Geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde
(1941)–G.S. Nienaber, P.J. Nienaber– Auteursrecht onbekend
[pagina 24]
| |||||
Hoofstuk II.
| |||||
[pagina 25]
| |||||
op dit gedruk was nie! (An auto-biographical Memoir of Petrus Borcardus Borcherds, 1861, bls. 10). Gedurig het hy gekla oor die gebrek aan leeslus onder die Afrikaners. Na die koms van die Britse Setlaars het die stryd vir die vryheid van die drukpers losgebreek, soos deur Meurant interessant beskryf word in sy Sixty Years Ago (1885). Met betrekking tot die stryd sê Cory: ‘It is curious to note how small a part the Dutch inhabitants played in the history of these eventful years;... their lives on their farms were simple and happy and could have continued to be so without a newspaper’ (The Rise of South Africa, deel II, bls. 320). Aan hulle het die pers-agitasie dus verby gegaan, maar nie die gevolge nie. Die kulturele peil van ons volk was nie hoog nie, en dit word weer uit die geografiese en maatskaplike struktuur begryplik. Die groot taak van landskoonmaak en die dunbevolktheid oor uitgestrekte gebiede met haas geen begaanbare weë of doeltreffende verkeersmiddele nie, het nòg die tyd nòg die geleentheid geskep vir daardie rustigheid van gees wat nodig is om aandag te skenk aan ander eise van die lewe wat van geen praktiese, onmiddellike belang was nie. Die peil van geleerdheid was laag en die prikkels vir 'n versnelling van die tempo van geestelike werksaamhede weinig. Die heel-eerste brokstukke in Afrikaans staan los van ons joernalistiek. Gewoonlik aanvaar ons as die oudste aaneenlopende dokument wat in ons volkstaal geskrywe is, die toevallig-ontdekte Lied ter Ere van de Swellendamsche en Diverse Andere Helden bij de bloedige Actie aan Muisenberg in dato 7 Aug. 1795 (Hollandsch Zuid-Afrika 15 Aug. 1920). Ons kan wel aanneem dat daar meer voorbeelde van sulke nog ongepubliseerde brokstukke in familie-argiewe mag berus en hulle ontdekking sal van die toeval afhang. Die Ga naar voetnoot*Lied (met die wysie Al is ons Prinsje nog zoo klein, vgl. Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, xiii, 3) is vlot geskryf, maar is konvensioneel en bevat geen enkele oorspronklike beeld nie; die skrywer het trouens weinig verbeelding en mis die vermoë om van sy geleenthede gebruik te maak. Delport is die Swellendamse ‘kaerel’ met krygsverstand; immers | |||||
[pagina 26]
| |||||
‘Hy schoot, eer ons van huis vertrok,
Een groote vette bonte bok. O jee, O jee, O jee!
Hy dwingt zoo maar ons heele land, O wee!
Van kaffers grens tot deese strand.
Ja Neef, wat is hy wreed en straf,
Hy zette onze Landdrost af, O wee! O wee! O wee!’
Die onvervaarde held wil nou die Britte te lyf gaan, en in oormoed kom hy en sy dappere strydmakkers op die vegterrein aan - 'n mooi situasietekeninkie: ‘Ons juig, is vrolyk, vol plaisier, Hoezee!
Die Brit mag zyn een Bok of Stier,
Ons steek ons stander in de zak
En met gemak rook ons Tabak, Hoezee! hoezee! hoezee!’
Nou volg in skelle kontras die ‘bloedige Actie’ wat lomp en onbeholpe beskryf word: ‘Maar, ari Neef, de kogel kom, o wee!
Ons kan begryp het is een bom,
Kyk hoe ze voor ons neder springt!
O wee! dat is een vreeslyk ding, O wee!
Kom, laat ons achter 't heuvel spring, O wee!
Want dat is vry die beste ding,
Om daar te bergen onze gat;
Ons kies dan straks het haasepat. Gaat mee!’
Die geleentheidslied is as 'n skimpskrif, 'n spotvers bedoel en kom uit die pen van 'n warme ‘Patriot’ wat verontwaardig is oor die lafhartige gedrag (na sy mening) van die binnelandse ‘helde’ wat deur bomme op die loop gejaag is. Die aantreklike van die vlotgeskrewe, soms sangerige verse is juis die fel-hekelende gevoel van verontwaardiging wat met sy bitter-sarkastiese toon en skerp kontraste striemende houe laat val. Selfs vir platheid word nie teruggedeins nie! Is dit Afrikaans? Die verlede tydsvorme van die werkwoord die deftige infinitief en die byv. nwe wat net soos in Nederlands verbuig word, skyn dit te weerspreek, maar aan die ander kant is dit baie duidelik dat hier bewus gepoog is om die ‘helde’ ook in hulle spreekwyse te bespot, en dat dié taal onteenseglik Afrikaans wil wees. Daar is as die mees tipiese | |||||
[pagina 27]
| |||||
eienaardigheid ons vir wij, en tesaam daarmee die gedeflekteerde werkwoord (ons juig, (ons) is vrolyk, ons koos); dan Afrikaanse vorme soos ons kan begryp; ons het dat spulletje aangekyk, ons is bezwyk, hy zoek; ons noemt; 'n tipies-Afrikaanse uitroep ari!; die gemeensame aanspreekvorm Neef!; die verwarring van die geslag (die ding; 't heuvel), uitdrukkinge soos: zoo maar, die beste ding, ens. Die plat woorde is daar as aandikking van die sarkasme. Die skrywer gebruik hulle nie uit onbeholpenheid nie, maar doelbewus; en so wek die geheel die indruk dat die digter Nederlands goed magtig is, maar opsetlik vir hom van die growwigheid van woord en vorm bedien as middele van hekeling. Prof. Smith (Gedenkboek ter ere van die Genootskap van Regte Afrikaners, 1926, bls. 34) en dr F.C.L. BosmanGa naar voetnoot⋆) (in 'n brosjure Afrikaans as Skryftaal, bls. 3) is waarskynlik reg om die taal as ‘sterk verafrikaanste Nederlands’ te bestempel, maar dit was sonder die minste twyfel die bedoeling van die anonieme skrywer om opsetlik Afrikaans in die mond van die verteller te lê. Dan is dit die eerste bewuste poging om Afrikaans te skrywe en ons letterkunde begin met hierdie satiriese ‘heldedig.’ 'n Ander voorbeeld van bewus-opgetekende Afrikaans is 'n samespraak deur 'n Groningse landbouer M.D. Teenstra in 1825 opgestel. Dit wil enkel as illustrasie dien van die ‘eenigermate verbasterde’ Nederlands wat deur ‘Kaapenaars en buitenlieden’ gebesig word. Teenstra laat die gesprek plaasvind tussen hom, ‘een boer, deszelfs vrouw en hunne slaven te Caledon.’ In die dialoog stapel hy soveel taaleienaardige opmekaar as hy kan: dit is die enigste doel wat hy nastreef. Wel laat hy deurstraal hoe gasvry die Caledonners is, en hy maak 'n enkele grappie, maar dit is terloops. Die teensinnige November moes 'n boodskap gaan aflewer aan die baas se buurman oor varke wat in die tuin pla. ‘De Vrouw: November! Zie daar is die aap weer uit de ket. Sies! ek ben bang, dat hij hier komt; kenje hem niet beter vastmaken nie?’ | |||||
[pagina 28]
| |||||
De Boer: Die aap is braaf slim. De Slaaf: Ja sueur! die aap al te danig listig, rech! rech! hij niet spreek, om hij geen boodschap doen wil nie ...’ (De Vrughten mijner Werkzaamheden ..., 1830, deel I, blss. 360-366). Self voel hy dat 'n Nederlandse leser dalk skepties kan word en verduidelik: ‘Ziedaar in een kort bestek de grootste en misschien de meeste taalfouten ... misschien zal men dezelve, door de kortheid van de ineengedrongene en verkorte Zamenspraak en daardoor opgestapelde gebreken, als overdreven beoordelen, echter is het dit in geenen deele.’ Hieruit blyk sy doel duidelik en verstaan ons waarom hierop verder taalkundige aantekeninge volg. Die was ook nie vir Afrikaanse lesers bedoel nie, en die stuk moet derhalwe slegs onregstreeks tot ons letterkunde gereken word. (Vgl. dr J.L.M. Franken in Die Huisgenoot, Julie 1927; Bosman: Drama en Toneel ..., bls. 539; Scholtz: Die Afrikaner en Sy Taal, bls. 209).
Nou maak ons tydskrifte hulle eerste buiging. In 1824 verskyn Greig, Pringle en Fairbairn se South African Commercial Advertiser, die eerste eintlike koerant, want die tweetalige Kaapsche Courant, wat sedert 18 Aug. 1800 verskyn, is 'n staatsblad vir regerings-kennisgewings. Die stryd vir die vryheid van die drukpers is bekend, en in die verworwe vryhede het ook J. Suaso de Lima wou deel toe hy in 1826 sy Nederlandse nuusblad De Verzamelaar uitgegee het. Hierdeur word die ‘bekeerde kreupele Portugees-Hollandse Jood,’ De Lima, soos dr F.C.L. Bosman hom noem, ‘die vader van die Hollandse koerantewese in Suid-Afrika’ (Hollandse Joernalistiek in Suid-Afrika, bls. 1).
Die kleurlose koerant het 'n lae peil gehandhaaf en weinig invloed gehad. Tengevolge van sy doelstelling om die ‘opkomende letterbloei’ te bevorder, het dit 'n menigte gedigte in Nederlands bevat, baie daaronder oorspronklik maar sonder letterkundige betekenis. Vir ons is 'n paar briewe daarin van belang. Na aanleiding van twee platvloerse artikels oor ‘Ezels’ en ‘Apen’ in April 1826 (nrs. 11 en 14) spreek ‘Een leezende Buytenman’ aan ‘de Uitgeefer van de Verzamelaar’ sy genoeë daarmee uit in 'n brief wat sterk Afrikaans-gekleurd | |||||
[pagina 29]
| |||||
is. Van groter betekenis is twee briewe wat vier maande later afgedruk is. Op 9 September 1826 (nr 34) verskyn van Jan Hennepikker uit Worcester 'n brief in ‘stertjie-Afrikaans’ gestel en waarin hy oor die lang omskrywinge klae wanneer 'n brief aan 'n Veldkornet gerig word. Daaruit haal ons aan: ‘Heer en Vriend, ik doet U.Ed. weete als dat ik heel veul hou van kort en goed, en dat het zo was in de distrik waar ik eers gewoond heef, maar in de distrik waar ik nou in woon is de Veld-Cornetschappe wat zoodanige lange naame heeft; dat een mens amper een uur moet verzuime om zo een naam te schrijven, want als wij aan de Veld-Cornet, brieve schrijf dan moet ons agter aan daardie naam boven op de brief nog schrijven ...,’ en dan volg lang adres-formules. Die skrywer het blykbaar probeer om grappig te wees.
Nog duideliker Afrikaans is Grietje Geldenaar van ‘Heks Rivier’ se brief wat op 16 Sept. 1826 (nr 35) verskyn het. Hennepikker teken sy naam en voeg by ‘Getrouwd met Grietje Haanekam’; Grietje Geldenaar volg sy voorbeeld en vermeld: ‘Getrouwd met dr. Treurniet.’ Hennepikker praat van ‘U Ed Kourand met die anker en de schilden, met drie koegelgate,’ doelende op die wapen van Kaapstad wat op die buiteblad van De Verzamelaar pryk; en Geldenaar weer van ‘de ankerschild met drie koegelgaate.’ Dit alleen toon voldoende hoe haar brief ingegee is deur die van Jan, en waar sy baie duidelik Afrikaans, laat ons sê, deftige Afrikaans, wil skrywe, is dit openbaar dat sy Jan se poging ook as ‘Afrikaans’ beskou het. Ook sy wil ‘koddig’ wees, maar nou oor die kwessie van gebrek aan kleingeld. Met die bepaling van lord Charles Somerset dat die ou Hollandse muntstelsel voortaan deur Engelse geld moet vervang word, het allerlei probleme ontstaan, en op een van die lastigste hiervan vestig dr Treurniet se geselserige vrou ons aandag in De Lima se ‘koddige kourant.’ ‘Nouw sel ons alle weer klaar kome om klyne dinge te koope, want waar jy komt in die Kaapsche wêreld om wat te koope is geen klyne geld, toe die penni nog een dubbeltje was toe ging dit nog, mar nouw is det een geneul om zomar te vloeke al is jy nog zo fyn, wy het ons al geresalveerd om die kooperdubbeltjes in twe en vier stukke te kappe om maar klyne geld te hebbe... Wy wens u gesondhyd.’ Die wij was destyds | |||||
[pagina 30]
| |||||
ewe goed deftige Afrikaans as ons gewone Afrikaans was. Let nog op die ‘hoë’ uitdrukkinge soos wy het ons al geresalveerd, waarnaas die gewone Afrikaanse uitdrukkinge soos danig, amper, verlangst(e) en die nuwe ontleninge penni en farding. Soos ons in die Lied die oudste bekende voorbeeld van doelbewuste Afrikaanse poësie het en in Teenstra se samespraak die oudste geval van 'n doelbewuste Afrikaanse dramatiese stuk, het ons miskien met die brief van Hennepikker, maar ongetwyfeld met die epistel van Grietje Geldenaar, ons oudste doelbewuste Afrikaanse proewe in briefvorm. Sover het ons in drie poginge drie vorme, en wat veral van belang is, poginge waarin Boere-Afrikaans gebruik is. Die Lied (wat tot onlangs net in handskrif bestaan het), bespot opsetlik die taalgebruik van die Swellendammers (en Graaff-Reinetters); die dialoog (wat in 'n boek voorkom) illustreer die spraak van die Caledonners as 'n tiep, en die briewe (van 'n koerant) teken die taal van die ‘Buytenlieden’ in en om Worcester. Van belang noem ons dit, omdat baie brokstukke wat nou volg Hottentot-Afrikaans tot grondslag het. Nieteenstaande die noue ooreenkoms tussen die twee vorme moet ons hulle tog as onderskeie beskou - 'n feit wat veelal ten onregte oor die hoof gesien word. Vir opmerkers van die tyd was hulle ook definitief apart, soos o.a. Burchell ons baie duidelik vertel, waar hy praat van ‘the Dutch language, according to the Cape Dialect and even according to the corrupt dialect of the Hottentots’ (Travels in the Interior of Southern Africa, 1822, dl. I, bl. 13). Op dieselfde grondslag berus die vasstelling van Changuion, dat ‘die taal (t.w. Kaaps) in hare zuiverheid alleen door Hottentotten en ander gepeupel gesproken word.’ (Inleidende Opmerkingen tot Proeve van Kaapsch Taaleigen, bl. v). Vir Changuion is daar tenminste 'n graadverskil wat die spraak van Kaapstad betref. Miskien is die taal van die bogenoemde stukke, die briewe byvoorbeeld, vir daardie tyd nie so Nederlands-getint as vir ons nie, en die deftige brief van mevr. Geldenaar is waarskynlik 'n suiwerder weergawe as ons met die eerste oogopslag mag vermoed. 'n Uitdrukking soos wy het ons geresalveerd laat deurskyn dat sy beskaafde Afrikaans wil skrywe. Bes-moontlik is sy iemand uit die ampte- | |||||
[pagina 31]
| |||||
naarskringe en is Nederlands goed magtig, net soos die eerste digter, en Teenstra natuurlik, Nederlands met die grootste gemak kon skryf. Ons vroegste doelbewuste Afrikaans kom dan lang nie van ongeleerde mense nie. Ook Jan Hennepikker is iemand wat dikwels met veldkornette korrespondeer. Saam met Burchell, Changuion e.a. wil ons dan 'n verskil maak tussen Boere- en Hottentot-Afrikaans en beskou laasgenoemde as 'n dialek. In De Verzamelaar kom geen Hottentot-Afrikaans voor nie. Die weekblad het tot 1829 'n sukkelbestaan gevoer, en toe De Lima in 1830 bankrotspeel, het sy drukpers in hande van P. van Breda, een van sy skuldeisers, geraak, wat self 'n koerant gaan uitgee. Op 9 April 1830 verskyn De Zuid-Afrikaan vir die eerste keer. In die redakteurstoel sit een van De Lima se grootste vyande, die geniale maar ongebalanseerde verafrikaanste Fransman Charles Etienne Boniface (1787-1853). Hy is 'n dinamiese persoonlikheid wat altyd wil ‘maak en breek,’ iemand met visioene maar sonder 'n sin vir die praktiese eise van die lewe. Maklik raak hierdie seun van Parys opvlieënd en skrywe dan artikels wat glinster in die gloed van sy verontwaardiging en toorn. In sy program van aksie noem hierdie redakteur al die ‘humbugs’ waarteen hy te velde gaan trek, een daarvan is die ‘paramount of non plus ultra van alle humbugs, de Philippisch Humbug.’ As gevolg van aantygings teen die landdros van Somerset (-Oos), nl. W.M. MacKay, in sy Researches in Southern Africa (1828) moes dr Philip hom in 'n lastersaak verdedig en laat ene Hendrik Kok, oor wie se ‘mishandeling’ hy geskryf het, as getuie dagvaar. Die saak was die aanleiding tot die skrywe van 'n Afrikaanse brief en 'n samespraak, die eerste waarskynlik, die tweede seker van die hand van Boniface. Die brief is van weinig belang. Die ‘knappe Neef Adam Slokker’ skryf op ‘de 03 Junie 1000,800,03’ (1830) van ‘Bedelaarsdorp’ (Bethelsdorp) aan sy ‘Oom Kievedo’ (Cupido) op gemaak-lompe wyse maar in gekruide taal teen dr Philip. ‘...ik hoor hulle het Flippies voor die koert, voor zyn leugens, en dat hy moers gespook het om daar af te kom, maar dat was verniet. - Oom, nog wat, waarom moet hulle zo fals rapport - hulle zeg ons | |||||
[pagina 32]
| |||||
Hottenos drink nie drank nie - die Here moet maar by die kantien kom dan zal hulle zien dronkelappe, swere en swetse, baklyslagge, roesiemakers...’ (De Zuid-Afrikaan, 20 Aug. 1830). Enige vriende en Boniface het sogenaamd 'n onderhoud met Hendrik Kok wat te laat gekom het om sy verklaring in die hof ten gunste van die ‘baas Predikant’ af te lê. Die ondervraer praat Nederlands, Kok antwoord in suiwer Afrikaans wie hy is, waar hy vandaan kom en wat hy in Kaapstad moes maak. ‘Hulle wil mus hehn ik moet en verklaare geuw in die zaak van Dings... ach, hoe hiet hy ook? - MacKay misschien? - Ja, regt, sjeur, voor Miester Makkaay, regt.’ Nou wil hulle iets uit sy lewe weet en dan kry ons 'n paar van die pragtigste oomblikkies van realistiese, sielkundig-fyne karakterontrafeling in ons vroeë letterkunde. Boniface het hom noukeurig afgeneem, hierdie uitgeteerde ou Hotnot met 'n gesig soos ‘oude biltong’; na hy sy stompie pyp met 'n gebedelde kooltjie aan die gang het, beantwoord hy alle vrae rustig en met die wysheid, van iemand wat sonder wrevel terugskou. Hy was in die tronk, maar hoekom? Antwoord: ‘Ach, sjeur hoe kan sjeur nou zo iets vraage? As en mensch nou nie wil luister, dan ga je mus na de Tronk.’ ‘...Ja, maar jy had brandewyn gestolen, jy oude schelm, en dat vertel jy niet?’ ‘Ach, das al lang verby al, sjeur! Toe was ik nog veul jonger, als dat ik nou is, toe had ik die verstand niet, sjeur! en dan, wie zeg ik het gestool? ik het nie gestool, ik het maar gedronke die brandewyn...’ Plegtig klink sy waardige vergoeiliking van die diefstal en eg-menslik van toon. Op belofte van geld om tabak te koop sal Kok vertel hoe dit toe gegaan het. En met hoeveel plesier vertel Boniface dit nie na nie, die gemoedsontroeringe soos dit uitkom in sy gebaar, sy lag as hy, Kok, die toneeltjie meedelende weer deurleef en dit dan sonder haas genietend vertel, verinnig met 'n menigte gevoelswoordjies wat hom so natuurlik van die lippe rol! Tyd genoeg, en gesels is lewe! ‘Nou, kyk, Sjeur! ik zal voor sjeur nou regreg zegge hoe het toegegaan is. Die tyd was ik nog banja schelmagtag, das waar; dat wil ik weete (kostelike selfkritiek!). | |||||
[pagina 33]
| |||||
Maar - wat zal nou doen, Sjeur? Het is toch ook al over, al. Sjeur moet weete, ik was die tyd by een Moenjooi (Mountjoy) verhuurd. Op een dag moes ik met zyn wagen een halfaam brandewyn na Somerset gaat brenge. Nou, en mensch is toch maar en mensch! Ik was zoo alleenag, zoo christe ziel alleenag! Geen maat nie, om een beetje mee te praate langs die pad, en dors kreeg ik ook daarby. (Met een zwaare zucht). Ja! wat zal en mensch doen? Ik doch zoo, in myn eenigheid - daar is brandewyn in die vat! (Hy lacht). Nou, ik had zoo en hoorn by my, weet sjeur? en toe maar frisch op aan 'n pompen, maar, ik heengegaan en het een beetje van de brandewyn getapt maar, niet banje nie! Zoo maar een hoorn vol; - en toe gedronke. So vertel hy verder, vol wereldwyse opmerkinge en met 'n goedige selfbeoordeling, eerlik en opreg, maar tog skoorvoetend as dit enigsins teen hom gaaan. Toe hom gevra word of sy misdryf dadelik ontdek is, lui dit: ‘Hulle het aans zoo wat gemerkt,’ en dan dadelik uit met die volle waarheid, ‘hulle het dadelyk dit gemerkt.’
