Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 67]
| |
Hoofstuk III.
| |
[pagina 68]
| |
Dat Gustav Preller se verdienste in verband met die Tweede Beweging besonder groot is, ly geen twyfel nie, maar om te verklaar dat dit ‘op sy kragtige inisiatief in die lewe geroep’ is, soos dr. E.C. Pienaar doen, (diss. p. 1) is stellig onjuis.Ga naar voetnoot1) De Goede Hoop het leesstof bevat vir mense van ryper leeftyd, maar was tog meer bepaald vir jongeliede bedoel.Ga naar voetnoot2) Dit het dan ook veral by jong Suid-Afrika lees- en skryflus opgewek en as propagandamiddel goeie dienste bewys. Op die betekenis van De Waal se werk word in 'n volgende hoofstuk gewys. Onder sy medewerkers was daar niemand, wat Afrikaanse prosa van letterkundige gehalte gelewer het nie. Dit is meestal kort, luimige verhaaltjies. Van 'n diepgaande letterkundige kritiek is daar ook nouliks sprake; kort aankondiginge is die reël. Wat De Waal se opvatting van 'n roman is, blyk duidelik uit die volgende: ‘In de gewone roman heeft de held altijd te kampen met een listige mededinger om de hand van de beminde.... Onverwachte gebeurtenissen, gemoedprikkelende verrassingen komt ge heel weinig tegen’ (G.H., April 1913). Dit word gesê na aanleiding van Malherbe se roman Vergeet Nie, en in die nommer van Des. 1911 hoor ons van ‘verrassingen die zo onontbeerlik zijn voor 't sukses van 'n roman’. Dr. D.F. Malherbe gee in die nommer van September 1906 uiting aan sy bewondering vir Johannes van Wyk. By sy beoordeling het die betekenis van die roman vir die taalstryd swaar geweeg. ‘Ons volkstaal, ons dierbare boompie, swoeg vandag onder die dubbele las van vyandskap en verfoeielike vooroordeel. En daarom verdien diegene, wat skriftelik of andersins manmoedig optree vir die saak ons ondersteuning en waardering.’ Vandag sal Malherbe seker nie meer van Johannes van Wyk o.a. beweer nie: ‘Oral 'n diep-historiese gevoel, wat omstandighede en gebeurtenisse in die oog hou.... (De Waal) bied ons in sprekende simbole die inwendige van sy persone.’ | |
(b) De Goede Hoop (1915-1925).Vanaf Januarie 1915 tree prof. ds. N.J. Brümmer as redakteur op. Hy is in 1866 gebore op die plaas Prospect, distrik Dordrecht.Ga naar voetnoot3) In sy studiejare op Stellenbosch het hy blyk gegee van buitengewone knapheid en daarna in Skotland en Duitsland sy teologiese en filosofiese studie | |
[pagina 69]
| |
voortgesit; maar 'n dringende beroep as predikant na Jansenville het hom van die doktorsgraad laat afsien. Op filantropiese, kerklike en wetenskaplike gebied het hy prominent opgetree en ook as voorstander van die A.T.V. belangrike werk gedoen. Sedert 1911 is hy professor in die wysbegeerte aan die Stellenbosse Universiteit. Die grootste gedeelte van sy werk is in Hollands, o.a. Spoken en Eerbied. Die Afrikaanse brosjure Die Afrikaanse Nasie is al onder Polemiese Prosa bespreek. Die grootste gedeelte van die blad verskyn ook onder Brümmer se redaksie aanvanklik nog in Hoog-Hollands, en ofskoon daar heelwat Afrikaans in voorkom, word dit, as mens op die inhoud afgaan, langsamerhand veral die orgaan van die konserwatiewe minderheid, wat aan Nederlands vashou. Die voorstanders van Afrikaans verenig hul rondom