§ 7. Ons Eie Boek (1935).
Gelukkig word hierdie werk tans op bekwame wyse voortgesit deur Ons Eie Boek onder redaksie van dr. F.E.J. Malherbe. Hierdie ‘Afrikaanse Boekegids’ het binne 'n paar jaar 'n eie plek verower in ons letterkundige wêreld. By die bespreking van ons letterkundige kritiek in hoofstuk XI word verder gewys op die betekenis van die blad.