Tog het die landdros, aan wie die brandewyn behoort het, hom goed behandel: ‘Ach nee, sjeur, die miester Mackaay is een al te danage goeye Engesman, wrentig waar. Kyk, ons het nooit zoo een goeye Landdros op Somerset gehad; nooit van zyn leve nie; vraag maar aan wie jy wil... Kyk, wil sjeur wel gelowe dat hy voor my dat niet gedaan het (hy klapt met | |||||
[pagina 34]
| |||||
de vingers) om die brandwyn...’ - Wie ken die vingerklap van sulke rustige vertellers nie! Op die skilderagtige manier gaan Kok voort om te vertel dat hy hom ‘naerhand’ aan Bruton verhuur het en nou moes kom getuienis aflê. Sy twee ‘pehrde’ is dood op weg hierheen en seervoet het hy in Kaapstad aangeland - drie dae te laat. Dr Philip, as die verlorende party, sal hom sy koste moet vergoed. Nog 'n paar karakteropenbarende trekkies: ... En hoeveel zal je wel vragen voor je onkosten? Op die vraag ‘Het jou vrou en dogter Kaatje ook saamgekom?’ antwoord hy: (met grote verwondering): ‘Mijn dochter Ka...! Kyk, hulle weet by me-ziel ook al van Kaatje hier in de Kaap te spreke! Hoe weet sjeur dan dat ik een dochter het wat Kaatje heet?’ Hy woon nou intussen by dr Philips, waar hy goeie kos kry. ‘Wyn of brandewyn (om te drink), niet?’ word hom gevra, en dan terg die kruisverhoorder en sê dat dr Philips sy Hottentotte mos sterk drank afgeleer het. Taamlik onkies, maar met enige patos skiet Kok vinnig terug: ‘Ja, zijn moer ook! wat wil hy voor ons afgeleerd hehn! Probeer laat hy maar voor my een soopie geeuw, of ik nie zal drinke, nie! Het Sjeur ooit een soopie versmaaid? Ikke voor vas nie. Ik kan zoo iets over myn hart niet kryge nie...’ Met 'n paar sielings om tabak te koop is Kok toe daar weg, en die volgende dag het dr Philip hom laat teruggaan met 'n paar pennies vir brood en vleis as padkos, in stede van die ‘Honnert Pond’ sterling. (De Zuid-Afrikaan, 6 en 13 Aug. 1830). Opvallend is die poging om die klanke so getrou moontlik weer te gee. Aandag verdien ook die vermoë van Boniface, | |||||
[pagina 35]
| |||||
die ‘Cape dramatist’ en toneelspeler, om hom in die rol van Kok te verplaas en hom as 'n werklikheid aan ons voor te stel. Hy sien Kok dramaties, bv. waar hy sy vingers klap; hy hoor hom werklik praat, sy halfsinne herhaal, sy gesprek met gevoelswoordjies persoonlik gemaak. Ook ken Boniface vir Kok deur-en-deur, sy liefde vir tabak (hy rook deur die hele onderhoud), sy gehegtheid aan sterke drank, sy onverskilligheid op stuk van godsdiens of beëdiging, sy grootspraak e.s.m. Kok is 'n egte natuurkind vir wie net die oomblik aanlok (Vgl. G.S. Nienaber: Van Roem tot Selfmoord, 1939, bls. 48-56). In De Zuid-Afrikaan kom nog ander gevalle van Afrikaans voor, maar geen enkele met soveel talent geskryf as Boniface se stukke nie. Op 17 Des. 1830 klae Een Boer in kleurlose styl maar beheers, oor die manier waarop die veldkornet in Swellendam skutvee laat verkoop sonder om daarvan behoorlik kennis te gee in die koerant (Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, xiii, 3, art. van J. du P. Scholtz). Terwyl hierdie brief 'n beskaafde toon het, is die poging van Een Ingesetene van Stellebos, plat (De Zuid-Afrikaan, 13 Mei 1831). Hy besig 'n hakkelrige kreools-Afrikaans om van 'n ongeloofwaardige klugtige ‘kinderspulletje’ te vertel, waarskynlik vir vermaak. As geselsbrief is die skrywe van Een eenvoudige en openhartige Boufoortse Burger (De Zuid-Afrikaan, 12 Aug. 1831) nie onaardig nie. Deurdat die regering ‘een van de amtenaarse kerels wat op Boufort woon’ nog nie sy salaris uitbetaal het nie, probeer hy tevergeefs om uit hom die geld te kry vir 'n perd wat hy aan die amptenaar verkoop het. Die ‘paert (is) soo en steekelhaar met een bles voor de kop, en twee witte achtervoetjes; een paerd Mynheer, op de jagt so goed as een mensch maar kon verlange, - ik jag met hem een Vogelstruis mannetje maar zoo als niks in.’ Na nog een en ander meegedeel te hê, beloof hy om met broer Jacob vir die Mynheer ‘een stuk of wat heerlyk seekoe spek (te) stuur’ en vra raad vir die ‘opwerkens’ van sy vrou. As ons die poginge in vernederlandste Afrikaans of gebroke Nederlands (bv. op 24 Des. 1830 of 11 Febr. 1831) buite rekening laat, dan sal ons nie voor 1858 weer 'n aaneenlopende stuk in doelbewuste Afrikaans in De Zuid-Afrikaan kry nie, wat wel opval as ons merk dat daar tussen 6 Aug. 1830 en 21 | |||||
[pagina 36]
| |||||
Aug. 1831 vyf Afrikaanse stukke in hierdie weekblad verskyn het - een dialoog en vier briewe, twee daarvan in Boere-Afrikaans. Behalwe die samespraak van Boniface, het die stukke letterkundig geen betekenis nie. Boniface se naam word in 1832 weer met ons literatuurgeskiedenis verbind. Hy trek te velde teen die pasgestigte Matigheidsbond, omdat hy dit as 'n onverdiende klad op die goeie naam van die Hollandse ingesetenes beskou en skryf 'n fel-hekelende drama, 'n ‘kluchtig blijspel in vier Bedrijven,’ genoem: De Nieuwe Ridderorde of de Temperantisten, (1832). 'n Komplot besit die drama eintlik nie; dit is in sy hoogtepunte 'n geparodieerde weergawe van die stigtingsvergadering (wat dr Philip en sy medestanders belaglik moet maak) en van die samekoms om nuwe lede ‘tot ridders te slaan.’ Die betekenis van die stuk moet in die atmosfeer en die situasietekeninge gesoek word. Boniface is 'n realis, die eerste in ons letterkunde, en kan deur gebruikmaking van sprekende details en deur oulike kwinkslae, soos in sy meestal geslaagde woordspelinge, belangrike effekte bereik. In die Toewyding vertel hy die ‘Afrikaansche kolonisten’ dat die klug ‘oorspronkelijk in hunne moedertaal geschreven (was) welke de Auteur onder hen heeft geleerd.’ Dan sou dit die eerste Afrikaanse dramatiese werk geword het, en nie net ‘die oudsbestaande oorspronklike dramatiese werk in Suid-Afrika’ nie (Drama en Toneel, bls. 300). Nou praat nog net die Hottentotte hulle Afrikaans, en dit bepaal ons belangstelling daarin vir hierdie oorsig. Hier word Afrikaans, altans 'n vorm daarvan, vir die tweede keer met voorbedagte rade vir letterkundige doeleindes gebesig. Dr F.C.L. Bosman sê van die Hottentot-toneeltjies: ‘Ek weet van geen dramatikus na Boniface - en hul aantal is legio - wat Boniface in sy uitbeelding van die kleurlingtipe, vandag nog vrywel dieselfde as toe, oortref nie’ (ald., bls. 318). Kleurryk en vol van klank is die toneel waarin 'n rusie onder die Hottentotte losbreek. Die taal is ‘die lewende woord, warm van hul mond opgevang.’ (Bosman). Dit is die lus aan die werklikheid wat die tonele vertroud en bekoorlik maak. Net soos met Hendrik Kok is daar weinig gang maar baie uitbeelding. Reeds in die derde toneel van die | |||||
[pagina 37]
| |||||
eerste bedryf tree Manus Kalfachter en Grietje Drilbouten op, druk in gesprek oor waar die ‘Temperance Union’ en dr Philip (Humbug) in die grote Kaapstad mog wees, maar hulle praat al van Onion, 'n bekende kroeg. Die blankes Quizz en Call-his-Son help die aspirant-ridders nie baie nie, en in die stilte verkneukel Boniface en sy lesers hulle leedvermakerig daarin.
Quizz:
Wel, vraag maar op. Wat is het?
Kalfach:
Ons is hier die weg nie bekent, ziet Minneers? en ons wou graag weete waar of die huis van die goeye Minneer Humbug woon, om dat ons daar moet wees, ziet Minneers?
Quizz (hem den rug keerende):
O, damn al de Humbugs!
Call-h-s (tegen Kalfachter):
Myn vriend, de Humbugs hebben zich onlangs magtig vermenigvuldigd en verspreid hier in de stad; zoo dat indien de goede Mynheer waar gy naar vraag geen byzonder toenaam heeft, zal het vry zwaar vallen u teregt te helpen.
Kalfach:
Hy is de grootste van allegaar die Humbugs.
Grietje:
Zyn ander naam hiet Philipapkind, zegt hulle.
Kalfach:
Dat moet daarzoo by die Onion wees.
Call-h-s:
O! verkoopt uw mynheer Humbug, onions?
Quizz (terzyds):
Hy zal zeker meenen, kluitjes.
Kalfach:
Ja, Minneer, hulle hat voor ons gezeg, onion.
Grietje (tegen Call-his-son):
Ach, hy is gek: die Dominie verkoop niks nie, Minneer; hy is maar baas, zeg hulle, over zoo een ding wat zulle Malligheid-Gewerschaf noem; weet Minneer?
Call-h-s:
Matigheid Genootschap, wilt gy zeker zeggen.
Kalfach:
Reg, Minneer! Net zoo hiet die spul, reg! En daar moet ons wees.
Call-h-s:
Gy moet eigenlyk by de Union wezen?
Kalfach:
By die Onion; ja Minneer.
Quizz (tegen Grietje, terwyl hy haar van kop tot toon door zyn lorgnette beziet):
En gy ook?
Grietje:
Ja, Minneer; ik en myn man, zaam.
Quizz (op Kalfachter wyzende):
Is die vent uw man?
Grietje:
Hy is nou myn man, ja. (Lees met aksent op nou, Skr.) | |||||
[pagina 38]
| |||||
Call-h-s:
En wat moet gy-lieden dan daar doen?
Kalfach:
Ons hat een boodschap mee-gebrog van ons volk op Bedelsdorp, weet Minneer? - voor die... dingskap van Humbug.
Quizz:
Zoo?
Grietje:
Hulle wil graag weete by ons, daar onder, hoe of zoo een zelschap is, ziet Minneer? om net zoo een daar te maak.
Call-h-s:
Op Bethelsdorp?
Kalfachter:
Ja; om dat het by ons zoo droog is, weet Minneer? en ons hat amper niks te doen, nie; daarom wil hulle zoo een ding daar hêhn om de pret, ziet Minneer? niksas om de pret, maar.Ga naar voetnoot⋆) Na 1832 verloop 'n twaalftal jare voordat daar o.w. weer iets in Afrikaans kom, en dan sal ons Boniface ook weer raakloop. Met sy De Nieuwe Ridderorde het hy vir hom naam gemaak, en ook sukses gehad met sy volgende hekeldrama Clasius (1834) waarin hy op baie persoonlike wyse en onridderlik, maar ongetwyfeld met groot talent en toneeltegniese vaardigheid, sy vyand De Lima bespot en verneder. Dit is in Nederlands geskryf, behalwe die gedeeltes waarin die Engelsman Lawshark optree, in wie se mond hy geradbraakte Hollands lê om die komiese effek te verhoog. Maar Boniface was op die afdraande pad, of, soos hy sê, Donna Felicita het hom verlaat. Sy prosesse, sy skulde, sy los privaatlewe en sy giftige persoonlikheid, het hom seer gehaat gemaak. Veral sy skuldeisers het hom soos haaie agtervolg en die lewe ondraaglik laat word. Teen een van hulle, sy vroeëre assistent De Kock, skryf hy in 1843 'n Engelse hekeldrama Kockincoz waarin skitterende situasietekeninge voorkom en waarmee hy ons dikwels aan sy leermeester Moliere herinner. Eindelik weet hy Moll te bepraat om in Natal 'n uitgewersaak te begin. Hier het hulle vroeg in 1844 aangekom en in die hoofstad Natal se eerste koerant uitgegee: De Natalier, met | |||||
[pagina 39]
| |||||
Boniface as redakteur. Gou het hy vir hom 'n hoop onversoenlike vyande gemaak. Oor almal en enigiets klae hy. Blykbaar as 'n steek aan die adres van landdros Zietsman bedoel (Zotsman noem Boniface hom), maak hy 'n meesteragtige aanval op die spelling van Pietermaritzburg as drie los woorde. Ook beduie hy dat die Boere se taalgebruik die gewoonte van afwyking vertoon en gee 'n situasietekeninkie van twee Afrikaners wat mekaar op die môremark ontmoet. Hy tipeer hulle nogal goed in die paar sinne. Dit moes net as 'n illustrasie dien, is 'n fragment sonder 'n innerlike, saambindende doel. Tog het dit 'n besondere betekenis deurdat dit die oudste geval van bewus-opgetekende Afrikaans in Natal is. Na sy afdanking as redakteur het Boniface 'n droewige sukkelbestaan gevoer. Hy het voortgegaan om in Nederlands, Engels en veral in Frans, teen sy vyande Moll en Walker skimpskrifte te rig onder die versamelnaam Bluettes. Hy is die eerste digter van Natal met sy brandende aanklagverse wat skryn van teleurstelling om vergane verwagtinge (1845). Van sy hand is die eerste aflewering van 'n Nederlandse grammatika waarin hy gunstige verwysings na Afrikaans maak (1852). In 1853 is hy oorlede aan die gevolge van te veel laudanum wat hy opsetlik geneem het met die bedoeling om 'n einde aan sy vereensaamde, mislukte lewe te maak. Die stukke waarmee Boniface vir hom 'n blywende plek in die Afrikaanse letterkunde verower het, is in kleurling-Afrikaans gestel. Hulle toon hom aan ons as 'n persoon met 'n fyn opmerkingsgawe, 'n goeie uitbeelder, wat situasies helder sien, lewendig voorstel en suggestief-dinamies laai. Aangesien hy Nederlands en Afrikaans na sy twintigste jaar aangeleer het, bewys sy beheersing daarvan hoe uitmuntend hy 'n gevoel vir 'n taal kon ontwikkel. In ons literatuurgeskiedenis is hy die eerste werklike figuur van belang. Na hierdie eksentrieke ‘Native of France,’ soos Boniface hom teen die einde van sy lewe graag genoem het, kom die groter figuur van Louis Henri Meurant (1811-1893). Van vaderskant is hy 'n Switser, van moederskant Engels, maar na hy sy moeder op sewejarige leeftyd deur die dood verloor het, is hy in die Afrikaanse gesin van die boumeester en argitek M.J. Smit groot gemaak. Hy het hom as drukker bekwaam | |||||
[pagina 40]
| |||||
en toe 'n saak in Grahamstad begin. Op 30 Sept. 1831 verskyn die eerste koerant van die Oostelike Provinsie, Meurant se Graham's Town Journal, wat hy in 1838 aan sy vennoot Godlonton (sedert 1834) verkoop het. In 1844 gee hy weer sy eie koerantjie uit, die Hollandse weekblad Het Kaapsche Grensblad wat op 12 Julie in Grahamstad sy intrede maak.Ga naar voetnoot⋆) Die blaadjie het vir ons groot betekenis om die Afrikaanse stukke wat daarin die lig gesien het, die eerste op 31 Okt. 1844. Hulle volg mekaar vinnig op sodat ons in die eerste vyftien maande veertien poginge tel (tot begin Febr. 1846), maar dan breek dit tot 1849 heeltemal af. Ons kan die veertien proewe as die eerste golfslag beskou. Die tweede golfslag vorm die sewe stukke wat tussen Desember 1849 en Desember 1850 opgeneem is. Van die 21 stukke is vier in dialoogvorm, en hiervan weer word Afrikaans net ten dele in twee aangewend. Van die neëntien stukke wat geheel-en-al in een of ander soort Afrikaans gestel is, is sewentien in briefvorm. Die briefvorm word dus by voorkeur gekies en munt ook in gehalte bo die samesprake uit. In hoeverre die stukke deur ander blaaie oorgeneem is, kon ons nog nie duidelik vasstel nie, behalwe dat De Verzamelaar, wat in 1839 weer as 'n tweetalige weekblad heropgestaan het, die gesprek tussen Piet Grootkop en Paul Grootschoen oorgedruk het (22 Julie 1845). Hierin word Afrikaans deur die ongeletterde boer Paul gebruik en Nederlands deur die Kapenaar Piet Grootkop, 'n teenstelling in waardes wat ons reeds herhaaldelik opgemerk het (stad: platteland; beskaafd, geleerd en fyn teenoor ru, ongeletterd en eenvoudig-plat; sakeman en amptenaar teenoor Boer). Van die sewentien briewe is een in kleurling-Afrikaans (die tweede reeks teenstellings na die vorm) en een opsetlik krom. Opsetlik word ook baie briewe, soos die van Platje Wijsneus, so eenvoudig moontlik gestel en die skrywers doen hulle soms voor as persone wat met groot moeite die pen voer. ‘Zoe! ik zweet somaar van skrywe.’ (Platje Wijsneus, 27 Nov. 1845). | |||||
[pagina 41]
| |||||
Mej. Beuzemstok en Platje Wijsneus is die twee wat die meeste van hulle laat hoor. Albei behandel belangrike vrae van die dag, maar die ernstige sake word vertel op 'n manier wat deur sy lewendigheid en toon 'n indruk van luimigheid wek, of deur die voorgewende lompheid en eenvoudigheid snaaks wil wees. Reeds die derde Afrikaanse brief en die eerste van mej. Beuzemstok vertel dat hulle die ‘karant’ elke week kry. ‘Daar staat zulke koddige nieuws in, dat ik somtyds voor een half uur daarom lag’ (5 Des. 1844). Ons kan aanneem dat die stukke in die volkstaal hulle deel hiertoe bygedra het, en selfs meer, dit blyk dat die stukke juis om die pret in die spreektaalvorm gegiet is met die bedoeling om die blad gewild te maak en meer intekenaars te werf - 'n gedagte wat die skrywers altyd terloops uitdruk. Dat die lokale en platte hom hoëre waardes wil toe-eien, maak op 'n naïefpastorale mentaliteit altyd 'n ‘koddige’ indruk. Eers in De Verzamelaar het ons op die waarde-bepalende term ‘koddig’ afgekom, en nou weer hier. Terselfdertyd tipeer dit die soort lesers tot wie die skrywers hulle gerig het. Die briewe het blykbaar baie in die smaak geval; so getuig Piet Wijsneus guitig: ‘Waar jij kom, ziet je mense staan met de corant in de hande, hulle lag en gaat te keer op een jammerlyke weyze, altemet praat hulle tegen myn ook en zeg, die, en die, is zeker die skreyver, maar ik praat zame, en verzoek hulle altemit voor myn die stukkie voortelees, en lag dan ook saam’ (27 Nov. 1845).
Die voorkeur kan ons goed begryp as ons die bydraes van Beuzemstok en Wijsneus lees. Hulle is albei aangename geselsers wat 'n persoonlike kontak skep. Met 'n groot draai kom hulle by die hoofsaak; lewendig en met gevoel beduie hulle waarom hulle nou weer klae en pruttel; by al die kwasi-erns bly hulle meesterlik in die volkse toon en is self warm Afrikaners. Oor dié Afrikaners wat hulle as Engelse aanstel, sê Wijsneus skerp-veroordelend: ‘Jy weet tog, want jy is selvers een Afferkaander, dat ons dag om een beetje achterop te schop, en vrolik te leef, de nieuwsjaarsdag is, en van de Engelse korstdag; nou Menheer kan jy het wel oyt gelove dat hier Afferkaanders is die met de Engelse zaam doen, en op zoo een groot dag, net als of hulle Engelse is; moet ons, of almal | |||||
[pagina 42]
| |||||
die een klein beetje verstand het ons niet vererg nie, om sulke domme Ezeltjes? hoe dat hulle, hulle ook aanstel, hulle is, en blyft Afferkaners...’ (10 Jan, 1846).
Een lang aanhaling ten slotte uit 'n brief van die uitgesproke mej. Beuzemstok om haar styl in al sy lewendigheid en beweeglikheid te tipeer. Dit gaan oor die voorgestelde nuwe seëlwet. ‘Maar het jy gehoor nigge, van die praatje, dat daar weer een nieuwe wet zal kom, dat daar niks kan gedaan worde zonder een zegel. Weet jy wat een zegel is? Paatje zeg, dat die lelyke stukke rooye papier wat aan die Grensblad aangeplak is, ook een zegel is. Die ouwe Gouverneur het dan mooi gemaakt. Hy is eers hier gekom en alles stil gemaakt met die kaffers, en hulle belet om niet meer te steel nie, en nou wil die gouvernement zelfs hulle hande in de boere zyn zakke steek... Ik hoor dat geen nooye meer kan trouw nie, of zy moet eerst gezegeld worde, - en as haar vryer permissie vraag om met haar te trouwe, moet hy ook eerst een zegel koop; en voor elke kind wat getrouwde mense kry moet daar ook een zegel voor wees. Het jy ooit zoo wat gehoor? ...’ (23 Jan. 1845).
Inderdaad verfrissend is dit om op hierdie stadium sulke sappige Afrikaans te ontmoet. Dit is nog gewone, konvensionele volksprosa met genoeg spankrag vir die klein dingetjies van 'n ongekunstelde pastorale lewe, - met die speelse ritme van 'n kultuur wat gesond en jeugdig is en vol dadedrang.
Is Boniface sover ons grootste dramatiese talent, (al gebruik hy Kleurling-Afrikaans), dan is Meurant ons knapste briefskrywer. Want mej. Elsie Beuzemstok is Meurant, die redakteur, eienaar en uitgewer van Het Kaapsche Grensblad. Dr J. du P. Scholtz stel die identiteit vas op grond van tipiese tekstuele ooreenkomste met die Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar uit 1861, wat, na ons vandag bo alle twyfel weet, deur Meurant geskryf is. Hy verwys veral na die gebruik wat van 'n paskwil uit die ou dae gemaak is (‘O, heere, wilt ons toch verlosse/Van al die Engelse osse’) en na die ‘Plets’ (‘pledge’) van Elsie, wat dieselfde gedagtegang verraai as by Tante Elsie Twijfelaar. Die briewe van 5 Des. 1844, 23 Jan. 1845, 8 en 29 Des. 1849 en 2 Febr. 1850 is dus van Meurant. | |||||
[pagina 43]
| |||||
Maar tenminste ook die stukke van Platje Wijsneus (13 en 27 Nov. 1845 en 10 en 31 Jan. 1846) en Pouwel Grootschoen (10 Jul. 1845) is vir ons duidelik in Meurant se trant geskryf. Wie hoor nie die stem van die ‘koddige Dopper’ Klaas Waarzegger, waar Wijsneus hom glimlaggend as dom en eenvoudig voordoen, sodat jy van hom weinig verwag en dan verstom staan oor sy slagvaardigheid en ontwikkelde sin vir die grappige nie! As die bure raai wie Wijsneus kan wees, praat hy saam, laat hom die stuk voorlees, en ‘lag dan ook saam’ - die Platjie! Woordelik soos Neef Klaas Waarzegger, sê ook Wijsneus (- dieselfde soort skuilname!) ‘Ik is zelvers een wat hierzo geboor is, maar ik was tog ook aan de Kaap; ik kan ook praat hoe dat het daar gaat...’ Oortuigende bewyse kan ons nog uit die baie taal-, spelling- en interpunksie-ooreenkomste haal, waardeur Meurant hom, selfs met die afstand tussen die stukke, duidelik laat uitken. Dr Scholtz ook wil nie àl die stukke op rekening van Meurant plaas nie, hoewel hy toon dat Afrikaans alleen dan voorkom wanneer Meurant die blad self redigeer; is hy uit Grahamstad afwesig, soos gedurende die sewende kafferoorlog wat in Maart 1846 uitgebreek het, dan soek ons tevergeefs na Afrikaans. Al kan ander persone ook hulle aanspraak as skrywers van sommige van hierdie een-en-twintig Afrikaanse stukke laat geld, dan bly die heel-beste daaronder tog met 'n redelike mate van sekerheid Meurant se eie voortbrengsele, en dit is eintlik die belangrike feit. (Vgl. verder: Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Jaargang xii, bls. 164 e.v.) Die leksikografiese belangstelling van dr A.N.E. Changuion in Afrikaans in sy werk van 1844 (De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika Hersteld) gaan ons verby. Onder die Engelse bevolking van die Oostelike Provinsie het die politieke satire The Three Tailors of Tooley Street niks van sy populariteit ingeboet nie. Dit het A.G. Bain en Rex tot voorbeeld gedien vir hulle dramatiese tussenstuk, die klugtige Kaatje Kekkelbek (1844). Dit word gedeeltelik gesing en gedeeltelik voorgedra. Die gesproke gedeeltes is in betreklik goeie Hotnot-Afrikaans maar die versies is in 'n onsmaaklike mengelmoes van Afrikaans en Engels. Vir ons is baie toespelinge wat destyds slim en vermaaklik was, duister, en die | |||||
[pagina 44]
| |||||
geheel grof en ongenietbaar oordrewe, maar die uitbeelding van die Hotnotmeid se onverbeterlike diefstal- en drankgewoontes, haar onverantwoordelikheid en aanmatiging, het die monoloog 'n ware suksesstuk gemaak. Kaatje Kekkelbek verteenwoordig die tipiese Hottentottin, 'n onbesorgde, vrolike dievegge wat die lewe as 'n suigfles beskou. Ook in hierdie voorstelling bly die dryfveer vermaak, nou van 'n lae orde. Dit is vir die eerste keer o.w. afgedruk in Sam Sly's African Journal van 20 Aug. 1846 en is daarna herhaaldelik in verskeie blaaie oorgedruk. (Kyk nog: Bosman: Drama en Toneel ... deel I, bls. 506 en 541-543). Vir die lewendigheid en grappige uitwerking is Afrikaans ook in die mond van enige toeskouers gelê in 'n Engelse skets: A Day at D'Urban - die ou naam van Durbanville. 'n Perdewedren word beskryf en 'n paar aanwesiges se opmerkinge word in Afrikaans weergegee. Die skets het verskyn in The Cape of Good Hope Literary Magazine van Oktober 1848. (Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Jg. xiii, bls. 326). Na die stukke wat in 1849 en 1850 in Het Kaapsche Grensblad verskyn het, is daar 'n tydlank stilte. Die eerste proewe wat hierop volg is o.w. die samespraak tussen 'n ‘Hollands-Afrikaanschen boer, ... een kerel, misschien 6 by 2½ voet; de zwaarte kon ik bij mogelijkheid niet gissen,’ en 'n Nederlander wat in 1857 met sy gesin in Durban geland het met die bedoeling om hom in Suid-Afrika as onderwyser te vestig. Te voet het hy van Pinetown na Pietermaritzburg gekom, waar 'n bevriende Afrikaner hom in aanraking met sy swaer Marais, 'n swaar blok van 'n kêrel, gebring het. Marais, wat natuurlik Afrikaans praat, is gewillig om hom as ‘meester’ in diens te neem, en die gesprek verbeeld die ondersoek waaraan hy onderwerp word. Onder meer heet dit daar:
Hij
tot zijn zwager. - Het jij nie die boek nie? (De zwager komt met den grooten Bijbel). Kan jij lees?
