Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging
(1939)–P.C. Schoonees– Auteursrecht onbekend
[pagina 58]
| |
Hoofstuk II.
| |
[pagina 59]
| |
wanneer Gustav Preller sy reeks artikels Laat 't Ons Toch Ernst Wezen in De Volkstem publiseer. Dit is 'n kloeke, goedgedokumenteerde manifes, wat met onverbiddelike logika al die argumente van die teenstanders ontsenu en as gevolg gehad het die stigting van Die Afrikaanse Taalgenootskap, op 13 Desember 1905. In Julie 1905 word Preller se artikels met weglating van die eerste gedeelte en voorsien van 'n nuwe inleiding in brosjurevorm uitgegee, met die ondertitel: Gedachten over de aanvaarding ener Afrikaanse Schrijftaal.Ga naar voetnoot1) Afgesien van die historiese betekenis van Preller se brosjure verdien dit, ofskoon nog in Nederlands opgestel, ook uit letterkundige oogpunt 'n ereplaas onder die polemiese literatuur van die Tweede Beweging. Met 'n forse stem verkondig hy die waarhede, wat vandag so vanselfsprekend lyk, maar sestien jaar nodig had om algemeen ingang te vind. In die polemiek van dié jare klink daar uit meer as een artikel 'n warme oortuigingsdrang op. Met die stryd vir die vereenvoudigde spelling (1904) het dit krioel van spellingdeskundiges en nou was weer iedereen filoloog! ‘In ons vaderland kan het gebeuren dat uw schoenmaker meer theologiseert dan uw zoon, die student is in de theologie,’ sê Allard Pierson in Intimis. Lees mens filologie in plaas van teologie, dan was dit presies ons toestand. Onder al die dilettante-wysheid en verwarde taalbegrippe kom egter ook telkens brokstukke van entoesiastiese welsprekendheid voor, waaruit blyk dat heel die volk in roering was. Naas die lekeredenasies staan dan die kalm-wetenskaplike betoë en ernstige pleidooie van die leiers, wat so stadig aan met hul mokerslae alle opposisie vergruisel het. Van die begin af was daar al sekerheid van die uiteindelike oorwinning. ‘'n Mens kan net sowel perbeer om die see met 'n besem te keer as die Afrikaanse taal met sulke klein dingetjies’, sê Preller op 9 Augustus 1905 in De Volkstem. Met groot erns pleit Jan Celliers twee jaar later vir 'n eie letterkunde: ‘Maar dit is tog voor elke Afrikaner duidelik dat slegs 'n eie letterkunde, uit Afrikaanse grond opgeskote, deurtrokke van die Afrikaanse gees en v'r Afrikaners verstaanbaar, deur en deur in taal en inhoud, dat so 'n letterkunde alleen bereken is om hier werkelik doel te tref. Wie wil ons help om so 'n letterkunde voor ons mense op te bouw? Ons het 'n volk om te behou, ons het 'n nasie om op te voed; ons kannie wag nie!’Ga naar voetnoot2) | |
[pagina 60]
| |
En in die volgende jaar roep dr. D.F. Malan: ‘Dit is ons Ernst!’ ‘G'n taalgeleerde kan 'n werkelik lewende taal maak nie, ewemin als 'n skeikundige op syn laboratorium di lewe kan skep. Di taalgeleerde kan di taal alleen vind en analiseer. Iedere lewende, kragtige taal word gebore op di bodem van di volkshart en di volksgeskiedenis en leef alleen in di volksmond. G'n volk kies ooit syn spreektaal of, voor lange tyd selfs syn skryftaal nie, op raad van eksperte. Volke en tale word saam gebore en sterf saam.’ Op helder wyse sit hy uiteen, dat Nederlands nooit ons volkstaal kan word nie, dat Afrikaans onuitroeibaar is. ‘Di Afrikaanse Taalbeweging is niks minder nie dan 'n ontwaking by ons volk tot 'n gevoel van eiëwaarde en tot di roeping om 'n waardiger plaas in te neem in di wereldbeskawing.’Ga naar voetnoot1) Hoe die ‘gevoel van eiewaarde’ al sterker word, blyk uit die brosjure Die Afrikaanse Nasie (1908) waarin prof. N.J. Brümmer 'n uiteensetting gee van wat hy as 'n nasie beskou. Hy konstateer, dat totnogtoe alleen die Hollandse Afrikaners met die benaming kan aangedui word ‘omdat hulle 'n eie en aparte volkssiel besit en hulle daarvan skerp bewus geword het’. Hy ontken alle ‘nasionale eenheid’ tussen Nederland en Hollands Suid-Afrika. ‘Om die eerlike waarheid te sê, is daar meer soortgelykheid in wereldbeskouing, gees en strewe tussen die Afrikaner en die Skot, dan tussen die Afrikaner en die Hollander....Ga naar voetnoot2). Wat die Hollandse letterkunde betref, die veelbesproke kultuurskat - dié bestaan nog vir enkele spesialiste onder ons volk, en sekere uittreksels daarvan bestaan ook soms vir studente, solank as hulle vir 'n eksame of prys werk. Ons volk as volk dra van Hooft, Vondel, Cats of Bilderdijk net so min kennis as van die man in die maan. Van Couperus, Van Eeden, Perk en Kloos wil ek nie eers praat nie. Of hierin ooit verbetering kan kom, betwyfel ek sterk. Die Hollandse skrywers skryf nie vir ons nie, en al sou hulle ook vir ons skrywe, dan raak hulle tog ons volkssiel nooit.’ Dit is verstaanbaar, dat sulke opmerkings in die hitte van die taalstryd gemaak is, maar Brümmer gaan in sy militante ywer tog té ver, al sit daar natuurlik 'n kern van waarheid in die bewerings. Die werk van sulke geestelike aristokrate soos Hooft en Vondel kan nooit deur die hele nasie gewaardeer word nie. Sonder ons Cats uit, dan sou dieselfde bewering met die grootste stelligheid van die Nederlandse volk self kon gemaak word. Carel Scharten sê b.v.: ‘Het leelijke, het onwegwerkbare feit is juist, dat Vondel vergeten worden kon, en ongelezen blijft en ongelezen blijven zal.... Er zijn altijd de dichters voor weinigen naast die voor heel een volk geweest.’Ga naar voetnoot3) En in ander | |
[pagina 61]
| |
lande gaan dit net so. Edward Garnett sê b.v. van Engeland: ‘Ons toneel is het grofste in Europa en onze verwaarlozing van het drama van Shakespeare is werkelik een schandaal.’Ga naar voetnoot1) Clément Vautel het in verband met die Molière-herdenking opgemerk, dat die Franse dié kunstenaar alleen met die lippe eer. ‘Ieder doet alsof hij Molière op zijn duimpje kent. Maar, in gemoede, is al dat fraais, en is al die wierook nu wel echt? Is die geestdrift die op een vastgesteld uur losbarst, niet veeleer zelf ook komedie?’Ga naar voetnoot2) Met 'n pleidooi vir 'n Afrikaanse letterkunde sluit Brümmer sy betoog. ‘Ons het lang genoeg ons sielkos in blikkies ingevoer en die ingelegde en ingevoerde kos vergewe 'n mens dikwels.’ Maar die manier waarop hy hom die ontstaan van 'n letterkunde voorstel, getuig van weinig insig. ‘As elkeen van nou af aan begin om vir sy boek stof bymekaar te maak, dan sal dit wel nie te lang duur nie of ons het 'n eie letterkunde’! Dis maar gelukkig dat al die Stellenbosse studente nie dié raad opgevolg het nie! Saam met die Unie gebore, staan Die Brandwag vanaf 1910 trou op die uitkyk en telkens as artikel 137 van die grondwet veronagsaam word, het sy waarskuwingsinjaal weerklink. ‘Die Afrikaner moet beleefd wees en ware beskawing voorstaan, in woord en voorbeeld, maar nie tot so 'n mate dat hy syn eige taal verwerp, nie tot so 'n mate dat hy aan Filistijne die wapens in hande gee waardeur juis die hogere beskawing en verdraagsaamheid vernietig sal word, deurdat die Afrikaner-aard met die Afrikaner-taal vernietig word.’ (Die Brandwag, 1 April 1911.) Van maand tot maand het die redakteur, dr. W.M.R. Malherbe die stryd vir Afrikaans voortgesit en 'n hele reeks warm pleidooie is daar te vinde in die redaksionele kolomme, veral van die eerste jare.Ga naar voetnoot3) In 1911 verskyn Leipoldt se digbundel Oom Gert Vertel, voorafgegaan van 'n weldeurdagte, besadigde pleidooi van J.J. Smith, tans professor in Afrikaans aan die Stellenbosse Universiteit. ‘Die werk van die Afrikaanse Beweging is.... 'n oortuigingswerk; en 'n oortuigingswerk moet dit altoos bly. 'n Vyand kan jy beveg, en desnoods dwing, maar 'n vrind en 'n bloedverwant, met dieselfde belange en dieselfde ideale as jyself, moet jy oortuig - as jy ten minste nie jou eie ondergang wil bewerkstellig nie.’Ga naar voetnoot4) Dié oortuigingswerk doen Smith op meesterlike wyse. Hier is 'n geskoolde filoloog aan die woord, wat met kennis van sake praat. ‘Ek grond my mening op die geskiedenis van die wording van ander tale en op die herlewing in ons volk.’Ga naar voetnoot5) En met | |
[pagina 62]
| |
onverbiddelike logika bewys hy, dat die argumente van die teenstanders ‘alles maar slim praatjies’ is! Ook Die Geloofsbelydenis van 'n NasionalisGa naar voetnoot1) deur dr. T.B. Muller is 'n pragstuk van logiese redenering. Hy skets die ontstaan van ons nasionale bewussyn. ‘Die puinhope van die twee republieke het die vrugbare bodem geword, waarin die nuwe Afrikaanse Nasie wortel, van die Kaap tot in Kongoland, en van Duits Suid Wes tot Brits Oos Afrika.’ Hier word die vaste stem gehoor van een wat na 'n goedomlynde doel streef. ‘In plaas van na-praat, wil ons nou saampraat en met ander nasies meewerk in die algemene taak van die mensheid.’ En op oortuigende wyse bepleit hy die middele om dié doel te bereik, terwyl alle jeugdige voortvarendheid getemper word deur die besadigde erns van een wat sy verantwoordelikheid as leier voel. ‘Die karaktervorming van 'n nasie moet plaasvind deur 'n langsame groeiproses; deur voort te gaan op die weg reeds ingeslaan; al wat goed is, te ontwikkel en al wat nadelig is weg te kap.... Die gevaar van die oormoedigheid van 'n jong nasionale entoesiasme is ek my wel bewus van; maar ek weet ook, dat sonder entoesiasme niks groots op aarde tot stand kom nie....’ 'n Warm entoesiasme klink dan ook heerlik op in sy hele betoog en met gloedvolle oortuiging lê hy sy ‘geloofsbelydenis’ af: ‘Ek self sou my erfenis as lid van die Afrikaanse nasie vir geen ander burgerreg in die wereld wil verruil nie. Die grote nasies van Europa is wel oud en sterk en ervaringsryk,.... maar hul dra ook reeds die spore van hul ouderdom, en rypheid begin al op meer dan een plek in afgeleefdheid oor te slaan.... By ons is dit so anders. As 'n jong nasie sien ons amper ons hele loopbaan te gemoet. 'n Jong volk leef vorentoe. Sy leuse is die hoop; geduld en moed sy wagwoorde; 'n jeugdige entoesiasme sy dryfveer; en sy ywer is nog ongekoel deur die ontnugterings van mislukking. Vir my altans is dit veel heerliker my druppeltjie te probeer bydra by die self-bewuswording en karaktervorming van 'n jong nasie dan om te help dokter aan die kroniese kwale van 'n oue.... Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, neergedruk deur 'n vrag van onoorkomelike moeilikhede, dan is dit in elk geval beter om te sterf as eerlike stryders op die slagveld, dan om te versink in 'n bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen.... Laat Jong Suid-Afrika sy nasionale geloofsbelydenis onderteken, nie met sy naam, maar met sy lewe en dan het ons niks te vrees vir die toekoms nie!’ Hoeveel erns daar in die woorde lê, blyk uit die feit, dat Muller in 1905 'n Rhodesbeurs van £300 per jaar om in Oxford te studeer van die hand gewys het, omdat hy ‘eenvoudig nie geld kon aanneem nie van 'n man wie se politiek hy verfoei en wie hy beskou as die aartsknoeier teen die vryhede van die Afrikaner-volk.’Ga naar voetnoot2) | |
