Taal en poësie van die tweede Afrikaanse taalbeweging
(1919)–E.C. Pienaar– Auteursrecht onbekend
[pagina VII]
| |||||||||
Ik hou van 'n man wat sij moeder eer
in die taal uit haar vrome mond geleer,
en die bastergeslag
in sij siel verag
wat, haar verstotend, hulself kleineer.
Jan Celliers.
Mijn Vlaanderen spreekt een eigen taal;
God gaf elk land de zijne,
en, laat ze rijk zijn, laat ze kaal:
ze is Vlaamsch, en ze is de mijne!
Guido Gezelle.
Min Modersprak, so slicht un recht,
Du ole frame Red!
Wenn blot en Mund ‘min Vader’ seggt,
So klingt mi 't as en Bed.
Klaus Groth.
| |||||||||
[pagina 1]
| |||||||||
Hoofstuk I. Die tweede Afrikaanse Taalbeweging.Inleiding.Die Afrikaanse Taalbeweging dagteken uit die laaste kwart van die vorige eeuw. Die stigting deur ds, S.J. du Toit van Die Genootskap van Regte Afrikaners in 1875, met Paarl (Kaapland) als uitgangspunt en Die Patriot als orgaan, was die eerste stap om Afrikaans, die volkstaal van Suid-Afrika, erken te krij als skrijftaal naas Engels en Hollands. Die ontstaan, geskiedenis en pennevrugte van die beweging, gewoonlik naar die vernaamste orgaan van die ‘Genootskap’ genoem die ‘Patriot-beweging’, is breedvoerig uiteengeset in 'n Amsterdamse dissertasie van dr. Lydia van Niekerk.Ga naar voetnoot1) Met die Boere-oorlog van 1900 kom die Patriot-beweging tot stilstand, en enkele jare na die oorlog ontstaat als historiese voortsetting daarvan 'n nuwe beweging, met 'n veel groter uitgebreidheid en 'n heeltemaal nuwe karakter: die tweede Afrikaanse Taalbeweging.
Die naam van Gustav Preller is ten nouwste verbonde met die ontstaan en die geskiedenis van die tweede Afrikaanse Taalbeweging. Dit was op sij kragtige inisiatief dat die beweging in die lewe geroepe werd; en van die begin af het sij vaardige pen, deurdronge als hij was van die erns en die goeie reg van die saak, waarvoor hij gepleit het, ook leiding gegee daaraan. En in 'n saak als hierdie, waar die verhoudinge op taalgebied | |||||||||
[pagina 2]
| |||||||||
aanvankelik soveel verwarring gestig het; waar aan die een kant soveel misverstand en vooroordeel weggeruim en aan die ander kant soveel onverskilligheid en slapheid bestrij moes word, was dit gelukkig dat die beweging in Preller 'n pleitbesorger gevind het, wat met warme oortuiging die deugdelikheid van sij standpunt kon verdedig; maar wat tewens die takt en insig gehad het om voorlopig 'n middelweg te kies en daardeur die moontlikheid te open tot 'n eventuele toenadering tussen beide uiterste partije in belang van die één groot saak - die bestendiging van ons volksbestaan. Ons volksbestaan! Want dit was ten slotte die kern van die saak, die spil waaromheen die hele beweging gedraai het. Al die voorvegters vir die erkenning van die Afrikaanse volkstaal het dit van die staanplek af herhaaldelik met nadruk voorop gestel, dat die taalbeweging vir hulle in die eerste plaas nie bloot 'n taalkwessie was sonder meer nie, maar 'n lewenskwessie vir ons volk, waarbij ons nasionale voortbestaan op die spel gestaan het. ‘Ons het 'n volk om te behou; ons het 'n nasie om op te voed; ons kannie wag nie!’Ga naar voetnoot1) ‘Die vraag, wat vir vorm van Hollands die spreek- en skrijftaal van S. Afrika moet wees, is m.i. te veel bespreek als 'n bloot taalkundig probleem. Die twee tale, Nederlands en Afrikaans, word dan gewoonlik naas mekaar geset en met mekaar vergelijk, en dan kies mense die een of ander op grond van sekere taalkundige eienaardighede, omdat hulle meen, dat die een of die ander als taal voorkeur