Geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde
(1941)–G.S. Nienaber, P.J. Nienaber– Auteursrecht onbekend
[pagina 240]
| |
Hoofstuk IV.
| |
[pagina 241]
| |
Die digter het van sy volle naam, Diederik Johannes van Niekerk, 'n Nuwe Jaars Lied (P., 8 Jan. 1886) gemaak. Ook hier is niks wat ons verras nie - soos gewoonlik, 'n konstatering van die feit: ‘Di ou'e jaar, di is nou klaar,’ verder 'n danksegging aan God vir Sy menigvuldige seëninge, en die hoop dat die nuwe jaar voorspoedig sal wees.
Geluk en Se'enwens (P., 8 Januarie 1886) het ook betrekking op die nuwe jaar: almal, groot en klein, word gelukgewens. | |
(b) A.S.Een van die beste gedigte oor die Eerste Vryheidsoorlog is geskryf deur A.S.: Ons Broers in Transvaal. Dit dein voort op 'n marsritme en elke koeplet word afgerond met sy eie refrein. Dit kan heerlik gesing word deur 'n marserende kommando. Fors begin die gedig: ‘Kom manne van Transvaal! wat goed
en reg gekog het met jull' bloed,
Daar julle onvermoeide krag,
Beproef is deur 'n Englands mag.
Korus
Hoereh! hoereh! Transvaalse boer
Te lank het England jull' beroer.’
Dit is nou nie meer Slagtersnek of Boomplaas nie, ‘Ja self di Brit van hoogmoed styf,
Van Amajuba afgedryf.’
Hy weet dis sonde om dit te sê, maar ‘ek is om Colleys dood tog bly.’ Korus:
‘Hoereh! hoereh! 'n enkel skoot,
En Natals Gouwerneur is dood.’
Wi is di Oproermakers? vra A.S. in 'n gedig in die Patriot van 31 Oktober 1884. Hy volg dieselfde metode as Klein Jan wat telkens op 'n vraag antwoord: Jan Boel! | |
[pagina 242]
| |
‘Wi is dit tog wat so veel leuns
Hier in di ronte saai?
En dan nog seg dat jy by hul
Altyd kan waarheid maai?
Dit is di Jingo blaaije.’
Wie kweek rassehaat, en beskuldig die Patriot daarvan? ‘Dit is di Jingo blaaije.’ Op 'n hele reeks van vrae en beskuldigings is die antwoord steeds dieselfde. In 'n tweede afdeling is die antwoord weer: ‘Di Kaffer met di kieri,’ maar in die derde afdeling word vrae gestel wat ‘Die Afrikaner Bond’ verantwoordelik hou vir baie goeie dinge wat in ons land gebeur: ‘Wi is di krag hier in ons land?
Di nati'naal party,
Wat sonder kieri in di hand
Ver reg en waarheid stry?
Di Afrikaner Bond’
Op die Huwelik (P., 16 Julie 1886) van J.J. Kruger en J.C. Henning het A.S. 'n geleentheidsrympie gemaak op die gebruiklike wyse en met die gebruiklike beelde: ‘Di dag gaat jull' di wereld in,
Di wereld, o! so vol,
Van allerhande leed en smart
wat altyd same rol.’
Goeie raad ontbreek ook nie: eensgesindheid is die sleutel vir 'n gelukkige huwelikslewe. Byterig-spottend, maar ook diep verontwaardig oor die sedelike agteruitgang van sy volk is A.S. in Di ‘Dress Improver,’Ga naar voetnoot⋆ want ‘Hoe kan 'n gristen mens tog ooit
Haar liggaam so mismaak,
Deur “dress improver” an te trek?
Dit is 'n sondig saak.
| |
[pagina 243]
| |
Is dan di mens ni goed gemaak?
So as di Bybel seg?
Of moet Parys di boude gé?
Is dan di mens eers reg?’
