervarings op Vaaldorp deurmaak. Hy is ernstig van geaard | |
[pagina 152]
| |
heid en worstel met allerlei godsdienstige vraagstukke totdat hy 'n bevredigende oplossing vind. By die tekening van hierdie ontwikkelingsgang kry die skrywer 'n geleentheid om sy ryke en gerypte lewenservaring te pas te bring. Frans verower langsamerhand 'n eie lewensbeskouing, en ofskoon sy geestelike ondervindings selde 'n fel-persoonlike aksent dra, tog verskaf dit 'n intellektuele genot wat die roman meteens onderskei van soveel ander verhale waarin oppervlakkige gewoontepraatjies bladsy na bladsy beslaan. Hofmeyr se karakters groei nie tot selfstandig lewende mense nie, want ons bly steeds onder die indruk dat hy behendig die drade trek om spannende verwikkelinge te veroorsaak, maar as hulle gedagtes wissel oor geestelike sake, dan vind ons daarin in eenvoudige vorm die samevatting van die skrywer se besonke lewenswysheid. Die verhaal bevat seker outobiografiese elemente, onder andere 'n paar geestige anekdotes oor predikante en verskeie dorpstipes. Die kuiperye in verband met die dorpsbestuur word verdienstelik geteken, ofskoon Stroebel, beide as ouderwetse romanskurk en as deemoedige sondaar, 'n onmoontlike figuur is. Frans se liefdesgeskiedenis word oppervlakkig en konvensioneel vertel en moet alleen dien om die ernstige kern van die verhaal vir jeugdige lesers verteerbaar te maak. |
|