Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekendPolemiek oor Afrikaans.Preller se oproep het onmiddellik weerklank gevind oor die hele land. ‘Mannen van allerlei richting, Afrikaners, Hollanders leden van alle drie onze kerkgenootschappen, predikanten, advokaten en vele anderen melden zich aan voor deelneming aan de beweging om een genootschap te stichten ter handhaving en veredeling van de Afrikaanse taal.’Ga naar voetnoot1) Ook deur die meerendeel van die Hollandse pers in S.A. | |
[pagina 22]
| |
werd sij brosjure met ingenomenheid begroet.Ga naar voetnoot1) Soos 'n korrespondent dit uitgedruk het: die gras was aan die brand! En wat veral van betekenis was, ook in Holland en selfs in Duitsland het die beweging dadelik steun gevind bij manne soos Fr. Rompel, dr. Hesseling, dr. Kiewiet de Jonge, dr. Mansvelt, dr. Schepers, dr. Kollewijn, prof. Kern, prof. Ernst Martin (Straatsburg) e.a. Veral die belangstelling van Nederlandse taalgeleerdes was 'n welkome steun vir die beweging: Want die hardnekkige bewering, wat jare lang nog sou volgehou word, als sou die bevordering van Afrikaans die ondergang van Nederlands in S.A. ten gevolge hê, het daarmee dadelik in betekenis verloor. Trouwens die voorstanders van Afrikaans het van die begin af duidelik verklaar en ook met die daad getoon, dat hulle beweging geenssins vijandig gestaan het teenoor Nederlands nie. Dit was selfs nie moontlik nie, om die eenvoudige rede dat, uit hoofde van die verhouding van Afrikaans tot Nederlands, veral ten opsigte van die woordeskat, die eerste sonder die laaste nie denkbaar was nie. Afrikaans moes uit Nederlands verrijk word en daarom het hulle terselfdertijd ook geijwer vir degeliker Nederlands onderwijs op die skool. Nog meer, hulle was van die begin af daarvan oortuig, - en die enkele jare van ervaring sedert dien het dit reeds bevestig - dat die beoefening van Afrikaans, in plaas van die studie van Nederlands te bemoeilik en Engels in die hand te werk, juis die teendeel tot gevolg sou hê. Soos te verwagte was, het die beweging ook dadelik teenstand uitgelok. Die onmiddellike gevolg van Preller se optree was 'n vinnige briefwisseling in De Volkstem. 'n Mens sou sê dat 'n aandagtige lesing van sij brosjure selfs die mees verstokte teenstander moes oortuig het. Maar vooroordeel en misverstand is net soos wieke; trek hulle uit, maar doodkrij is min. En dan die ‘argumente’! ‘Willen de voorstanders van de Afrikaansche taal dan niet begrijpen, dat 'n taal het eenvoudige resultaat is van evolutie? Dat 'n taal niet aan 'n groepje menschen kan worden opgedrongen als 'n maaltje eten? Er zal hier | |
[pagina 23]
| |
gedurende eeuwen nog een felle strijd gestreden worden tusschen de twee talen en het zal gaan evenals in het dierenrijk, de wet van “survival of the fittest” zal ook hier gelden...’Ga naar voetnoot1) So betoog een van de teenstanders, onbewus daarvan dat hij hier juis die Afrikaanse standpunt verdedig. Hij vind Afrikaans ‘slordig’ omdat b.v. t in nasie nie uitgespreek word nie! Dis ‘verfijnde gemakzucht’ om te wil skrijf soos jij praat. Oor honderd jaar sal geen mens Afrikaans verkies bowe Engels, omdat daar ‘geen lezenswaardige literatuur’ sal bestaan nie. Word Afrikaans skrijftaal, dan sal Hollands spoedig in S.A. 'n vreemde taal word, Afrikaans sal terruggedring word naar die kombuis, Engels sal baas word. Maar al duur dit nog honderd jaar, Afrikaans sal nooit skrijftaal word nie, ens., ens. Een landgenoot vàn die skrijwer antwoord: ‘Na veel jaren verblijf hier te lande, heb ik mij reeds lang de illusie uit 't hoofd gezet, dat Hollands, zoals in Nederland gesproken, hier de taal zal worden. 't Zal hier niet 'n vreemde taal worden, doch is het! Spreekt dus al mijn hart voor Nederlands, mijn verstand zegt: in Afrika Afrikaans!’Ga naar voetnoot2) Weer 'n ander vra: Wat van die kanseltaal, van ons Bijbel en ons gesange? Die kan tog nooit Afrikaans word nie. En dan moet Preller maar weer herhaal: ons wil nie die kerktaal dadelik verander nie; laat Nederlands in kerk en skool gehandhaaf word; ons soek voorlopig ons werkkring daarbuite. ‘Dis wel ons ideaal dat 'n beskaafde Afrikaans eenmaal op die skoolbanke moet geleer en van die kansel sal gehoor worde, maar dit moet die gevolg wees van 'n erkende toestand, nie 'n middel tot ons doel nie’Ga naar voetnoot3) Preller het soms wanhopig geword dat hij moes argumenteer met mense, wat nie die minste verstand van taal had nie. Als hij sij standpunt breed en lang uiteengeset en hom boeglam geskrijwe het, dan kom daar op 'n goeie dag weer 'n brief, waarin hij die wete krij om uit te skei met sij ‘Hotnostaal’, en waarin daarop aangedring word om ‘het taal toch asublief weer | |
[pagina 24]
| |
in ere te herstel, want Hollands ben een echte taal, terwijl Afrikaans onecht is.’Ga naar voetnoot1) Een ander geliefkoosde argument was: Daar bestaat geen literatuur in Afrikaans nie! Des te meer rede, sou 'n mens sê, om dan maar dadelik 'n begin te maak met die beoefening van Afrikaans als skrijftaal. 'n Korrespondent antwoord op hierdie beswaar: ‘Is Afrikaans uw moedertaal,
Waar is uw literatuur?