[pagina 63]
| |
In 1918 is hy aan die griep oorlede in die ouderdom van 34 jaar. Om die warm idealisme, gesonde argumente en forse styl is Muller se brosjure een van die beste stukke van ons polemiese prosa. Namate die Afrikaanse Beweging sterker word, neem die stryd ook in felheid toe. In Julie 1914 word die maandblad Ons Moedertaal opgerig as orgaan van die A.T.V., onder redaksie van J.J. Smith, T.B. Muller en G.C. Tomlinson. Spoedig moes die teenstanders uitvind, dat die blad ‘geen heuningtou’ was nie, ‘waarop allerhande soorte goggas hulle kan kom vergas.... Ons Moedertaal is veeleer 'n eselskakebeen soos die wat Simson met sulke dodelike gevolg op die Filistynse vyande van sy volk gebruik het....’ (15 Okt. 1914). Die offisiële erkenning van Afrikaans deur drie Provinsiale Rade het die redaksie oormoedig gemaak. ‘Nou behoef die Afrikaanse Taalbeweging nie langer te stry nie als Ismaeliete, teen wie alle man se hand gekeer is; hul veg nou met die steun van die landswette agter hul rug’ (15 Julie 1914). En op kwaaisarkastiese wyse het hul geveg! Veral in die kolom Taalnuws en Opmerkings word nydige klappe uitgedeel. Die beste Nederlands van Afrikaners noem hul nie meer ‘amper-Nederlands’ nie, maar ‘stertjie-Afrikaans’, en as Ons Land per ongeluk ‘het universiteit’ skryf, dan sê Ons Moedertaal: ‘Werkelik dis treurig dat daar in ons verligte dae nog soveel deurgekapte erdwurms is wat doelloos in twee rigtings tegelyk spartel.’ (15 Okt. 1914). Maar later word die redaksie moeg om die ‘gebasel’ van teenstanders te ‘verpletter’, omdat hul ‘ander werk het als om slapers en dromers te probeer wakker maak.’ (1 Nov. 1915). Dié ‘ander werk’ was dan ook van meer ernstige aard. B.B. Keet pleit op oortuigende wyse vir 'n Afrikaanse Bybel. ‘Daar is ontsaglik veel onderskeid tussen 'n taal waarmee ek my kan behelp en 'n taal wat ek liefhet; en al was daar g'n ander rede nie, sou ek hierdie rede afdoende beskou om te streef naar die doel wat ek my voorstel.’ (15 Sept. 1914.) Fagan en Tomlinson se belletristiese bydraes word onder 'n ander hoofstuk bespreek.Ga naar voetnoot1) Smith sit sy werk voort in Die Huisgenoot, waarin Ons Moedertaal in 1916 opgaan. Tot die polemiese prosa moet ook gereken word G.S. Preller se twee Taal-Tiepes, Die Engelse Afrikaner en 'n Predikant. (Die Brandwag, 15 Feb. en 15 Maart 1914.) Jiems, 'n Engelse Afrikaner, wat saam met die Boere veg, raak aan stry met sy maats oor Afrikaans, wat volgens hom ‘te arm (is) om te bestaan’. ‘Wat is 'n “stoep” op Engels, Jiems?’ wou een van die seuns weet.... Dit was ráak. Almal is tjoepstil. - ‘En wat bedui julle vir koppie, spruit, veld, kommando....?’ | |
[pagina 64]
| |
Nou was 't Koen se kans om in te vryf: ‘Dáar het jul dit,’ sê hy, ‘die skatryke mooie Engelse taal leen selfs woorde uit ons armoedige Afrikaans.’ So raak Jiems getroef deur Boereseuns, wat selfs vir die lastige sportterme raad weet! Ook sy eerwaarde, wat al die populêre argumente teen Afrikaans aanvoer, kry goed op sy baadjie. Hy wil: ‘Gij zult de dorschende os niet muilbanden’ vertaal met ‘Jy moet die os wat koring trap die bek nie toebind nie’. Maar sy optimistiese teenstander weet vir alles raad: ‘Vir ons is Afrikaans die taal van die Toekoms in ons wêrelddeel, ons glo daarin, ons werk en leef daarvoor.’ ‘Ons skryf tien jaar na bowestaande gedagtewisseling. En, kyk, - 'n mens moet jou oë vryf om séker te maak dat 't regtig só is! Maar dit is so! Sy hoogmogende is 't nou so waarlik ‘'n lus geworde om gade te slaan hoe daar gewoel word in Afrikaans, en om die eerste vrugte daarvan te proef!’ En selfs in minder dan tien jaar, selfs in vyf jaar is die wonder geskied! Dit hoef ons dan ook nie te verwonder nie, dat 'n warm kampvegter vir Afrikaans, C.J. Langenhoven, wat nog in 1911 die oorsetting van die psalme in Afrikaans as heiligskennis beskou het, in 1922 self een van die eerstes is om die hand aan die ploeg te slaan! In Ons Land van 12 September 1911 skryf Langenhoven: ‘Als die Hollandse Kerk my sou vraag om die Bybel, die psalm- en gesangboek en die formuliere, wat aan my hart geheiligd is deur my vroegste herinneringe in Afrikaans o'er te set, dan sou ik dit ten enemaal weier, al had ik die bekwaamheid daarvoor; en ik sou die voorstel (hoe onlogies ook) beskouw als heiligskennend. Dit sou vir my smaak 'n parodie wees.’ Een van die laaste, maar ook een van die welsprekendste pleidooie vir Afrikaans het Langenhoven gelewer op die vyfde jaarvergadering van die Akademie in Julie 1914.Ga naar voetnoot1) Hierin tril die stem van 'n fel-bewoë gemoed so innig, dat dit meer geword het as 'n episode in 'n verbygaande stryd, en op sigself beskou, kunswaarde het. Dit is die skone kristallisasie van gevoelens en gedagtes, wat jarelank in die hart van die volk geleef het, maar nog nie hul definitiewe uitdrukking gehad het nie. En al die ‘dorstige vulletjies’, wat jarelank gesukkel en geploeter het langs hopeloos versperde ompaaie om by die dam te kom, weet maar alte goed hoe raak en hoe juis Langenhoven die vermoeienisse en vernederinge van dié pynigende dwaaltog geskilder het! ‘Ik denk terug met bitterheid aan die verdere verlore lewensjare wat dit my gekos het, nadat ik skool en kollege verlaat, om vir myself te doen wat my leeraars vir my moes gedaan het: om dieselfde intellektuele skool-kultuur deur lange en pynlike self-oefening om te set en tot my siels-besitting te maak’ (p. 427). Dit is veral op die gevoelskant, die psigologiese kant van die saak | |
[pagina 65]
| |
wat Langenhoven nadruk lê. ‘Ik wil namelik sukkel om 'n skerpe lyn te trek tussen die gebruik van 'n taal als 'n verstandsmedium, en sy gebruik als 'n gevoels-medium; en in albei gevalle nie alleen als 'n middel tot uitwendige openbaring nie, maar als 'n middel tot inwendige bewustsyn’ (p. 428)...... ‘Dit mag vir elke Afrikaner ewe verstaanbaar wees om te lees: “Die huis se muur is stukkend”, of om te lees: “De muur van het huis is stuk”. Eersgenoemde uitdrukking roep 'n beeld van 'n puinval voor sy gees. Laasgenoemde doet dit ook op 'n manier. Maar in die eerste geval is beeld en uitdrukking deur onheuglike lewensgewoonte onafskeidelik vasgeheg aan mekaar. Laasgenoemde uitdrukking val nie met dieselfde spontane voegsaamheid in die gedagte-wereld, waar die beeld uit die elemente van vroegere ervaringe deur die geheuge opgebouw word nie’ (p. 440). Met 'n fris oorspronklikheid word al die ou argumente teen Afrikaans weggebesem. Bitter is die aanklag teen die Hoog-Hollandse literatuur van Suid-Afrika; daarin ‘mankeer die goddelike vuur - die element wat onbepaalbaar is, wat jy nie kan voorskryf nie soos jy nie van elke wa-skilder en klip-kapper met paster- en duimstok-voorskrifte kan 'n Murillo of 'n Michael Angelo maak nie’ (p. 445). En die gevolg is: ‘'n land sonder skrywers en sonder lesers; 'n beskaafde nasie sonder eie literatuur. Die