verdien... Taalkundige oorweginge is egter, naar onse mening, in die taalstrijd geheel misplaas. Dit is vir ons nie die kwessie van 'n meer of minder ontwikkelde taal nie. Dis allermins 'n kwessie van smaak. Daarvoor is ons nasionale toestand te ernstig. Dit is in die eerste plaas - ek wil amper sê, dit is enkel en alleen - 'n volksaak. Dis vir ons 'n kwessie van bestaan of nie-bestaan...’Ga naar voetnoot2) ‘Ons taal is vir mij, na die godsdiens, die ernstigste saak wat die Afrikaner kan besighou. Dit is - laat mij toe om mij so uit te druk - 'n saak van lewe en dood.’Ga naar voetnoot3) | |||||||||
[pagina 3]
| |||||||||
‘Geen volk, dat zijn nationaal zelfrespekt verliest, kan ooit karaktersterk zijn. Als ik daarom pleit voor onze taal en onze nationaliteit, dan pleit ik voor oneindig meer dan dat, voor wat het hoogste en het heiligste in de mens is. Had de taalstrijd alleen op het oog de redding of bevordering van 'n taal, de gehele kwestie zou mij betrekkelik koud laten. Maar door merg en been gevoel ik het, gevoelde ik het reeds lang: het gaat hier om het karakter van ons volk.’Ga naar voetnoot1) Daarom het hierdie voormanne nie alleen hulle eie pad duidelik afgebaken gesien nie, maar was hulle van die begin af ook daarvan oortuig, dat die voorstanders van Hollands, wat ten slotte presies dieselfde doel beoog het, maar alleen langs 'n ompad, sig vroeër of later met hulle sou verenig in die strijd tot verwesenliking van 'n gemeenskappelike ideaal. Dit sou egter jare van oortuigingswerk kos, alvorens ook die ‘Hoog-Hollandse’ partij sou insien, dat die Afrikaanse taalbeweging die enigste rasionele weg was, waarlangs 'n eie kultuur tot stand kon kom en die behoud van die Dietse stam in Suid-Afrika verseker kon word. Die verrassend snelle tempo waarin die beweging veld gewin het, veral sedert 1914, het ten slotte selfs die mees optimistiese voorstander van Afrikaans verbaas laat staan. Wat hij enkele jare gelede nog als 'n toekomstige ideaal gekoester het, is vandag reeds werkelikheid geword: die erkenning van Afrikaans deur staat en kerk, skool en universiteit. Hoe hierdie merkwaardige evolusie, wat van agter besien tog ook weer so vanselfsprekend is, in so 'n korte tijd tot stand gekom het, sal in die volgende oorsig van die ontstaan en groei van die beweging nader aangetoon word.
Hoewel die Patriot-beweging met die Boere-oorlog tot staan gekom was, het Die Patriot self nog tot 1904 verskijn. Maar dit was slegs die laaste stuiptrekkinge van 'n blad, wat veral om sij politieke rigting, nie meer beantwoord het aan die eise van die tijd nie. Sij ondergang was dan ook nie te wijte aan die feit, dat die blad in Afrikaans verskijn het.Ga naar voetnoot2) Maar omdat | |||||||||
[pagina 4]
| |||||||||
taal en nasionaliteit onafskeidelik met mekaar verbonde is, en Die Patriot in die oorlog ontrouw geword het aan die tweede lid van sij tweevoudige sinspreuk ‘Vir Moedertaal en Vaderland’, kon hij die kragtig oplewende nasionale verlangens van sij lesers nie langer bevredig nie. En daarom was dit ook te voorsien dat die vloedgolf van nasionalisme, wat in die oorlogsjare van uit die twee strijdende republieke heel Suid-Afrika oorstroom het, vroeër of later onvermijdelik sou voer tot 'n herlewing van die Afrikaanse taalbeweging. Die blijwende verdienste van Die Patriot is, dat dit hierdie herlewing des te makliker gemaak het, omdat 'n jonger geslag kon voortbouw op 'n reeds gelegde fondament en daarbij partij kon trek van die ervaring van die eerste baanbrekers.
