[8 April 1803]
VRYDAG den 8e APRIL wierd eene Conferentie tusschen de Gouverneur, de Land-drost en een ouderling der kerk (Hilgard Muller genaamd)Ga naar voetnoot61 gehouden, over de in
deeze oord zeer verwarde administratie en schulden der Kerk, en 'er werden maatregelen tot voorziening beraamd en daargesteld.Ga naar voetnoot62
Het doel onzer landreize hoofdzakelyk zynde, om aan de Volkplanting die rust weder te geven, welke zederd de verovering der Engelschen in 1795 zoo onophoudelyk gestoord, en in derzelver grondvesten geschokt is geworden, wierd het hier reeds noodzakelyk daar toe de voorbereidende schikkingen te beramen. Een menigte Landbewoonders, welke tydens het Engelsch bestier, gedeeltelyk uyt haat tegens het zelve, gedeeltelyk om de Straf tegens veroorzaakte oproeren te ontgaan, en weder andere uit neiging tot heerscheloosheid en eigen heerschappye, genoodzaakt waren en verkozen hadden, de wyk te nemen in het land der Kaffers, moest men als nu met zagtheid op eene behendige wyze wederom binnen de volkplanting zien terug te brengen, om te vermyden dat zylieden door de langduurige omgang van deeze wilden, en het voor hun zelven daar uit voortspruitend veranderd belang, somwylen door invloed op de
| |
tiende Mey aanstaande te willen bevinden aan de Baay Algoa; wy voeden egter weinig hoop hem daar te zullen aantreffen, wyl den schuldigen altyd wantrouwende is, en niet lichtelyk eene vermeende zeekerheid in de waagschaal zal stellen.Ga naar voetnoot66
|
-
voetnoot61
- Hillegert Muller (ged. 1.6.1747, oorl. 1818), was ouderling van 1798. Hy was die oudste seun van die stamvader, Michael Muller, en is op 5.3.1769 getr. met Petronella Fourie (G.R. II, A-O, p. 415; D.F. du T. Malherbe, Muller Stamboom, 1735-1949, Mosselbaai (1949) en V.R.V. 18 (Van Reenen) p. 52, voetn. 35). Sy plaas was die opstal Zeekoegat aan Vetrivier (infra voetn. 95) tans by Riversdal, wat hy van sy vader (oorl. 1768) en sy moeder (oorl. 1789) erf. Van 1773 word ander plase vir hom aangeteken sodat hy teen 1804 sewe gehad het. (R.L.R. 41, p. 307; B.R. 52, p. 676 en testament by M.O.O.C. 7/81 fol. 22-26 en 27-29). In 1778 is hy veldkornet in bevel van die Swellendamse dragonders wat Van Plettenberg in Bruintjeshoogte gaan inhaal (G.M. IV (Reis van Van Plettenberg), p. 42) en in 1782-83 hou hy 'n joernaal op sy ekspedisie met J.A. Holtzhausen om na oorlewendes van die Grosvenor in Kafferland te soek. (V.R.V. 34 (Grosvenor) pp. 152-195). In 1790-1791 is hy lid van die tweede Grosvenor-ekspedisie (Percival R. Kirby, passim). In 1793 dien hy onder landdros Faure in die Suurveld en is hy een van die ondertekenaars van die Maynierrapport oor die veldtog in 1794 (Vgl. Van der Merwe (c) p. 45 en P.A.C. Wieringa, De Oudste Boeren-Republieken, Den Haag, 1921, p. 44). Muller was een van die heemrade van Swellendam tydens die opstand van 1795 en het as offisier van die Swellendamse kommando aan die Slag van Muizenberg in 1795 deelgeneem. Hy was een van die eerste ouderlinge van die gemeente Swellendam in 1798 (A.P. Smit, Eeufees-Album van die Nederduits Gereformeerde Gemeente, Riversdale (1839-1939), Kaapstad, 1939, pp. 5-7).
-
voetnoot62
- Oor die kerkskulde o.a. Swellendamse Notule I/I (N.G. Kerkargief, Kaapstad) en B.R. 109, pp. 66-67 en passim; B.R. 110, deel VII, passim, en Spoelstra, deel II, pp. 521-529.
-
voetnoot63
- Gaika (Ngqika), infra voetn. 440 en 471.
-
voetnoot64
- Coenraad de Buys is waarskynlik in 1761 op Wagenboomsrivier, oor Cogmanskloof, gebore en op 24.10.1762 gedoop. Hy is na 1821 oorlede op Portugees-Oos-Afrikaanse grond, waarskynlik in die rigting van Inhambane. (G.R. I, A-J, p. 127 en Schoeman, pp. 8-9 en 74-75.)
Van 1782 tot 1792 word verskeie leningsplase vir hom aangeteken, die eerste De Brakke Rivier geleegen in de Lange Cloof over de Attaquas Cloof(R.L.R. 40, p. 88 en G.R. 14/17, p. 38). Sy ruilhandel in Kafferland dagteken van 1784 en hy word een van die vernaamste oorsake van die oorlog van 1793. (Van der Merwe (c), pp. 65-66 en Kirby, p. 24). Na 1795 was hy as Patriotsgesinde anti-Engels en anti-Oranje. Hy vlug in 1798 na Gaika waar hy met die koning se moeder 'n verbintenis aangaan, maar aan die Kôsa-inval van 1799 geen deel het nie. Van Britse kant word 'n prys op sy hoof gestel in 1799. Hy bly woon met 'n hele aantal blankes by Gaika (V.R.V. 10 (Lichtenstein), pp. 259-262 en Theal, Records V, p. 49). By sy vertrek uit die Kaap is aan Janssens 'n anonieme memorandum (deur H.C.D. Maynier?) voorgelê (G.M. IV, p. 214) waarin na De Buys verwys word as ‘de beweegende oorzaak van alle onaangenaamheden met de Kaffers’, weens mishandelinge op Kaffers en Hottentotte deur hom gepleeg en by die drosdy op Graaff-Reinet ‘bekend als een zeer movais (sic) sujet’.