Ik
Ja wel.
Hij
Lees dan wat uit Genésis of Exódus.
Hij
Jij kan zeker op die papier? (hij maakte eene beweging met zijn regter voorvinger op de linkerhand). | |||||
[pagina 45]
| |||||
Ik
Ja.
Hij
Ik dach zoo, maar kan jij zing?
Ik
Welk zingen bedoelt u?
Hij
Wel, zing. Gezang. Zalm op noten en liedjesgewijs.
Ik
Ja.
Hij
Zing dan nou net maar Gezang 24.
Ik
Wat bedoelt u met draaiers?
Hij
Jij da nie kan nie? Hoor dan:
Ik
Ja zóó kan ik het ook.
Hij
Nou dan is alles goed. Jij kan bij mij kom.
Ik
Wat zijn de voorwaarden?
Hij
Ik zal jou geef voor mijn 6 kinders £3 - in de maand en 5 shilling voor andere kinders; een kliphuis om in te woon, vrije kos en alles wat jij ver jou en familje noodig he, maar geen kleeren nie...’
Die prettige tweegesprek, vir Nederlandse lesers bedoel, is net vir die aardigheid geskryf om 'n beeld te gee van Afrikaans (wat hy soms onsuiwer weergee) en die volkskarakter en plaaslike omstandighede, - dus weer presies soos in die geval van 'n ander Nederlander, Teenstra. Sedert 1831 het ons in De Zuid-Afrikaan niks verder in Afrikaans raakgeloop nie, totdat daar op 8 April 1858 'n kort briefie, sogenaamd van 'n kleurling Waaibroek, verskyn om sy blydskap te kenne te gee dat die magistraat ook op Fransch-Hoek sake sal kom verhoor. Dan wil hy 'n man wat snags in wit klere rondloop en die kerkklok lui, gaan vang om te bewys ‘dat ons zwarte mensen niet alleen kwaad doet.’ En hiermee kom ons by 1860 en 'n nuwe mylpaal aan. Kyk ons op die afgelegde weg terug, dan stel ons vas dat die genoemde stukke gering in aantal en klein van omvang is, en selfs so is daar 'n paar wat na regte nie vir 'n literatuurgeskiedenis in aanmerking behoort te kom nie, maar juis om die | |||||
[pagina 46]
| |||||
seldsaamheid 'n plekkie gevind het - as oue waar. Natuurlik is die beeld wat ons ontwerp het baie onvolledig, maar is voldoende om tog die omtrekke te laat sien.
Afrikaans is sover aangewend om, as dit nie ter illustrasie geskied nie, 'n ‘koddige’ effek te bereik. Deur die Kleurling sy vorm van Afrikaans te laat praat, wen die voorstelling dit aan lewendigheid en snaaksigheid, verleen dit plaaslike kleur en 'n element van natuurlikheid aan die grappige situasie. Afrikaans in die mond van blankes gelê, het die skyn van eenvoud, eenvoudigheid en gebrekkige geleerdheid. In albei gevalle berus die gebruikmaking op 'n strewe na geringskatting, selfs bespotting en selfbespotting. Afrikaans is nog die bedelaarskleed wat speels om die skouers van 'n kind gehang word. Solank as hy hierdie vodde aan het, kan hy òf soos 'n harlekyn sy toeskouers met koddige toertjies vermaak en sukses behaal, òf hy kan oor lewensbelangrike vraagstukke debateer soos oor verengelsing, die ‘anti-konviks,’ wolpryse, ens., en nog toegejuig word, want, ‘mense, hoe snaaks klink dit tog nie!’ soos 'n groot waarheid altyd in die mond van 'n klein kind koddig klink.
Wil die skrywer nie amuseer nie, maar eis hy ernstige aandag vir Afrikaans op, selfs al is dit bloot uit wetenskaplike belangstelling, dan draai die publiek woedend teen hom. De Lima het 'n heftige tirade teen Changuion geskryf oor laasgenoemde se Proeve van en opmerkinge oor Afrikaans. In 'n brief wat op 15 Desember 1851 in De Zuid-Afrikaan verskyn het, verwys Changuion na die publiek se reaksie op die doel van sy spraakkuns. ‘Toen ... hoorde ik van meer dan eenen kant dat ik het bij menigen Kapenaar verbruid had door mijne bijgevoegde “proeve van Kaapsch taaleigen.” Het speet mij toen dat er menschen waren die mijne bedoelingen miskenden en mij voor iemand uitkreten die uit boosaardigen spotlust de bevolking eener kolonie, van wier inwoners hij veel goeds genoten had, wegens wanspraak aan de kaak stelde...’
Die standpunt is duidelik: solank as ander bespot word deur middel van die volkstaal is dit toelaatbaar en amusant, maar sodra die harlekynspak afgewerp en die tiep die indiwidu word, die Kapenaar hoor dat dit hy is, sy taal, dan keer hy | |||||
[pagina 47]
| |||||
hom met veragting daarteen. In die gesindheid van miskenning van Afrikaans kan geen kuns daarin ontstaan nie.
So word dit ook duidelik hoekom die stukke altyd anoniem verskyn het. Teenstra en Swaving het hulle nie tot Afrikaanse lesers gerig nie, en Boniface het sy plan wyselik laat vaar om De Nieuwe Ridderorde in Afrikaans te skrywe en sy reputasie daaraan te waag. Slegs die vermaaklike Hottentot-toneeltjies is in die plaaslike dialek gelaat. Die skrywers van die grappige of kwasi-ernstige stukke het ook onbekend gebly: wie maak dan ook van hom 'n kykstuk in vodde? Daarom ook, eindelik, is die skrywers van die Afrikaanse brokstukke insoverre as ons hulle by name ken, nie-Afrikaners van geboorte, want die antipatie is by die vreemdelinge minder sterk omdat die gevaar soveel kleiner is dat hulle self geraak kan word. | |||||
(b) Die Meurant-impuls.Sedert die aankoms van die Britse Setlaars in 1820 in die oostelike gedeelte van die Kaapkolonie, is daar aanhoudend vertoë tot die Britse owerhede gerig om aan die nuwe immigrante aparte bestuurlike regte toe te staan sodat hulle nie onder die regering in Kaapstad moet lewe nie, maar onder hulle eie regering met dieselfde regte as wat deur die Westelike Provinsie geniet word. Die groot afstand van die regeringsetel, die onrybare toestand van die hoofweë, skaarsheid van brugge, 'n ander manier om 'n bestaan te vind (veeteelt teenoor wynen landbou), maar bowenal die gedurige gevaar van invalle deur vyanddiggesinde naturelle aan die Oostergrens, het geweldig baie bygedra om die rasseteenstelling verder te verskerp, naamlik van 'n Hollandse Weste teen 'n Engelse Ooste. In 1847 is die stryd vir algehele afskeiding van die Ooste baie skerp gevoer, en, sê Cory, ‘public meetings for the ... decision of a separate government for the East, became almost an industry.’
Die moeilikhede het gelei tot 'n voorlopige oplossing, toe verteenwoordigende bestuur in 1854 toegestaan is, maar die ‘Oosterlinge’ was nog ontevrede. Immers, Natal en die twee Boererepublieke het in dié opsig meer vryheid as die ryker Oostelike Provinsie. In 1860 is die saak weer in die parlement ter sprake gebring, maar Grahamstad kon Kaapstad nie oortuig nie. Die grootste struikelblok was wel die feit dat die meeste | |||||
[pagina 48]
| |||||
Hollandse ingesetenes van die Oostelike Provinsie teen die afskeidingsbeweging gekant was, en daarin 'n rassestryd, vir oorheersing gesien het. Gerugte het die rondte gedoen dat die Hollands-Romeinse erfreg afgeskaf en ook die Boerekerke benadeel sal word as die Engelse in die Ooste die oorhand kry. Die Engelse aan die ander kant het hoofsaaklik op die finansiële aspek gedruk: met húlle belastinggelde word die breekwater in Kaapstad en mooi paaie in die Weste gebou en goeie spoorweë aangelê ten koste van die Ooste. Die Parlement het te kenne gegee dat hulle die saak eers dan ernstig kan oorweeg as die Ooste eenparig is, m.a.w. as die weerstand van die binnelandse Boere, veral die behoudgesinde Doppers, gebreek word. Meurant, sedert 1859 magistraat en siviele kommissaris in Cradock, was 'n oortuigde voorstander van afskeiding en, waarskynlik gedagtig aan die sukses van sy Afrikaanse stukke in Het Kaapsche Grensblad tussen 1844-1850, skrywe toe twee samesprake vir die plaaslike Engelse weekblaadjie The Cradock News, wat dit as 'n ‘Hollandse Bijvoegsel’ uitgegee het (4 en 11 Des. 1860). 'n Ongekende populariteit het die twee Bijvoegsels te beurt geval, waarvan eers 1,500 en toe weer 1,500 onder die Boere as propagandalektuur versprei is. ‘This we believe to be the largest circulation ever attained, by any Colonial Newspaper,’ sê The Cradock News, en in Het Volksblad van 5 Jan. 1861 staan: ‘Uit het Graham's Town Journal vernemen wij dat de Zamenspraak te Colesberg wonderen werkt.’ Meurant self vertel dat net waar jy kom die gesprek altyd om die Zamenspraak draai en dat baie persone dit van buite ken. Hierdie suksesvolle poging het drie belangrike gevolge gehad.
(a) J.S. Bold, drukker en uitgewer van The Cradock News, het hom soseer aangemoedig gevoel, dat hy besluit het om 'n Hollandse weekblad uit te gee - die tweede van die Oostelike Provinsie. Waarskynlik het Bold met magistraat Meurant, aan die publiek net bekend as Klaas Waarzegger, ruggespraak gehou, en ons kan aanneem dat laasgenoemde hom van sy ondervinding met Het Kaapsche Grensblad vertel en op grond daarvan sterk aangemoedig het; in ieder geval | |||||
[pagina 49]
| |||||
het Neef Klaas hom sy ondersteuning toegesê. Op 12 Jan. 1861 het Het Cradocksche Nieuwsblad vir die eerste keer verskyn en 'n jaar lank voortbestaan.
(b) Meurant het, aangemoedig deur die byval wat sy eerste twee stukke beskore was, nog vier samesprake geskryf, wat in die nuwe Hollandse koerant verskyn en op 6 April (Van Riebeeck-dag) saam met die vorige twee stukke in pamfletvorm heruitgegee is. Die afskeidingsaak het in Junie voor die parlement gedien en, soos Klaas Waarzegger aan die slot van sy sesde (laaste) samespraak beloof het, het hy aan sy Oom Jan Twijfelaar lewendige verslae hiervan gestuur, nou in briefvorm. Ook die briewe het in Het Cradocksche Nieuwsblad die lig gesien.
(c) Meurant se voorbeeld het in Kaapland, en veral in die Vrystaat, wye belangstelling gewek.
Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar over het onderwerp van Afscheiding tusschen de Oostelyke en Westelyke Provincie is die eerste boek in Afrikaans. Wel word die titel, die aanwysinge, 'n uittreksel uit die Notule en die advertensies nog in Nederlands gegee, maar die teks van die gesprekke is dwarsdeur in Afrikaans. Die spellingstelsel is nie op vaste reëls gebaseer nie, en Neef Klaas spel maar op goed geluk af: nou rig hy hom na die Nederlandse skryftradisie, dan weer is sy voorstelling foneties. Dieselfde woord word dikwels op meer as een manier, soms op dieselfde bladsy, geskryf, bv. goed/goet; regt/reg; onze/onse; goude/gouwe; speel/speul; mooi/mooy; plaatse/plaase. Veral by die spelling van eiename en vreemde woorde het die willekeur hoogty gevier en die opsetlike verafrikaansing in sommige gevalle werk komies, bv. Oortlip (Ortlepp); Maldiets (Maltitz), en in sy Brieve Ottel van Stroop (Hôtel d'Europe), en Otjies (Hodges).
Meurant noem sy taalvorm ‘Dopper-Hollands.’ Dit is geen plat-Afrikaans nie; Neef Klaas is 'n belese, denkende Dopper en Oom Jan met sy vrou Tante Elsie goedige, aristokratiese, ryk Boere van die ou stempel: hulle taal pas by hulle stand. Hierdie kringe ken Meurant goed en hierin beweeg hy hom graag. Van die begin af voel die leser dat hy nie hier die klugtige en boertige het nie; die karakters is nobel en word | |||||
[pagina 50]
| |||||
met liefde voorgestel. Die Afrikaner word nie in en deur sy taal bespot nie, maar getipeer.
Dit is ook begryplik, want Meurant tree as 'n sendeling op wat bekeringswerk moet verrig en die mense na sy sienswyse wil oorhaal. Daartoe moet hy hulle welwillendheid wen en in die gesindheid praat hy hulle eie, vertroude taal. Hy gesels gemoedelik met hulle en word self 'n Dopper, want die voorligtende, ingewyde Neef Klaas is maar net Meurant se spreekbuis, is Meurant self in Dopperpak.
In hierdie gesindheid het ons die nuwe en hieruit verklaar ons ten dele Meurant se groot invloed, dog slegs ten dele. Want sy invloed is in hoofsaak die gevolg van sy stylvermoë.
Die opvallendste eienskap hiervan is die lewendigheid en beweeglikheid. Meurant is lief vir gesels; uit 'n ryk ervaring put hy amusante anekdotes op waarmee hy sy argumente bevatlik maak en waardeur hy 'n gees van egtheid, waarheid en veral diepe menslikheid skep. Hy vertel altyd van homself as Neef Klaas of van jouself en bly so in die gesprektoon. Dit gee die eenheid by al die veelheid van argumente en teenargumente.
Meurant is 'n moedige debatteerder. Hy stel al die besware van sy teenstanders helder en pertinent, en raak dan slaags. Daardeur word sy uiteensetting diep en aktueel. Maar hierby het hy 'n lewendige verbeelding en beskik oor taalvermoë, sodat hierdie realis, na Boniface ons tweede, 'n stemming wek wat ons met genot ondergaan. Hy werp hom midde-in die werklikheid van die saak, en gee daarvandaan 'n voorstelling wat deur lugtigheid meesleep. Sy argumente is nooit abstrak nie, maar staan in helder lyn teen die horison uit. So is die Oostelike en Westelike Provinsies vir Neef Klaas twee Boere wat in 'n maatskappy is, albei dra gelykelik by tot die koste van die boerdery, maar die een vat al die wolgeld en bou daarmee damme en paaie op sy plaas. So verduidelik hy dit vir Oom Jan, maar vir Tant Elsie stel hy die twee provinsies as twee meide voor van dieselfde man, die regering, wat alles op die vrou in die Weste spandeer en aan haar in die Ooste net nou en dan 'n rooi kopdoek stuur. Dit is tog nie christelik dat een man twee vrouens moet hê nie! | |||||
[pagina 51]
| |||||
Die komiese uitwerking van die vergelykinge en situasies beheers soms 'n hele samespraak en maak dit besonder smaaklik vir die plattelandse mentaliteit. Met die sfeer waaraan die beelde ontleen word, is die lesers vertroud, sodat hulle geroer word deur die klank van onmiddellikheid en nabyheid. Hierin word hulle wete en gewete getref. Die Zamenspraak verval in drie gedeeltes. Die eerste twee dialoë (of trialoë, want Tant Elsie laat haar nie onbetuigd nie) verduidelik die besware en gee die redmiddels; hulle vorm 'n afgeronde eenheid. Daarop word die teenspoedige propagandavergadering op Colesberg (nrs 3 en 4) en die sentrale vergadering op Somerset-Oos gerapporteer (nr 6); en in die derde plek is daar 'n herhaling van nrs 1 en 2 in nr 5 in ander vorm. Hierdie stukke is los saamgebind, sodat daar geen hegte, organiese eenheid van almal is nie. Ook haal die ander dit nie by nrs 1 en 2 in krag en lewendigheid nie; trouens, nr 6 is, afgesien van die prettige inleiding oor hoe Nig Saartje se klere sit, droog en mis die slagvaardigheid en die losse, gladde beweging van die res. Die verdienste lê dan ook nie in die bou of konsepsie nie, maar in die stylvaardigheid en in die nuwe gesindheid teenoor die volkstaal as voertuig van gedagte. | |||||
Die Brieve.Volgens belofte het Neef Klaas aan Oom Jan briewe geskryf om te vertel hoe dit met die afskeidingsdebat in die Parlement gaan. Die nege Brieve het taamlik gereeld elke week in Het Cradocksche Nieuwsblad verskyn en is deur al die Hollandse nuusblaaie in die Kaap geheel of gedeeltelik oorgeneem, maar is nooit apart in die lig gegee nie. Twee van die briewe bestaan o.w. nie meer nie en van die orige sewe is slegs drie in bestaande nommers van Het Cradocksche Nieuwsblad bewaar; die ander vier is vir die grootste gedeeltes in ander koerante bewaar. Oom Jan het ook twee briewe geskryf, albei kennelik van die hand van Meurant, net soos die twee grappiges van Tant Elsie.
Hierdie briewe staan letterkundig veel, veel hoër as die Zamenspraak. As briefskrywer het Meurant veel talent aan die dag gelê. Hy kon hom hier vryer beweeg as in die dialoog, | |||||
[pagina 52]
| |||||
- trouens, met soveel plesier skryf hy nou dat die propagandis oorweldig word deur die stilis, dat ons aandag ongemerk oorgeplaas word van die verslag op die verslaggewer. Daar is die komiese, plastiese beskrywing van die opening van die Parlement, Oom ‘Bookooy Mus’ voor in die prosessie; die kostelike verslag van die goewerneurlike eetmaal waarheen hy ook uitgenooi was en misstappe begaan het met die heildronke en die bakkie water vir gebruik by die eet van vrugte; en dan nog die skitterende verhaal van obstruksie deur Tucker in die Raad. Weliswaar offer hy soms te veel op om 'n grappige effek te bereik, bv. die anorganiese stuk oor Vrymesselary, maar oor die algemeen is dit 'n menslike verslag van fyn kwaliteit. Dink aan die vergoelikende mededeling dat hy sy Dopperspak in die dorp en vir sy verblyf in Kaapstad maar voorlopig vervang het met 'n pak volgens die voorskrifte van die mode; sy voorgewénde Doppertrots, die verlange na Nig Saartje en die sielkundig-begryplike afkeur van alles wat Kaapstads is, saamgepers in sy onwil oor die ‘reuke.’ Meurant het 'n vlot, ligvoetige styl. Hy beweeg hom gemaklik voort in vol-deinende, geselserige sinne; daar is geen afstand in sy mededelinge nie. Die taal is vir hom 'n middel wat hy sonder moeite en dikwels selfs met enige swier hanteer, al probeer hy nêrens om opsetlik deur sy segging te imponeer of deur oorspanning vir hom te-buite te gaan nie. Sy beelde is eenvoudig en helder, en pas direk in by die Afrikaner se gedagtestruktuur en assosiasieveld. Eindelik noem ons nog Meurant se Het Nieuwe Afscheidings Lied genaamd Theunis Ezelsvley, wat, net soos Kaatje Kekkelbek, gebaseer is op The Three Tailors of Tooley Street en op satiriese wyse die mislukte Colesbergse vergadering van 29 Des. 1860 behandel. Die gesproke gedeeltes is redelik goed, maar die taal van die gesonge versies (vandaar die naam Lied) is stroef, veral omdat die rymwoord dikwels die inhoud en die sinsbou bepaal. Een versie lui: Oom Klaas hy maak die Boere slim,
Met zijn lang Zamenspraak;
Ons zal Koolskop nou moet opklim,
Om uit zyn pat te raak;
| |||||
[pagina 53]
| |||||
Ons kan geen enkeld rede kry,
Wat zal ons nou dan maak,
De grens zal worden afgeschei,
En ons zal bankrot raak.
(Het Cradocksche Nieuwsblad, 26 Jan. 1861).
Dit is merkwaardig dat ons, met uitsondering van die spotvers uit 1795, sover omtrent net prosastukke gehad het: immers, nog die gemengde stuk Kaatje Kekkelbek nog hierdie Afscheidings Lied is geheel in versvorm gegiet en kan net met voorbehoud as ‘liedere’ bestempel word. Het Verschrikkelyk Gevecht te Boomplaats, een Nieuwe Lied naar een Oude Wijze (The African Journal, New series, 2 Mei 1850) is 'n lang gedig wat meer Nederlands as Afrikaans is, net soos die Lied van de Zalving in De Vriend van 4 Nov. 1859. Ons merk dat hierdie pogings almal wil deurgaan as liedere. Wat ons egter na vore wil bring, is die skaarsheid aan poësie. Ten dele is dit uit die aard van die stukke verklaarbaar, want die prosaïese klagte op die kalme redeneringe van 'n propagandis openbaar nie die diep-warrelende gevoel wat behoefte het aan die groter welluidendheid en ritmieser golwing van die lierkuns as ekspressiewe middele nie.
Tog het ons in hierdie jaar 1861, toe in die eerste helfte ons eerste Afrikaanse prosawerk die lig gesien het, in die tweede helfte die eerste Afrikaanse digwerk. Uit aankondiginge in Het Volksblad (2 Nov. 1861), die Advertiser and Mail, die Graaff-Reinet Herald (9 Nov. 1861), Burghersdorp Gazette (16 Des. 1861), ens., weet ons van die bestaan van die boek, al ken ons die boek self nog nie. Dit bevat 'n klompie godsdienstige gedigte, ‘geheel naar den Kaapschen tongval ingerigt’ (Het Volksblad) en geskrywe deur 'n ‘old farmer’ (Advertiser and Mail). Hulle is ‘eenvoudig, hartelijk en in godsdienstigen toon’ geskryf.