Hy vertel van 'n vrou wat met so'n ‘dress improver’ kerktoe gegaan het, maar toe sy uit kom, het die ding geskuif en sit dit op haar sy, tot groot vermaak van die mense. Hoe menig Afrikaanse vrou het nie haar nasionaliteit verloor deur dié naäpery nie! Waarom moet die Afrikaanse dogters dan ‘'n Bondel semels, strooi, of staal,
Van agter op nog dra?’
| |
(c) Ewald Esselen.Esselen is die vriend van dr Carel Voigt en het saam met hom na Suid-Afrika uitgekom om die gewonde burgers van Transvaal te help verpleeg. Hy was die seun van 'n sendeling van Worcester. Toe die Transvaalse Deputasie in Europa was, het mnr Esselen opgetree as hulle sekretaris. By 'n feestelike ontvangs van die Deputasie in Holland (1884) het hy ook die woord gevoer en veral gewys op ds S.J. du Toit se aandeel in die Afrikaners se stryd vir hulle eie taal. Later was hy in Pretoria werksaam as advokaat, waar hy 'n groot rol gespeel het. In 1882 het hy twee gediggies in die Patriot gepubliseer onder die skuilnaam Georg: Myn Pyp en Ver Vrystaters. In die eerste gediggie, waarin hy 'n ou motief op die gewone aanspreekwyse behandel, is hy vol lof vir sy pyp: ‘Myn Pyp, myn Pyp, hy is myn maat,
Hy's by my altyd vroeg of laat,
Hy is myn troos en myn plesier,
Wil ek hom hê dan is hy hier.’
Vriende verlaat hom, maar sy pyp bly getrou en veroorsaak hom nooit verdriet nie - inteendeel, dit is sy grootste troos. | |
[pagina 244]
| |
‘En as ek van di wereld sky
Dan moet ek jou laat agterbly.
Kon ek jou saam neem doet ek dit,
So seker as ek nou hier sit.’
In Ver Vrystaters roem hy hulle president Brand, al het hy die diamentvelde afgegee. Weer is pres. Brand op gevaarlike grond met die Bond, maar hy moet versigtig wees. ‘Die Engelsman moet jy laat loop,
Hy het jou net nou in di knoop
En kom jy in, dan Vrystaat ook:
Mense, pas op! julle skoorsteen rook!’
Hy besit nòg die vuur, nòg die digterlike temperament en vermoë, nòg die oorspronklikheid van sy vriend, dr Voigt. | |
(d) Dr Ysterbaard.Hy het die onmoontlike dade van 'n swaap vertel in Die Sterke Swaab (P., 4 Febr. 1881) uit die tyd van die Kruistogte. Dit wil voorkom asof dié gedig 'n vertaling uit Nederlands kan wees. Toe Keiser Roodbaard van Duitsland na die heilige land op weg was, moes hulle deur 'n Turkse woestyn marseer. Hongersnood en dors het gedreig, ook onder die perde: ‘Die perde voel so swak in d'maag,
Die ruiter moet syn merri draag,
Daar was een heer uit Swabeland,
Van sewe voet, met sterke hand.’
Hy het 'n endjie agter gebly met sy perd, maar word skielik deur Turke oorval. Een raak hom met sy sabel, en toe word die Duitse swaap kwaad: hy kap die Turk in twee stukke: ‘Ter regter sien hy so's ter link,
'n Halwe Turk te aarde sink,
Die ander Turke was verbaas,
Hul vlug met die grootste haas.’
Die Keiser wou weet waar hy so'n stryk geleer het, maar die swaap antwoord dat dit net onder hulle bekend is. | |
[pagina 245]
| |
Dr Ysterbaard se doel met die gedig is vervat in die slotvers: ‘Kom digters, kom dan almal an,
En stuur jul stukkies ver oom Jan;
Dat ons kan lees, en ons kan lag,
Nou seg ek almal goejen dag.’
