nieuwe voorspan ossen gereed; zyn Edele had by het commandeeren der zelve eenige zwarigheid ontmoet; de weduwe Van der BurgGa naar voetnoot706 en den burger A. BotesGa naar voetnoot707 hadden geweigerd de zelve te verstrekken; er werd in 't vriendelyke een brief aan de zelve geschreven welke het gewenscht gevolg had. |
-
voetnoot704
- Van Plattedrift was die roete op 3 Augustus vermoedelik: verby Bakoondsrivier, Uitkyk-uitspanning, Veldmansrivier (O) Remhoogte (W) inloop van Leeuwrivier (O). Die kamp was moontlik in hierdie omgewing d.i. die huidige Fraserburgweg (oos van die Gamka). Van Reenen sê daar is die aand oorgestaan by ‘Jan Hendrik Kraal’ (V.R.V. 18, p. 246), maar die naam is nie gevind nie, wel Smitskraal, suid van Leeuerivier se inloop (O).
Die roete verder oor Zaayrivier (O), Abrahamskraal-uitspanning (O) na Blaauwkrantz (O) waar De Mist ook oorgestaan het (V.R.V. 11 (Lichtenstein), p. 82). Vandaar oos langs Gamka oor die huidige plase Combrinkskraal (PA 5.5); Klipfontein (BFW 5.22); na Zwartebul(le)tje (BFW 5.24) by die Swartriviersdrif, 11 myl noordwes van Kweekvallei (Prins Albert).
-
voetnoot705
- Samuel Jacobus de Beer, Zachariasseun, vk. van die Swartbergwyk van Graaff-Reinetdistrik; gebore in Drakenstein en op 2.11.1762 in die Paarl gedoop. Getr. op 28.12.1783 met Anna Leonora de Villiers (G.R. II, A-O, p. 34 en Gedenkboek van de Ned. Geref. Gemeente te Prins Albert...1842-1942, Kaapstad (g.d.), pp. 5, 8-9). Die beste beskrywing van hierdie eksentrieke persoonlikheid en sy denkbeelde kom voor by Lichtenstein (V.R.V. 11, pp. 82-89). Oor sy sonde met die bure: G.R. 12/1, De Beer/A. Stockenström, 8.3.1804; G.R. 8/1(A): Janssens/Stockenström, 22.6.1804, met bylaes, en G.R. 16/1 (III), p. 441: A. Stockenström/De Beer, 17.101.805). Hy het benewens Vygevalley en Abrahamskraal aan Leeuwerivier, op sy naam gehad die geskiedkundige plaas De Kweekvalley geleegen aan den Zwarte Rivier agter de Zwarteberg over de Leeuwe Rivier, wat reeds in 1762 aan sy vader toegeken was. (R.L.R. 42, p. 723 en G.R. 14/17, p. 97). Op hierdie plaas het o.a.H. Swellengrebel, J. van Plettenberg, R.J. Gordon, dr. Van der Kemp, J.W. Janssens, J.A. de Mist en A. Stockenström op die een of ander tydstip aangedoen. (Vgl. o.a.G.M. IV, p. 3; Plaat nr. 65 in die Gordonversameling, Rijksmuseum, Amsterdam; Barnard, p. 342 en plaat teenoor 343, en B.H.D. I, p. 7). Op die plaas Kweekvallei (BW Q. 5.5, fol. 952) is in 1842 die dorpie Prins Albert aangelê (Aanwins 709 (Prins Albert), Kaapse Argief).
-
voetnoot706
- Louisa Erasmus, ged. 19.1.1744, weduwee van Stephanus van den Burg, met wie sy op 2.11.1766 getr. is (G.R. I, A-J, p. 218 en G.R. II, A-O, p. 36). Benewens plase in Bruintjeshoogte, het sy op haar naam gehad De(Schotse) Schol(t)ze Kloof geleegen over den Leeuwe Rivier (R.L.R. 78a s.v. Weduwee Steph. van den Burg, en R.L.R. 42, p. 728). Sy was Samuel de Beer se buurvrou aan die westekant van Kweekvallei; by die rusie met haar was ook betrokke Frederik Nielse(n) ('n Deen?) van Monnikendam wat allerlei eksperimentele boerdery naby Kweekvallei beoefen het en met wie die weduwee Van den Burg op 24.6.1804 getroud is (Vgl. G.R. II, A-O, p. 457; V.R.V. 11 (Lichtenstein), p. 86 en G.R. 16/1 III, p. 441, A. Stockenström/S. de Beer, 17.10.1805, waarin die landdros dreig om De Beer ‘te removeeren’ weens sy skandelike optrede teenoor Nielsen.
-
voetnoot707
- Anthonie Botes, getr. 26.3.1766 met Engela Erasmus (niggie van Louisa Erasmus, wed. Steph. van den Burg), het in 1801 in Swartberg kom woon en die plaas Weltevreeden geleegen voor de Zwartrivier gehad. (G.R. I, A-J, p. 87, G.R. 14/17, p. 34); sy seun was Abraham Adriaan Botes, ged. 18.1.1778 en op 8.9.1799 getr. met Louisa Margaretha van den Burg, dogter van die wed. Steph. van den Burg (G.R. I, A-J, pp. 36 en 88).
|