Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 101]
| |
Hoofstuk V.
| |
[pagina 102]
| |
die eersgeborene op die arm van die moeder - 'n slot wat ons herhaaldelik in De Waal se romans aantref.Ga naar voetnoot1) By die skrywers wat in hierdie rigting werk is die avontuur (meestal die historiese avontuur) hoofsaak, die didaktiese strekking 'n belangrike bysaak, en die psigologie gewoonlik glad geen saak nie. 'n Skerp teenstelling met hierdie groep vorm die meer bewuste kunstenaars wat daarna streef om die mens ook in sy innerlikheid te ontleed, by wie die avontuur vergeestelik word en 'n vooropgesette strekking deurgaans afwesig is. Die teenstelling tussen hierdie twee groepe is al in die eerste hoofstuk meer in besonderhede uitgewerk. 'n Vaste grens tussen die twee kan natuurlik nie aangewys word nie, want tussen die uiterste verteenwoordigers is daar allerhande skakerings. By die indeling het die oorwig van die intrige- of sielkundige motief die deurslag gegee. In 'n letterkunde wat nog pas in sy aanvangstadium verkeer en waar die meeste skrywers nog rondsoek in allerhande rigtings sou 'n meer presiese indeling ongewens wees, want verskillende strominge, reaksies en invloede kan eers langsamerhand met enige sekerheid onderskei word. Ek meen egter, dat hierdie voorlopige indeling op duidelik waarneembare grondslag berus en 'n beter insig in die ontwikkelingsgang van ons verhalende prosa gee as die kronologiese wat in die eerste uitgawe nog vrywel die enigste oplossing was. Langenhoven toon verwantskap met albei hoofgroepe, maar hy is tog in hoofsaak didakticus en sy werk kan beste as eenheid beskou word in 'n afsonderlike hoofstuk. 'n Aantal prosaskrywers wat totnogtoe weinig gepresteer het en beswaarlik by een of ander groep kan ingedeel word, sal in die agste hoofstuk bespreek word. |
|