Dit is merkwaardig dat die geboortekiem van 'n nuwe strijd so dikwels gesoek moet word in 'n vredestraktaat. Bij art. 5 van die vrede van Vereniging (1902) was bepaal: ‘The Dutch language will be taught in Public Schools in the Transvaal and the Orange River Colony, where the parents of the children desire it, etc.’Ga naar voetnoot1). Die geskiedenis herhaal sig. Wat 'n eeuw tevore bij die oorgawe van die Kaap gebeur was ten aansien van die landstaal, het ook hier weer plaasgevind: die bedonge voorwaardes was alleen van krag... op papier! Die volgende aanhaling uit 'n brief van Sargent, toenmalige direkteur van onderwijs in Transvaal, aan Lord Milner, is tekenend vir die manier waarop aan art. 5 uitvoering sou gegee word. Die brief dateer uit 1903: ‘Wij moeten 'n beroep doen op Engeland en de broeders en zusters van hen, die voor het Rijk gestreden hebben, hen vragen om over te komen om dat deel van de arbeid te verrichten, dat hun mannelike familieleden niet in staat waren te voltooien. Onze militaire operaties hebben ten gevolge gehad, dat 't grootste deel der jongens tans in de kampen verblijft; en ik ben overtuigd, dat wij geen betere gelegenheid hebben dan tans, om hen 't volgend jaar allen engelssprekend te maken. Wat wij tans hier nodig hebben zijn vrouwen, hoogst bekwame onderwijzeressen, met sterke vaderlandsliefde, die genegen | |||||||||
[pagina 5]
| |||||||||
zullen zijn hierheen te komen en de ontberingen van 't kampleven te doorstaan, ten einde de kinderen van de burgers onze taal en onze idealen te onderwijzen. Leer die kinderen langzamerhand ook onze grote imperiale idealen.’Ga naar voetnoot1) Dat dit inderdaad erns was met hierdie poginge om die Boerebevolking heeltemaal te verengels, blijk verder uit die feit, dat binne vier jaar na die oorlog 3000 ‘young women’ deur bemiddeling van ‘The South African Colonisation Society’ naar Suid-Afrika gestuur was.Ga naar voetnoot2) Die gevolge hiervan was te voorsien, als daar nie vroegtijdig teenmaatreëls sou beraam word nie. In Suid-Afrika het dan ook voortdurend stemme van protes opgegaan. So b.v. skrijf President Steijn in 'n brief aan W.T. Stead (verskijn in die London Times, 13 Febr. 1906) o.m.: ‘Wij verlangen dat Engeland het traktaat van Vereniging uitvoert, alsook de toenmaals gegeven beloften, door de Holl. taal ernstig op de scholen te doen onderwijzen. Tans is dat onderwijs enkel schijn. Wij verlangen inderdaad gelijkstelling der beide talen...’Ga naar voetnoot3) Maar proteste, hoe welsprekend ook, het nie veel gebaat nie. Onder offisiële beskerming het Engels hand oor hand toegeneem, en die Hollandse boeketaal van die skool, vir sover die nog gehandhaaf kon word, was magteloos teenoor invloede, wat van 'n georganiseerde staatsdiens uit die hele maatskappij als 'n suurdeeg deurtrek het. Die proses het natuurlik daardeur vergemakkelik geword, dat hierdie invloede versprei geword het deur 'n lewende taal, wat om die rede reeds dadelik 'n voorsprong op Hollands behaal het; terwijl die enigste middel, wat berekend was om hierdie invloede op die duur te keer te gaan - die eigenlike landstaal - als sodanig nie erken en benut, maar als minderwaardig oor die hoof gesien werd. Die gevolg hiervan was, dat nie alleen Hollands als sodanig gaandeweg deur Engels beïnvloed geword het nie, of selfs geheel verdring, maar ook die alledaagse spreektaal was blootgestel aan totale verwording, omdat dit glad geen beskerming of verpleging geniet het nie. Een goeie illustrasie daarvan lewer die volgende anekdote van | |||||||||