'n Volgende keer gebruik dr Ysterbaard die swaap om politieke gebeurtenisse van sy tyd te hekel in Die Swaab syn Plan (P., 9 Sept. 1881), hoewel die bedoeling nie altyd duidelik is nie. Hy verwys na Kaffers wat skape steel, en ‘Nou denk ek weer om W tot N,
Wat A.B.C. van buite ken;
Die Boertaal wil hy versmoor,
Dit kan jy an syn prate hoor...
Die slimmigheid van die kalant
Kom seker ook uit Swabeland.
Slim, slim, al te waar,
Sal die Swaab ook net verklaar.’
Daar word nou 'n spoorweg gebou sonder om op die koste te let, maar die Swaab sal lekker ry. Vervolgens dink die digter aan die geveg in Zoeloeland waar prins Napoleon die lewe ingeskiet het - ‘daar was 'n Swabe kommandant.’ En nou volg die anneksasie van Transvaal om ‘Die landkaart in syn haak te kry,
Og denk, dit maak 'n Swaab so bly...
Siek, siek, al te siek,
Van so'n Swabe politiek.’
Oom Jan se kommentaar op hierdie gedig is: ‘Op siek en politiek, kon Sprigg mooi rym; want dit is alles in syn tyd gebeur. Die vers wag al omtrent twee jaar op plek. Ons vrind, die Dr, het geseg: “gooi tog nie weg,” en hy siet ons het dit bewaar - eendag is 'n dag!’ In die Gedig van dr Eisterbaard vertel hy ons dadelik: ‘Ek het oek nou lus gekry,
Ver die rympies makery.
Om te skryf hoe dit hier staan,
En hoe 't met die mense gaan.’
| |
[pagina 246]
| |
In dieselfde gemoedelike toon lig hy ons in oor die politieke gebeurtenisse in 1879: konfederasie-planne is aan die gang en wette word gemaak; die boere moet hulle geweers afgee, maar hierteen skop dr Eisterbaard, want ‘Sonder roer lyk in myn gees,
Boer net as 'n stompstert bees.’
Die dokter bly nie agter met sy nuwejaarswens An die Patriot en Oom Lokomotief nie. Hy wens wel niks nuuts nie. maar die bedoeling is goed. | |
(e) Genl P.J. Joubert.Die rymlus het so sterk posgevat onder die Afrikaners, dat die redakteur van die Patriot met trots uitgeroep het: almal wil rym, van genl Joubert tot die skaapwagter in die veld! Genl Joubert het sy rympies nie onderteken nie, maar één rympie van hom is nog onder Hoogenhout se nagelate papiere gevind: Uit Transvaal. Die begeleidende brief (25 Okt. 1879) werp lig op die inhoud van die rympie, want daarin vertel hy van die toestande in Transvaal en die dreigende botsing tussen Boer en Brit. Hy klae, soos in die rympie, dat hy nie meer die Patriot gereeld kry nie. Hy wil sy naam nie by die ‘gedig’ hê nie, ‘daar het dan een vamilij-kwaat kan veroorzaak als uw Agend van Stander ton zegt er dan moog ergeren want hy C. van den Berg met wie ik verzwagert ben es een der wijnege brets gezende boere op den wegt die zer bartel van Natal naar Pretoria moest gaan en natuurlyk een van die klagers over vreest of schrik aangejaag waar van ou zer Bartel zoo veel schryfen nu juis.’ Hy het die mode-aanhef gevolg: ‘Oom Lokomotief,
Ik skryf jou die brief,
Om jou te vertel,
Hoe 't hier is gestel.’
Hy klae oor die ontvangs van die Patriot en dat die Patriot se agent (Van den Berg) hulle verlaat het, en verwys dan na Shepstone (Slypsteen) en Garnet (Granaat): | |
[pagina t.o. 246]
| |
Handskrif van genl Joubert.
| |
[pagina 247]
| |
‘Hy hoor tot die leer,
Waar Jingoes by sweer ...