Die jaar 1861, waarin ons eerste twee Afrikaanse boeke verskyn het, is dus een van die belangrikste tydbakens in ons literatuurgeskiedenis. Die een is in prosa en het sy ontstaan aan ons belangstelling in die politiek te danke; die ander is in verse en ontspring aan die domein van ons godsdienstige lewe. Die eerste kom uit die pen van iemand wat sy opvoeding aan | |||||
[pagina 54]
| |||||
die goedheid van ons volk te danke het, en ons volk ken, maar hom teen sy belange in wou beïnvloed, en die tweede is uit die pen van 'n volksgenoot self en wil stig. Hier staan langs mekaar in dieselfde jaar: verleiding en leiding. Politiek en godsdiens as terreine, propaganda en stigting as rigtinge, die vreemde en die eie van nasionale kant besien, tree op dieselfde tydstip in afsonderlike werke in ons taal op. Meurant alleen het invloed gehad, maar anders as hy bedoel het. Wel was sy invloed op politieke gebied ook groot, maar van verbygaande aard; die separasiebeweging het doodgeloop. Allermins het dit in Meurant se bedoeling gelê om as taalpropagandis op te tree, en tog wou die ironie dat hy juis in dié opsig 'n aktiewe mag sou word. In die opsig bring ons twee afsonderlike feite op twee verskillende terreine in herinnering. The Friend vermeld oor sy plaaslike tydgenoot De Tijd: ‘Mr. C.E. Fichardt and some of the original shareholders would in the beginning have made it an Afrikander Paper and conducted it in Cape Dutch in the “Klaas Waarzegger” style’ (25 Febr. 1875). Die tweede uitspraak is van C.P. Hoogenhout, wat self as skuilnaam ‘Klaas Waarsegger Jr.’ gehad het. Hy sê: ‘Onder mijn skrijwe denk ek so aan de briewe van “Klaas Waarzegger” wat omtrent 12 jaar geleden in die koerante was. Die skrijwer daarvan moet een verstandige kerel gewees het, want hij kan et nie beter aangeleg het nie, om te seh wat hij wou seh, dan in die eige taal van Afrika. Dinge wat kort gelede gebeur is het die mense al vergeet al; maar praat ower “Klaas Waarzegger” en daadlik begin hulle te lag; hulle kan hom nie vergeet nie.’ Hier val die aksent op die literêre funksie, die stylgenot, wat onder die verskillende aspekte tog die duursaamste is, en ook ons belangstelling in die gefingeerde karakter gaande gemaak het. Want in die laaste instansie kom dele van die Zamenspraak en die briewe voort uit 'n skeppingslus, 'n liefde wat op sy manier wil dien, 'n liefde vir die lewe wat groter en ruimer is as net politiek. Meurant het die stoot vir 'n skielike opbloeiing van 'n Afrikaanse persliteratuur gegee. Ons merk sy invloed op ver- | |||||
[pagina 55]
| |||||
skillende gebiede. Daar is vereers die naam Klaas Waarzegger wat diep ingeslaan het. Nie alleen hoor ons van Klaas Waarzegger-Haarolie e.s.m. nie, maar wat werklik tel, baie skrywers reken hulle tot die familie van Klaas Waarzegger, vir wie hulle onderskeidenderwyse Klaas Waarzegger de Oude noem, al is die Neef geensins bejaard nie!
Verder word die samespraak, maar bowenal die briefvorm, druk beoefen, waarskynlik opnuut na die voorbeeld van Meurant. Hy het 'n ongekende skryflus ontketen en 'n beweging aan die gang gesit wat 'n tempo verkry waaraan niemand 'n jaar vantevore sou geglo het nie. Wel is daar geen visioen nie, en ontbreek dit die geskryf aan 'n ideaal om dit tot die uiting van 'n ware beweging te verenig, maar die mense begin rondtas. As die kinders eers stamel, sal hulle eendag ook praat! In elk geval, hoe gebrekkig, los en ongeorganiseerd ook al, 'n belangrike fase in die Afrikaanse skryftaalbeweging het 'n aanvang geneem.
Van nou af word die aantal samesprake en briewe so groot, dat hulle nie meer afsonderlik genoem kan word nie. Tussen 1861 en 1875, toe die volgende fase, naamlik die van standardisering, en organisasie, van doelbewuste gerigtheid, intree, het Afrikaanse stukke in omtrent al die Hollandse en tweetalige koerante en tydskrifte ruimte kom opeis. Van ons perslektuur word hulle 'n integrale gedeelte; maar totdat ds S.J. du Toit spelreëls aanbeveel en die Patriot dit algemeen toepas, spel elkeen maar na lus en toeval en druk deur. 'n Stelsel mis ons tot dan, tog dra al die los en bont stukke in die ruwe, ongedissiplineerde, konvensionele volkstaal 'n eie Afrikaanse karakter. Die hele voorstellingswêreld is sodanig dat dit steeds die oordeel ontlok: ‘Dit is Afrikaans gedink!’
Meurant se onverwelklike roem in die Afrikaanse literatuurgeskiedenis dra dus 'n dubbele karakter: 'n nobeler gesindheid ten opsigte van die volkstaal waarin hy met sy talente die beste van sy eeu skep in die Afrikaanse briefgenre; en tweedens word hy deur sy voorbeeld die beginpunt van die eerste belangrike oplewing van 'n Afrikaanse persliteratuur. | |||||
[pagina 56]
| |||||
Die Persliteratuur.Om 'n oorsig van die persliteratuur wat nou volg te gee, is geen gemaklike taak nie, en wel om twee redes: die groot hoeveelheid daarvan, dog meer nog om die swak gehalte wat dit kenmerk. Dat daar van hoë vlugte geen sprake kan wees nie, vind sy verklaring veral daarin, dat verreweg die meeste skrywers grappig en vermaaklik wou wees en dit merendeels in die plat-boertige wou vind. As hulle maar die lesers kon laat lag, dan was hulle taak volbring. In die houding is geen ware liefde en uitlewing te bespeur nie en is verheffing van gees ondenkbaar omdat dit tot 'n ander orde van dinge behoort.
'n Goeie oorsig sal hom veral tot die verskillende koerante moet bepaal, maar die kwaliteit en monotone eendersheid regverdig nie so'n oorsig nie. Ons wil dus volstaan met die aanduiding van enige trekke ter illustrasie uit die ywerige geskryf. ‘Tussen 1861 en 1869 het ek in by die 300 nommers van verskillende koerante stukke in Afrikaans aangetref’ sê dr Scholtz (Die Afrikaner en sy Taal, 1939, bls. 217). Die belangrikste vergaarbakke is Het Volksblad, De Zuid-Afrikaan, Worcestersche Courant en De Boerenvriend in Kaapland; De Vriend en De Tijd in die Vrystaat en De Transvaal Argus in Transvaal. Behalwe die genoemde stukke van Meurant in Het Cradocksche Nieuwsblad in 1861, is daar nog enige soutelose, platvloerse poginge van gewild-snaakse skrywers. | |||||
Het Volksblad.B.J. van de Sandt de Villiers (1826-1878), die ‘kolossus van die Hollandse, ja die hele joernalistiek in Suid-Afrika van die negentiende eeu, in besonder van die tweede helfte van hierdie tydperk’ (Bosman, Hollandse Joernalistiek... bls. 5); het sy koerant Het Volksblad in 1856 weer laat herlewe. Die eerste Afrikaans wat hierin verskyn (afgesien van verstrooide stukkies in die sketse Toneelen uit het Politiehof) is nr 1 van Klaas Waarzegger se Zamenspraak (22 Des. 1860), die begin van baie oorgenome en oorspronklike stukke. Het Volksblad is van nou af tot aan die einde van 1875 die belangrikste tuisplek van geskrewe Afrikaans, kwantitatief bepaal; tot 1870 is daar by 'n 150 nommers met Afrikaans. | |||||
[pagina 57]
| |||||
Die eerste oorspronklike bydrae verskyn op 5 Jan. 1861 en is 'n brief van J. Leesgierig uit Stellenbosch ‘aan mijn ou Broer S., Kaapstad,’ waarin hy klae oor die plaaslike ‘leeskamer’ en die ‘ouw muis, die na die boeke moet kyk... Hulle het een Library, d'is voor die mensche die nie inteeken nie.’ Sy groot ergernis gaan oor die feit dat die leeskamer saans toe is en dus nie gebruik kan word deur diegene wat bedags moet werk nie, ‘soos jou arme Boeta die oordag bijna nie asem kan haal zoo zwaar als hij werk.’ Verdienstelik na inhoud en vlot na styl is ook Neef Piet Welgemoed (in het Westen) se lang brief aan Jan Twijfelaar (in het Oosten) na aanleiding van laasgenoemde se geloof aan die praatjies van Klaas Waarzegger (26 Jan. 1861). ‘Ik het jou dit maar alles geschreve, om jou aan te toon dat de pot de ketel nie moet verwijt nie dat hij zwart is.’ Neef Piet steek Neef Klaas na die kroon; hy ook skep die atmosfeer en skilder die agtergrond mooi, maar mis die anekdotiese aanbieding van Meurant en pas hom minder goed by sy lesers aan, al sê hy dinge soms baie fyn en bevatlik, bv. ‘... de eenige raad is, naar Klaas zijn zegge, Separatie, als die deurgaat dan is de Oostelijke Provinsie met eens en paradijs, en de mense is al te maal engels.’ Die skrywer is seker 'n Nederlander. 'n Oulike set, miskien van dieselfde persoon, is 'n brief wat voorgegee word as geskryf deur Jan Twyfelaar. Hierin vermeld Oom Jan dat hy die keersy van die afskeidingsbeweging gehoor het uit die mond van 'n Engelsman wat nou by hom kuier. Oom Jan draai nou. Die ‘Zeebreker, of zoo als jij dit noem, die Nekbreker is een regte goeije ding ... Hij zeg jij is verkeerd, jij verstaat glo nie Engelsch genoeg nie, want hulle wil nie een brug na Engeland maak nie, zoo als jij denk nie. Hulle wil probeer om die kwaaigeid van die zee af te keer zoo dat die schepen nie zoo banja kan omslaan nie, en die mense verdrink nie, zou ik denk as dit waar is dat dit reg goed is, want zeh nou meester Postma, onse Leeraar, die wil nou na zijn familie gaan kuijer dan kan die schip mos nie omsla nie, en ook als meester Postma ander leeraars laat kom van anderland af dan is dit tog goed...’ Die regte Oom Jan het die pseudo-Oom Jan. wat oulik weet hoe om op die gevoel van die mense te speel, tog lelik toegetakel. | |||||
[pagina 58]
| |||||
'n Ywerige skrywer gedurende 1863 is Vyf Stemmetjes uit Oostenryk (19 en 31 Maart, 7, 12 en 16 Mei en 7 Julie). Ook hy is 'n Nederlander. Van meer belang in hierdie jaar is Piet Ronduit van ‘Jammeéka Gemmers Poort, Destrek Viktorija (West).’ Sy twee briewe (31 Okt. 1863 en 14 Jan. 1864) is nie swak nie. Dit is veral politieke vraagstukke wat hom besig hou, soos die besluit om die parlement in ‘Grehemstat’ te laat sit, ontevredenheid dat meer kroongronde nie te koop aangebied word en strenger wetgewing teen rondtrekkende Hottentotte en Kaffers ingevoer word nie. Sy Afrikaans, wat ligtelik Nederlands gekleur is en 'n paar veldwinnende anglisismes daarby rooi laat deurskyn, is egter taamlik suiwer en waardig van toon. Daar is ‘parlementsmannen, wat witvoetje bij die Gorneur en die Gorment wil zoek om hulle uit die modder te help, waarin hulle tot aan hulle kop toe in geval is en nou spartel om weer uit te kom.’ Tekenend ook is sinne soos: ‘Dan zal hulle in staat wees om die Gorments wage wat nou in die deurslag vast zit uit te stoot,’ of ‘Dan zal die Gorment zijn knapzakke wat nou dol leeg is weer kan volmaak ...’
In 1864 en die volgende jaar skryf Jan Twijfelaar 'n paar keer aan Klaas Waarzegger Sr. (bv. 19 Maart, 9 April, 19 Mei, 23 en 28 Junie 1864), maar die vrugbaarste is Ouw Cornelis wat hom ook soms as Niklaas aandien. Ook 'n paar samesprake verskyn nog. | |||||
De Zuid-Afrikaan.Ons het De Zuid-Afrikaan reeds verskeie kere voor 1860 genoem, so toe ons van Boniface gepraat het. Hierin het ons Afrikaanse stukke raakgeloop in 1830, 1831 en 1858, en vanaf 21 Febr. 1861 word 'n paar van Meurant se samesprake en briewe oorgeneem. Eers op 11 Julie 1861 verskyn die eerste en enigste oorspronklike Afrikaanse stuk van die jaar, nl. 'n brief uit ‘Beketberg’ van ‘Een boer wat banja mot werk en zukkel’ en waarin dit o.a. heet dat die Boer net geleer het uit ‘die ABC Boek met de groote Haan voor in en die trapterjeug van Kramer, as jy die twee of drie maal het deur gewees dan is jy volleer... en jy kan dan nog maar net jou vra-boek leer en jou laat aanneem; maar meneer maskie is ik bietjie schaam ik wil tog iets gezeg het en jou gevra het om dit in jou korant | |||||
[pagina 59]
| |||||
te zit, want jy het tog, zien ik, “Klaas Waarzegger” zyn brief ingezit wat mar nes myne geschryfe is.’ Hy klae dan oor die slegte toestand van die paaie tussen ‘Malan en Cilje’ in reënrige tye wanneer die ‘modder... knie diep in die pat lêh ...’ Dit is tekenend dat die ‘Boer’ nog skaam is maar deur Meurant se voorbeeld aangemoedig word. Sy poging is van die slegste nie, dog dit het by net een poging gebly. In 1862 val die druppels vinniger. Veral twee boere, Jan en Piet, laat van hulle uit Malmesbury hoor, die eerste keer in 'n samespraak (3 April) en daarna in briewe, bv. op 10 en 24 April, 15 en 29 Mei. Veral ‘Jou Neef Piet’ skryf 'n goeie, hoewel Nederlands-getinte Afrikaans in 'n vlot, beweeglike styl. Maar eers in 1864 ontmoet ons iemand wat weer aandag verdien, naamlik Jantje Eenvoudig. Van die oorspronklike skrywers vir die kerklike onpartydige Zuid-Afrikaan uit hierdie jare lê hy die meeste talent aan die dag. Hy is 'n oortuigde liberalis uit hierdie tydperk van kerklike stryd tussen die ortodokse en liberale partye, toe dr J. Kotze van Darling in sy amp geskors en 'n saak teen ds T.F. Burgers van Hanover hangende was.Ga naar voetnoot⋆) Jantje Eenvoudig stel hom dom voor, maar hy is inderdaad besonder goed ingelig oor binne-geheime en lees verskeie tydskrifte, soos sy reeks briewe getuig. Hy betoog op taamlik besadigde wyse, maar sy stem klink dikwels soos die van iemand in nood. Die stukke dra ligtelik 'n selfverdedigende karakter en dr Scholtz se vermoede, dat Jantje Eenvoudig die skuilnaam van ds Burgers is, lyk hierom aanneemlik (Die Afrikaner en Sy Taal, bls. 217). Behalwe waar uit die aard van die stof en toon die styl baie Bybels klink en so daardie afstandsgevoel bring wat 'n kenmerk van alle religiositeit is (vgl. G. van der Leeuw: Wegen en Grenzen, 1932, bls. 3), sluit Jantje se taal hom baie nou by die alledaagse spraakgebruik van sy streek aan. Jantje verkies bv, leraart(e); gemeinte; eymand; eyts; mein (vir meen); deuse; selwers; sel vir sal; ken vir kan; dors (het gedurf); asblief tog; libberjaal. In verskeie opsigte doen sy taalgebruik vandag argaïsties aan (gans en maal, ens.) en vir ons gevoel | |||||
[pagina 60]
| |||||
van vandag klink dit dikwels plat, hoewel dit destyds waarskynlik anders was.
Die eerste brief het op 28 April 1864 verskyn en is met wreveligheid geskryf. Jantje beweer dat die Liberalisme toeneem as gevolg van die onwaardige maniere waarop dit bestry word; maar die toon van sy brief mis eweneens waardigheid en waarheid, so in sy plat uitdrukkinge oor en verdagmaking van vooraanstaande Ortodoksers. Mooi beskryf hy hoe sommige ouderlinge stem: ‘Daar wort aan een draadje getrek en hulle knik de kop, of staat op, nets hulle predikant doet.’
Die tweede brief (23 Junie 1863) is warm en het 'n klank van onmiddellikheid. Daar praat 'n man wat self die waters aan sy lippe voel; roerend pleit hy met die gemeente van Darling om aan die sy van hulle leraar te staan. ‘... Steur jou aan geen voortreysende opmakers, of aan nydige, boosaartige pampierkladders teun jou...’ nie. Op 4 Aug. verskyn sy derde brief, strydlustig en slagvaardig, en flink geskryf, op 3 Oktober gevolg deur sy vierde oor die gunstige uitspraak van die hof in die saak van dr Kotze.
Sy vyfde verskyn op 17 Nov. 1864. Vergoelikend begin dit: ‘Myn liewe Neef! - Kyk, ons mense van die onderland het de gewoonte om somaar algar, al siet ons hulle voor de eerste mal, oom, niggie, tanta of neef te roep. Nou, gloo ik, zal uwe myn ook mos nie verkwalik dat ik voor jou neef sêh.’ Hy gaan die diepere betekenis van die terme liberjaal en ortodoks na en bespreek allerlei teenstrydighede in leer en daad op populêre wyse. Sy hoofbestryder P. de V. ‘Kookfonteir.’ gaan hy in die volgende stukke fel te lyf terwyl hy hom intiem aanspreek as ‘ou Boet,’ bv. in sy sesde brief (1 Des. 1864). ‘Nee, ou Boet! de grootste onregtverdigheid, het die genoemde predikante uit de Sinodie gedryv, anders sel hulle daar nog ken sit. In plaas dus dat jy jou as een goet kriste verheug dat die hooge vergaring van jou kerk van onwettige bestanddeele gesuyverd is geworde, is jy daar gebelg ower! Maar foey, oû Boet! hoe kan jy onmogelik soo sleg ower onse Regters denk, hêh? - Voey, skaam voor jou! ...’
Hy bly sterk verontwaardig oor al die antipatie teen die oortuigde liberale en spaar die uitroeptekens van verbasing en | |||||
[pagina 61]
| |||||
ironie geensins. Oor laster sê hy bv. ‘Keyk, hoe dat hy sels nie besit het geneem nie van preekstoele, en een zeker blad, die volgens de woorde van een hooggeleerde professor een krant van God sou zeyn!!!’ Ons het hier sy beste brief wat met werklike talent geskryf is. Terwyl hy argumenteer, karakteriseer en skets hy ook. Sy laaste brief verskyn op 12 Jan. 1865 (‘Ik eindig met de pen maar nie met mijn hart’) en daarmee is dit ook in De Zuid-Afrikaan uit met Afrikaanse stukke wat iets van belang te bring het. Daar verskyn trouens weinig verder voor 1870, en byna al diegene wat wel van hulle laat hoor, betuig inleidenderwyse: ‘Ik is een eenvoudig mensch en ken niet in jou krant schryf, ik wil tog vertel...’ (2 Maart 1865), of: ‘Ik is maar een dom en eenvoudig schepsel...’ (20 April 1865). Hierby pas die stof en styl hulle dan ook voortreflik aan! Maar gelukkig is die poginge kort van omvang en weinig in aantal, in 1866 selfs niks. Tussen 23 Sept. 1867 en 31 Maart 1870 swyg Afrikaans geheel-en-al. | |||||
De Vriend van den Vrijstaat.Beoordeel na die hoeveelheid stukke wat tussen 1860 en 1870 daarin verskyn het, kom onmiddellik na Het Volksblad die tweetalige weekblad van A.C. White van Bloemfontein, nl. De Vriend van den Vrijstaat (opgerig in Junie 1850). Dit is die orgaan van die Engelse party wat die outonomie van die Vrystaatse Republiek wou vernietig of tenminste 'n federasie onder Britse vlag verlang het.
Die aanloop van hierdie geskryf staan onmiddellik in die teken van Meurant se Brieve, waarvan drie tussen 5 en 26 Julie 1861 deur De Vriend oorgeneem is. Op 9 Augustus 1861 verskyn die eerste oorspronklike stuk in hierdie weekblad. Dit is 'n brief van P. Gedult en begin met die belangwekkende belydenis: ‘Ik was altyd bang gewees om in de krant te schryf, maar nou dat ik gezien het, dat Klaas Waarzegger ook in die krant schryf, wil ik tog ook perbeer om de mense te laat hoor, hoe dat het hier in ons arme verlate dorp Harriesmit gaat. De mense of inwoners spook en zukkel al voor een lange tyd om de dorp reg te kry...’ Dit gee heelwat nietighede oor plaaslike aangeleenthede in redelik goeie Afrikaans, maar op 'n weinig verheffende wyse en vol persoonlikhede. Bv. in aan- | |||||
[pagina 62]
| |||||
sluiting by Klaas Waarzegger se voorstelling van Frekie Verneuk, heet dit o.a. ‘Ons kastige raadslit, wat voor ons dorp moet opkom, en voor ons moet zorg, is nooit hier nie maar ry maar altyd rond, om de boere te kul, en voor zyn eyge belang te praat, nets frikkie verneuk, ons kon nets zoo goed een bobejaan voor ons gekies het...’
Die vrugbaarste briefskrywer van die periode meld hom op 23 Augustus 1861 aan. Hy gebruik meer as een skuilnaam, maar verkies Klaas Waarzegger Klaas(s) Zoon en Klaassie, en rig sy briewe aan Klaas Waarzegger de Oude (Meurant), vir wie hy as ‘vaayer’ aanspreek. Sy anglisismes, veral in idioom en sintaksis meer as in woordkeuse, en sy uitgesproke pro-Engelse en anti-Republikeinse houding laat hom maklik as 'n Engelsman uitken, soos Jan de Boer (20 Sept. 1861) dan ook aanmerk: ‘Mynheer Waarzegger, uwe spraak is een Dopper, maar uwe inhoudt is lunsriem...’ Oor die algemeen skrywe hy redelik goed en vlot, maar slordig; dikwels is hy grappig of komieklik, maar die toon van sy poginge met al die lae en plat verdagmakery van 'n gebore onnasionale skinderbeluste persoon maak hulle grof en ongenietbaar. Hy mis die beskawing van sy ‘vaayer.’ Van die staatspresident, die republiek en die volksraad is hy geen vriend nie; waar hy kan, verkleineer hy hulle op lasterlike wyse en prys die Britse imperialistiese en negrofilistiese staatsgedagte vurig aan. Uit sy eerste brief haal ons aan.
‘Het gaat hier maar regte vrot met de Volksraad, met Pretorius, de Gouvernement en met de Kams geschlagtens. De Volksraad is een verspotte speul, zo dom dat hulle Secretaris, een Baviaan nog nat agter zyn ooren net zo jong als broer Charl, de spot met hulle dryf en hulle alle domme dingen laat doen en wette maak en met al hulle dommigheid is hulle nog permantig en als verstandige menschen hulle wil goed raay dan wordt hulle wys maar hulle zal nie lang blystaan want hulle lyk voor my net zoals een ou vat waarvan al de hoepels los is en in mekaar wil val.’ President Pretorius word op die volgende wyse beswadder: ‘Ik het ook Paulus Mopirie gezien, de Kafir Kaptein, en hy lyk een gentleman by Pretorius en is ook baie slimmer.’ | |||||
[pagina 63]
| |||||
Geen wonder dat sulke aantygings verset uitgelok het nie - die staatsprokureur het met geregtelike stappe gedreig (De Vriend, 20 Sept. 1861) en korrespondente, soos die genoemde Jan de Boer, het hom skerp aangeval. Die teenkanting het om die inhoud en strekking van die bydraes gekom, nie om die taal of uitbeelding nie. Want in laasgenoemde opsig het hy sukses gehad en baie aanbidders gekry wat sy stukke gretig gelees het, omdat hulle dit grappig gevind het. Die bekoring wat van so'n situasieskildering as die volgende uitgaan, kan ons ons goed voorstel. Pres. Pretorius lê die staat van sy reiskoste aan die Volksraad voor:
‘... die een het voor die ander sit aan te kyk net zooals een party kalkoene wat wil bakkly, maar hulle was voor de President bang, want hy het gezeg de eerste wat zyn bek oopmaak, die zal de moort steek, allah.’ Hy vertel hoeveel byval Meurant se stukke in De Vriend by die lesers vind en maak ook van sy eie pogings gewag. ‘En Vaayer, myn brief ook in de “Vriend” het banje opheft gemaak, en veel mensche zeg hulle wil vor die krant teken, oom Daantje ook’ (30 Aug. 1861). En later (14 Febr. 1862) ‘De mense zeg van dat Klaas Waarzegger schryf is het plezierig om de Vriend te leesen.’ In die jaar 1861 het ons naas al die briewe net één samespraak wat maar baie flou en plat is. (20 September). 'n Skraal oes lewer 1862 - twee onbeduidende briewe van Klaas Waarzegger, maar in 1863 word weer flink geskryf, byna net in briefvorm. Die eerste Afrikaanse rymproewe hierin verskyn as 'n aanhangsel by 'n briefie van Klaas Waarzegger met betrekking tot Oom Koos Venter en lui (23 Oktober): - ‘Oom Cobus wat het je nou weer aangevang,
Met die oprigting van de koorten,
Geloof my oom Cobus, ik word bang
Voor zulke soorten.’
