Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend§ 3. Joubert Reitz (1880-1919).Van hierdie seun van president Reitz het twee romans verskyn: Die Dolosgooier (1916) en Beproewing (1918). Vir die Potchefstroomse koerant het hy dikwels gedigteGa naar voetnoot2) en prosastukke geskrywe, meestal van grappige aard. Onuitgegee is 'n reeks artikels oor ‘Oom Fanie en sy ervarings met 'n maai- en vliegmasjien.’Ga naar voetnoot3) | |
Die Dolosgooier (1916).Frits Kok, 'n Johannesburgse klerk, gaan na die diamantvelde by Bloemhof, maar die groot geluk bly weg. Gedurende 'n aanval van moedeloosheid wil hy vertrek, nadat hy op die stasie ‘'n sterretjie’ gesien het, maar sy kaffer gooi die dolosse en die se voorspelling blyk | |
[pagina 116]
| |
juis, want Frits kry 'n paar mooi diamante. Nou trek hy weg om sy ‘sterretjie’ te gaan soek en al gou blyk dit, dat sy die dogter is van Harvey, met wie hy 'n vennootskap gesluit het. Met Collins het hy op Bloemhof moeilikheid gehad en dié strooi nou skinderpraatjies uit, want hy het ook 'n oog op die ‘sterretjie’. Collins slaag daarin om 'n fabelagtige skat uit Sekekoen se kafferstat te roof, maar hy beswyk aan 'n wond op die hoëveld, waar Frits hom nog eers verpleeg. Frits laat die kaffers £5000 betaal vir die verlore diamante en die dolosgooier se tweede voorspelling kom ook reg, want hy sluit Maria in sy arms. | |
Beproewing (1918).Hierdie roman is min of meer op dieselfde plan gebou as Die Dolosgooier. 'n Doodgoeie jongeman word vervolg deur 'n gewetelose skurk, maar na baie moeilikheid triomfeer die onskuldige, word plotseling skatryk en trou met die meisie, terwyl sy mededinger deur 'n koeël uit die weg geruim word. Die ekspedisie na Duits-Suid-Wes en die opstand vorm die agtergrond van die verhaal; 'n vervalste tjek gee aanleiding tot verwikkeling en die spanning oor die erfenis word deur middel van 'n naamsverandering tot die ontknoping bewaar.
Teen sy sin en oortuiging het die skrywer deelgeneem aan die Duits-Wes-veldtog. Die raamwerk van Die Dolosgooier het hy in 'n militêre gevangenis geskryf, want hy het in die hande van die Duitsers geraak. Later het J.H. Malan, die ‘Oom Fanie’ van die voorwoord dit persklaar gemaak, onvoltooide gedeeltes verder uitgewerk, taal en styl verbeter, kortom die hele boek oorgeskryf met behoud van die oorspronklike intrige.Ga naar voetnoot1) Dat die aandeel van die bewerker taamlik groot was, blyk uit 'n vergelyking met Beproewing, waarin taal en styl so sleg versorg is, dat die verhaal feitlik onleesbaar is. Dit krioel van anglisismes en alle moontlike foute. Reitz het aanleg gehad om 'n spannende intrige inmekaar te sit, maar sy uitdrukkingsvermoë was hopeloos swak. Selfs na die skawery van die bewerker het daar in Die Dolosgooier soveel oorgebly, wat onbeholpe is, dat van letterkundige verdienste weinig sprake is, ofskoon dit deur die handige toepassing van Afrikaanse motiewe seker tot die beste van ons avontuur-romans behoort. Op p. 3 is daar al 'n toespraak tot die ‘troue geagte leser’ en dwarsdeur die verhaal bly die skrywer aan die woord. Collins, Hooper en Petrus is tipes van die bekende volbloed skurke. In Beproewing neem die politiek 'n groot plek in. Die skrywer sê self: ‘Maar laat ons liewer nie van die dinge praat nie, anders word die verhaal 'n politieke vlugskrif....’ (p. 97), wat dit dan ook teen die end werklik word. |
|