Hy 't syn volk verag,
Ons hou hom verdag ...
Ou Slypsteen kom aan,
Hoe sal dit nog gaan?
Granaat maak al haas,
Neef Kesie syn baas.’
Genl Joubert sluit sy gedig ook op die gebruiklike wyse af: ‘Oom Lokomotief,
Ik vraag asseblief,
Maak jy dit tog reg,
Ik rym nog mar sleg.’
Dat Oom Lokomotief gehoor gegee het aan sy versoek, blyk daaruit dat die gepubliseerde teks aanmerklik verskil van die handskrif. Oom Loko het veral aan die maat gedokter, en sommige woorde deur ander vervang. | |
(f) 'n Boer van Steynsburg.Hy het 'n klompie geleentheidsrympies geskryf, wat meer om die inhoud as die vorm van belang is. Sommige van sy rympies is erg kruppel en mis alle besieling; die verstand het steeds na 'n gepaste rymwoord gesoek. Die mode het 'n Boer van Steynsburg gevolg en 'n Nuwe Jaars Wens ver Patriot (P., 30 Des. 1881) gestuur vir die jaar 1882: ‘Ik wens dat God jou mog versterk,
In jou, van Hom geroepe werk:
Om die “Basuin te blaas” as tolk
Ver Kerk en Staat, ver Taal en Volk.’
Verder spreek hy die hoop uit dat God die koerant steeds op die regte pad sal lei, en hy sluit met die erkenning dat hy geen digter is nie: ‘Ontvang die harte groete van
'n Vrind wat wel nie digte kan,
Mar tog nou ook het lus gekry
Ver versies maak en Rymery.’
| |
[pagina 248]
| |
Op di Skeiding van die Jaar 1882 is 'n dergelike gedig, behalwe dat die digter nou terugkyk op die afgelope jaar: die Heer het hulle gespaar en geseën, maar ook kasty ‘met pokkies, masels, swaard daarby.’ Die Patriot moet tog volhard op die ingeslae weg. Vir die nuwe jaar wens hy almal weer ‘veel heil en se'en’ toe. In die Opwekking ver di ‘Hugenote Gedenkskool’ maak hy propaganda vir hierdie skool, waar die jeug in die gees van die vrome Hugenote opgevoed word, en Afrikaans ook sy regmatige plek kry. Hy doen veral 'n beroep op die kommissie om al hulle kragte in te span vir die skool. ‘En nog wens ik tot besluit,
Hierme is myn versi uit:
Dat di Here,
Jul mag lere,
Skenke: Lig, Geloof en Moed,
Ver di Werk wat jul nou doet.’
In 1882 is Hollands toegestaan aan lede van die Wetgewende Vergadering en Raad van die Kaapkolonie, en daarom moes ons digter hierdie gebeurtenis met jubelende klank besing: ‘Triomf! triomf! ons taal is deur;
Nou het ons wat ons hart begeer,
En ons is net mar bly oek.
Triomf! triomf! di Parlement
Wil “konstitusie” so lat wend'
Dat ons kan “Hollans” kry oek.’
Hy het dit nooit verwag dat die Afrikaners nog met hulle taal sou kan spog nie. Dit is nou die eerste stap ‘om dwinglands bande los te kap.’ Loof die Heer! Vir die Afrikanerbond dig 'n Boer van Steynsburg ook 'n Bondslied, want die Bond word elke dag sterker. Hy het klein begin ‘Tot hy nes 'n boom,
By 'n waterstroom,
Sprei syn takke in di rond,
En syn wortels in di grond.’
| |
[pagina 249]
| |
Die doel van die Bond word ook in rym gebring. ‘Leef dan, o Afrikaander Bond!
Laat waai jou vlag daar bowe rond!
Staat diep geplant in vasten grond.’
|
|