Syntaktische-elementenlijst
(2014)–P.C. Paardekooper– Auteursrechtelijk beschermdPaardekooper, P.C. 1986. Beknopte ABN-syntaxis. Sewende uitgawe1.Die sewende, hersiene en aansienlik bygewerkte uitgawe van Paardekooper se bekende dik groen naslaanwerk Beknopte ABN-syntaxis het verskyn in Januarie 1986, die jaar waarin hierdie vermaarde sintaktikus uittree as hoogleraar aan die Kortrijkkampus van die Katolieke Universiteit Leuven. Die formaat van die sewende uitgawe is aansienlik groter as dié van die sesde. Dit het tot gevolg gehad dat die jongste uitgawe, ten spyte van die aansienlik groter omvang daarvan, 'n boek van net onder die duisend bladsye is, terwyl die sesde uitgawe 1 122 bladsye beslaan het. Die twaalf hoofstukke van die werk omvat die volgende: 'n inleidende hoofstuk waarin Paardekooper kortliks sy strukturalistiese vertrekpunt skets, ses hoofstukke oor die verskillende sintaktiese konstruksies wat hy onderskei, 'n besonder lang hoofstuk oor neweskikking, en vier hoofstukke waarin 'n verskeidenheid sintaktiese kwessies bespreek word. In stede van die uittreksel van die sesde uitgawe ('n kort opsomming van die bespreking van die sintaktiese konstruksies) bied Paardekooper in die jongste uitgawe in hoofstuk 11 'n skets van wat hy die ‘abstrakte patroon’ noem, nl. die sisteem wat, hoe verskillend ook al, in alle sintaktiese konstruksies te voorskyn kom. Hier gee hy 'n baie insiggewende bespreking van die verbande onder sintaktiese konstruksies. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.Paardekoper skryf in wat na 'n esoteriese idioom mag lyk, tog is dit 'n valse indruk, want sy werk staan vol binne die strukturalistiese tradisie. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.1Hy onderskryf baie sterk die strukturalistiese gedagte van die prioriteit van die spreektaal bo die skryftaal. Hy haal bv. nie sy voorbeelde uit die skryftaal nie, maar net uit die (sy) spreektaal, en hy maak 'n skerp onderskeid tussen ‘taal’ (spreektaal) en ‘tekst’ (skryftaal). Tipiese skryftaalverskynsels behandel hy afsonderlik, in 'n aanhangsel (hoofstuk 12), onder die hoof ‘Enkele teksteigenaardigheden’. Dit is interessant om wat hy as skryftaalverskynsels sien, op 'n rytjie te sit; onder andere partisipiale konstruksies, nageplaaste adjektiewe: God almagtig, naamval: veel werks, klousrelatiewe: Hij kwam te laat, wat hem duur te staan kwam, die splitsingskonstruksie: het is je vriendje die het gestolen heeft, en die aanvoegende wys: Leve de koningin. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.2Hy beskryf en skryf nie voor nie. Daar sit natuurlik wel 'n element van voorskriftelikheid daarin dat hy sy objek karakteriseer as die ABN ('n term wat selfs in sy afgekorte vorm nie meer so gangbaar onder Neerlandici is as vroeër nie), en ook daarin dat hy ‘taal’ en ‘tekst’ so skerp onderskei (met afwysing van teksverskynsels - ‘eigenaardigheden’) maar origens probeer hy nie, soos die tradisionele grammatikas veral binne die skooltradisie, voorskryf en opvoed nie. Dit wat sy sintaksis betref, maar 'n groot deel van sy fenomenale produksie buite dié werk is eksplisiet voorskriftelik, onder andere sy uitspraakgids en natuurlik sy ABN-gids (die Standaardnederlandse taalkategismus vir die gebruik van Suid-Nederlanders.) Die titels van al Paardekooper se werke is terloops ter insae op die binnevoorblad van die Beknopte: dit is voorwaar 'n indrukwekkende katalogus, waaruit dit ook blyk dat hy groot moeite gedoen het om sy werk vir sowel die laer- as die hoërskool deur spraakkunste en oefenboeke toeganklik te maak. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.3Skering en inslag van sy werk is verder die prioriteit van die sinchroniese. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.4Hy benader die sintaksis struktureel: as 'n sisteem van sintagmatiese en paradigmatiese betrekkinge wat na ‘binnebou’ en ‘buitebou’ beskryf word. Hierdie raamwerk, wat hy al meer as drie dekades lank in sowel groter werke as sy magdom artikels in De Nieuwe Taalgids hanteer, sien soos volg daar uit.
