Daghregister, gehouden bij den oppercoopmanGa naar eind(a) Jan Anthonisz. van Riebeeck, vertrockenGa naar margenoot+ per de schepen Drommedaris, Reijger ende Goede HoopeGa naar eind(b) voor opperhooft naer Cabo de boä Esperance, in dienst van de Generale Vereenighde Nederlantsche G'octroyeerde Oostindische Comp. uijt Texel, van de
Camer AmsterdamGa naar eind(c). |
-
eind(a)
- Toe Jan van Riebeeck in 1647 uit die Kompanjiesdiens ontslaan is, het hy reeds tot die rang van ‘Koopman’ geklim. Sy benoeming tot Kommandeur van die Kaapse verversingspos het vir hom die rang van ‘Koopman en Opperhoofd’ meegebring, en hiermee is dan toe ook die salaris van 'n ‘Opperkoopman’ aan hom toegeken. Sien Godée Molsbergen: Jan van Riebeeck, p. 72.
-
margenoot+
- Kol. Arch. 3966Ga naar voetnoot1. Gecolla Folio 26
-
voetnoot1.
- Die Daghregister berus in die Rijksarchief in Den Haag en word gevind in die Brieven en Papieren van de Cabo de bonne Esperance overgecomen in den jare....(beginnende met 1653), geklassifiseer onder Koloniaal Archief (beginnende met no. 3966, folio 26).
-
eind(b)
- Van Riebeeck se bekende vlootjie. Die Drommedaris, die grootste van die drie skepe, was die vlagskip, waarop die Kommandeur self gevaar het. Dit was 'n skip van ongeveer 200 ton, en, ofskoon onbeduidend klein volgens ons hedendaagse maatstawwe, is dit in die middel van die sewentiende eeu as 'n boot van redelike grootte beskou. Die Reijger, 'n fluitskip, was heelwat kleiner; die Goede Hoope, 'n jag, was weer veel kleiner as die Reijger. Sien bv. Leipoldt: Jan van Riebeeck - a Biographical Study, p. 98; Oosthoek's Encyclopaedie, VI, p. 593; en Kuipers' Encyclopaedisch Woordenboek, II, p. 676.
-
eind(c)
- Die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie was in ses ‘kamers’ georganiseer (t.w. Amsterdam, Seeland, Rotterdam, Delft, Hoorn en Enkhuizen), waarvan Amsterdam verreweg die grootste en rykste was. Vgl. die oktrooi (Artt. 1 en 2) van die Kompanjie by Cornelis Cau: Groot Placaet-Boeck vervattende de Placaten, Ordonnantien ende Edicten van de Doorluchtige, Hoogh Mog. Heeren Staten Generael etc., I, p. 530. Sien ook Klerk de Reus: Geschichtlicher Ueberblick der administrativen, rechtlichen und finanziellen Entwicklung der niederländisch-ostindischen Compagnie (Verhandelingen van het Bataviaasch Genootschap van Kunsten en Wetenschappen, Deel XLVII, 3de Stuk), pp. 19-26. Texel was die hawe vanwaar die skepe van die kamer Amsterdam gewoonlik na Oos-Indië vertrek het.
|