Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 6. D.P. du Toit. † 1936.D.P. du Toit is 'n afstammeling van die Du Toits van Daljosafat, waar hy groot geword het. Sy moeder was 'n suster van ds. S.J. du Toit. Omdat sy gesondheid toe nie teen plaaswerk bestand was nie, het hy van 1891 af onder ds. S.J. du Toit gewerk op die redaksie van Di Patriot en ander blaaie. In 1896 was hy sekretaris van die eerste Afrikaanse Taalkongres in die Paarl, en Ons Kleintji het hy feitlik geredigeer onder toesig van ds. S.J. du Toit. Later was hy aan verskillende koerante | |
[pagina 127]
| |
verbind, by Het Westen o.a. as redakteur. Met die oprigting van Die Burger het hy een van die subredakteure van die blad geword. Een van sy toneelstukke, Die Bedriegers, is in 1893 geskryf. Wanneer Melt Brink se toneelwerk buiten beskouing bly, dan is dit die eerste Afrikaanse stuk wat gedruk en opgevoer is.Ga naar voetnoot1) Op Somerset-Oos is dit vir die eerste maal gespeel. Van Du Toit het verder verskyn vier romans: Sy Pa se Skuld (1918); Haar Ma se Skuld (1926); Haar Broer se Skuld (1929) en Vonnie (1936); Jan (1927) 'n versameling grappige anekdotes; Treinnonsens (1922) 'n bundel grappige versies; ook etlike toneelstukke. | |
Sy Pa se Skuld (1918).Lina trou teen haar vader se sin met Fred, 'n volbloed skurk, wat met dié huwelik sy finansiële ondergang wil voorkom. Sy word onterf en Fred moet vlug na 'n hele reeks misdade. Sy seun, Gert boet vir die misdade van sy vader en word in sy liefde gedwarsboom. Op die ou end kom alles tog reg en selfs die berouvolle Fred word in sy eer herstel. Du Toit doen wel 'n poging om deur te dring tot die innerlike lewe van sy karakters, maar vir die uitbeelding van 'n geweldige psigologiese krisis is hy te huiwerig. ‘Dis te heilig, ons mag nie probeer om dit na te speur nie’ (p. 99); ‘Die afskeid sal ons egter nie trag te beskrywe nie, eenvoudig, omdat dit nie kan beskrywe word nie’Ga naar voetnoot2) (p. 113). Op dieselfde manier glip hy oor die smart wat Gert en Lorrie uitstaan as gevolg van die vervalste briewe. Dit is nie 'n deurleefde verhaal nie, waarin die roersels van 'n mensehart blootgelê word. Du Toit beskou sy persone meestal op 'n afstand as belangstellende toeskouer. ‘Terwyl hy daar agter die randjie ry, raak hy ons ook uit die gesig’ (p. 106). Die handeling word nie direk in plastiese vorm gegiet nie, sodat iedere leser onmiddellik sien en hoor wat daar gebeur. Die skrywer self is telkens aan die woord en deur sy nugter opmerkings en prekerige uitweidings kom die gebeurde tot ons langs 'n groot ompad, sodat dit nie tot werklikheid kan vergroei nie. ‘Nou dis nie nodig om die twee nes hul skaduwee te agtervolg nie....’ (p. 48). ‘Die betrokke persone het ons heeltemal uit die oog geraak’ (p. 144). Daar is meer sulke aanduidings van gebrekkige tegniek.Ga naar voetnoot3) Die preek oor die teks ‘Ik stond op het zand der zee’ is 'n nuttelose uitweiding en die lang beskrywing van die viskopery net so. Die skrywer vertel ons self ewe naïef, dat Gert en Lorrie ‘ook maar bloed weinig van die hele toneel gesien het’! (p. 151). | |
[pagina 128]
| |
Besonder omslagtig is Du Toit se verhaaltrant dikwels. 'n Enkele keer besef hy dit self: ‘Dog ons sal nie op haar hande staan en kyk om te sien hoe sy werk nie.’ ens. (p. 51). Hy vermoei deur 'n langdradige opsomming van allerlei onbelangrike besonderheidjies (vgl. b.v. p. 212), terwyl ook die gesprekke met reportage-noukeurigheid weergegee word. Die styl verraai die hand van die geoefende joernalis, wat met gemak sy sinne aanmekaar ryg, sonder juis te streef na skoonheid van klank. Maar selfs die haastige joernalis mag nie sulke sinne soos die volgende neerskryf nie: ‘Hy herinner hom nou goed, so duidelik as kan wees, dat, toe hy gistraand sy tabaksak uit die sak wou haal sy sakdoek boop die tabaksak in sy sak was, dat hy toe die sakdoek eers uitgehaal het en toe die tabaksak en toe weer die sakdoek in sy sak gesteek het, en na hy sy pyp gestop het, het hy die tabaksak somar so onverskillig bo-op die sakdoek in sy sak gesteek.’ (p. 104.)Ga naar voetnoot1) Maar sulke sinne is gelukkig uitsondering en die styl is deurgaans helder en goed versorg. Om dié rede veral moet die roman, ofskoon dit geen aanspraak kan maak op hoë letterkundige verdienste nie, een van die leesbaarste Afrikaanse romans genoem word. ‘'n Rousteen vir die binnemure’ noem die skrywer sy werk met goeie selfkennis in die voorrede. Voorlopig kan ons sulke roustene nog goed gebruik, al bestaan daar gegronde rede om te vrees, dat dit mettertyd sal verbrokkel. | |
Haar Ma se Suld (1926).Hierdie pendant van die vorige roman vertoon wat opset, styl en strekking betref groot ooreenkoms daarmee. Waar De Waal, naas aangename tydverdryf, ook historiese kennis wil bybring, lê Du Toit hom veral toe op etiese motiewe. Deur 'n afskrikwekkende voorbeeld wil hy die moeders van ons volk wys op die gevare van die moderne plesierlewe. Na die dood van haar man en die vertrek van haar seun na Europa gee moeder en dogter hul oor aan dans, dobbel en drank, en knoop verhoudings aan met manne van twyfelagtige karakter. As die voorbeeldige seun na volbragte studie terugkeer, red hy sover moontlik die eer van die familie. Die skurke word na enige verwikkelinge ontmasker, deur tronkstraf of 'n koeëlskoot onskadelik gemaak en al die skulde betaal. Maar as die triomferende held sy verloofde in die arms wil sluit en sy afgedwaalde moeder en suster probeer terugvoer na die ou paaie, word sy geluk weer verydel deur laasgenoemde, wat na 'n poging om die bruid te vergiftig, wegdros met 'n ‘haai-sosaaietie’-skurk, wat soos al sy konfraters, baie op sy kerfstok het. Na verdere ‘deurmekaar ontwikkelings’ kom moeder en dogter tot 'n late berou; die held sluit ‘sy so vurig beminde en lank verlore Talana in sy arms’ en gee haar ‘'n dooddrukminnaarsoen op die daarna lank verlangende rooi lippe’. | |
[pagina 129]
| |
Du Toit is nie so handig as De Waal om spannende situasies te bedink nie. Hy vermoei soms deur langdradigheid; sy skurke is minder gewiks in duiwelagtigheid, sy held te braaf-prekerig van goeiigheid en sy heldin te intrigerend om volkome die simpatie van jong lesers te win. Maar Du Toit het op delikate wyse die vernaamste euwels van die moderne maatskappy geskets en deur sy gesonde strekking kan hierdie roman belangrike dienste bewys by die opbou van ons kultuur en die aankweek van leeslus. Daar is 'n aanmerklike verbetering te bespeur in die skrywer se tegniek, en sy taal is, hoewel sonder enige artistieke pretensies, duidelik en goed versorg. Haar Ma se Skuld is net die soort leesstof wat 'n groot gedeelte van ons volk na verlang, en langs hierdie weg kan baie lesers gelei word tot rypere kunsgenot. Die besgeslaagde karakters is nie die vlekkelose held, die genotsugtige moeder en dogter, of die gewetelose skurke nie, maar daardie twee troue swart skepsels, Maria en Malietie, wat hoewel vlugtig geteken, tog iets van hul menslikheid vertoon. | |
Vonnie (1936).Vonnie is 'n lywige roman van byna 400 bladsye. Ek het daarin geslaag om die eerste 80 bladsye te lees en voel heeltemal oortuig daarvan dat die heldin veilig in die held se arms sal beland, ten spyte van die kleingeestige intriges van 'n paar jaloerse vriendinne. Die omslagtige verteltrant herinner sterk aan Du Toit se vorige romans en maak die boek genietbaar slegs vir lesers van geringe letterkundige ontwikkeling. |
|