-
voetnoot65
- Die boodskapper was Zacharias Albertus van Jaarsveld (ged. 9.2.1772 en getr. op 9.11.1788 met Hilletje Elizabeth de Beer) die oudste seun van die veldkommandant Adriaan van Jaarsveld (G.R. I, A-J, p. 365; V.R.V. 10 (Lichtenstein) p. 381 en V.R.V. 18 (Van Reenen) pp. 90-92). Hy was een van die burgers wat op 3.9.1800 tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is weens deelname aan die ‘Van Jaarsveld-opstand’. Op 1 April 1803 is hy saam met 12 ander ‘per opene
brieven van amnestie’ deur De Mist vrygestel. (Theal, Records, III, pp. 213-270, 293, 295; V, p. 64 en B.R. 109, deel VI, pp. 350-358). In geselskap van ene Johannes Zeeman het hy op 3 April vertrek en blykbaar saam of net vóór Janssens op Swellendam aangekom op pad na sy vrou en kinders. In die Kaapse Argief is 'n omslag (B.O. 88: Portions of a Journal(s) 1799 - March-May, 1803) met 'n ongetekende kladjoernaal (‘jornal met datums getekent 1803’) wat deur my uitgeken is as presies ooreenstemmend met Van Jaarsveld se rit en waarskynlik in sy eie handskrif. Dit begin op 3 April en het die volgende inskrywing onder datum 8 April: ‘den 8 met den voor uyt senden van twe briefen van Swellendam tot na johans de jager een aan de Commandant Hendrik Rensenburg en een aan Coenraat de Buijs eigen handig van den Wel Edele heer Gouverneur ontfangen om het te besorgen. Eijgenhandig afgegeven en present voor getuigen...’
Die reisverhaal meld hoe hy gereis het tot by veldkommandant Van Rensburg waar hy op 26.4.1803 die een ‘hem Eijgen handig in handen afgegeven (heeft)’ en voort is met die tweede brief ‘om de buijs vaste versekeringen te doen van de Komste van de gouverneur en hem de waarhid te versekeren hoe onse geluk herbooren sijn geworden...’
Op 1.5.1803 was hy op soek na De Buys ‘overkant van Kaboesie in Caffersland’, maar De Buys was weg ‘op de oolvantsjag gereden’. Eindelik het hy die brief op 6 Mei aan hom in hande gegee (op die tydstip toe Janssens onderweg na Algoabaai die Van Stadensrivier al bereik het).
-
voetnoot66
- Die teks van Janssens se brief van 8.4.1803 aan De Buys is te vinde by B.R. 93, nr. 2: hy word meegedeel dat Van Jaarsveld die brief bring, dat D.G. van Reenen by die goewerneur se geselskap is en dat sy (De Buys se) teenwoordigheid nuttig sou wees by 'n eventuele ontmoeting met ‘het Opperhoofd der Kaffers over de Vis Rivier, Chyka’. Die tweede brief wat met Van Jaarsveld gestuur is (teks by B.R. 93, nr. 3) was volgens die amptelike joernaal (G.M. IV, p. 106) gerig aan ‘Janse van Rensburg’. Hendrik Janse van Rensburg (ged. 4.11.1759 en die eerste maal getr. op 21.4.1782 met Susanna Josina Scheepers) was veldkommandant en het o.a. 'n plaas naby Boesmansrivier gehad (G.R. III, P-Z, p. 121 en B.O. 88, roetc van Van Jaarsveld). Hy verloor sy besittings in 1793 en dien as veldwagmeester in die oorlog. Teen 1795 was hy 'n invloedryke kommandant op die Grens en het gaandeweg in vyandskap geraak met Coenraad de Buys aan wie hy verwant was. In die oorlog van 1799 was hy aktief op die Grens (meestal teen De Buys) en in die Graaff-Reinetse troebele maan hy eers tot kalmte in 1799, maar wyk met 60 families tydelik na Tarka en Bamboesberge uit in die latere fase van die Britse bewind. (Oor hom, Van der Merwe (c), pp. 26, 48, 59 en 62; Schoeman, pp. 27-30, 38
en 43; Marais, pp. 133-134 en V.R.V. 10 (Lichtenstein) p. 363. Verder oor hom infra voetn. 335).
Dit blyk uit die goewemeur se brief van 8.4.1803, op Swellendam geskryf, dat hy reeds uit Kaapstad aan Van Rensburg geskryf het. Tans doen hy dit weer ‘veronderstellende dat de Wederkeering van de Colonie tot het Moederland U en Uwen Land en lotgenoten aangenaam is en gy dus zult verlangen weder in de Schoot der Volksplanting te leven onder wettig Bestier door de Regering van het Moederland ingesteld, en die niets meer ter harte neemt, als de rust, eendragt, en Welvaaren der Zuyd Africaansche kinderen, zo zal het my byzonder aangenaam zyn daartoe te kunnen bydragen.’
|