Onder al die geskryf uit 1864 noem ons nog die Boerenpraatjes, gesprekke wat op 4 November begin het en vervolg is op 11 November en 9 en 23 Desember. In die eerste gesprek bring twee boere 'n besoek aan die drukkery, en verklaar hulle aan die drukker waarom hulle nie | |||||
[pagina 64]
| |||||
koerante lees nie. Hulle lees liewers hulle Bybel. Die tweede gesprek (11 Nov. 1864) staan in verband met die gedrag van die ‘kortebaatjes’ (Doppers) in die laaste Basoeto-oorlog. Eikeboom vertel dat Letsea se Kaffers 65 Doppers aangeval het. ‘Toe gaat al die kortbaatjes zyn mense aan het lammeteer en een van hulle kruip achter ons wages en huil: waar is nou my mamme zyn mellik vandag daar ik is van groot gewor, om nou door die zwarte goed vermoor te wor.’ Natuurlik was die Doppers baie kwaad oor die beskuldigings in dié gesprek, en nou bespreek Eigenwys en Verlichte Boer in 'n derde berymde samespraak, Uitlegging der Boerenpraatjes (18 Nov. 1864) die geval. Verlichte Boer is van mening dat alles waar is wat omtrent die Doppers gesê is, en hoewel Eigenwys eers verontwaardig is, hel hy langsamerhand oor na Verlichte Boer se sienswyse. Die eerste koeplette is in Nederlands, die laaste paar in Afrikaans. Eigenwys erken nou ten slotte dat die Doppers nie koerante lees nie, en ook nie hulle kinders laat onderwys nie. Daarom sê hy: ‘Kom, ou broers, vrinden, kom, laat ons ons zaam vereenig In liefde, geloof en hoop, uit lof an onze Heer. Kom laat ons boeke lees en banje krante menig, En op Sur Georges skool bring wy ons kinders weer.’ Dit is opmerklik hoedat die aantal samesprake in 1865 toeneem en in die volgende jare vir die eerste keer in kwantiteit en kwaliteit die briefvorm verbystrewe, veral in 1867 en 1868. Dit is terloops ook die tydstip toe in die ander Vrystaatse koerant 'n glanspunt met Trijna Snaaks se bydraes bereik is. Die dialoë van De Vriend uit hierdie tyd het veral betrekking op staatkundige aangeleenthede, soos die Basoeto-oorlog, die verowerde grondgebied en die politieke loopbaan van president Brand, maar hierbenewens vind ons ook reeds die huislike lewe as tema. As geheel munt hulle nie uit nie. Die siening en segging is konvensioneel, hoewel soms lewendig, die taal is grof, ongeskaaf en sonder glans, en die dryfveer is meestal die begeerte om te vermaak. So die prettige vrytoneeltjie wat J.M.H. vir ons afskilder onder die titel Een scena der oude tijden (31 Maart 1866). Oom Gert is al net moeg vir Tjaart se aanlopery elke Saterdagaand - hy sou dan | |||||
[pagina 65]
| |||||
kamtig na 'n vers soek. Tant Aantje willig darem in dat Tryna met Tjaart kan wakker bly. Tryna maak dit egter nie maklik vir Tjaart nie: ‘Tryna:
Hoe kom je altoos hier na jou vaars zoek?
Tjaart:
Zy is mos hier.
Tryna:
Je is gek.
Tjaart:
Tryna, kom laat ons onze schaapjes door malkaar jaag.
Tryna:
Je is mal. Hoeveel schapies het je?’ Sy het baie meer vee as hy. Die moeder is erg lastig deurdat sy vir Tryna aanmaan om te gaan slaap. Tjaart wil graag 'n soen hê, maar sy weier: ‘In myn handjie mogt je houden, eh, eh, eh.
Maar komt je nader,
Dan klaag ik by vader. Eh, eh, eh.’
Tjaart bly spook vir die ja-woord, maar dan beveel die moeder haar om te gaan slaap. ‘Ik kom mos moeder. Ja Tjaart net om Moeder my zoo vererg, anders zou ik nie ja zeg. Nacht Tjaart.
(Tjaart gryp en zoen haar, en hy vertrok, en zoo eindigd meestentys de opzit.’)
Die belangrikste van die politieke samesprake is die reeks van 33 wat onder die kopstuk Zamenspraak bij eene Uitspanning van 19 Junie 1868 tot April 1871 verskyn het. 'n Paar is in Nederlands, die meerderheid in Afrikaans en die res in albei media gestel. Die aanleiding moet gesoek word in die Volksraadsbesluit om 'n deputasie na Engeland te stuur. Die skrywer wou amuseer en terloops propaganda vir De Vriend se imperialistiese beleid maak. Die bes-geslaagde is waarskynlik die een van 10 Julie 1868, wat teen Brand en Hamelberg gerig is - twee osse wat dwing om vir Philip Wodehouse te stoot, as hy hulle verhinder om met Moshesh te baklei.
Andries:
Maar hoe is ou tante haar wagen dan zoodanig gebreek? Dit lykt mos amper of daar niet meer kans is om het regt te maak. | |||||
[pagina 66]
| |||||
Tanta Victoria:
Wel, dat is de schuld van die twee dolle voorossen, Hamelbrand en Bergbrand, hulle spook mos om de heele dag met de zwarte ossen van myn buurman te baklei, en dan wil hulle ook niet in de regte pad blyf nie, maar loop gedurig daaruit.
Jacob:
Waarom laat tante Victoria dan niet Philip de voortou vat nie.
Tanta Vic.:
Ik het voor Philip gestuur om de voortou te vat en hulle in de regte pad te lei, maar hulle is zoo parmantig en wil voor Philip stoot, en Philip wordt bang om hulle nekke scheef te trek, zoo het hy die touw laat blyf, maar toe neem hulle de hol en loop met de wagen over gaten en slote, en nouw is alles stukkend, de wagen het omgeslaan in een grote sloot, en hulle het dit een end, tot hiernatoe, gesleept ...’ Dit is begryplik waarom De Tijd die Vriend van den Vrijstaat herdoop het tot Vijand van den Vrijstaat! Na die Tweede Konvensie van Aliwal-Noord, waardeur die lot van Basoetoland bepaal is, neem die skrywerswoede in Afrikaans in die Vrystaat af en na 1870 is die persliteratuur van De Vriend van weinig belang. Tenslotte merk ons nog op dat hierdie, koerant voor 1870 'n paar oorspronklike verse bevat. Klaas Waarzegger se rympie uit 1863 het ons reeds genoem. In April 1865 is daar van hom 'n lang brief en 'n gedig uit Boshof. Hierin beskuldig hy die landdros van partydigheid in 'n familiesaak. Die Basoetooorloë was ook verantwoordelik vir baie strydliedere en gedigte oor die oorloë self. Na die afloop van die oorlog van 1866 skryf H.C. van den Berg en P.P. Hugo van Aasvogelkop, Caledonrivierdistrik, 'n lesenswaardige gedig van dertien sesreëlige strofes, in byna suiwer Afrikaans. Dit het in De Vriend van 25 Mei en De Tijd van 6 Junie 1866 verskyn. ‘O droevig lot en nare klag:
De kaffer steel by dag en nag.
De boer word nu alte kwaat
Omdat het hun zoo kwalyk gaat.
Hun vee wort daagslyks weggehaal
Het gaat maar na Pasoelies kraal.’
| |||||
[pagina 67]
| |||||
Die generaal trek toe op na Thaba Bosigo en sien dat die Kaffers besig is om skanse te bou. ‘De vyand had een sterke wal -
Daar is de generaal geval.
De mense neem toen ook de vlug,
En geef de vyand maar de rug.
Het was voor hun een zware stuk -
De hoofd was van hun weggeruk.’
Geestig is die tekening van 'n ongewone geval: 'n aangeklamde ‘generaal’ sit met 'n bottel in sy hand en 'n kaart van die Verowerde Gebied voor hom, terwyl hy uitroep (De Vriend, 20 Des. 1867): ‘Wel, zoo riep hy - Neef Johan's,
Nou, nou het ons groote kans
Om te trek, te retireer:
Want ik zie geen kaffers meer.
Ook is onze meel al op
De Fauresmithers op de top
Van de berg van Sofalie.
Neef, een glas vol Eau de vie?’
G.P., die digter, verwyt die ‘generaal’: ‘... By die bottel is jy goed -
By de kaffers zonder moed -
Zonder plan en zonder raad -
't Is heel goed als jy maar gaat.
Vader Wepener, styg ter neder -
Overneem uw ambt maar weder ....’
Die orige paar rympies verdien geen aandag nie (De Vriend 4 en 11 Des. 1868, en 11 Maart 1869). | |||||
De Tijd.Hierdie Bloemfonteinse weekblad het amper in Afrikaans verskyn, soos ons reeds gesê het, maar mnr Hamelberg het die plan laat misluk. In teenstelling met De Vriend was sy beleid sterk pro-Republikeins. Hy het die Vrystaatse staatshoofde | |||||
[pagina 68]
| |||||
en die Boerevolk altyd in beskerming geneem en die beginsels van 'n soewerein-outonome republiek hoog gehou. Hoewel De Tijd nie so baie Afrikaanse stukke as De Vriend gehad het nie, is sy betekenis in ons literatuurgeskiedenis veel groter om die flink-geskrewe, eg-menslike briewe van Trijna Snaaks. Is sy die eerste Afrikaanse skryfster in die Vrystaat? Ook in hierdie koerant word die briefvorm die drukste beoefen - dan volg die samespraak. Op 29 Oktober 1862 het De Tijd vir die eerste keer uitgekom. Dit is gedruk by en uitgegee deur J.W. Spruyt, maar het later oorgegaan in besit van J.F. van Iddekinge, wat ook as redakteur opgetree en hoë joernalistieke beginsels gehuldig het. In 1863 moes 'n nuwe president gekies word en die meeste Afrikaanse stukke van die tyd het betrekking op die saak. Die eerste is in 'n toevallige vorm van Afrikaans, dit is 'n brief van Havegar, wat tog soveel diepte en erns agter die onbeholpe gestamel en kinderlike gehakkel laat vermoed, dat dit in meer as een sin treffend tot ons spreek. Iemand wat so duidelik sukkel met die pen, so kortademig praat en stotter, moet in elk geval sterk voel as hy na die pen gryp. Hierin lê iets van ons landskoonmakers en baanbrekers se adel en tragiek, dat dit aangryp, meer om die wil daaragter as om die daad: ‘An de Burgers van ons Staat. Wel mijn edel heere, ik versoek u alle dat u moet u oogen oopen maak om te sien hoe een statspresdent dat onze krijg, op dat ons niet een van over de Vaalrevier neem, of over de Oranjerevier maar een uit de Vrijstaat. Wel mijn heeren ik versouk ten vriendelykste dat u moet gedenk aan de heer Boshof en aan de heer Pertorus dat ons hier gehad het en ons so laat staan. Want het is beter een burger uit de Vrijstat dan een over de Oranjerevier. Wel u eleheer ik meen dat de her Koos Venter een bekwaam man is. van die man mijn heer ik hoop het dat u alle sal in sien in de saak. H.C.J. Havegar.
Drie van die sestal briewe oor die aanstaande presidentsverkiesing kom van ‘Ik ben uw Vriend van overkant,’ ook 'n | |||||
[pagina 69]
| |||||
harde Vrystaatse nasionalis wat blaak van liefde vir die eie sodat hy teen ander selfs onbillik kan word. In sy tweede brief (5 Oktober 1863) waarin hy teen ‘de Vrint’ en ‘Uitlanders’ (Nederlanders inkluis) te velde trek, heet dit o.a. ‘Mr. Spruyt, gij moet maar banje u best doen dat ons geen Uitlander krijg, want met die Uitlanders kan een mens niet klaar kom, gij moet mij dat niet kwalijk neem want gij ben ook een Uitlander, maar voor zoo een hooge post, dat moet tog maar een flukze Afrikaner wezen ...’ Naas hierdie komiese situasie waarin sy uitgesprokenheid hom gebring het, staan oortuiging soos ‘een Engelsman en de Boer zal net zoolang spook dat hij weer weg moet naar zijn land...’ In 'n volgende brief (5 Okt. 1863) het hy dit weer teen die ‘Vrint’ en die ‘Uitlanders’ en dan klee sy verontwaardiging hom in boerebeelde in: ‘... want als het mij niet aanstaan dan trek ik weg, maar onder de Engelse mensen wil ik niet blijve, hulle mag goed wees om mee te smous, maar om over ons te regeer, neen dat nooit nie, zoo lang als de wereld staan, want toen hulle weg getrek is, toen is die sprinkhaanen ook weg getrek en ons is allemaal te danig bly daarover en nouw zal ons weer de Engelsman roep, neen warentig niet, dan kom die sprinkanen ook weer met al die andere plagen in ons land.’ Die suiwerste Afrikaans skrywe in 1863 ‘Ik is een burger die wil stem voor een Aferkaner President’ (23 Sept. 1863). Volgens dr H.P.N. Muller (Oude Tijden in de Oranje-Vrijstaat, bls. 150) is dit Hamelberg se skuilnaam. Hy sluit hom nou aan by die spreektaal en skryf o.a. an, te teyken, vorzegtig, as, banje; die dubbele nie versorg hy goed. Sy beeldspraak kom ook uit die Afrikaanse taalwerklikheid voort, bv. ‘jakhalsdraaiers’; ‘strop om die nek wil zet’; ‘hulle lekker voor leg.’ Die stukke in 1864 tot 1866 is van weinig belang, maar in 1867 bereik ons in De Tijd die hoogtepunt. Van Januarie tot Mei verskyn daar ses briewe en een samespraak onder verskillende skuilname, maar almal geskryf deur 'n afgedankte landdros William Bramley van Harrismith. Die skoolmeester Moll noem hy 'n ‘onverdraaglike Brulpadda wat brul as op sy stera’ getrap word en net sy veglustigheid laat staan as hy met ‘hotel medesyne’ gedokter word. Sy lae insinuasies rig hy ook teen ander publieke persoonlikhede totdat J.P. van den | |||||
[pagina 70]
| |||||
Bosch aan Bramley se anonimiteit 'n end maak ‘om vergissingen te voorkomen.’ Dit was in Mei gewees en Bramley skryf nou nie meer in Afrikaans nie. Vir drie maande is die volkstaal afwesig, en dan verskyn Trijna Snaaks op die toneel. Sy rig haar luimige briewe (let op die naam Snaaks, wat haar werk beskryf!) uit die Vrystaat aan haar moeder in Colesberg. In vier afleweringe van De Tijd in September 1867 kom twee briewe voor en in Oktober drie. Dit sou nie die end gewees het nie, maar iemand het haar anonimiteit in 'n kort rympie verraai en toe het sy opgehou. Dit lui: ‘Aan Aantje Brits, alias Trijna Snaaks’ Antje Brits,
Je is te spits.
Kan je schrijven?
Laat het blijven;
Want ik zeg,
Overleg
Eerst de reden, dan de kijven.
Voor het oog
Zit een boog;
Strijk men daaraan
Wat komt daarvan?
Een geschrei van oude wijven.
Wees gegroet,
Ik ben nog goed.’ (30 Okt. 1867).
Uit haar briewe dien die volgende paar staaltjies om die snaaksighede aan te toon. Dit gaan vernaamlik oor die mode en oor die landsomstandighede, die laaste handel veral oor Oom Jan (Brand, die President, en outeur van die gesegde ‘Alles sal reg kom’). Die moeder sou na die mode gevra het. Die hoepelrokke, ‘de duivels uitvindzel voor een dekzel van alle kattekwaad,’ het die vroue gelukkig afgeskaf; in die plek daarvan kom die slip van agter ‘en ik is blij, want hulle veeg de straaten schoon, en als ik nou op de dorp rond loop is het mooi.’ Nou kom daar nog 'n soort van mus, waarvoor sy geen naam kan kry nie. ‘Ik zal het beschrijf ... Moeijer het toch opgelet dat in Grahamstad dikwijls de gekleurde meisjes die ook hoedjes | |||||
[pagina 71]
| |||||
draag, rusie krijg, now moet moeijer jou een denkbeelt maak, denk dat na hulle uitbaklij het, hulle weer afmaak, en vind dan dat hulle hoetjes stukkend gescheur is, en dat hulle dan een van die hoetjes die de minste gelei het, zusterlijk in twee stukke verdeel, voor iedereen een stuk, en daar het moeijer now die ding wat hulle op die kop draag. Klaas zeg het is jammer dat zulke mooie meisjeskinders hulle lieve gezigges zoo leelijk maak.’
Die Boesmanmeide breek haar teepot en 'n piering; klein Tryna gaan saam met haar pa in dorp-toe en moet hierdie dinge aankoop. Sy gaan by 'n seker dame aan en vertel haar van die moeder se opdrag. Die dame, wat haar dienste aanbied, verstaan egter onder ‘piering’ die nuwe soort hoed en nou word die hare onder proteste opgemaak en dit gaan na die winkel. By tuiskoms gesels die ma so oor Oom Jan en sy politiek, dat die besigtiging van die gekogte ware agterweë bly. Maar Trynatjie het ‘haar kappie op gehou de heele avond en toe ik haar vraag waarom zeg zij, zij het de ambeijen en (in) de kop, well de ander ogend het zij weer de kappie op en weer ambeijen ...’
Eindelik moes sy met die saak uitkom en vertel dat die piering onder die kappie sit en so word die rede van die aambeie ook duidelik. Die kappie kon nie langer die pieringmus, wat Tryna al aan haar moeder beskryf het, verberg nie, en om dit te kroon, kos dit boonop nog niks meer as £1 10s. Od. nie! Dit is ‘... een zoort van een strooi mat heeltemal plat en maak hulle met een doek vast op de kin, moeijer kon well denk wat ik gemaak het. De piering en de vuur en de Tee Pot uitmakaar, en hemels naam waarom moet sulke mooje meisje menschen als op de dorp is, hulle zo leelijk maak.’
Nou kom die kostelike in haar laaste brief:
‘... Klaas het ook weer een piering gekoop, en hij dwing Trijna moet het draag, en onze Schoolmeester zeg het staat mooi; en het zal voor mij ook mooi lijken. Maar moeijer moet nie praat nie daarvan; ik het ook voor mij een laat kom, om bij de kerk te drage(!!!). Ons praat altoos tegen die uitlanders, maar onse mense aap hulle daarom alles na.’ | |||||
[pagina 72]
| |||||
Die verskoning wys hoe eg-menslik hierdie dame is. Die eg-vroulike toegewing aan die eise van die mode is voorwaar 'n stukkie prettige lewe en veel meer as 'n snaaksigheid. Netso goed is die uitlatinge teen Tant Saartje se ‘grokie’ wat Klaas al begin te prys het in die laaste brief. Wat kon nie alles hieruit nog ontwikkel het nie! Dan is sy nog verder iemand wat 'n verbasende selfstandige oordeel vir 'n vrou oor landsake daarop nahou. Sy be- en veroordeel die vredespolitiek van Oom Jan, (grenspolitiek) en die uitgawes gaan vir haar ook te hoog. Dit geskied alles met die tipies-vroulike manier van voorstelling. Herhaaldelik hoor ons ‘Klaas sê,’ en dan kom die opinie, wat nog weer versterk word deur die bewondering vir haar man: ‘moeijer weet Klaas is maar 'n moeilike eintje mens en as hy 'n ding zeg dan doen hij dit ...’ Die hart dra die Afrikanervrou egter op die regte plek, en kan onder meer Philip Wodehouse en sy sendelingpolitiek nie haar goedkeuring gee nie; die volksetimologisering in ‘Woedhuis’ is bepaald nie van die slegste nie. Die kaffers is ‘swart velle’ of ‘stertrime.’ Die bloubeks (bluebacks, Vrystaatse papiergeld) en die moeilikheid in verband daarmee bring sy in alle opsigte baie beter voor die gees as Bramley met sy tafelpere as munt in hulle nuwe ryk wat hy, Viljoen, Hoal (Howell), Meijer en Goossen moet gaan stig. Haar moeder moet vir haar ‘een pont goud en een halve kroon, silling en zespens zulver stuur,’ sodat hulle weer kan sien hoe harde geld lyk, en dan, op ontvangs, ‘banje mense, engelse ook, het kom kijk, en Tjaart het daar door een gat gebore regt in Victori (Koningin Victoria) haar oog, en draag het nu aan zijn horlogie ketting en stap daarmee net als een pauw manatje.’ Nog een aanhalinkie moet gegee word. Dit gaan teen Oom Jan wat die mense straf wat nie gehoor gegee het aan die oproep om op kommando teen die Basoeto's te gaan nie. ‘Als het so aanhou, zeg Klaas, dan kom daar een dag een ding; want alsmaar 40 boere zeg ik wil nie, of ik wil, wat kan oom Jan doen? hij zal zijn handen maar moet vrijven, en hoop dat alles regt kom.’ Hierna is die oes baie skraal, al kan ons nog die drie samesprake uit 1868 noem. Die gemoedere sal eers in 1870 weer gaande gemaak word deur die diamantkwessie, maar dan is die | |||||
[pagina 73]
| |||||
dae van De Tijd, wat nog een samespraak oor die onderwerp sal hê, reeds getel. Die afwesigheid van gedigte in hierdie koerant val sterk op. | |||||
De Transvaal Argus.Hiermee kom ons dan in die Transvaal. In hierdie Republiek het Afrikaans veel later as in die Vrystaat of die Kaapkolonie opgekom, hoewel ons hier reeds vanaf Oktober 1857 koerante het (De Staats Courant; in 1859 kom De Gouvernements Courant der Z.A.R.; De Republiek van Zuid-Afrika, ‘die eerste koerant in die volle sin van die woord in Transvaal’ sê Bosman; en in die jaar (1859) nog die weekblad De Oude Emigrant van Jeppe; in 1862 De Emigrant van Borrius). Die geleenthede vir die opbloeiing van 'n Afrikaanse persliteratuur was daar dus wel.
In 1866 gee Borrius op Potchefstroom 'n tweetalige blad, The Transvaal Argus uit, met Bergsma as redakteur van die Hollandse, en Jeppe (‘neef Jip’) van die Engelse gedeelte. Hierin verskyn die eerste Afrikaanse stukke, waarin lesers aan ‘neef Jip’ van hulle persoonlike moeilikhede vertel en klae oor die wette, die regering, die kerk, die landdros of die uitlanders.
Ons tref geen enkel digstuk aan nie; die meeste verkies ook hier die briefvorm en die samespraak; maar nou het ons geen duidelike bewys dat hulle onder invloed van Meurant staan nie, al lyk dit aanneemlik dat ons met dieselfde impuls as elders te doen het.
In aantal, omvang en karakter staan hulle ver agter by wat die Vrystaat en Kolonie opgelewer het - 'n bevreemdende feit as gelet word op al die beroeringe wat destyds op maatskaplike, kerklike, ekonomiese en politieke gebied aan die gang was, meer as waar ook besuide die Limpopo.