[pagina 6]
| |||||||||
'n ou Boer, wat aan iemand sou gesê het: ‘Nee, ou Neef, die ding loop nou glad verkeerd met ons taal. Partij Boere praat nou al te wonderlik. Hulle sê vir mes ‘Neef’ (knife), vir neef ‘kussing’ (cousin), vir kussing ‘Piet Louw’ (pillow), vir 'n dooi perd ‘karkis’ (carcase) en vir groente ‘witstippel merries’ (vegetable marrows)!Ga naar voetnoot1) Nog tekenender vir die betreurenswaardige taaltoestande in die jare volgende op die oorlog, is die volgende brief, gerig aan aan die Volkstem-redaksie:Ga naar voetnoot2) ‘Warde Mister Edukteur, Sulke voorbeelde van taalvermenging sou met honderde vermenigvuldig kan word. En, wat erger was, dit het gladnie uitsluitend bij die minder ontwikkelde klasse voorgekom nie; maar selfs in die beste Afrikaanse kringe en huisgesinne was dit gaandeweg 'n soort mode, 'n mens kan amper sê, tweede natuur geword. Die oorheersende posiesie van Engels op die skool het tot gevolg gehad, dat sulke uitlatinge als die volgende skering en inslag was in die alledaagse gesprekke van ontwikkelde jong mense, vir sover hulle nie uitsluitend Engels gepraat het nie: ‘I say, Joey, jij weet for the life of me, ik kannie meer decent Dutch praat nie, is 'nt it funny?... Ag wat, ik worry mij ook nie meer oor die language question nie, want 'n mens kan dit tog nie avoid om die twee languages op te mix nie!’ In skool en huis, in geselskap en briefwisseling, op die sportterrein en in studentevereniginge, in partikuliere- en regeringskantore, in handel en politiek, waar ook al, alles was als versadig met 'n allesbeheersende Engelse gees. Wie 'n winsgewende baantjie | |||||||||
[pagina 7]
| |||||||||
wou bemagtig, wie sig 'n air van geleerdheid en beskawing wou gee, wie van sonde en ergernis ontslae wou wees - moes Engels, met 'n goeie aksent, kon praat! Ons geskiedenis het ten slotte selfs die treurige feit moet boekstaaf, dat ook die Hollandse kerk in Suid-Afrika, wat sig altoos beroem het op haar onaantasbaarheid als ‘bolwerk van taal en nationaliteit’ op menige plek haar kansels ingeruim het vir die Engelse taal. En dit bij monde van haar eie predikante en ten aanhore van haar eie gemeentes! Dit lê nog vers in ieders geheue, hoeveel strijd dit gekos het, b.v. in Kaapstad en Stellenbosch, om aan hierdie wantoestand 'n einde te maak. Meer dan ooit was die noodkreet van ‘Jan wat versies maak’ uit die sewentiger jare, van toepassing: ‘Engels! Engels! alles Engels! Engels wat jij siin en hoor;
In ons skole, in ons kerke, word ons moedertaal fermoor.
Ag, hoe word ons folk ferbaster, daartoe werk ons leeraars saam,
Hollans nog in sekere skole: is bedrog, 'n blote naam!
Wi hom ni laat anglisere, word geskolde en gesmaad.
Ook in Frijstaat en Transfaal al, oweral diselfde kwaad.
“Dis vooruitgang!” roep di skreeuwers, “dis beskawing wat nou kom!”