In twee opsigte, wat baie nou met mekaar saamhang, verskil Paardekooper se soort strukturalisme van dié binne sowel die Bloomfieldiaanse as die generatiewe skool: besonderlik in sy klousanalise volg hy nie die tipies Amerikaanse onmiddellikestukontleding (‘IC analysis’) nie, en sluit hy by die tradisionele grammatika aan. Onmiddellikestukontleding is 'n wesenlike bestanddeel van die Amerikaanse strukturalisme, van die vroeë morfeemanalises van Bloomfield, Nida, Gleason en Hockett, oor Nida se Synopsis of English Syntax tot die herskryfreëls van die vroeë en klassieke generatiewe grammatika en die X-balksintaksis van die jongere generatiewe fase. Paardekooper se klousanalise is eerder lineêr as hiërargies: die klous (‘werkwoordelike patroon’) bestaan regstreeks uit 'n versameling ‘werkwoordelike patroondele’ of sinsdele (vgl. hoofstuk 2). Dat ook die ANS die tradisionele model in hierdie opsig volg, moet heel waarskynlik aan Paardekooper se invloed toegeskryf word. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.5Paardekooper wil demonstreer eerder as teoretiseer. Hierdie instrumentele wetenskapsbeskouing word skerp deur Van den Toorn aangeval in sy resensie van die sesde uitgawe van die Beknopte (Van den Toorn 1978: 137)Ga naar eind1.. Die leser word voortdurend onderwerp aan die manipulasie van die data: verskuiwings, uitbreidings, ander moontlikhede word aangetoon, sodat hy eintlik nooit die indruk kan ontkom dat hy deur 'n deeglike en uiters bekwame sintaksisdosent onder hande geneem word nie. Hierdie klem op die heuristiek is natuurlik kenmerkend van die Bloomfieldiaanse strukturalisme - dink maar aan die ‘discovery procedures’ waarteen die vroeë Chomsky dit so uitgebreid gehad het. Hierdie manipulatiewe en eksplisiet didaktiese aanpak lei tot omslagtigheid, wat weer onoorsigtelikheid tot gevolg het. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.6Die vorm het prioriteit: die ‘betekenaar’ het voorrang bo die betekenis. Tog wil Paardekooper geensins 'n gekke betekenisvrye sintaksis bedryf nie en hou hy hom deurgaans ook met die inhoud van die konstruksies besig waarvan hy die vorm beskryf. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.7Die strukturalistiese idealisering soos dit tot uiting kom in die langue-parole-onderskeid speel vir sover 'n rol in Paardekooper se benadering dat hy nie die konteks (‘situasionele verband’) sentraal stel nie, hoewel hy dit nie ignoreer nie: Beknopte, bl. 11. Hy gee afsonderlik aandag aan verbandsinne (uitings); vgl. hoofstuk 8: ‘Gesprekzinnen’. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
2.8Anders as die Bloomfieldiaanse strukturalisme gaan Paardekooper nie van 'n korpus uit nie (om van 'n geskrewe korpus nie te praat nie), en soos die generatiewe grammatika is introspeksie sowel die bron van sy data (konstruksies wat deur sy taalgevoel voortgebring word) as die toets daarvan deur welgevormdheidsoordele. In stede van 'n asterisk vooraan niewelgevormde konstruksies te plaas, merk hy hulle deur uitg. vir uitgeslote tussen hakies agteraan te plaas. Belangrik is dat hy, net soos generatiewe taalkundiges, hom nie beperk tot die sg. welgevormde strukture nie. Die hantering van introspektiewe welgevormdheidsoordele is ook part en deel van sy manipulatiewe benadering. 'n Ander ooreenkoms tussen sy werk en die generatiewe grammatika het betrekking op die analise van wat hy ‘patroonsplitsingen’ noem; dus die verbreking van die eenheid van sintaktiese konstruksies wat binne die generatiewe taalkunde onder die hoof eilandperke of reëlkondisies bestudeer word; vergelyk hoofstuk 9. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3.'n Sintaktiese konstruksie word deur Paardekooper 'n sintagma en, by voorkeur, 'n patroon genoem. Hy onderskei ses patrone: die werkwoordpatroon (klous), die zn-patroon (waaronder die naamwoordstuk), die bwbn-patroon (adjektiefstuk), die vzaz-patroon, die vw-patroon en die tw-patroon. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3.1Werkwoordpatrone | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3.1.1Die werkwoordpatroon word nie hiërargies ontleed nie (vgl. 2.4 bo). Dit bestaan regstreeks uit die volgende werkwoordpatroondele, wat ook sinsdele heet:
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3.1.2Naas die werkwoordpatroondele word plasingsdele (‘Groepen ww-p's’) onderskei (bl. 408 e.v.):
Iets soos hierdie eksplisiete en oorsigtelike plasingsanalise ontbreek tot nou toe grootliks in die Engelse grammatika. Dit het ontstaan in die Duitse grammatiese tradisie, en Paardekooper se analise het deurgewerk tot in die ANS. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3.2Zn-patrone Hieronder resorteer nie net die naamwoordstuk nie, maar ook setselgroepe met naamwoordstukke as aanvulling. Om hierdie tipe setselgroep onder die naamwoordstuk in te deel, is korrek, want hier is die setsel 'n satelliet van die kern, die naamwoord. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3.3Bwbn-patroon: zeer snel. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3.4Vzaz-patroon: nie die setselgroep nie, maar die patroon van voorbepaling plus setsel: kort voor (sesuur). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3.5Vw-patroon: 'n ruk nadat (hy vertrek het). | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
3.6Tw-patroon: in die twintig. Al kan 'n mens jou weg al goed binne Paardekooper se sisteem vind, bly dit moeilik om iets in die Beknopte na te slaan, onder andere weens die omslagtigheid en ontsaglike uitgebreidheid van die werk. Uiteraard is dit 'n groot opgaaf om Paardekooper aan studente duidelik te maak, en sy ingewikkelde simboolsisteem maak dit geensins makliker nie, maar hy het heelwat moeite gedoen met die skryf van handboeke waarin sy werkwyse aan die oningewyde uiteengesit word. Ek self het die blou Beknopte van die vroeë sestigerjare die beste formaat gevind, as naslaanwerk en ook as handboek. Die omvang van wat Paardekooper nog steeds aandui as 'n Beknopte (!) ABN-syntaxis het in die jongste jare so toegeneem dat hy die werk self begin produseer en versprei het om die koste binne perke te hou. Dit is nuttig om soveel gegewens binne een boekdeel te hê, maar tog sou ek iets oorsigtelikers en bondigers verkies het. Paardekooper se bydrae tot ons kennis van die Nederlandse taalkunde is sonder weerga: hy is 'n harde neut om te kraak, maar die ondersoeker wat nie kennis neem van sy geweldige bydrae nie, doen dit tot sy eie nadeel. |
|