Die eerste brief (17 Julie 1866) is die enigste van Meijeraan wat in 'n sterk Nederlands-getinte taal oor sy kwaai vrou kla en van die wonderdokter se medesyne bestel. ‘Zy gooy niet alleen met schempwoorde maar ook met koppies en pierikes na myn kop, als ik een zoupie wil drink.’ Hierop volg 'n lawwe, triviale antwoord van Otto, die wonderdokter self (7 Augustus 1866); ook die eerste samespraak, wat net gedeeltelik | |||||
[pagina 74]
| |||||
in Afrikaans is, behandel die saak (14 Aug. 1866). Hulle soek en gee laagstaande vermaak. Die enigste persoon wat bo die vlak uitrys is Behrend Moddermannetje wat 'n reeks leesbare briewe skryf. Op 18 Desember 1866 open hy die serie en in die eerste bydrae lug hy sy opinie oor verskillende sake en verlang inligting oor die kaffers, want ‘neef Pauwels zeg de kaffers is nou vry, en heef niet noodig te werk hullie kan nou spinnekoppe (lees: spiders) koop, zoo als Gidejon nou een het, en rondry als jentelmans of risjepearde hou en met die hande in de broekzak staan als hulle broeke aan het, en kyk hoe ons boere werk.’ Behrend is gladnie in sy skik dat hierdie brief in die Argus gepubliseer is nie, sê hy in sy tweede brief van 10 Januarie 1867, want ‘Ik kom met nachmaal op Rustenburg en ieder die my ziet vraag na myn brief, ik stry maar voor niet, hulle bring jou krant.’ Hy skryf weer oor die wet, maar ‘Ons is tevreden met ons landdrost en ons wil niet he nie dat gy hem sleg maak masschie is hy nie schlim as ander landdrosten, masschie was hy nooit dogter of edicteur.’ Daar is haas geen onderwerp waaroor Behrend Moddermannetjie nie ook iets te sê gehad het nie. Gemoedelik vertel hy aan ‘Neef Jip’ van sy huislike omstandighede, asof hulle twee ou bekendes was. Vol lof is hy vir sy vrou (7 Febr. 1867): ‘... nu neef myn vrouw is ni zoo dom als neef misschien denk, zy lees danig mooi en zy schryf regte groot letters dat een ieder het kan lees, en zy zyfer dat geen smous voor haar kan verneuk nie.’ Hy vertel ook aan ‘Neef Jip’ hoe 'n deeglike meester sy buurman het. Op 11 April deel hy ons mee dat hy siek was - dit kan nie wees van die perskebrandewyn soos sy vrou beweer nie, want ‘ik drink nooit meer dan 10 of 12 soupies op de dag en dat op krui geset.’ Saartje Moddermannetje van Karremelkskloof laat op 27 Junie 1867 ook van haar hoor en voel baie gebelgd omdat haar man se brief in die Argus gepubliseer is - hy durf hom nie op Rustenburg vertoon nie, want almal verneem na die brief in die koerant. En boonop kan haar man nie skryf nie - dis seker maar die ‘duiwelsche uitlanders’ wat dit gedoen het. Ook Behrent van Gronen van Velbroekskraal naby Elandsrivier klae oor Behrend Moddermannetje se briewe, want die | |||||
[pagina 75]
| |||||
Rustenburgers dink dis hy wat die goed skryf. Dis duidelik ‘dat die kerel my zoek om my in een ongeluk te breng by al myn vrienden en buren en ook by myn regters ... hy het my al by ons Gouwernement in een slech baatje laat kom, en ook by ons winkeliers hier op Rustenburg.’ Behrend Moddermannetjie swyg nou vir baie maande, miskien omdat Jeppe nou nie meer op die redaksie is nie, maar J.H. Roselt, volgens die Argus van 10 Julie 1867. Uiteindelik kon hy dit tog nie meer hou nie en rig hy op 5 Februarie 1868 'n brief aan die ‘geacht Neef Koerantschryver’ - hy erken dan ook dat hy vroeër baie in die koerant geskryf het, ‘maar toen ik hoor dat neef Jip niet meer druk, zoo is ik bang om te schryf.’ Hy hoop dat die ‘Koerantschryver’ nie sal rondvertel wat hy vir hom skrywe nie, want Neef Pauwel en Neef Zarl is nog altyd vir hom kwaad. Dié keer moet die uitlanders dit ontgeld, want hulle verbrou die landsake. ‘Ons mensche neef wil he, dat de kwaad moet gestraf worden, en als hullie verbrouw het, dan moet hullie straf lei, maar jaag niet zoo maar uit de pos, maar straf hullie, en bedank al de uitlanders.’ Profeties klink sy woorde van bekommernis: ‘Ik hoor julle heb goud gevin, maar neef de zaak is niet goed nie, als de Engelsche hoor dat hier goud is zal hullie de land kom neem, wach liever een betje....’ Om verkenningswerk te doen van hoe dit in die Volksraad toegaan, het hy Pretoria-toe gery met sy ‘mager’ perd, en dan doen hy op 1 April 1868 op 'n heel interessante wyse verslag. Hy kon realisties beskrywe, bv. die wyse waarop hy die president sien: ‘... dan steek hy altyd zyn vinger uit als hy praat, als of hy jou wil zeer maak.’ Op 16 Februarie 1869 is Behrend vol klagtes, oor Kaffers, oor Oom Paul en die uitlanders: ‘... ik hoor dat ook Pouwel zoo banje lieg en dat hulle te Pretoria een groot paskewil of plakkaat het laat druk van oom Pouwel zyn leugens.’ Behrend Moddermannetje word aspirant-kandidaat vir die Volksraad, want op 16 Maart 1869 publiseer hy sy manifes in die Transvaal Argus: ‘Aan alle myne landgenooten en vrienden van onze Republiek.’ Hierdie manifes is belangrik, omdat dit ons 'n blik gee in die staatkundige beskouings van ons kandidaat. Hy voel hom onbekwaam, vertel hy ons dadelik. Dis 'n gewigtige geskrif - daarom moet hy hoogsprekend wees | |||||
[pagina 76]
| |||||
en gebruik aanvanklik Nederlands, maar as sy gedagtes koers vat, slaan hy oor in die spreektaal. Hy is uiters konservatief: ‘Ik ben een van de oude voortrekkers zoo als gy weet, die goed en bloet voor onze vryheid geoffert heb en ben een vyand van alle nieuwe uitvindingen en wetten. Toen ons nog de 33 artikel heb gehad, toen de Hollanders en hulle wet boeke nog in ons lant was, toen heb ons harde geld gehad en geen longziekte.’ Natuurlik is hy teen alle uitlanders, en ook teen prokureurs: ‘Affekate en prokreurs... zit ook in de raat en hulle praat ons dom ....’ Verder is hy ‘voor kerk en staat, ik wil perteksie heb voor ons kerk, ik vrees vooral de nieuwe kerke welke hulle alle dag opzet.’ Moddermannetje se stukke is flink gelees en hy het selfs navolgers gehad, bv. Piet Kaartmannetje wat hom as sy kleinneef voorstel (11 Maart 1868). Verskeie ander minderwaardige stukke is verder nog opgeneem. Teen die helfte van 1869 loop die Transvaal Argus dood en die geskryf in Afrikaans sal weer in De Volksstem hervat word wat in 1873 onder redaksie van J.F.E. Celliers (vader van die digter) in Pretoria uitgegee sal word.Ga naar voetnoot⋆) In 'n los verband vermeld ons nog dat in die realistiese karaktersketse van T.F. Burgers Tooneelen uit ons Dorp (1866-1868) uit hierdie tydvak Afrikaans dikwels in die mond van sommige karakters gelê word. (Vgl. Conradie: Hollandse Skrywers uit Suid-Afrika, deel I, blss. 322 en 324-325). | |||||
(c) Die Cooper-S.J. du Toit-Hoogenhout-impuls (1870-1875).Die golfslag wat met Meurant begin het in die Oostelike Provinsie, het sterk oor die Westelike Provinsie gebreek, nog diep oor die Vrystaat geslaan maar vlak in Transvaal geskuim. In die Vrystaat, soos in die Transvaal, het dit in 1870-1875 flou nagewerk. Heeltemal anders was dit in die Suide. Die beweging om die volkstaal skriftelik te gebruik, het hier toegeneem in krag en vaart. Afrikaanse stukke het 'n vaste deel van die Hollandse perslektuur geword. Wel bly die naamloosheid van die brief- en samespraakskrywers 'n algemene wet, en | |||||
[pagina 77]
| |||||
by die grootste aantal van hulle word dié taalvorm vir blote snaaksigheid aangewend, soos terloops uit die skuilname op te make val. Maar sommige tog probeer om daarmee hulle lesers die beste te bereik. Die belangrikste vrae van die dag vir die Suide het in die volkstaal 'n neerslag gevind - bv. die oorgawe van die Kaap, die stryd teen dr Philip en die metodistiese geesdrywery, die kafferoorloë en grensreëlings, die ‘anti-konvik’-agitasie, die afskeidingskwessie, sake soos paaie en brugge, veldkornetskappe, onderwys, die kerkstryd en landsbestuur: dus kwessies van 'n praktiese en aktuele aard. Opvallend veral is dat Kleurling-Afrikaans met die loop van tyd afneem en dat die skrywers hulle veral rig na die spraakgebruik van die plattelandse Boer. Daar kom bepaald meer erns, diepte en koers, al mis ons nog steeds die jaloerse liefde wat die eie op 'n nuwe, verinnigde manier sien en daaroor of daarin met 'n stem van opgetoënheid en trilling praat, sodat dit na-vibreer by wie dit lees. Daar is nog geen oorgawe en geen visioene nie, en ten dele moet ons hieruit die byna volslae afwesigheid van gedigte verklaar. Die stukke dien nie die religieuse verhewenheid of die bewoë skoonheid nie, maar enkel die praktiese as vermaak, lering of propaganda. Die vermaaklike lê nog veral in die growwe en platte, in die buitengewone, nuwe, waaghalsige en pretensieuse (bv. gewild-ongeleerd) en in die komiese situasie of anekdote. Die spelling verskil nog van persoon tot persoon, al na gelang hy hom meer by die Nederlandse skryftradisie of die gesproke taal aansluit, en dan nog het sy kompromiespelling geen vastigheid of stelsel nie. Ewe slordig, onversorg en ongedissiplineer is sy taalgebruik as uitdrukkingsmiddel, daarby gewoonlik onpersoonlik en konvensioneel, met 'n stotterende beweging en weinig musikaliteit, behalwe in 'n paar gevalle. Die probeerslae het egter 'n nuttige funksie verrig, en wel, soos in die geval van Meurant geblyk het, om baie persone te leer lees, om ander aan te spoor om self te skrywe, onder wie Hoogenhout, en veral, om die weg te baan vir 'n nuwe gesindheid ten opsigte van die volkstaal as voertuig van gedagte vir die opheffing van die Boerenasie as 'n kultuurkrag. Hierdie gevoel van verdierbaring sal, eienaardig genoeg, nie ontkiem in die twee onafhanklike Afrikaanse republieke nie | |||||
[pagina 78]
| |||||
- daar is die Hollandse (Nederlandse en Afrikaanse) taal immers veilig onder die volksvlae! - maar in die Kaapkolonie onder Britse vlag, omdat hier eers 'n werklike gevaar dreig, en die gevaar van ondergang, van nood, sal die diepere liefde wek vir die volkseie, die eg-nasionale, wat by die een groep o.m. om die vorm van Nederlands as moedertaal sal beweeg en by die ander om Afrikaans. Natuurlik sal ook die liefde en die besef nie in een dag of geslag kom nie. Maar die inhoud sal dan anders van struktuur word; in die plek van die plaaslike tree dan die nasionale, hoewel nog eng en eensydig afgebaken - waardeur verset van vele soorte en misverstand wakkergeroep sal word. Op die ou plan word die stoot deur Samuel Zwaartman gegee, en wel in Het Volksblad, wat na hoeveelheid beoordeel, verreweg die belangrikste plek vir Afrikaanse stukke bly. Tussen 20 Januarie en 4 Augustus 1870 verskyn daar 24 ‘Boerenbrieven uit Fraserburg’ van Samuel Zwaartman, die skuilnaam van 'n wetsagent H.W.A. Cooper, (Vgl. Die Afrikaner en Sy Taal, bls. 221). Die invloed daarvan was baie groot, soos blyk uit die klomp Zwaartmanne (ook Swartmanne) wat hierna optree (Jan, Piet, Gert, Adones), maar meer nog, soos enige direkte getuienisse openbaar maak. ‘Van dat Samuel gebegin het om te skrij in jou korant, lees mos alle mense dit, en d'is sommer pikswart gesmeer zoo's die mense dit rondstuur. Jy kan ver mij gloo dat die plat Hollans meer gelees wor onder ons boere as die wat Sankion (lees: Changuion) ver ons wil leer in zijn boekies.’ (Die Afrikaner en Sy Taal, bls. 221). Samuel Zwaartman het tussen 16 Maart en 8 Junie van die volgende jaar (1871) in Het Volksblad ook 'n elftal Kaapse Sketse laat verskyn, veral oor bestuurlike reëlinge. Hulle was blykbaar ook goed gelees, en Zwaartman se stilswye hierna is deur verskeie korrespondente betreur. Anders as by Meurant het Cooper blykbaar geen groot invloed buitekant die leserskring van Het Volksblad gehad nie. In hierdie koerant het sedert 1870 ook F.W. Reitz se verwerkinge van 'n paar gedigte van Burns verskyn. Die droomgesig van 'n nuwe taal met 'n roeping van volmenslike diens is in vae omtrekke deur A. Pannevis en in vaster lyn deur C.P. Hoogenhout en S.J. du Toit gesien. Dit | |||||
[pagina 79]
| |||||
word nie in die liberale Het Volksblad verkondig nie, maar in De Zuid-Afrikaan van Onze Jan met 'n nasionaal-christelike strekking in dié dae. Nou streef De Zuid-Afrikaan Het Volksblad in betekenis vir die Afrikaanse taalbeweging verby. In hoë mate beweeg ons ons nou op die terrein van die geskiedenis van die Afrikaanse beweging liewers as van die Afrikaanse literatuurgeskiedenis; baie van die bedoelde visioene van 'n nuwe orde is dan ook in Nederlands verkondig, so deur A. Pannevis self. Tog is De Zuid-Afrikaan brandarm aan Afrikaanse stukke in hierdie tydvak, vergeleke met Het Volksblad. Na 23 September 1867 loop ons geen Afrikaans weer raak nie voor 31 Maart 1870, toe die eerste van Jan Pie de Wied (ook Wiet) se drie aangenaam-lesende briewe verskyn, gerig aan sy swaer ‘di meneer, wat hulle seh wat di Suit-Africaan druk, wat op di Groente Plein woon.’ Hy skryf veral oor kerkdienste, huweliksfeeste, die ‘Vrywellig Beginsel,’ belastings en gewone huislike aangeleenthede. Sy taal besit soms plastiese elemente en lees vlot. Hy vertel ons dat hy ‘Agter di Draai voor Papiesdorp’ woon, en die Kaapse kleuring van sy uitspraak kan ons ook opvang. Die predikant ‘Fehaure, die Leberjaal, is en uithaller... syn woortjes gat soema uit syn mont in jou hart.’ ‘Neef Piet seh voor my syn koeye vrek net so als raaf, hy weet nie wat hulle makeer nie. Ik seh vor hem gebrek aan asem.’ Op die gemoedelik-rustige manier gesels hy dan prettig voort oor nietighede en ernstige sake. Sy derde brief (12 Mei 1870) veral is flink geskryf en gee 'n relaas van wat hy op sy reis ‘na buite’ beleef het, o.m. in Hanover. ‘... ik was ook op Hannover ma das tog ook en mooi plek, ‘kerel! die Sondagh was ik in meneer Burgersh syn kerk, ma magtag ik het ni gedenk ni dat di man soo slim is ni, ja hy preek my soema dronk, julle praat van ds Murrays en Stegmans syn preek ma ma loop hoor di man, dan kan julle spreek, ik het altoos gedenk, julle Caapnaars het slimme mense wat preek ma nou siet ik dat di boer nog slimmer manne heh.’ Grappig bedoel is ook die brief van Smalhans uit Middelburg (9 Junie 1870) oor die ‘stoomtransport’ en die invoering van masiene om die werk te verrig. ‘Zo as ik gehoor het is daar machines wat praat ok, hemel wat zal de predikanten dan | |||||
[pagina 80]
| |||||
maak om hulle vrouwens kost te gee?’ Dan 'n ses maande stilte tot ons op 19 Januarie die enigste Afrikaanse brief in 1871 kry, die lang en verdienstelike skrywe van 'n jongkêrel T. Mieliebuik, wat fyn opmerk en 'n prettige beeld van 'n boerefees gee. ‘De ander dag oggent het de nooiens gaat zwem, eers het hulle zoomaar met kleere ingegaan, net hulle rok effentjes opgelig, maar oom, dit was al te mooi om de lieve voetjies te zien zoo tusschen de borduur werk en kantjes uitkom, mens voel zoomaar aardig op jou konsensie.’ Toe die mans sou gaan swem ‘het ik baaying kooren geëet laat ik kan op blas om nie te verzuip nie ...’ Die jaar hierop, nl. 1872, begin die polemiek in Nederlands en Afrikaans oor die vertaling van die Bybel in Afrikaans en die hervorming van die onderwys. Ons kan dit net insoverre by ons letterkundige geskiedenis te pas bring, as wat ons hier 'n nuwe en vernuwende gesindheid leer ken, nl. om Afrikaans nie net vir tydverdryf of vir die minderbevoorregtes te gebruik nie, maar as 'n simbool en 'n volwaardige middel. Die volkstaal word op 'n ander plan geplaas, nl. die van 'n kultuurtaal. Die woorde van Een Ware Afrikaander ‘Mar myn lieve Neef, ons taal is een kosbare diamand. Dit moet mar net geslyp worde’ bevat die hele geloofsbelydenis en offerdiens uit liefde van die voorstanders van 'n ander orde. Dit is die Pannevis-Hoogenhout-Du Toit-impuls, wat ook die aanleiding sal wees tot die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners; dit is die aantrekkingskrag van 'n ideaal wat alreeds gelei het tot die Geskiedenis van Josef, die Gesprekke tusse Oom Jan Vasvat en Neef Daantje Loslaat, die Manifes en die Volkslied. | |||||
(d) Die Periode 1875 tot 1895.Byna alle voortbrengsels in Afrikaans vanaf 1875 tot na die Tweede Vryheidsoorlog hou verband met die G.R.A. Hierdie organisasie oorheers alles wat voortaan in die volkstaal verskyn en daarom is ons dikwels geneig om net oor hom te praat as ons dié letterkundige periode behandel. Soos aangetoon is, het die volkstaal voor 1875 in tydskrif- en koerantartikel en in afsonderlike boeke sy regte reeds begin opeis, en ook na 1875 het werke verskyn wat buite die verband van die G.R.A. ontstaan het. Weliswaar is hulle na verhouding weinig in | |||||
[pagina t.o. 80]
| |||||
Handskrif van C.P. Hoogenhout.
| |||||
[pagina 81]
| |||||
getal, naamlik die bloemlesing: Klaas Gezwint en zyn paert and other songs and rympjes of South Africa in English and Cape Dutch (1884) oorgedruk uit die Cape Monthly Magazine en ander blaaie, en vier jaar later 'n ander versameling deur F.W. Reitz: Vyftig Uitgesogte Afrikaanse Gedigte (Met Prentjes) (1888), in 1897 as 'n tweede uitgawe uitgebrei tot Zestig Uitgesogte Afrikaanse Gedigte. Die volgende aanvulling val buite ons periode. Na Reitz kom W.H. Maskew met 'n Jolly Hotnot en ander snaakse Versies uit die ouwe Doos (1890). Die derde en laaste buitestander is Melt Brink, wat in 1893 op die toneel verskyn en hom spoedig laat uitken as die vrugbaarste skrywer onder die groepie. Van sy Grappige Stories en andere Versies in Kaaps-Hollands het daar in die tydperk voor 1900 vier bundels verskyn (die eerste in 1893, die tweede in 1894, die derde in 1896 en die vierde in 1898). Dat al die werke, behalwe die van Maskew en die bloemlesing van Juta verskeie herdrukke belewe het, getuig die aftrek wat hulle te beurt geval het. Hoewel die bekoring van die eenvoud van taal nie te loën is nie, het die groot aantrekkingskrag veral in die grappige toon en die deur-en-deur Afrikaanse inhoud gelê. Behalwe Reitz, het die ander nie juis 'n hoë dunk van suiwer Boere-Afrikaans gehad nie. Maskew laat sy Hotnot getuig: ‘Di Engels moet jij oek nou leer,
Tot jij di taal kan gooi,
En wijs di volk dat jij kan praat
Di wit-taal nes di rooi.’
Dit gee aanleiding tot die soort koffie-en-melk-taal waarvan die ‘Jolly Hotnot’ hom dan bedien, ook wanneer hy nie ‘jolly’ is nie. Liefde vir Afrikaans straal nooit en nêrens deur nie. Melt Brink andersyds lê die volgende belangrike verklaring van sy standpunt af: ‘Ik heb mij, wat de taal betreft, zoveel mij zulks mogelik was, aan de middenweg tussen goed Hollands en Patriots gehouden. Ten eerste omdat ik denk dat deze voor velen gemakkeliker zal lezen, en ten tweede omdat ik het Patriots te overdreven acht, wij spreken zo niet onder | |||||
[pagina 82]
| |||||
ons. Ik heb het Kaaps-Hollands,” zoals wij het gewoonlik spreken, gevolgd ...’ (Eerste Bundel, 5e dr.)
Dadelik val 'n sterk punt van verskil met die G.R.A. op. Onder die G.R.A.-lede het daar, na buitentoe altans, eenheid oor kwessies van spelling en norm geheers, onder die onafhanklike groepie was daar verdeeldheid. Reitz volg die Patriot-tradisie (Boere-Afrikaans), Maskew skrywe Hotnot-Afrikaans en Brink rig hom na die Bolandse stads-Afrikaans van die ontwikkeldes. Dieselfde verwarring het ons in die tydperk wat 1875 voorafgaan, reeds vasgestel, en kontrasgewyse bring dit 'n prestasie van die G.R.A. na vore wat nie onderskat mag word nie. Dit val juis op hoe veel Maskew en Brink tog, by al die normverskille, aan die leiding van die Patriot in casu spelling verskuldig is.
Hierdie drie buitestanders onderskei hulle in hulle werk ook op stuk van godsdienstigheid van die G.R.A. en sluit tot 'n aparte groep saam. Al val 'n religieuse gestemdheid in Brink se nasionale en klaagsange nie te miskenne nie, en al is Reitz se werk nie ongelowig nie, bly hulle en Maskew ten opsigte van godsdienstigheid tog of neutraal of negatief, terwyl die G.R.A. hier positief kleur wys. Die lewensgevoel is verskillend.
As daarop gelet word dat verreweg die meeste van die G.R.A. se uitgawes in prosa is, dan is dit opmerklik dat die drie buitestanders hulle as digters aandien. Ook in die vorm sluit hulle as 'n groepie saam. Alleen moet die groepsgedagte nie eng opgevat word nie, want die samehorigheid berus bloot op uiterlike of toevallige ooreenkomste. In die diepste grond van die saak staan Brink, en veral Reitz, veel nader aan die G.R.A. as aan Maskew, want liefde vir die Afrikaanse volk is in die laaste instansie ook hulle inspirasie en roeping.
