§ 5. Die Nuwe Brandwag (1929-1933).
Hierdie kwartaalblad was 'n poging om die tradisie van Die Brandwag voort te sit. In die begin het dr. M.L. du Toit opgetree as redakteur en sedert 1931 dr. G. Dekker en dr. H.G. Viljoen. Met medewerking van die beste Afrikaanse skrywers en kritici het die redaksie daarin geslaag om 'n besonder hoë peil te handhaaf. Naas oorspronklike belletristiese bydraes het daarin verskyn breeduitgewerkte beskouings oor letterkunde, musiek en die beeldende kunste. Die werk van ons beste skilders en beeldhouers is deur kenners bespreek en deur keurige afbeeldings verlug. Hierdie hoogstaande kunsblad het baie gunstig vergelyk met die beste tydskrifte uit die buiteland. Dat dit deur gebrek aan onder-