Ons Moedertaal (1914), later verenig met Die Huisgenoot (1916) en Die Brandwag (1910). Dat die politieke beroeringe, wat na 1912 die Afrikaners in twee kampe splits, invloed gehad het op die groepering van lesers is ontwyfelbaar. In hierdie oorsig van die letterkundige prosa uit die tydskrifte sou 'n nadere bespreking van dié kwessie egter uit sy plek wees. Meer en meer het Afrikaans egter tussen 1921-25 die blad ingeneem en in laasgenoemde jaar begin ook die redakteur sy lekepreke in Afrikaans te skrywe. Hy behandel veral etiese en sosiale vraagstukke en sy kragtige artikels wek in kerklike kringe groot belangstelling. Vanaf Augustus 1918 verskyn van hom 'n reeks didaktiese stukke Die Spraaksame OssewaGa naar voetnoot1). Die ossewa is 'n beeld van die menslike lewe en elke deel daarvan kry 'n sinnebeeldige betekenis, van die as, wat ‘'n fatsoenlike karakter, die draagbalk van (die) lewenswa’ is, tot die lunspen, die simbool van getrouheid. Die lewenswa kom by Brandewynshoogte, Praatdrif, Skinderkrans, ens., wat natuurlik aanleiding gee tot allerlei didaktiese oorpeinsings. ‘Die ossewa is al oud en daar sit wysheid in sy jare’. Dat so 'n sistematiese vergelyking soms uitloop op 'n soekery na vae ooreenkomste spreek vanself. Tog vorm dit 'n mooi bydrae tot ons didaktiese literatuur. Brümmer skryf 'n rustig betoënde styl, wat soms verras deur kernagtigheid en slegs selde storende wendinge bevat soos die volgende: ‘as 'n goeie ding gemisbruik kom worde’ (p. 39). Dat Brümmer soms agtiende-eeuse middele gebruik om sy blad vol te kry, blyk uit 'n digwedstryd in die jaargang 1916. 'n Prys word nie alleen uitgeloof vir die beste gedig nie, maar selfs die onderwerp word aangegee, nl. die verhaal Hansie Smal, wat in een van die nommers van die blad verskyn het. By die beoordeling van die ingestuurde stukke gee Brümmer die verrassende uitspraak: ‘Poëzie moet vloeien, moet zalvend zijn....Ga naar voetnoot2) (Sept. 1916). Dit staan daar! | |
[pagina 70]
| |
Hoe laag die literêre peil van die blad word, blyk uit die opname van 'n eindelose reeks prulrympies. As staaltjie kan die volgende ‘gedig’ dien, wat in 'n maandelikse wedstryd bekroon is: Geagte Heer, die editeur,
Ek wil vir jou weer pla,
Want ek wil in die ‘Goede Hoop’
Vir jou 'n plekkie vra.
Ek wil ook iets vir jou instuur
Soos al jou vrindetal;
En daarom skryf ek nou vir jou
Oor ‘Lente in die Dal’,
Op dié manier kry die rymelaar ‘Charon’ nog twee en 'n halwe kolom vol! (Sept. 1920). Die bekroonde verhaal in dieselfde nommer is nie van veel beter gehalte nie. Dit is van ‘'n weerspannige dogter’, wat ‘met 'n treurige, bleek gesiggie.... soos 'n skim deur die huis’ dwaal, omdat haar vader vir Roelie weggejaag het. Sy is Protestants, maar voel so ellendig dat sy in 'n.... klooster wil gaan! Gelukkig oorwin Koos, 'n ander minnaar sy beskeidenheid, ‘versamel (genoeg) moed om sy geluk te beproewe’ en in 'n ommesientjie word die weerspannige dogter weer 'n verstandige bruid. In byna al die verhale, soos die van Anna le Roux, Hermanus en A.J.C. Volschenk, die vernaamste medewerkers op hierdie gebied, is die strekking dik opgeplak, en ten spyte van 'n gesonde moraal en die allerbeste bedoelings, kan hul die traktaatjiesstyl nie afskud nie. Om die gevare van 'n ‘duiwelse flirtasie’ aanskoulik te maak het Volschenk 'n melodramatiese skyndood nodig in Die Huisdokter (Aug. 1923), maar Johanna du Toit kan hom nog 'n lessie gee in die kuns om grieselig te wees! Hierdie skryfster vertel van 'n mediese student, wat as ‘owersier’ (sic!) van die ontleedkamer 'n swemtoggie onderneem tussen die lyke van die ‘pekelbalie’ (Okt. 1923). 