Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 7. A. du Biel.A. du Biel is die 27ste Oktober 1884 gebore op Geelhoutboom, distrik Mosselbaai. Gereelde onderwys het hy nooit gehad nie en in ‘die bittere publieke skool van die lewe’ het hy al sy kennis opgedoen. Van sy twaalfde jaar af het hy baie gelees en van kleins af met sy vader lang reise gedoen. Maar reeds op vyftienjarige leeftyd moes hy sukkel om vir homself 'n bestaan te vind en 'n weinig later het die sorg vir sy ouers ook op hom geval. Getrou het hy in 1914 onder baie moeilike omstandighede geskryf.Ga naar voetnoot1) Die Misdade van die Vaders het in 1919 verskyn, Kain in 1922. Verder het verskyn in afleweringe Oor Berg en Vlakte of Onder die Vierkleur (1922-25), 'n verhaal vir die jeug, in die eerste nommer waarvan ‘pakkende awonture’ in vooruitsig gesteld word. Die letterkunde beskou Du Biel as ‘die kragtigste wapen om ons volkie te ontwikkel’. Hy streef veral daarna om die leeslus van jong Suid-Afrika op te wek. | |
[pagina 130]
| |
Getrou (1914).Dit is 'n Hugenote-roman, die gebeurtenisse waarvan in Frankryk, Holland en Suid-Afrika plaasvind. Die Europese atmosfeer is egter so swak aangedui, dat dit net so goed Pole of Tibet kon gewees het. Moet die praatjies oor Lodewyk XIV, die ‘prag en praal van Versailles’ en 'n paar armsalige ma chère's ons nou onder die indruk bring, dat ons in Frankryk verkeer? Met die innerlike kern van die tydperk kom ons nooit in aanraking nie, en die historiese vliesie is baie dun. Met 'n komieklike naïwiteit vertel Du Biel ons in beeldspraak, wat baie op die van Von Wielligh gelyk, hoe hy gesukkel het om ‘Vader Tyd se rytuig’ te laat stil hou! (p. 142). ‘Dit neem dan ook heelwat inspanning van die verbeeldingskrag om die plek voor te stel soos dit twee eeue gelede was, want die meedoënlose hand van vooruitgang spaar nie die oudhede nie’ (p. 141). Dat die koms van die Hugenote was ‘die stigting van die Afrikaanse volk’ (p. 127), is 'n onjuiste bewering. Verrassend is die meedeling, dat die sewentiende eeu veral die eeu was ‘waarin die hele wêreld sy eie sienswyse wou handhaaf ten spyte van Kristelike liefde, van reg - ja, ten spyte van die Almagtige’ (p. 147). Ook die volgende slaan ons heeltemal dronk: ‘As ons die Amerikaanse volk beskou.... dan vind ons oral 'n diep bewussyn van die majesteit van die Allerhoogste’ (p. 127). Sulke bewerings toon duidelik dat die skrywer 'n primitiewe historiese insig het. Van 'n realistiese uitbeelding is daar dan ook geen sprake nie. ‘So 'n man was ds. Pierre Simond, en ons kan aanneem dat voorgaande in hoofsaak sy lewensgeskiedenis was’ (p. 146). Moet hy felle emosie beskryf, dan pas hy die welbekende sluier-taktiek toe! ‘Wel, leser, ons sal die twee vanaand nie verder volg nie. Daar is tye in die lewe van 'n mens wat te heilig is om aan vreemde oë te ontbloot’ (p. 30).Ga naar voetnoot1) Gedurig dring die skrywer homself op die voorgrond. Hy lewer prekies soos 'n teologiese student en gebruik selfs die dialoog vir sedekundige verhandelinge.Ga naar voetnoot2) Die twee ‘ou seerobbe’, wat op p. 160 begin te praat, het nog nooit soutwater geruik nie! Hoeveel sou die sewejarige Marie van Henri se storie (p. 15-20) verstaan het? Die verhaal is van die Johannes van Wyk-soort - 'n aaneenstrengeling van avonture - soms erg onwaarskynlike. Daar is 'n toneelheld, wat wondere verrig, 'n skurk doodsteek en selfs Adriaan van der Stel laat sidder. Die skurk is ‘nie geheel sleg nie - geen mens is’ (p. 99). Tog kom daar van die psigologie nie veel tereg nie. Die ontstaan van liefde is vir Du Biel eenvoudig. ‘Daar is diepe agting in haar hart vir haar | |
[pagina 131]
| |
vriend - 'n agting wat besig is om in liefde te verander: die enigste weg waarlangs 'n edele liefde kan ontstaan’! (p. 53).Ga naar voetnoot1) Die ingewikkeldste psigologiese prosesse word ons in een sinnetjie meegedeel. ‘In een uur het hy van 'n jongeling tot 'n man geword’ (p. 38). Ofskoon heeltemal slegte mense volgens Du Biel dus nie bestaan nie, skyn hy aan heeltemal goeies tog te glo, want Van Bergen is stroperig braaf en daar is nog ander ook wat niks op hul kerfstok het nie. Potsierlik is veral die toneel met juffr. Le Notre. (p. 54 vlg.) | |
