Laubscher,Ga naar voetnoot838 en Klipfonteyn, van oude Jan Franke.Ga naar voetnoot839 De Burgerpost daar wy middagmaal hielden, was voorheen een der Compagnies plaatsen aan de Groene Kloof. De zelve legd aangenaam, en het schynd een vrugtbare oord te wezen.Ga naar voetnoot840
Verder rydende kwamen wy op eenige afstand, langs de plaats genaamd Friesche Fonteyn, behoorende aan eene Siemsen,Ga naar voetnoot841 leggende tegens de Dassebergen, welke wy rechts hadden.
Vroeg in den namiddag spanden wy uyt op de plaats van den heer Jan Rabee genaamd de Matjesfonteyn,Ga naar voetnoot842 op de hoek der Koebergen. Deze grond is zeer vrugtbaar en er loopen een menigte fonteynen en thuingronden door; den bewoonder schynd welgezeten te zyn, en veel voordeel van zyn grond te trekken, door graan en koornbouw. Wy werden treffelyk onthaald en bleven hier overnachten. |
-
voetnoot835
- Coenraad Hendrik Laubscher, ged. 2.10.1768 en getr. op 15.11.1789 met Catharina Maria Kotzé (G.R. II, A-O, p. 249). Vgl. Lichtenstein se opmerkings oor sy huishouding, sy behendigheid met die sweep en met kar en perde (V.R.V. 10, pp. 37-38).
-
voetnoot836
- Johannes Paulus Eksteen, ged. 21.3.1756 en getr. op 7.4.1782 met Johanna van Reenen (ged. 8.4.1759) jongste suster van die Van Reenenbroers. Vgl. G.R. I, A-J, p. 206 en III, P-Z, p. 114. Hy was eienaar van Zorgvliet by Kirstenbosch in die Kaapse Skiereiland, wolskaappionier en lid van die Kommissie vir Veeteelt en Landbou in 1804-1805 (V.R.V. 23 (Van Ryneveld), pp. 74-75 en voetn. 34).
-
voetnoot837
- Van Uylekraal is suidooswaarts geswenk sodat die roete huiswaarts nie dieselfde was as op 17 en 18 Mei nie. Vygekraal (tans MAL 1.31) was 'n Swartlandse leningsplaas ongeveer 6 myl noord van Darling aan die huidige hoofpad. Juis in Junie 1804 is die opstal op 'n openbare veiling verkoop as bate in die insolvente boedel van Johan Nicolaas Gulde (Kaapsche Courant, 16.6.1804). 'n Naam soos ‘Guldewater’ kom nêrens voor nie. Johann Nikolas Gülde, gebore 29.11.1753, was o.a. tolk vir kommissies na Kafferland. Sien oor hom Hoge(a) p. 126 en Hoge(b) p. 171. Ook supra, voetn. 301.
-
voetnoot838
-
De Waterschildpadkuil wat suidoos aan Vygekraal lê (tans MAL 1.28). Die weduwee Laubscher was Susanna van Breda (supra voetn. 788), eggenote van Hendrik Oostwald Laubscher, gewese kaptein van die Stellenbosse burgerkavallerie, oorlede 29.4.1802 in die ouderdom van 53 jaar. (M.O.O.C. 6/2 en M.O.O.C. 7/47 fol. 66).
-
voetnoot839
-
Klipfontein (tans C.F. 5.17) waarop die spoorwegstasie Mamre-weg lê. Johannes Gysbertus Franke, ged. 16.7.1719 en oorl. in die ouderdom van 86 jaar op 1.1.1806, se suster Maria (ged. 24.8.1721) was getr. met Jacob van Reenen (1727-1794), en was dus die moeder van al die reedsgenoemde Van Reenenbroers (G.R. I, A-J, p. 248 en III, P-Z, p. 113; M.O.O.C. 6/2 en M.O.O.C. 7/51 fol. 16 e.v.; 54 fol. 11).
-
voetnoot840
-
Burgers Post (tans C.F. 7.3) grens oos aan die huidige plaas Mamre. Op hierdie plaas van J.P. Eksteen het teen 1799 ook die landdros H.C.D. Maynier gewoon (Marais, p. 113).
-
voetnoot841
- Die plaas Friesche Fonteyn is dieselfde as Dassenberg (tans C.Q. 6.61) wat suid aan Burgers Post grens en oos lê van die sendingstasie Pella. Wie ‘Siemsen’ was, is nie met sekerheid vasgestel nie; vermoedelik Joachim Friedrich Siemsen, skoolmeester, oorl. 1805 (Hoge(a), p. 397). Dit kon ook Peter Siemsen gewees het (Ibidem) of Johann Georg (David) Siems (Ibidem en M.O.O.C. 7/99, fol. 73-75).
-
voetnoot842
-
Matjesfontein gel. agter de Groenekloof (R.L.R. 78), verskyn nie meer op die plaaskaart nie; vermoedelik is dit dieselfde as Klein Dassenberg (tans C.F. 6.17), die plaas van Johannes (Christiaan) Rab(i)e, ged. 9.3.1755, getr. op 25.4.1779 met Susanna Catharina Cloete en waarskynlik teen 1822 oorlede. (G.R. III, P-Z, p. 96; B.R. 84, p. 51 en M.O.O.C. 7/86 fol. 22-23; ook supra, voetn. 756).
|