Met dié opmerking kom ons by die belangrikste kernfeit en keer terug na die G.R.A. Die waarlik-nuwe van die G.R.A.-manne is hulle houding t.o.v. die taal van die volk. Hoogenhout het reeds in sy Die Geskiedenis van Josef (1873) die kindertjies opgeroep om die saak van Afrikaans tot 'n saak van gebed te maak. ‘As julle bid, dan mot julle ook meteens aan onse liewe Heer vra, dat die Bijbel tog vertaal mag word in die Afrikaanse taal ook.’ | |||||
[pagina 83]
| |||||
Die G.R.A. se eie houding spreek hulle onomwonde en met digterlike ontroering in die Manifes uit. Vir die eerste keer oorheers die gevoel, deurstraal die liefde vir heilige menslike waardes ook die moedersprake en word daarmee in verband gebring. In versvorm kon hulle dit nooit so warm verwoord nie, en 'n onbeholpe gestamel is hierdie militante belydenis en durwende uitsegging van liefde ook nie langer nie, inteendeel, die kanselgebaar kon beskeier gewees het: ‘En die ergste is nog, hulle (die Engelse heersers) ontneem ons wat hulle ons nooit weer kan ge nie. Want daar is mar één moedertaal, die taal van ons hart. Die taal waarin ons an moeders bors pa en ma leer sê het, - die taal waarin ons die eerste indrukke ontvang het, - die taal waarin ons vrome moeder ons as kinders geleer het om die dierbare naam van onse Heere Jesus uit te spreek, - die taal waarin ons ou'ers altyd hulle God gedien het, - die taal waarin ons brawe vader ons op syn sterfbed nog vermaan het, die taal waarin ons moeder stervend haar laatste aassem uitgeblaas het in een gebed ver ons; - die taal blyf ons heilig - die taal kan ons ver geen ander taal op die wêreld verruil nie. En ieder perbeerslag om ons die taal te ontneem beskou ons as een onteering van die nagedagtenis van onse voorvaders, as een onderdrukking van die te'enwoordige geslag, en as een onreg ons kinders aangedaan ... Hulle sal ons moedertaal nie uitroei nie! Regte Afrikaanders, ons roep julle op om same met ons te erken dat die Afrikaanse taal ons moedertaal is wat onse Lieve Heere ver ons gege het; en om same met ons te staan ver ons taal deur dik en dun; en nie te rus nie vóór dat ons taal in alle opsigte algemeen erkend is as die volkstaal van ons land.’ Die Manifes, waarvan daar 'n duisend los blaadjies versprei is, stel dus die ideaal. Maar soos gewoonlik, skiet die dade by die ideale te kort, en so ook hier. Die Volkslied, wat later ten toon geset is, en wat ook vir propaganda gebruik is (500 eksemplare), bevat mooi gedagtes, maar die vormgewing is baie swak. 'n Mens erken nouliks die hoë gesindheid in hierdie doodnugtere, praktiese oorwegings, wat vir ons in 'n stroewe maat berym word. Hierdie taal het geen towermag nie, voer ons nie met sy suggestiewe mag en deur sy spankrag | |||||
[pagina 84]
| |||||
in die sfeer van skoonheid in nie. Maar aan die anderkant, die program van aksie verlang praktiese idealiste, manne van die daad en met geloof - en dié is hier. Die eerste groot doel was om, ooreenkomstig nr 9 van die ‘Algemene Bepalings,’ 'n maandblad uit te gee, ‘wat die naam sal dra van “Die Afrikaanse Patriot” in die vorm van 'n boekje van sestien (16) bladsy'e.’ Op ‘Saturdag, 15 January, 1876’ verskyn toe die eerste aflewering, ‘gedrukt bij Smuts en Hofmeyr, Kasteelstraat, Kaapstad,’ dus deur die uitgewers van De Zuid-Afrikaan. Hoe beskeie is die tydskriffie van 16 blss. van 7½ by 5¼ dm. nie! Die eerste jaargang is o.w. net in drie eksemplare voorhande, die kopie van Hoogenhout berus in die Stellenbosse Universiteitsbiblioteek (waarvan ons 'n fotoskopie besit), die van Pannevis in die Universiteitsboekery van Pretoria, en dan nog een in die Dreyer-versameling van die U.K.O.V.S. Die Stellenbosse eksemplaar dra in Hoogenhout se handskrif die letters C.P.H. na die hoofartikel, en die manuskrip, in sy handskrif, is in die boekery van die Voortrekkeruniversiteit. Oor die norm en spelling het reeds eenstemmigheid geheers vóór die verskyning van die blad. Op 30 Jan. 1875 skrywe Een Ware Afrikaander (ds S.J. du Toit) aan Klaas Waarsegger Jr. (C.P. Hoogenhout) oor die Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal o.m. ‘Die eerste vraag sal wees... “Wat is die Afrikaanse Taal?” Ek het laas een man hore seh: ‘Daar is drie soorte van Afrikaans: Heere-, Boere- en Hottentos-Afrikaans! Mar dis geen beswaar nie... Dat daar een klein verskil is, is natuurlik. En as ons so een boekie skryf, dan denk ek is dit die beste om die middelklas te hou en die Boere-taal te neem. Buitendien is die regte bevolking van ons land toch mar Boere. En die Geskiedenis het ek my an die Boeretaal gehou.’ Hierop antwoord Klaas Waarsegger Jr. op 20 Febr. 1875 ‘Dus die saak is gevonde. Boere-Afrikaans daaran mot ons hou; das die ware Afrikaanse landstaal. Geen zulle of haarlui - das te hoog. Julle en hulle is die meeste en gebruik...’ Die sewe spelreëls, waarvan die eerste die omstrede stelling ‘Ons skryf so's ons praat’ is, het ds Du Toit op versoek van Hoogenhout opgestel en in De Zuid-Afrikaan van 25 Nov. 1874 | |||||
[pagina 85]
| |||||
bekendgemaak. Hoewel inkonsekwensies voorgekom het (bv. banja, baiang; baing, bajang, worre, worde) is daar tog 'n prysenswaardige stelselmatigheid gehandhaaf. Van die begin af het die blad dan 'n duidelik-omlynde taalpolitiek gevoer. Dat die leiers onder ‘Boere-Afrikaans’ veral aan die taal van die Pêrelse Afrikaners gedink het, blyk soms uit die woordkeuse, wendinge en spelling (oek, baiang). Bolandse terme soos ‘oulappe en stuiwers’ is ook aan die orde van die dag gewees. Die Afrikaanse Patriot was in die eerste jaargang nie 'n koerant nie, maar 'n tydskrif om vir en in Afrikaans te stry. Bowendien was dit as tydskrif die mondstuk van 'n taalpropagandistiese beweging sonder meer, waarin die besluite van die G.R.A. uitgewerk word. Die eerste nommer bevat die reeds bekende Manifes en Volkslied, 'n kragtige hoofartikel en 'n brokstuk geskiedenis benewens kennisgewings. In die tweede nommer verskyn reeds die ‘Re'els en Bepalings,’ 'n gedrukte vorm van aansoek om lidmaatskap en ‘Re'els ver Takke van die Genootskap.’ Gedurig is mense aangespoor om buitetakke te stig, en selfs is aangedui hoe om die notule van 'n stigtingsvergadering te hou ‘Te'enwoordig om 'n tak van die Genootskap op te rig: - die heere..................................................................
Ook die verslag van die eerste jaarlikse vergadering verskyn in die Oktober-boekie. Verder word lede op die hoogte gehou van dié vordering met die ‘Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal, Die Geskiedenis van ons Land in die Taal van ons Volk en Die Afrikaanse Almanak vér 1877 - die drie eerste publikasies. Ook verneem ons gedurig hoe die getal intekenaars toeneem. Pynlik was die tydskriffie hom van sy miskenning bewus gewees en dit bepaal die dubbele karakter van die opgenome stukke: om die oortuigdes te versterk, te stig en te amuseer, en om die onbekeerdes te bearbei. Dit beoog, volgens die be- | |||||
[pagina 86]
| |||||
doeling van die genootskap, aanmoediging en opvoeding enersyds, en oortuiging andersyds. Die meeste bydraes besit albei hierdie karaktertrekke: die skrywers rig hulle terselfdertyd beide tot die gelowiges en die ongelowiges. En onder skrywers moet ons verstaan C.P. Hoogenhout en S.J. du Toit, wat omtrent die hele eerste jaargang volgeskryf het. 'n Hoofartikel was daar maar selde, dog onder die paar munt die fris-beeldende en forse aankondigingstuk waarmee die tydskrif open, bo almal uit. In die Stellenbosse kopie het Hoogenhout dit met sy paraaf onderteken. Hy sê o.m. ‘Né, jonge Afrikaanders! goi nou weg die vreemde wapenrusting nes David! Vat julle slinger! En goi elke vyand, al is hij so groot as Goliath, teun die grond. Ja, nou kan elke Afrikaander skrywe wat hy wil in syn ei'e taal... Kom nou voor'n dag, verborge pêrels en diamante!...’ Die ander kontribusies in prosa bevat brokstukke oor ons landsgeskiedenis, veral van die Hugenote, later opgeneem in Die Geskiedenis van Ons Land in die Taal van Ons Volk, verder oor Afrikaans as taal waarin verskillende gesigspunte belig word soos die plek van Afrikaans onder die Germaanse talegroep, 'n vergelyking tussen Afrikaans en Nederlands, die oorsprong van ons taal (- 'n belangrike hoofstuk) in P., Junie; die karakter, nut en reg van Afrikaans, e.s.m.; in die verband is Whitney se taalbeskouings te pas gebring. Hoofstukke uit Eerste Beginsels van Afrikaans is ook oorgeskrywe (P., April). In die korrespondensiekolomme het die publiek van hulle laat hoor, meestal gunstig. 'n Ongeleerde Boer sê: ‘Oom Lokomotief, gé stoom an die vuurwa!’ (P., Aug.). Insluitende die Volkslied het daar in 1876 agtien gedigte verskyn. Sover as ons die skrywers uit Hoogenhout se eie aantekeninge by die gedigte ken, het hy alleen of saam met ander, nege hiervan geskryf, Herholdt twee en A. Pannevis twee alleen, en twee saam met Hoogenhout. Hoogenhout het hom van verskeie skuilname bedien, bv. Afrikaander (Dag, Afrikaanse Patriot, P. Febr.) Jan die Versiesmaker (So'n Klein Stoutjie, P. Mei; Pieter en Betjie, P. Junie); Beginner (Helena en Eduard, saam met Pannevis, P. Mei); Boer (Moeilikheid om Liedjies te maak op 'n Boerplaas, P. Junie); en Cupido (Uitnodiging an Annie, P. Okt.), benewens twee naamlose gedigte | |||||
[pagina 87]
| |||||
(An A.J. Herholdt, P. April, en Mijn Vrouwtje het een Seun gekry, P. Sept.) Hy het flink weggeskuil! Slegs in twee nommers het drie gedigte verskyn, in die ander minder en in Augustus en Desember glad niks. Die oes is dus maar heel skraal en die digters weinig. Hulle het die lied, die naamdig (An Spotters, P. Febr.), die rympie, die ballade en vertelling beoefen. Wel is daar meer geskryf as opgeneem is, maar die ‘Voorrede by di Eerste Uitgaaf’ van die Afrikaanse Gedigte, Eerste Versameling (1878) meet beslis te breed waar hy sê ‘Die eerste antwoord op die Oproeping van ons Genootskap ... was 'n stroom van gedigte, gerig an ‘Oom Lokomotief ...’ Herhaaldelik het daar 'n geroep opgegaan om die Patriot te vergroot of halfmaandeliks te laat verskyn. Die verrassende aanwas van intekenare het die Genootskap aangemoedig om die waagstuk te onderneem! Die tydskrif word 'n koerant; die orgaan van die Genootskap word die orgaan van die volksparty (hoewel nog nie in 'n tegniese sin nie!) die maandblad word weekblad, die formaat word groter (12 by 18 dm) die boekie verdwyn, advertensies, markberigte, e.d. word opgeneem en van Kaapstad verhuis dit na die Paarl. (Derde oproeping, P. Des.). Dit geskied met ingang 1877. O.w. bestaan net twee volledige kopieë van hierdie jaargang, een daarvan in ons besit. Deur die verandering van opset en uitbreiding van werksaamhede, kon die Genootskap nog die rigting bepaal maar persone moes nou voltyds in diens geneem en betaal word Dit is die eerste stap wat gelei het tot die oprigting van die firma D.F. du Toit en Co. as drukkers en uitgewers in 1878. Hoewel die steunpilare nog die oorspronklike lede van die G.R.A. is, neem die invloed van die Genootskap as georganiseerde beweging vir die taalstryd aanmerklik af, want die werksaamhede word deur die uitgewersfirma behartig. Die Bybeloorsetting is nog die groot taak wat die Genootskap saamgebind en 'n status gegee het. Die belangrikste inwendige verandering is wel dat die Patriot verkleur van 'n kultuur-orgaan tot 'n politieke blad. Dit was in ieder geval nooit die oorspronklike bedoeling van die vergadering van 14 Augustus 1875 nie, maar is die natuur- | |||||
[pagina 88]
| |||||
like voortvloeisel van die behoefte van die tyd. Veral die politieke aangeleenthede in die Transvaal het die Patriot sy koers laat soek en vind. Die hoofartikel oor die aanstaande presidentsverkiesing, waarin die kandidatuur van Paul Kruger bepleit word, behoort tot die skitterendste Afrikaanse joernalistieke poginge wat kennis van die Afrikaner se mentaliteit aangaan. Die oprigting van die Afrikanerbond en ander politieke en ekonomiese aangeleenthede val buitekant die perke van die oorsig. Vir ons doel wek die Patriot en die firma D.F. du Toit en Co. nog net sover belangstelling as die Afrikaanse letterkundige aktiwiteit daarvan, 'n onderdeel van sy ander bedrywighede, nog bly voortduur. Die belangstelling in die Afrikaanse taal en letterkunde het in 1877 geweldig toegeneem, en die populariteit van die Patriot is hoofsaaklik hiervoor verantwoordelik. Op 26 Januarie vind die volgende gesprek plaas: Broer Dawid: ‘Het jy ons Patriotte megebreng?’ Meneer M.: ‘Ja, daar is dit. Hoe lyk julle dan so snoep ver die Patriot?’ Neef Danie: ‘Ja, glo myn, ons wag op die Patriot nes 'n hond na 'n stuk vleis. Dis 'n al te dierbare koerantjie...’ Die taal van die blad het 'n ware twisappel geword. Herhaaldelik lees ons van twisgesprekke oor die deugdelikheid van Afrikaans. Die wat die lig voor in die wapad sien en ook in hulle het, probeer die ander siende te maak, al gaan dit dikwels moeilik. So getuig iemand hoe ‘verkeerd’ 'n ‘ou kêrel’ was met wie hy oor Afrikaans gepraat het. ‘Mar so het ek nog nooit 'n mens sien vuur en vlam spuwe nie. So giftig as die ou arme siel daarte'en was, is daar seker gen twede. “Dit is gen taal.” - Dis Hotnots taal! - Dis de pure spotterny! Ons praat nie soo nie! Dit was enige van sy uitdrukkings.’ (P. 12 Jan. 1877). Dan word getrag om hulle te oortuig met kalme argumente, om hulle komplekse te begryp of anders word met hulle die spot gedryf, soos met die ouderling wat nie Afrikaans wou praat nie en ‘hoogsproken’ geword het. Hy sê bv. myn vinger is verswore en Ik heef een os gekoggen (P. 23 Nov. 1877). Afrikaans win veld, want hy is 'n simbool wat besieling bring. In hierdie gees, vir hierdie idealisme, in hierdie toon, ontstaan nou in 1877 'n menigte gedigte oor die moedertaal - | |||||
[pagina 89]
| |||||
die belangrikste tema in die jaar. Die prosastukke oor die tema doen nou vir die eerste keer onder vir die poësie. En die mense ‘dig’ en skryf dat dit 'n plesier is. Op 14 Des. 1877 sê Oom Lokomotief dat hy nie meer kan voorbly om die briewe privaat te beantwoorde nie. ‘Hier leg 'n 30 stuks voor Oom Lokomotief. Hy het dit buitegewoon druk met die wegstuur van Almanakke en Misdadig Engeland....’ Daarmee het ons terselfdertyd die twee publikasies van die jaar 1877 tesame met Die Geskiedenis van Ons Land in die Taal van Ons Volk, wat aan die begin van hierdie jaar verskyn het, en die derde uitgawe van die G.R.A. is; die tweede is die Almanak ver 1877, en die eerste is die meergemelde Eerste Beginsels van die Afrikaanse Taal, albei van die vorige jaar (1876). Terwyl die eerste drie nog in Kaapstad gedruk is, is die laaste twee (Almanak ver 1878 en 't Misdadig Engeland) in die Paarl uitgegee. Daar is vreugde oor die nuut-verkreë vryheidsgevoel, die gevoel van kunne. Die nuwe digters het gedag dat hulle arm was en ontdek dat hulle ryk is; veragtelik, maar is waardig bevind. Ons is so bly, ons is so bly,
Ons sal ons eie taal nou kry;
Ons lees al nes ons praat.
Ons hoor partykeer nou al sê:
‘Ons laat die Engels nou maar lê,
Wat sal dit ons nog baat.’
In die volgende jaar (1878) verskyn die Afrikaanse Gedigte Eerste Versameling, en bevat onder rubrieke, met ‘Ver Vaderland’ bo-aan, gevolg deur ‘Ver Moedertaal,’ 'n bloemlesing uit wat in die eerste drie jaar verskyn het. Opmerklik is, wat temas betref, die toename aan gedigte oor die ‘Vaderland,’ wat die oor ‘Moedertaal’ begin oorvleuel. Hulle kom uit 'n intens nasionaal-christelike lewenshouding voort en adem dieselfde gees as die prosastukke uit die jaar. As ons die bundeltjie uit 1861 meereken, dan is hierdie versameling die tweede Afrikaanse digbundel. Dit is verder die eerste belletristiese uitgawe van die G.R.A. Die belangrikste enkele digter hierin is C.P. Hoogenhout. | |||||
[pagina 90]
| |||||
Die tweede belletristiese poging volg in die jaar hierop, 1879, naamlik Catharina, die Dogter van die Advokaat deur Klaas Waarsegger Jr. (C.P. Hoogenhout), 'n bekroonde prysvraag. Van dieselfde hand is in dieselfde jaar Eerste Afrikaanse Printjies Boeki ver Soet Kinders deur Jan wat Versies maak. Die jaarlikse Afrikaanse Almanakke, wat, met 'n onderbreking, tot 1918 verskyn, noem ons nie meer nie. Boustowwe bied ds S.J. du Toit ons in sy Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging, die enigste boek in 1880.
Kyk ons op die tydperk 1877-1880 terug (die eerste Paarlse periode), dan val dit op, dat al die boeke in hulle geheel of gedeeltelik uit die Patriot oorgedruk is, behalwe net die Spel en Leesboek van Van der Rijst (1878); dat al die werk tussen 1876 en 1880 soos verteenwoordig in die dertien afsonderlike boeke, 'n praktiese doel beoog met uitsondering van twee belletristiese werke. Die belangrikste figuur onder die skeppers van nuttige werke is ds S.J. du Toit, onder die wat 'n letterkunde opbou, moet ons in die eerste plek C.P. Hoogenhout noem, beide as digter en prosaïs. Onder die dertien boeke, of agt, as ons die Almanakke buite rekening laat, is slegs één 'n digwerk. Die boeke self maak 'n heel beskeie indruk. Behalwe die Geskiedenis van ons Land..., wat 235 bladsye beslaan, en die Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging wat 134 bladsye tel, is almal onder die honderd paginas dik, - die Eerste Beginsels tel 29. Die opmaak en band is ook baie primitief.
Op die eerste vyf jaar volg nou 'n tweede vyf jaar waarin die produktiefste tydvak aanbreek. As ons die Almanakke bytel, dan het daar tussen 1881-1885 in geen jaar minder as vier Afrikaanse boeke verskyn nie, en in 1882 soveel as sewe. Dit is tog 'n belangrike prestasie vir so'n jong taalbeweging wat onder die grootste moeilikhede begin het. Die beweging self het verder 'n landswye aandag gewek, in 1880 het die Patriot reeds 1800 vaste intekenaars gehad en in 1881 het die getal deur sy houding in die Transvaalse politiek byna verdubbel.
Ook buitekant Afrikaanse kringe het die beweging in hierdie tyd, juis om sy invloed deur die orgaan en sy publika- | |||||
[pagina 91]
| |||||
sies, aandag verkry, en daaronder van geleerdes ook. Dr Th. Hahn, 'n ‘colonial philologist’ soos hy hom aankondig, lewer 'n toespraak op 29 April 1882 by geleentheid van die drie-en-vyftigste jaarvergadering van die beheerkomitee van die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek en skenk terloops aan die slot van sy betoog aandag aan Nederlands en Afrikaans, maar in 'n baie onvriendelike gees. Presies van 'n teenoorgestelde strekking is die lang artikel van C. Stoffel uit dieselfde jaar (1882) in Volksalmanak der Maatschappij tot Nut van het Algemeen (‘Eene wettige dochter der Hollandsche Taal’). As verdere bewys van die groeiende belangstelling in Afrikaans in hierdie periode noem ons die lys van Afrikaanse woorde wat verskyn het in Onze Volkstaal, Tijdschrift gewijd aan de Studie der Nederlandsche Tongvallen (Culemburg 1882 vlgg.) en onderteken deur A.P. (Paarl), dus vermoedelik Arnoldus Pannevis. Die belangrikste leksikografie is van die hand van 'n ander geleerde Hollander, dr N. Mansvelt: Proeve van een Kaapsch-Hollandsch Idioticon (Kaapstad, 1884). Ook H. Elffers wy 'n dertigtal bladsye agter in sy boek Practical Dutch Grammar and Analysis (Kaapstad 1885) aan ‘Cape Idioms.’ Om al die stukke en artikels te noem, sal ons te ver voer. Ons vermeld nog net die volgende uit hierdie tydvak: V.D.M. se artikelreeks in The Cape Monthly Magazine van 1880 en 1881 oor ‘Some Cape Dutch Words,’ wat tot 'n twisgeskryf aanleiding gegee het; verder prof. Mansvelt se rede oor ‘Het Afrikaansch’ in die Zuid-Afrikaansch Tijdschrift en T.M. Tromp oor Afrikaans in Herinneringen uit Zuid-Afrika (1879, hfstk 22).
Ons kan seker aanneem dat die werksaamhede van die Genootskap van Regte Afrikaners tenminste gedeeltelik verantwoordelik is vir hierdie taalkundige belangstelling van geleerde sy. Ons let weer op hulle eie boeke-produksie. In 1881 verskyn ‘Twede Versameling’ Afrikaanse Gedigte oorgedruk uit die Patriot en dit bevat in die 168 bladsye merendeels nasionale gedigte en vertellinge oor die afgelope Zoeloe-oorlog, oor Transvaal, verengelsing en die moedertaal. Ons noem nog Godsdienstige Stukke van Cefas (ds P.D. Rossouw) en ds S.J. du Toit, Afrikaanse preke oorgedruk uit die Patriot, net soos ook Transvaalse Volksliedere in Afrikaans | |||||
[pagina 92]
| |||||
en Hollands. Los van die firma D.F. du Toit en Co., wat bogenoemde boeke uitgegee het, is die uiters banaal-Iawwe Geskiedenis van die Transvaal of die Suit-Affrikaanse Republiek van die laaste tien jaare gevertel door Klaas Waarzegger aan zijn neeft Martinust in Hollant in die eige Boere sijn taal - deur M. de Vries (Leiden).
Die glansjaar word 1882. Die Afrikaanse Gedigte, derde Versameling is die mees ambieuse bundel wat nog ooit voor 1908 verskyn het. Dit beslaan 180 bladsye 7 by 4 duim en word omtrent net gevul met nasionale spog-, spot- en dankverse oor die afgelope Eerste Vryheidsoorlog. C.P. Hoogenhout is die vrugbaarste onder hierdie digters en S.J. du Toit se Transvaalse Vryheidslied die beste gedig. In hierdie jaar verskyn ds J. Lion Cachet ook vir die eerste keer met sy twee novelles Die Geldduiwel (48 blss.) en Die Drankduiwel (43 blss.) uitgegee onder die skuilnaam ‘Neef Jan wat Versies maak.’ Hoogenhout doen verder mee met 'n vertaling van 'n godsdienstige stuk Die Wege des Heeren met George Muller, deur homself beskrewe, en die politiek is die inspirasiebron vir twee werkies Die Afrikaner Bond en Die Oprigting van Banke: immers, die Afrikaners word nou 'n politieke mag onder die vaandel van die Afrikanerbond as 'n georganiseerde party. Die pasvolstrede vryheidsoorlog het die gemoedere diep geroer en die Afrikaanssprekendes een van doel en sin gemaak in hulle roeping as volk.
