§ 6. Ons Tydskrif (1933-1937).
Dieselfde lot het ook hierdie minder pretensieuse blaadjie getref. Aanvanklik was dit die ‘hurisorgaan van die uitgewersfirma Van Schaik’, maar later het dit onder redaksie van dr. M.S.B. Kritzinger 'n nuttige lektuurgids geword wat deur pittige besprekings belangstelling probeer wek het in die Afrikaanse en Nederlandse boek.