Di wat dit ni wil gelowe, di is ouderwets en dom...’Ga naar voetnoot1)
So 'n toestand van sake was onhoudbaar, omdat daar inderdaad groot gevaar bestaan het, dat die ideale van Sargent en die ‘Colonisation Society verwesenlik sou word. Maar juis hierdie gevaar het ook geprikkel tot verset en was 'n heilsame middel om die groeiende nasionale gedagte tot rijpheid te breng, en daaruit te doen gebore word 'n onbedwingbare begeerte om sigself te blij, om 'n eie kultuur en 'n eie letterkunde in die lewe te roep. Natuurlik het bestaande Hollandse instellinge soos die Kerk, die Taalbond, onderwijsersvereniginge e.d. die toestand nie lijdelik aangesien nie, maar alle kragte georganiseer om te pleit en te te werk vir die handhawing van die Hollandse taal. En ook met 'n sekere mate van sukses, wat o.m. geblijk het uit die oprigting van die C.N.O. skole in die Noorde en uit die invoering van die vereenvoudigde spelling. | |||||||||
[pagina 8]
| |||||||||
Maar buite die skool en die kerk om het gaandeweg in breë kringe 'n lewendige besef ontstaan, dat daar met Hollands gladnie genoeg vordering gemaak werd nie; dat daar 'n radikale verandering moes kom in die propagandamiddele, als ons nie uiteindelik in die ongelijke strijd die onderspit sou delf nie. Baje mense het begin voel, dat die veldwinnende nasionale gedagte alleen tot volkome uiting sou kon kom deur middel van die volkstaal, en hulle het in die mening versterk geword deur die eerste skugtere openbaringe van 'n ontluikende Afrikaanse letterkunde. Die Taalbond het blijkbaar ook instinktmatig besef, ten spijte van alle beweringe van die teendeel, dat Nederlands als sodanig geen toekoms meer had in Suid-Afrika en dat die onnatuurlike kloof tussen skrijf- en spreektaal nie langer gehandhaaf kon word nie. Vandaar sij kragtig gevoerde propaganda in 1904 en volgende jare om, trots verbitterde teenstand, die vereenvoudigde spelling algemeen deurgevoer te krij op skool en universiteit. En nou is dit veral opmerkelik dat daar in hierdie verband voortdurend sprake was van taalvereenvoudiging, hoewel daarmee natuurlik, net soos in Nederland, bedoel werd spellingvereenvoudiging. Want ‘spellingverandering raakt de taal evenmin als verandering van het notenschrift de muziek.’Ga naar voetnoot1) Maar als 'n mens die bekende brosjure ‘De Z.-A. Taalbond en de Taalvereenvoudiging’ raadpleeg, dan blijk al dadelik dat die Taalbond inderdaad veel meer beoog het dan 'n blote verandering van die ‘Hoog-Hollandse’ spelling. Want onder ‘woordkeus’ word gesê: ‘Geoorloofd is het gebruik van woorden, woordvormen en uitdrukkingen, die, hoewel ongewoon of zelfs geheel onbekend in het Nederlands, hier algemeen gangbaar en geldig zijn:
| |||||||||
[pagina 9]
| |||||||||
Dus aan die hele beskaafde Afrikaanse woordeskat en selfs idiomatiese uitdrukkinge sou burgerreg verleen word, maar... gewring in die keurslijf van 'n Nederlandse taalvorm! Want die Nederlandse grammatika moes gehandhaaf word. Tiepies Afrikaanse woordvorme en uitdrukkinge moes dus eers in vorm ‘verhooghollandst’ word en daarna opgedis als goeie ‘vereenvoudigd’ Hollands! En omdat daar natuurlik geen sprake van was, dat Hollandse en Afrikaanse taalvorme deurmekaar kon gebruik word nie, is dit 'n raadsel hoe sulke spesifiek Afrikaanse woorde en uitdrukkinge als die volgende, wat volgens (c) geoorloof was, sou moet geskrijf