Die Misdade van die Vaders (1919).Veel beter geslaag is Die Misdade van die Vaders. Hier is die skrywer op meer bekende terrein, want dit is 'n verhaal uit die Voortrekkerperiode. Jan Alpenveld, 'n misdadiger, besluit om aan die Kaap 'n fatsoenlike lewe te begin. Met sy hoflike maniere verower hy die hart van Annie Bester, 'n eenvoudige plaasmeisie, die aangenome kind van Petrus Liebenberg, wat verloof was aan sy seun Tjaart. As oom Petrus beswaar maak teen die huwelik, vlug Annie met Jan Kaap-toe. Annie is die dogter van ‘'n roekelose kêrel en 'n hopelose dronkaard’ (p. 11, 2de druk). ‘Die Heilige Skrif is vir (Liebenberg) 'n lewendige wet en hy trag om dit letterlik te volg’. Na Annie se vlug, sny hy haar naam uit die familie-register voor in die Bybel en lees daaruit die vervloeking plegtig voor: ‘Die de misdaad der vaderen bezoek aan de kinderen, aan het derde, en aan het vierde lid dergenen, die Mij haten.’ Jan Alpenveld raak na enige tyd in die hande van die gereg, maar tussen sy seun, Nikolaas en Tjaart se dogter, Lenie, ontstaan weer 'n liefdesbetrekking, wat deur dieselfde Bybelteks verydel word. Nikolaas trek alleen na die woeste Noorde, waar hy later op geheimsinnige wyse groot dienste aan die Trekkers bewys. Hy ontmoet Lenie weer en val in 'n geveg met die Kaffers. Tjaart word deur sy vrou geleer, dat die grootste gebod die van die liefde is. Twee motiewe uit Getrou word nog 'n keer gebruik. Soos Annette in haar eenvoud verlei word deur die genoegens van Parys en die mooi praatjies van La Fontaine, word ook Annie Bester bekoor deur die fyner lewe in Kaapstad en die vername houding van ‘Graaf Alpenveld’. Van Bergen bewys sy ou vrinde groot dienste sonder dat sy ware naam bekend word, Alpenveld net so. Die geheimsinnige ‘Verdwynende Boerewag’ is 'n knap verafrikaansing van die dolende middeleeuse ridder. In plaas van gifbrakende monsters veg hy teen leeus; die skone dame word nie uit 'n onderaardse kerker van 'n betowerde kasteel gered nie, maar uit die hut van 'n Kafferkaptein. Die Voortrekkers word verdedig teen lasterpraatjies; die vrymaking | |
[pagina 132]
| |
van die slawe, die kafferpolitiek van die Britse regering en die handelwyse van die Engelse sendelinge word bespreek. 'n Poging word gedoen om dit alles binne die kader van die verhaal te hou; die historiese uitweidings is kort. ‘Dit sou te lank duur om alles hier mee te deel.... en dit is ook geskiedenis.’ (p. 124.) Dat Du Biel ten spyte van sy goeie verhaal tog nie daarin slaag om ons in die volle werklikheid van die Voortrekkertydperk te plaas nie, is hoofsaaklik 'n gevolg van sy gebrekkige en verouderde tegniek. Hy hou gedurig 'n praatjie met die leser, gee beskouings oor die gedrag van die karakters, las sedekundige prekies in net waar hy kan. Die hoofverhaal loop oor drie geslagte, maar daarby moet ons o.a. ook nog kennis maak met al die bewoners van Uitkyk. Die gevolg is dat die meeste persone baie vaag geteken word. Selfs waar dit enigsins uitvoeriger gebeur, soos o.a. met Lenie, kry ons selde die indruk, dat ons met werklik lewende mense te doen het. Lenie word ons op p. 59 voorgestel as 'n digteres. Dit word verseker, dat haar vader dié ‘kundigheid’(!) waardeer, ofskoon ons van die waardering nooit iets merk nie. Die geduldige leser word op p. 135 weer aan Lenie se digterskap herinner en 'n gediggie ‘wat sy in dié dae gemaak het’ word meegedeel. ‘In dié dae’ is net voor die Groot Trek, maar op p. 141 word ons vertel - dis nou 'n goeie paar maande later - dat van dieselfde gedig, wat ons al klaar gelees het nog net ‘enkele reëls’ geskryf is! Deur sulke onhandige setteGa naar voetnoot1) is dit, dat ons in plaas van die uitgebeelde persone altyd sien meneer Du Biel aan sy skryftafel, verskans agter Theal, Cory en ander historici! ‘In 'n oomblik sien hy alles in sy ware kleure. Hy aanskou sy eie siel in al sy naaktheid....’ (p. 144). Dit is van die soort blits-psigologie, wat so dikwels in Getrou voorkom.Ga naar voetnoot2) Van wat in die siel van Nikolaas en Lenie omgaan na die indrukwekkende vervloeking deur oom Tjaart hoor ons weinig. Du Biel bly te veel aan die buitekant. Nikolaas ‘lyk jare ouer: die gewone hoopvolle glimlag is van sy gelaat weg, en in plaas daarvan staat erns geskrywe’ (p. 98). - ‘Arme Lenie! Sy is nou maar slegs die gees van wat sy vroeër was; en die treurige en hopelose blik op haar gesig is onvergeetlik’ (p. 99). Later slaag Du Biel daar veel beter in om ons te laat voel die tragiese noodlot, waarteen Nikolaas tevergeefs stry. Die vloek wat op hom rus deur sy geboorte kan selfs deur sy dapperste dade nie weggeneem word nie. ‘Die misdade van sy vaders’ maak 'n volkome rehabilitasie in die trekkerslaer onmoontlik, en dat hy sy lewe opoffer vir dieselfde mense, wat hom as 'n onwaardige uit hul gemeenskap stoot is 'n treffende klimaks van 'n eg-menslike | |
