Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 117]
| |
§ 4. Gordon Tomlinson.Gordon Tomlinson is gebore op Swellendam in 1889. Vir alles wat Afrikaans is, was hy van jongsaf aan 'n sterk propagandis, sodat hy b.v. in die Anglo-Boere-oorlog van skool weggeja is, omdat hy 'n Vierkleur-ruiker in sy knoopsgat gedra het. Later het hy voortdurend stroebeling gehad met die Engelse hoof. Die meeste avonture, wat in Deur die Smeltkroes beskrywe word het in Swellendam gebeur tydens die oorlog. Eers wou Tomlinson predikant word, maar weens 'n keelaandoening moes hy die plan opgee. Op Stellenbosch het hy in die regte gestudeer en daar het hy saam met dr. Tobie Muller en professor J.J. Smith een van die voormanne van die A.T.V. geword, en deel uitgemaak van die redaksie van Ons Moedertaal. Later het hy hom ingespan vir die Helpmekaar en tans woon hy op Vredefort, waar hy prokureur is. Van hom het verskyn 'n roman, Deur die Smeltkroes (1917) en in samewerking met prof. dr. B.B. Keet 'n lewensbeskrywing, Tobie Muller (1925).Ga naar voetnoot1) | |
Deur die Smeltkroes (1917).Op die dorp Vergenoeg woon oom Gert de Bruyn, ‘'n egte tipe van die opregte Afrikaner’ (p. 4) en Van der Bijl, 'n jingo wat ‘rooier dan rooi’ is. As die Tweede Vryheidsoorlog uitbreek kom daar 'n end aan die vrindskaplike verhouding tussen die bure, tot verdriet van die kinders, wat oor en weer verlief geraak het - Piet de Bruyn op Susan van der Bijl, en haar broer John op Lenie, Piet se suster. Susan het egter 'n ‘Engelse modepoppie’ geword en deur toedoen van Carel Nel, wat by die Van der Bijls inwoon, raak Piet in die moeilikheid en val in ongenade by Susan. Verskeie avonture van Piet en John se skooldae word vertel, asook hul ondervindings aan die Victoria-kollege. Hulle sluit by die kommando van Scheepers aan en as John gevang word, slaag Piet daarin om die verraaier Nel te ontmasker. Van der Bijl word 'n goeie Afrikaner en tussen die jongspan kom alles reg, terwyl Nel so vriendelik is om in Australië spoorloos te verdwyn. Deur die Smeltkroes het 'n sterk propagandistiese strekking. Tomlinson verdedig die Afrikaanse beginsels teenoor die imperialistiese idee van Engelse en verengelste Afrikaners. Hy gaan te keer teen die verwaarlosing van Hollands op die skole, die onnasionale geskiedenisonderwys, die eksamenstelsel, ‘die oudwyfse Skotse sisteem alhier deur 'n Dr. Muir ingevoer’ (p. 59), en ‘die nuwe kindergarten-metode’ (p. 9). Hy laat ‘Jong Suid-Afrika sug om die vryheidsin, wat leef en sal leef, solank daar Afrikaners op Afrikaanse bodem wandel’ (p. 53) en gebruik elke geleentheid om sy patriotiese gevoelens te lug. As pleidooi vir 'n suiwer- | |
[pagina 118]
| |
Afrikaanse kultuur het die boek ongetwyfeld waarde. Maar as roman beskou is dit 'n mislukking. Behalwe die regstreekse propaganda, tree die outeur van die staanspoor af gedurig op die voorgrond. Hy spreek sy lesers toe,Ga naar voetnoot1) vertel hulle wat hy met ‘die spelers in hierdie drama’ (p. 6) gaan doen, en omdat hy hoofsaaklik 'n outobiografie skryf, verval hy telkens in persoonlike mymeringe.Ga naar voetnoot2) Telkens moraliseer hy oor die dade van sy persone, b.v. ‘Arme Piet! Had hy maar geweet, wat voorlê. Gelukkig, egter, het die Voorsienigheid ons so gevorm, dat ons slegs vandag kan sien - en skaars dit’ (p. 62). Ofskoon hy blykbaar sielkunde by ‘Pappie (saliger gedagtenis)’ (p. 69) geleer het, blyk daar weinig van in die roman. Van kalwerliefde kry ons die volgende vermaaklike verklaring: ‘Nie 'n nooi, leser, soos u en ek seker al gehad het, maar een, wat jy in 'n meer idealistiese sin liefhet. Jy het haar lief, maar hoe, weet jy nie. Jy het haar, hulle ook, lief, as jy nog so jonk is, sonder dat die liefde miskien ooit bekend word. Dis somar liefhê.’ (p. 17-18). Hoe weinig begrip Tomlinson het van die ingewikkelde prosesse van die puberteitsjare blyk uit die beskrywing van Piet se aankoms op Stellenbosch. ‘Piet stuur 'n stille gebed van dankbaarheid op, dat hy in so 'n omgewing kan studeer en besluit om van die studentelewe in sy geheel gebruik te maak, sodat hy 'n veelsydige ontwikkeling kan geniet om also bes sy land te kan dien’ (p. 66). Dis kastig dieselfde Piet wat sulke uithaler-kaskenades op die dorp aangevang het! Nou is hy meteens 'n suikersoet oompie, op wie Van Alphen 'n mooi gedig sou gemaak het. As Piet die eerste maal in 'n geveg is, word sy gewaarwordings as volg beskryf: ‘Die eerste paar oomblikke wis Piet nie eintlik, wat om te maak nie. Sy hart klop vinniger, en as 'n koeël oor sy hoof fluit, koes hy een kant toe. Maar gou-gou het die oorlogsgees hom oormeester....’ ens. (p. 125). Hoe oppervlakkig die psigologie is blyk uit die pogings om felle emosies te beskryf. As Piet onverwags op sy maat by die kommando afkom, word ons vertel: ‘Soos 'n mens maklik kan verstaan, was die wedersydse vreugde by die ontmoeting groot.’ (p. 122.) ‘Ons sal liewer 'n sluier trek oor die afskeid tussen die jong verloofde; waar die liefdegodin alheersend vir 'n oomblik is, moet die gewone mens soetjies trap.’ (p. 96.) Met sulke praatjies maak hy hom van die saak af! Van der Bijl se bekering tot opregte Afrikaner is seker goed gemotiveer, maar dit is geen proses, wat as 'n coup de foudre in een sinnetjie kan beskryf word nie. (p. 110.) Presies so gaan dit met Susan (p. 112) en haar moeder (p. 111). | |
[pagina 119]
| |
In die karakteruitbeelding is daar die bekende skerp teëstelling tussen goed en sleg. Oom Gert is die ideale patriot, Piet en John die dapper helde, Van der Bijl die vurige jingo, Nel die lae verraaier. Die meisies is ‘twee beelde van deug en skoonheid’ (p. 146). As Nel genoeg moeite veroorsaak het om die ‘dapper helde’ se ‘verhewe’ karakter aan die lig te bring, word hy nog vir ou-laas ekstra swart gesmeer en dan eenvoudig uitgewip (p. 141). Dit is ‘merely a mechanical device for stopping somewhere’, soos Cross tereg opmerk. ‘A literary form cannot exist without its art. If a fable may drift along at the pleasure of an author, with the episode thrust in at will, then anybody can write a novel.’Ga naar voetnoot1) Die swaarmoedige Piet werp hom ‘in wanhoop.... neer op sy bed, wat skud van die storm, wat in die siel van die onstuimige jongeling woed’! (p. 22.) Die ‘edele siele’ van die arm meisies word ook ‘deur storme geteisterd’ (p. 134, 92), hulle droom ‘van rose en melk, van ongekende en verrukkende klanke, van ruisende strome en bedwelmende blommegeure’ (p. 72). Die toneel op die strand tussen Susan en Piet (p. 41) is taamlik sentimenteel. - ‘Die misterie van die nag pak hul beet; en met 'n kleine skudding,(?) skuiwe Susan nader aan Piet.... ‘Piet, wat makeer? Waarom is jy so stil?’ - ‘Dit weet ek nie, maar ek word so swaarmoedig, Ek dink, dit is die verhewenheid van die heelal, wat my aangryp.’.... ‘Dit was asof hy met die onbekende worstel, asof daar 'n wêreld van gedagte hom oormeester. Naderhand, asof tot homself sprekende, fluister hy 'n Lied van Smart....’ Die gevolg is ‘dat Susan bitterlik ween’ en ‘met geboë hoofde keer hulle huiswaarts.’ Die talryke sugte in ons Afrikaanse romans vul Tomlinson onder ander met die volgende variëteite aan: ‘geskok tot in die diepste wese styg daar 'n sug van die bodem van sy beroerde(?) hart - 'n sug, wat 'n wêreldspraak was. (p. 29); Susan sug alleen die sug van die tevredene en die regvaardige’! (p. 116), ens. Tomlinson skryf 'n gemaklike styl, sy taal is suiwer en die dialoog meestal los en natuurlik. Daar is lewendige toneeltjies met rake praat en weerpraat o.a. p. 44-45, waar oom Gert en sy buurman aanmekaar spring. Onwaar word die dialoog wanneer hy Piet, wat toe nog nie deur sy matriek was nie, laat sê: ‘Kerel, wie sal hom daar onder daardie mengelmoes begeef behalwe alleen die met Imperialisme besetene?’ (p. 54.) Bybelse wendings word met voorliefde gebruik, en dikwels is daar ook 'n predikanterige kleur, b.v. ‘om sy sondedaad uit te wis’ (p. 30.) Die veelvuldige gebruik van stereotiepe beelde is opvallend. ‘Maar al was hul harte bloedende, het niemand dit getoon nie. Hulle harte was aanmekaar gesnoer deur nuwe bande en deur 'n gemeenskaplike liefde teenoor hul geliefde Suid-Afrika’ (p. 142). Sulke gemeenplase ontneem aan die styl alle persoonlike aksent. | |
[pagina 120]
| |
Onvervals retories word Tomlinson veral in sy natuurbeskrywings. ‘Die son, bloedrooi, begin hom stadig in die arme van 'n veelkleurige see te werp. Dit was, asof bruid en bruidegom ontmoet, albei in die fynste en pragtigste kledy uitgedos.... Fyn goud val oor die hele aarde en verfraai die skoonste paleise en die armoedigste strooihuise’ - ens. (p. 40).Ga naar voetnoot1) Die paleise sou 'n mens aan Potsdam kan laat dink! Maar, die ‘ouderwetse woning’ van Van der Bijl had ook ‘honderde klein venstertjies’ (p. 4). Mooi is die stemmingsvolle gedig op p. 72, met uitsondering van 'n enkele stoplap. |
|