inspirasie ontbreek.... Ontbreek! ontbreek!! ontbreek!!! in ons heerlike Suid-Afrika, waar elke berg en elke vlakte skreeuw om digters, waar elke tafereel uit ons roemryke geskiedenis skreeuw om skrywers’ (p. 447). Maar met voldoening word gewys op die ontluikende letterkunde in die moedertaal. ‘Ons wat so lank kwynend gesuig het aan die artifisiële gomelastiek tepels van die ingevoerde botteltjies dooie kondens-melk, begin nou aan ons eie moederbors gevoed en verpleeg te word’ (p. 449). Treffend is ook die aanklag teen die skoolsisteem. ‘Die Afrikaanse kind (word) deur les en boek, voorskrif en voorbeeld ingeprent en wysgemaak dat die taal van sy huis nie 'n taal van kultuur en beskawing is nie’ (p. 460). Deur die hele betoog klink ‘die smeekstem van 'n Afrikaner met mede-Afrikaners om te erken wat syne en hulle s'n is, wat dit tog maar altyd sal bly, wat nie van die gehalte is om ons voor te skaam nie’ (p. 461). En by die laaste gedagte tril die stem van gloeiende verontwaardiging: ‘Te skaam nie, menere! Skande op daardie skaamte! dis onse kostelikste roem, onse hoogste besitting: die één enigste witmanstaal wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater klaar gekom het nie, wat die spore van die lief en leed draag van alles wat ons en onse vadere hier deurleef en deurworstel en deur triumfeer het; die één band wat ons als nasie aan mekaar heg; die uitgedrukte siel van ons volk’ (p. 461). | |
[pagina 66]
| |
In 1919 toe die Kaapse Sinode oor die erkenning van Afrikaans moes besluit, kom Langenhoven nog 'n keer met 'n vlammende aanklag: ‘Komt aan, gij de Villiers' en Steytlers. Gij hadt er nu honderd jaar tijd voor - (om 'n letterkunde op te bou) gij en degenen die het voorrecht hadden Hooghollands evengoed als gij, of beter, aan te leren - zoals de priesters in de Middeleeuwen het Latijn aanleerden. En wijst ons, mijne heren, waar gij gezaaid hebt? Waar is uwe oogst? Het volk van Zuid-Afrika hongert te midden van de overvloed zijner mededingers. Ziet, zoals van gemelde priesters, is uw akker dor en onvruchtbaar gebleven. Ge hebt ons kultuurhuis voor ons woest gelaten: gij en uwsgelijken, de bevoorrechten onder een onbevoorrecht volk wier plicht het was geweest in onze bittere behoefte te voorzien. Ge kunt me geen enkel boek noemen - ook niet tot één toe - dat, door een Afrikaner in 't Hooghollands geschreven in al de tijd toen men, volgens u terecht, het Hooghollands onderwees en schreef en predikte, vandaag als een volksbezitting in de letterkunde leeft. En deze dorre landen van u voorbijgaande zijn wij begonnen - een korte halve generatie geleden - met onze gemene kombuistaal. En de werken onzer schrijvers in het Afrikaans hebben ons nu reeds een eigen letterkunde bezorgd, zoodat de Afrikaner ook in de kultuurwereld zijn hoofd niet meer met schaamte hoeft te laten hangen. Denkt gij, dat is niets? Dat wij gearbeid hebben waar degenen die ons nu tegenstaan niets deden?.... Komt het u als een kleinigheid voor dat ook deze nieuwe tempelbouw belemmerd zal worden door de Rehums en de Simsais?’ So skryf Langenhoven in sy brosjure De Heilige Ennen van Rehum en Sinsai, wat onder die lede van die Sinode versprei is. Hoe mooi word daarin die deftige toon met sy bybelse wendinge vir die hoogeerwaarde here getref! Dit was sy antwoord op die brosjure Onze Afrikaans-Hollandse Spreektaal, van Melius de Villiers met 'n aanhangsel van ds. A.I. Steytler (1919), waarteen ook J.J. Smith in Die Huisgenoot op kalm-wetenskaplike wyse te velde getrek het.Ga naar voetnoot1) |
|