[pagina 133]
| |
drama. Met sy dood is die drama uit, en die slothoofstuk verswak alleen die indruk.Ga naar voetnoot1) Lenie behoort aan niemand anders as aan die gevalle held nie. Deur die kreasie van Nikolaas Alpenveld word Die Misdade van die Vaders iets meer as 'n gewone avonture-verhaaltjie. Die moralisasies, wat 'n groot gedeelte van die roman inneem is van dieselfde gehalte as in Getrou. Daar is geen sprake van mooiheid van segging of oorspronklikheid nie. ‘Hoe wonderbaar is ons lewe! Alles is veranderlik; niks bly vir een enkele uur geheel dieselfde nie.’ (p. 124.) Van sulke afgesaagde bewerings krioel die boek. Of anders kry ons twyfelagtige stellings soos die volgende: ‘Dit is een van die wonders van die skepping dat dit in die mag van die mens is om te word wat hy verkies’ (p. 50). ‘Die taal en styl openbaar 'n bekoorlike helderheid en eenvoud’, verklaar prof. J.J. Smith in sy voorwoord. Helder en eenvoudig is dit seker, maar dit mis alle bekoorlikheid, omdat Du Biel geen eie stem het nie. Daar is niks persoonliks in sy styl, nêrens iets wat ons ontroer deur fynheid van segging of klank nie. Dikwels stuit ons op 'n eentonige ‘hul-lerigheid’. ‘Hul wou blomme pluk. Plotseling het hul 'n aantal Kaffers na hul sien aankom, en hul het begin hardloop. Hul het gou gesien dat hul nie sou voorbly nie, en het na 'n dik plek bosse weggedraai, waar hul gedink het dat hul miskien kon wegkruip. Hul het die bosse gehaal; maar hul was doodmoeg, en die Kaffers was kort agter hul. Hul moed was al byna op, toe hul by 'n erdvarkgat kom.’ (p. 187.) | |
Kain (1922).In hoofsaak geld die voorafgaande karakteristiek ook van Kain. Die hoofmotief is weer die vadervloek wat op Frans Naudé rus en ook in die uitwerking van die besonderhede is daar groot ooreenkoms met Die Misdade van die Vaders. Frans moet die Swasielandse grense bewaak, maar in 'n oomblik van swakheid laat hy hom omkoop deur ‘Snelskiet’ en sy handlanger Lewinski, twee geslepe skurke, wat deur die smokkel van wapens en ander listige planne ryk geword het. As historiese agtergrond vir 'n reeks avonture maak die skrywer gebruik van gebeurtenisse voor en tydens die eerste Vryheidsoorlog. Na 'n tydperk van eensame boetedoening in die ontoeganklike streke van Swasieland word Frans in sy eer herstel, as gevolg van sy dapperheid by die slag van Laingsnek. Die geskiedenis van twee vroue, Pêrel en Jessie het die skrywer op handige wyse deur Naudé se avonture gevleg en hy vertoon 'n vaardigheid in die groepering van insidente en die aanbring van spanning, wat ons aan die bioskoop laat dink. Die liefhebbers van romantiekerigheid kan hul harte ophaal, en die | |
[pagina 134]
| |
jongspan sal uitasem end-toe jaag, want Du Biel is geen slegte verteller nie. Die toevallighede en onwaarskynlikhede sal hulle aan 'n sameloop van omstandighede toeskrywe en Jessie, ten spyte van haar twyfelagtige verlede, as heldin bewonder. As ligte leesstof vir die jeug kan Kain aanbeveel word en as intrigeroman beskou is dit verdienstelik. Wie egter na 'n beeld van die Transvaalse samelewing tydens die eerste Vryheidsoorlog soek, sal bitterlik teleurgestel word deur die gemis aan diepte van siening. Du Biel handhaaf sy roem as spesialis in die sielkundige bolmakiesiespel, soos al aangetoon in hoofstuk I, § 9. Met dit alles draai Du Biel sy half-historiese rolprent tog op prettige wyse af en ons sal sy poging om geskikte leesstof vir die jeug te verskaf meer waardeer, as hy sy taal beter versorg. Daar is lomp sinne, anglisismes en grammatikale foute in sy werk, wat nog op gebrekkige taalbeheersing wys. |
|