word: Sij maters is dood, stadig oor die klippe, dis laaste sien van die blikkantien, nouw strop trek, 'n agtermekaar boer, 'n deurmekaar spul, stokflouw, perdgerus, naelskraap, opdraand, afdraand, praat van die dingGa naar voetnoot1) en honderde meer. Geen wonder dat so 'n onmoontlike poging tot gevolg moes hê 'n soort skrijftaal, wat grammatikaal misskien Hollands was, maar in wese Afrikaans, en daarom geen van beide. Was die Taalbond konsekwent te werk gegaan, dan moes hij eenvoudig die Afrikaanse vorm van Hollands, die alledaagse spreektaal van die beskaafde Afrikaner, als skrijfmedium aanvaar het. Preller en sij medestanders, wat later o.m. van die Taalbond heftige teenstand sou ondervind, het hulle op presies dieselfde standpunt als die Taalbond geplaas, maar net in omgekeerde verhouding. Uitgaande van die juiste veronderstelling, dat dit in die hoogste mate ontaalkundig en onwetenskappelik is om die volkspraak, met 'n van Nederlands als sodanig sterk afwijkende vormleer en idioom, te wil gaan skrijwe volgens die grammatikale reëls van 'n uitheemse, in Suid-Afrika nie-meer-lewende taalvorm nie, het hulle als basis aangeneem die inheems-lewende Afrikaanse taalvorm; en, kragtens erfreg, die hele Dietse woordvoorraad (nie grammatika nie!) tot gemeengoed verklaar. Met dien verstande, dat al wat ons daaruit oorneem ter verrijking van ons eie taalskat, soveel moontlik in overeenstemming sou wees met die Afrikaanse vormleer en taaleie, in ieder geval die beskaafde Afrikaanse taalgevoel geen geweld sou aandoen nie. | |||||||||
[pagina 10]
| |||||||||
Met hierdie voorstel het die Taalbond dan ook heftige verset uitgelok bij die voorstanders van ‘zuiver Nederlands’. Aangesien ons die skrijftaal van Nederland gebruik, so was hulle gedagte, moes ons ook wag tot Nederland die vereenvoudiging algemeen sou aanneem. Maar aan die ander kant was die gevolg daarvan, dat daar al meer stemme begin opgaan het ten gunste van suiwer Afrikaans. Die invoering van die vereenvoudiging werd beschouw als 'n eerste stap in die rigting van die gesproke taal. So skrijf De Afrikaner o.m.: ‘Onze toekomst is niet Hollands en ook niet Engels, maar Afrikaans. Alle tekenen wijzen daarheen... Ons ontbreekt nog 'n vol besef van onze meerderjarigheid. Maar wij gaan die weg op - Afrika wordt Afrikaans!’Ga naar voetnoot1)
Ondertussen was reeds in Julie, 1903, als eerste voorbode van die naderende ‘renaissance’, in Kaapstad tot stand gekom De Goede Hoop - ‘een Zuid-Afrikaansch maandblad voor jongelieden’ - onder redaksie van adv. J.H.H. de Waal, 'n warme voorstander van Afrikaans. Tot die vernaamste oprigters het o.m. behoor Mevr. Koopmans - de Wet en ‘Onze Jan’, name wat bekend genoeg was om die nasionale karakter van die blad te waarborg. In sij ‘inleidingswoord’ het die redakteur oud en jong uitgenooi om bij te dra tot die inhoud, en meegedeel, dat bijdrae naar verkiesing in Hollands of Afrikaans gestel kon word. Die eerste nommer bevat dan ook reeds twee korte verhale en twee gedigte in Afrikaans, één waarvan uit die pen van Melt Brink, wat nadien 'n vaste medewerker was. Hoewel nog geen 4 van die 26 bladsije leesstof in Afrikaans gestel was, het ‘een geachte correspondent uit Stellenbosch’ dadelik beswaar gemaak, dat ‘er te veel Afrikaansch in het eerste nummer voorkomt’. De Waal kon egter geen beterskap belowe nie, omdat hij in die 2e no. self voor die dag kom met Anjelina, 'n tragiese liefdespel in Afrikaans; terwijl hij in die 3e no met voldoening gewag maak van die feit, dat al meer skrijwers hulle van Afrikaans bedien. Een groot beswaar was egter die spelling; waarom hij ter | |||||||||