Die schatten groot en rijk en klaar
Uit Neerlands voorraadsschuur?’
Mij moedertaal is Afrikaans!
Ik maak die literatuur;
Ik dig en spartel met die pen,
Al kijk jij nog so suur.Ga naar voetnoot2)
En Preller antwoord met die wedervraag: ‘Waar is die vrugte van al die jare van deftige gesukkel? Wat ons invoer kan ons help, maar dit sal ons nie red nie. Ons wil ons eie goedjies hê, en wat meer is, ons sal dit ook krij... En aangesien ons nou 'n dorre onvrugbaarheid aanskouw in die bestaande toestand, met al sij kragte, nee, nog meer, aangesien ons 'n gestadige agteruitgang daarin bespeur - wat sal uitloop op totaal niks - dààrom klem ons ons vas aan Afrikaans; daarom blaas en spook en woel en werk ons op die enigste plekkie, waar ons lewe bemerk: bij ons Moedertaal!’Ga naar voetnoot3) Een sekere korrespondent maak handig gebruik van die volgende aanhaling uit Spieghel om sekere bekende argumente teen. Afrikaans te weerleg. In 'n tweegesprek tussen Roemer en Gideon pleit die laaste vir die beoefening van die volkstaal en wijs o.a. op wat Latijnse skrijwers tot stand gebreng het. Roemer antwoord: ‘De Latijnse houtmen voor een rijcke, volkomene ende zeer ghevoeghlijcke taal, d'onze int teghendeel voor een arme ende ongheschikte, dies ducht ick tselve in Duijts niet zal konnen teweegh ghebracht worden.’ Gideon: (‘Kijk nou bietjie waar slaat die stof uit’ - sê die | |
[pagina 25]
| |
skrijwer) ‘De Latijnse taal was eertijds oock arm, die wonderlijck zo bij haar zelf als uit de Griecxe spraack verrijckt is, ende in schickelijcker vervoeghing ghebracht; wat was de Italiaansche taal voortijdts, ende hoe cierlijck is die nu ghemaackt: dit staat ons oock te betrachten, hier toe hebben wijlui beter middel als iemand; merckt oock hoe de Fransoyzen naast korte jaren hun spraack opghepronct hebben, zo datse nu van elck hoogh gheacht word... ja, de Enghelsen, die toch een schuimtaal hebben, beghinnen cierlijck ende rijpelijck die op te proncken; wij Duytschen blijven alleen after...’Ga naar voetnoot1)
Preller het dit nie bij 'n blote opwekking tot beoefening van Afrikaans gelaat nie, maar ook terstond geleentheid daartoe verskaf deur in Junie 1905, in De Volkstem 'n prijsvraag uit te skrijf vir die beste oorspronkelike verhaal. Die resultaat was bevredigend, wat die aantal deelnemers betref het, en hoewel die keuse van taal vrijgelaat was, het slegs 3 van die 98 insenders hulle van Hollands bedien. Die gehalte van die opstelle was uit die aard van die saak minder bevredigend. In sij bespreking daarvan sê Preller o.m.: ‘Ons weet maar al te goed dat ons nog - of al (ons is nie seker watter van die twee nie!) amper op die heel onderste sport van die leer staan, en ons is dus tevrede om maar daarvandaan af te beginne opklim - opklim in die vaste o'ertuiging dat ons sal en moet opkom.’Ga naar voetnoot2) En dat dit Preller inderdaad erns was om self op te klim, blijk uit die voorbeeld wat hij dadelik gegee het. In Des. 1905 begin hij in De Volkstem 'n studie oor Piet Retief, wat Febr. 1906 in 'n boekie van heel beskeie omvang verskijn het. Dit was die grondslag van sij teenswoordig so populaire werk, wat steeds in omvang en waarde toegeneem en reeds 'n 9de druk beleef het. |
|