'n Aantal verhale van E. de Roubaix staan op hoër plan.Ga naar voetnoot1) Sedert 1922 is S.J. Latsky 'n gereelde medewerker, wat onder die opskrif: ‘Wat mij onlangs getroffen heeft’ wetenswaardighede uit alle hoeke versamel. Hierdie interessante brokkies, wat seker veel doen om die leeslus aan te wakker, het, vreemd genoeg, tot in 1925 nog in Hoog-Hollands verskyn. Die letterkundige kritiek van De Goede Hoop bestaan nog altyd uit kort aankondigings. ‘Dons maar op, alles sal reg kom!’ word Marius toegeroep, (Nov. 1916). Wie Afrikaanse werk van letterkundige gehalte in De | |
[pagina 71]
| |
Goede Hoop soek, kom egter tot die oortuiging dat alles verkeerd loop. In Maart 1923 trek die redakteur los teen die ‘zorgwekkende dichterswoede’. ‘Het regent overal gedichten. De rijmwoede rumoert door 't ganse land’. Hy wil ‘'t grote publiek beschermen tegen zulk 'n aanrollende vloed van dichterlik onkruid’. Maar vlak onder hierdie artikel, waarin die digter as siener verheerlik word, druk hy die erbarmelikste prulrympie af, wat so begin: As ek so sit en denk,
Oor als wat hier gebeur,
Dan wil ek liewer swyg,
Want my gemoed skiet vol.
Aan die begin van die twee-en-twintigste jaargang wei die redakteur uit oor die strewe van die blad: ‘Men kan De Goede Hoop niet geregeld lezen zonder te beseffen dat er 'n eerlike poging wordt aangewend om ons volk tot iets groters en edelers op te scherpen en om hem 'n breder uitzicht te geven op de grote wereld daarbuiten, met andere idealen en andere levensopvattingen.’ (Julie 1924). Dit alles kan geredelik toegestem word. Die gees van die blad is kerngesond. Daar word moedig gestry teen maatskaplike euwels en ywerig gearbei aan die opbou van 'n Afrikaanse kultuur op Christelike grondslag. Maar wat die tweede gedeelte van sy program betref, naamlik die ontdekking van talentvolle skrywers, is die blad minder gelukkig gewees. En dat die redakteur, deur sulke lae eise te stel ‘voorligting’ gee aan aspirant-skrywers, val sterk te betwyfel. Vir een van sy medewerksters is Danie Smal se Lief en Leed een van die ‘uitstekende boeke in Afrikaans’! By die ander skrywers vind sy meestal oppervlakkigheid. Langenhoven kry die raad om die Spreuke van Salomo te lees, sodat hy kan ophou met spotterny, want in Doppers en Filistyne gebruik hy sy talent ‘om sy landgenote so verspot en laagdunkend (!) voor te stel as mogelik’! (Maart 1924). Sulke naïewe uitsprake toon die aard van die ‘letterkundige voorligting’ aan. Die ‘digters- en prosawoede’ in De Goede Hoop toon duidelik dat daar, behalwe gesonde moraal, nog ander vereistes nodig is om 'n goeie skrywer te word. Mettertyd sal dit aan kunstenaars van spesifiek Christelike rigting seker nie ontbreek nie, maar hulle het in De Goede Hoop altans, nie hul verskyning gemaak nie. |
|