[pagina 11]
| |||||||||
wille van eenvormigheid als leiddraad aanbeveel: ‘Spel volgens de uitspraak, maar wijk niet onnodig van de Hoog-Hollandse spelregels af.’ Daarmee was die moeilikheid egter nog nie opgelos nie, en die onsekerheid ten aansien van die spelling was dan ook jare lang een van die vernaamste griewe teen Afrikaans. Die oog van die lesende publiek was so gewend aan 'n langgevestigde skrijftradiesie, dat die besware teen die vereenvoudigde spelwijse nog in dubbele mate ten opsigte van Afrikaans gegeld het. Pas in 1915 sou die spellingvraagstuk tot 'n min of meer bevredigende oplossing kom. Reeds in Julie 1904, het de Waal die wenselikheid daarvan betoog om die spelling deur 'n kommissie van taalgeleerde Afrikaners te laat vasstel, en die gedagte uitgespreek, dat 'n taalvereniging moes opgerig word ‘met het oog op het behoud en het voorthelpen van ons geliefd Afrikaansch.’ Dit het egter voorlopig bij 'n vrome wens geblij, en de Waal was later, toe Preller in Transvaal en Joh. Visscher en ds. W. Postma in die Vrijstaat daadwerkelik begin ijwer het vir so 'n vereniging, selfs genoodsaak, waarskijnlik op 'n wenk van die beheerders van sij blad, om meer Hoog-Hollandse en minder Afrikaanse stukke op te neem. Niettemin het De Goede Hoop ongetwijfeld veel gedaan om die skrijwe van Afrikaans te bevorder. En wat veral van betekenis is, de Waal het daarin die eerste verdienstelike proewe gelewer op die gebied van die historiese roman in Afrikaans. Sedert Jan. 1904 was Johannes van Wijk in afleweringe in die Goede Hoop verskijn, en na voltooiing in 1906 in boekvorm uitgegee, en sedert meermale herdruk. Verder het de Waal daarin 'n reeks ‘rijmpies, stories en toneelstukkies’ geskrijf, wat in 1911 afsonderlik uitgegee is onder die beskeie, maar goed gekose, tietel Stompies. Ook sij Africander Grammar, meer bepaald vir Engelse landgenote bedoel, het aanvankelik in die Goede Hoop verskijn, en seker nie weinig daartoe bijgedra nie om meer waardeering te wek vir ‘the confused utterances of a half-articulate patois,’ soos die Cape Times Afrikaans genoem het. Die Afrikaanse gedigte uit die eerste jaargange van die Goede Hoop behoort sonder uitsondering nog tot die ou skool van vóór die oorlog. Grappige rijmpies in Patriot-trant, waarin | |||||||||
[pagina 12]
| |||||||||
veral gestreef werd naar 'n onberispelik gladde maat en goeie rijm. Die volgende paar staaltjies kan als tieperende voorbeelde dien: Ik is 'n jonkman fief en vlug,
En hou van meisies veel,
So dat ik soms bai lus gevoel,
Vir mij 'n paar te steel;
Want ag, die goedjies lijk so mooi!
Te meer als hul is opgetooi!...
M.J. B(rink).Ga naar voetnoot1)
*** 'n Meisi is 'n fraaie ding,
'n Soete ding, 'n liewe ding,
'n Meisi is di beste ding,
Wat ooit op aarde was gebring...
Janni.Ga naar voetnoot2)
*** Di man, wat hierso voor ons staan,
Is boeti M.J. Brinki:
Hij lijk net kwai, neh? - Mar hij is
So sag as 'n tinktinki.
Hij lijk gelijk 'n biskop, neh?
Te waardig vir 'n fratsi!
Mar moenie glo ni! Hij di is
Ons Kaapse Vader Katsi.
(Bij 'n portret van Melt Brink.)Ga naar voetnoot3)
|
|