Ook in die jaar hierop (1883) kom nog politieke propagandastukke van die pers: Di Ontslag van Dr Jorissen. Enige artikels, ter verdediging van di Transvaalse Volskraad in bowegenoemde saak en Di Voorgestelde Transvaalse Nasionale Bank, albei by D.F. du Toit en Co. Op suiwer letterkundige gebied is daar in prosa Di Liegduiwel van Cachet en in rym die ‘Vierde Versameling’ van die Afrikaanse Gedigte, ook oordrukke uit die Patriot. Die Gedigte toon nou agteruitgang; beide wat gehalte en hoeveelheid betref. Vir die erste keer sedert 1881 word geen ‘Versameling’ gedigte in 1884 uitgegee nie, 'n indirekte bewys hoeseer die Transvaalse gebeurtenisse, wat nou afgeloop is, die inspirasie vir ons digters en rymelaars was. Aan die ander kant neem die godsdienstige gedigte langsamerhand toe. | |||||
[pagina 93]
| |||||
Hoewel D.F. du Toit en Co. geen bloemlesing in hierdie jaar (1884) uitgegee het nie, het daar tog een verskyn, nl. die reeds gemelde Klaas Gezwint en zijn Paert by Juta.
Ds Cachet sit sy realistiese novelles voor met Di Praatduiwel (1884), weer 'n verstoriede preek oor 'n sosiale euwel, en uit die pen van C.P. Hoogenhout en E.J. du Toit volg 'n vertaling uit Hollands tot stigting veral van die ‘oplossers van Bybelse Raaisels,’ nl. Di Vinger Gods en sewe ander Verhale (1884). Oom Willem (J.W. van der Rijst) publiseer nommer 1 (nommer 2 in 1885!) van sy Evangeli in di Volkstaal bevattende ‘godsdienstige stukke.’ Die Patriot-uitgawes van 1884 staan dus almal in die teken van die kruis behalwe die boekie in tydskrifformaat Die Afrikaanse Boer (nr 1 in 1884), waarvan nommer 2 die volgende jaar die lig gesien het en wat eintlik die eerste Afrikaanse geskrif oor boerderysake is. Nommer 3 kom in 1886 uit en nommer 4, die laaste, in 1887. Hulle tel van 12 tot 32 bladsye en bevat oordrukke van artikels uit die Patriot oor veeteelt en landbou.
Uit 1885 noem ons eindelik nog Van di Blokhuis na di Witte Huis. Di Lewe van James Abraham Garfield, Oerlede President van di Vereenigde State van Noord-Amerika, waarskynlik deur Hoogenhout vertaal, en dan die taamlik beskeie ‘Vyfde Versameling’ Afrikaanse Gedigte. Oom Jan (C.P. Hoogenhout) en Neef Jan (J.D. Cilliers) is die belangrikste digters. Huislike aangeleenthede en godsdienstigheid is nou die groot temas en hierdie soort gedigte wek gedurig herinnerings aan die Nederlandse predikante-digters van die tyd. Daar heers nou tevredenheid, gematigdheid en selfgenoegsaamheid na die gelukkige afloop van sake in die Transvaal. Die lewe word slap en gemoedelik, die leefdrif flou en spanninge het verdwyn. Daarom verander ook die militante toon tot 'n soort van gematigde, liberalistiese goedigheid. Dit is soos op 'n lome Sondagmiddag in die somer: vrede en koffie op stoep! Oorskou ons die afgelope vyf jaar, dan maak ons interessante vasstellinge. Hoogenhout bly nog ons vernaamste digter, maar nou is daar 'n menigte wat hom ter sy staan, onder wie J.D. Cilliers sterk na vore dring. Die terreine waaruit die gedigte voortkom, het baie verander. Tot 1883 oorheers taal en nasionaliteit as die voedingsbodem, die toon is aggressief | |||||
[pagina 94]
| |||||
en die gevoel sterk. 'n Uitgesproke volksgees openbaar hom wat ook in die politiek verwesenliking soek. Maar hierna, as gevolg van die afwesigheid van die prikkel wat die onderdrukking en toe die vryheidstryd van Transvaal gewees het, tree verslapping in, neem die godsdienstigheid en die huislikheid die leiding oor en daal die peil van die eertyds frisse volkskuns. Waar die Patriot-gedigte hulle van 1880 tot 1883 by die Geusepoësie aangesluit het, vertoon dit hierna in strekking en inhoud verwantskap met die Nederlandse predikante-poësie. Volkskuns word rederykerskuns, gediggies word rympies. Opmerklik is verder dat ons in hierdie vyf jaar (1881-1885) vier gedigteversamelings van die Patriot-kantoor kry teenoor die één van die voorafgaande halwe dekade, en die twéé tussen 1886-1905. Dit is die belangrikste tydvak van poëtiese skepping. Ook op prosagebied is die vasstellings interessant. In hierdie periode is ds S.J. du Toit Superintendent van Onderwys in die Transvaal en sy plek word deur 'n ander predikant as belangrikste prosaïs ingeneem, naamlik deur ds J. Lion Cachet, wat vier Duiwels aan sy lesers voorhou. Eintlik is sy prosawerk die enigste wat ons tot die letterkunde in enger sin kan reken. Die orige prosastukke hou verband met die politieke ontwaking van ons volk, sy belangstelling in ekonomiese kwessies, en met boerderysake. Vir suiwer stigtelike lektuur sorg ds Rossouw, J.W. van der Rijst en C.P. Hoogenhout, laasgenoemde met vertalinge. Teenoor al die taal- en studieboeke ooreenkomstig die program van die Genootskap van Regte Afrikaners uitgegee in die vorige vyf jaar, kan ons nou net stel die eerste nommer van J.W. van der Rijst se Samesprake in Afrikaans en Engels (1885) - nr 2 is gedruk in 1887, nr 3 in 1890 en die drie tesaam in 1897. Dus, teenoor die intensiewe propaganda vir Afrikaans in die beginjare kom nou die ekstensiewe propaganda vir 'n Afrikaanse politieke en ekonomiese lewe. Die aksent is heeltemal verlê. Agter dit alles sit die Patriot, en agter hom weer een van die eerlikste, opregste maar mees beskeie van Afrikaners, die troue en gelowige Oom Lokomotief, die stille, hardwerkende D.F. du Toit, D.P.Sn., ouer broer van ds S.J. du Toit. Be- | |||||
[pagina 95]
| |||||
halwe De Vries se boek is elkeen van die genoemde Patriot-uitgawes oordrukke uit sy koerant, nou in groot formaat. En Oom Lokomotief se strydprosa in die hoofartikels van sy koerant munt dikwels uit deur beeldrykheid, slagvaardigheid, moed en diep-menslike insig. Hy was 'n vaderlike raadgewer, 'n wyse, vérsiende leidsman en 'n ‘Regte Afrikaner.’ Hy het 'n geoefende pen hanteer en was 'n uitstekende joernalis. Terloops merk ons op dat hy van 1882 af die lang klinker aan die einde van 'n oop lettergreep enkeld skryf: di, liwe, twe en dri. Ongelooflik is die agteruitgang in die hieropvolgende vyf jaar 1886-1890. Teenoor die 24 afsonderlike boeke en boekies van die vorige vyf jaar (met uitsluiting van die Almanakke), is daar net twaalf in hierdie periode, en daarvan is vier voortsettings van reekse [Di Afrikaanse Boer, nr 3 (1886) en nr 4 (1887), en Samesprake in Afrikaans en Engels, nr 2 (1887) en nr 3) (1890)] terwyl één 'n bloemlesing uit twee bloemlesings is (Bloemlesing van Afrikaanse Gedigte byeenversameld uit Nos. Twe en Dri, 1888). Van die oorgeblewe sewe is net één belletristies, naamlik die ‘Sesde Versameling’ Afrikaanse Gedigte (1889). Hierin is die meeste gedigte uit een pen, die van J.D. Cilliers. Ook is die karakter al weer anders. Vir die eerste keer vier die liefde die botoon en speel skerts en terglus 'n oorheersende rol. Hoe ver staan ons nie van die standpunt van die ‘Eerste Versameling’ van twaalf jaar gelede af nie! Die res is in prosa. Ons eerste Afrikaanse reisbeskrywing is Alweer op Reis. Di Slag as Lid van di Transvaalse Deputasi in 1883-1884 deur ds S.J. du Toit (1886). Dit is lewendig vertel en het die Europese atmosfeer soos deur 'n Afrikaner ondervind, goed opgevang. In hierdie jaar verskyn ook 'n stigtelike verhaal van Oom Willem (eerw. J.W. van der Rijst): So gaat dit en van ds J. Lion Cachet: Di Geskiedenis van di Hugenote van di jaar 1521-1789 deur Pastor. In 1886 oorheers die godsdienstige dus. In hierdie tydperk verskyn ook Di Bybel in Afrikaans, Dri Proewe deur ds S.J. du Toit (1889). Dit bevat 'n uitvoerige historiese inleiding insake die beweging om die Bybel in Afrikaans oor te bring, met heelwat bronne. Dit is dié een groot taak waarmee die Genootskap van Regte Afri- | |||||
[pagina 96]
| |||||
kaners besig was en waardeur dit sy bestaan as vereniging nog regverdig. Die taak het die stigtingsvergadering hom juis as einddoel gemaak en hier is die eerste tasbare bewys dat dit hom ook hiermee erns was.
Ons noem nie weer Reitz en Maskew se bundels uit hierdie jare nie.
In die tydperk wat volg, nl. 1891-1895, duur die insinking voort. Ingrypende inwendige veranderinge vind in 1891 plaas. Ds S.J. du Toit het bedank as Superintendent van die Zuid-Afrikaanse Republiek, en wat die rede ook al mog wees, die hartstogtelike vriend en pleitbesorger van Transvaal in die bewoë jare van sy vryheidskamp, word na sy dienstermyn aldaar op ewe hartstogtelike wyse die vyand van Transvaal. Sy hele politieke sienswyse ondergaan 'n omwenteling, en hy rig hom na die Britse staatsgedagte wat ook teen die beste belange van Transvaal indruis.
Ds Du Toit word redakteur van die Patriot en die twee troue vriende, C.P. Hoogenhout en ‘Dominee’ se ouer broer, Oom Lokomotief, verlaat in 1891 die redaksie. Die vermelding van die koue feit verberg die diepste verskil van opvatting oor prinsipiële sake - en van leed! En van nou af lê die Patriot sy warme Afrikanerskap, sy onvervalste, vurige nasionalisme, neer. Sy slagaar word deurgesny en hy sal dood bloei, - want sy ontstaan, sy voortgang en sy regverdiging was juis hierdie volledige volksliefde en onvoorwaardelike nasiediens, - waardes wat nou wesentlik misken word.
Die Patriot-beweging verloor sy volkse karakter en word al meer en meer 'n eenmansbeweging. Maar deur en in ds Du Toit word die band met die oorspronklike strewe aan die ander kant insoverre bewaar as die saak van Bybelvertaling en die regte van Afrikaans as taal hom nog na aan die hart lê. Dit gee 'n eienaardige dualisme af: teen die volk, vir die volk se taal. So is ds Du Toit se Patriot-beleid ontrou en getrou: weens sy ontrou bloei hy dood, om sy trou vind dit langsaam plaas. Die spelling word nou ook meer foneties, en van 1891 word die ie-klank in geslote lettergreep met i i voorgestel, bv. viir vir vier. Die v-teken bly nog. | |||||
[pagina 97]
| |||||
In die genoemde periode 1891-1895 is daar één enkele werkie wat tot letterkunde gereken kan word, nl. die novelle Di Spogduiwel van ds Cachet (1892). Ons laat Melt Brink hier by die Patriot-uitgawes buite rekening. Verder is daar die reisbeskrywing Di Meer N'Gami en ander Noordelike Streke. Reissketse deur ‘Hendrik’ (Hendrik Barnard), 'n eentonige relaas; die vertalings onder leiding van ds S.J. du Toit, t.w. Di Eerste Boek van Moses, genoem Genesis (1893) en Di Evangeli vollens Matte'us (1895). Hierby noem ons ook Handboek ver Godsdiins Onderwys (1892), eweneens deur ds S.J. du Toit, net soos verder sy strydvaardige en gedagteprikkelende, helder-gestileerde Afrikaans ons Volkstaal. 71 Theses, of Stellinge, neergeleg en verklaar deur S.J. du Toit (1891) en die vertaalde Werkelike Geesverskynings (1892). Die heel eerste kookboek in Afrikaans moet ook vermeld word: Di Suid-Afrikaanse Kook, Koek en Resepte Boek, byeenversameld en geskrywe deur Mejufv. E.J. Dykman (1891).
Altesaam ag boeke in vyf jaar, dus dieselfde getal as in die eerste vyf jaar, maar hulle besit soveel minder frisheid en idealisme. Drie daarvan is bowendien vertalinge, twee van Bybelboeke en een oor geeste! Ds du Toit is verantwoordelik vir meer as al die ander tesaam. Hieronder is geen enkel digbundel nie! Behalwe in Afrikaans ons Volkstaal en Di Spogduiwel is die gees van die oorspronklike werke slap en flou. Die daling is diep. | |||||
(e) Die Periode 1896 tot 1907.Die Afrikaanse letterkundige en kultuurstrewe ondergaan 'n algehele verjonging met die oprigting van Ons Klyntji in 1896. Aan die spits staan weer daardie ondernemende persoon, ds S.J. du Toit, wat hierdie strewe in sy opgang en ondergang oorheers en beheers.
Op die Eerste Afrikaanse Taalkongres (- 'n gedagte deur ds S.J. du Toit reeds in die 46ste stelling in sy Afrikaans ons Volkstaal uitgespreek!), op 15 en 16 Januarie 1896 in die Paarl gehou, is besluit om 'n Afrikaanse tydskrif uit te gee ‘met di doel om ons Afrikaanse letterkunde an te kweek en ons nasi te ontwikkel.’ | |||||
[pagina 98]
| |||||
Op die Taalkongres het prof. Cachet gevra dat die tydskrif veral aandag sal wy aan die Afrikaanse letterkunde. ‘Dit moet ni 'n godsdienstig blad wees, mar tog nie van di regte pad dwaal. Dit moet 'n blad ver di huisgesin wees, 'n ware huisvriend.’ Nog duideliker word die doel aangegee by die aankondiging van prysvrae wat die redaksie uitskryf. ‘Ons doel is om Afrikaanse skrywers en dus 'n Afrikaanse letterkunde te form. Daarom sal ons di bekroonde prysfrage opneem, en fan di ander opstelle oek sofeul as dit wêrd is. Op di manier hoop ons goeie stukke te kry. Di Patriot het honderde geleer om te skrywe fer 'n koerant, Ons Klyntji moet tiintalle leer om goed te skrywe. Daarom sal op taal en styl net so gelet worde as op di inhoud. Alles suiwer Afrikaans: form en inhoud.’ (O.K., Junie 1896). Die tydskrif beoog dus letterkundige vorming van die lesers en wil in die plek van die Patriot se Byvoegsel tree, maar nou, behalwe in die persoon van sy redakteur, ds S.J. du Toit en deur die uitgewery, staan dit heeltemal los van die politiek. Dit was 'n nodige skeiding en het die blad ten goede gekom: so het C.P. Hoogenhout, om een te noem, as medewerker kon toetree. Die naam Ons Klyntji is, volgens die notule van Di Eerste Afrikaanse Taalkongres (1896), op voorstel van prof. S. Postma aan die maandblad gegee, maar Ons Klyntji van Maart 1896 (die eerste uitgawe) sê op bls. 5 dat dit van prof. Cachet afkomstig is. Die vignet toon 'n kindjie met skryfgereedskap, boeke en 'n suigfles. Na 'n jaar word die suigfles deur speelgoed vervang, en die kindjie het nou ook kleertjies aan. So word die kindjie elke jaar groter, soos veral aan sy kleredrag te sien is. Toe hy agt jaar oud was, kon hy al fiets ry, of, soos hy dit noem, 'n ‘twewiler.’ As motto het Ons Klyntji gehad: ‘Klyn begin, anhou win’ - die leuse wat C.P. Hoogenhout vir die Patriot voorgestel het. Ons Klyntji is beskou as 'n troetelkind. Hy is deur die redakteur, ds S.J. du Toit, opgevoed, en elke maand gaan lê hy besoek af by die duisende intekenaars. Baie briewe is aan dié ‘kind’ gerig waarin die lesers hom prys, hulle hande saamslaan oor sy oulikheid en sy verbasende kennis. By elke | |||||
[pagina 99]
| |||||
verjaarsdaggeleentheid het hulle vir hom presentjies gestuur met 'n gediggie daarby. Verneem ons nie die besorgde stem in die woorde van verwelkoming deur Oom Jan (C.P. Hoogenhout), en 'n bedekte waarskuwing aan die redakteur nie waar hy sê, verwysende na die swaarkry van die Patriot in die begin: ‘So sal dit met jou oek gaan;
Blyf mar an syn leus getrou:
‘Om ver Land en Volk te staan,
En ons Taal in eer te hou!’ (April 1896).
Ons Klyntji het in die begin jare van voorspoed gehad en hy is gretig gelees, veral deur diegene wat andersins selde lektuur ter hand geneem het. D.G.R. vertel ons (Julie 1896) hoe graag die tydskrif deur sy familielede en bure gelees word: ‘Myn frou, ik siin haar wynig lees,
Maar kom hy, ja, dis klaar met kees!
Fer haar moet ik dit gé.’
Baie persone het Ons Klyntji versoek om tog tweekeer in die maand besoek af te lê. Natuurlik het hy ook baie nuwejaars- en verjaarsdagwense ontvang, al was die rympies maar baie mank. Soms verdwaal hy, en dan klae die intekenaar: ‘Ek wag op Ons Klyntji soos 'n mysi op haar fryer.’ Nie net 'n ongekende leeslus nie, maar ook 'n vurige skryflus het in die beginjare losgebreek. Die redakteur vertel dat hy oorstroom word met verhale en gedigte vir Ons Klyntji. ‘Dit toon dat daar 'n nuwe gees ontwaak, nes in die dage fan di Patriot.’ Maar hy het gedurig klagte: baie lesers skryf gedigte oor uit die Patriot, of vertaal eenvoudig Nederlandse gedigte en verhale om dit dan as hulle eie werk in te stuur. Gewoonlik het die redakteur die ‘diewe’ betrap, maar 'n enkele keer het hulle hom tog gefop. ‘So stuur 'n ongenoemde frind fan Grasrand, Vryburg, my oek 'n Verhaal fan vroegere tyd.’ Mar toen ek dit inkyk was dit di ou Grikwa syn ferhaal hoe di Hollanders die Kaap ingeneem het, wat oek meermale gedruk is. So moet ek net wakker wees; want myn frinde wil my mar omspring om fer my oue stukke weer te laat opneem wat al froeger gedruk is.’ (O.K., April 1897). | |||||
[pagina 100]
| |||||
Ds Du Toit raak naderhand baie ongeduldig oor die stelery: ‘Frinde, hou tog op met di lollery, ek wil tog ni oue kos opwarm fer myn lesers ni; en kryg ek nou so'n oue stuk, dan kos dit my partykeer 'n hele boel moeite om te gaan nasoek waar en wanneer dit al froeger ferskyn is.’ (O.K., Maart 1899). Selfs van sy eie gedigte is aan ds Du Toit gestuur - soms is hy ook gevra om dit tog te verbeter! Die gebrek aan 'n verantwoordelikheidsgevoel en die swak besef van wat grappig is, blyk uit die baie growwe paskwille wat die redakteur gedurig moes afwys (Okt. 1896 en Okt. 1897). Ook moes aan die ingesonde stukke gedurig gedokter word, maar soms het die redakteur dit opgegee. In November 1897 sug hy: ‘Ek het baing moeite gedoen, mar ek kan gen kop of stêrt kry fan di gedig wat 'n frind fan Steynsburg my stuur ni, beginnende (sonder titel): “Sonder jou kan ek ni langer lewe.” As ek dit so opneem as dit is sal di lesers net so daarme moet sukkel en nou ek ni di verband of draad kan kry ni, kan ek dit oek ni ferbeter ni.’ Persoonlike belangstelling in die blad het ds Du Toit probeer opwek deur die uitskrywe van prysvrae en deur take op te gee. Die eerste drie pryse is uitgeloof vir: ‘1. di beste lys fan Germaanse woorde deur Afrikaners’ gebruik, 2. die drie beste grappige of leersame verhale, en 3. die drie beste dierestories. In Ons Klyntji van Julie 1896 word 'n fragment van 'n gedig gegee: Foor Honderd Jaar en nou en die lesers uitgenooi om dit klaar te maak. Die prys is verower deur M.H. Neser. Die studie van ons geskiedenis wou Ons Klyntji ook bevorder en daarom het hy pryse uitgeloof vir die beste oorspronklike verhaal en gedig uit ons geskiedenis. Daar het vyftien proewe in prosa en twaalf in poësie ingekom. Die pryswinners was P.J. Grobbelaar, M.H. Neser en B.R. Buys. Die bepaald didaktiese strekking kom duidelik uit in die baie populêr-wetenskaplike artikels wat in die bloeijare verskyn het. S.P., die skrywer van Pratjies o'er di Natuur (O.K., Maart 1896 tot Okt. 1897) verduidelik vooraf sy doel met die Pratjies: ‘Al di lesers het ni di voorreg gehad om di dinge in di Skool te leer ni, en tog sou menigeen van ons lesers | |||||
[pagina 101]
| |||||
graag 'n bitji meer weet van di wondere van di Natuur, wat ons elke o'enblik omring.’ Dit kos hom baie tyd en moeite om alles uit te snuffel, maar as dit vir sy lesers tot nut sal wees, ‘sal dit ver my di grootste beloning wees.’ Die stukke is bedoel vir oud en jonk, maar veral vir die oumense, want ‘di jonge mense verhef hulle te veul bo hulle ouers wat minder geleer is, en spog met hulle bitji geleerdheid, partykeer nog verkeerd oek. Di wat gen skole gehad het ni, kan hier maklik leer.’ Hy is 'n praktiese leermeester. As hy oor die aarde of die sonnestelsel praat, dan gebruik hy lemoene of koeëls om duidelik te maak wat hy wil vertel. 'n Grappie bring hy dikwels ook te pas. So vertel hy na aanleiding van die vraag of daar mense op die sterre is: ‘Eens fraag 'n jingo, wat al te danig trots was op syn geleerdhyd fer 'n eenfoudige boer, wat ni alles van syn praatjies wou opeet fer soetkoek: - “Ou oom, wat sê jy, is daar mense op di sterre?” - “Dit weet ik ni” sê Ou Oom, ‘één ding weet ek, daar is ferfas ni goud ni; want dan het Engeland al lank di goue ster geannekseer, of daarop anspraak gemaak, onder di foorwensel dat di inwoners fan di ster hulself ni kan regeer nie!’ Verder was daar artikels oor ‘Wondere fan di Sterrehemel’ (O.K. Nov. 1898 tot Mei 1900); ‘Hoe wonderlik ons gemaak is’ (O.K. Sept. tot Des. 1896) en ‘Di Folke fan di Aarde’ (O.K. April tot Okt. 1899). Belangrik is nog die geskiedenisrubriek, die afdeling oor taal en taalkunde (bv. Junie 1903, 'n polemiek) en die versameling Afrikaanse Volksliedjies. Die Raaisels het ook erg in die smaak geval - in die begin. Die vet jare het van 1896 tot 1899 geduur. Die dubbelslagtige karakter in die nasionaal-bewoë tyd van 'n stryd om lewe en dood het die blad kwaad berokken - onberekenbare kwaad. Die politiek het sy woordjie meegepraat: ds S.J. du Toit kon hom nie heeltemal daarvan onthou nie. In November 1899 gee hy self 'n beknopte lewensbeskrywing van generaal Joubert en generaal Buller, en in die Desember-uitgawe van Ons Klyntji publiseer hy die portret van genl. Piet Cronjé naas die van kolonel Baden-Powell, onder die opskrif: ‘Di Helde fan Mafeking.’ Die anti-republikeinse houding van die redakteur blyk baie duidelik uit sy roman | |||||
[pagina 102]
| |||||
wat as vervolgverhaal in Ons Klyntji verskyn het: Liifde in Oorlog. 'n Leser het aanstoot geneem aan 'n gedig: Di Ontset fan Mafeking (O.K., Mei 1900), en bedank as intekenaar. 'n Joiners liid (Junie 1903) keur ds Du Toit af, want ‘kyk, ek wil mos gen haat en nyd beforder ni...’ Tydens die Tweede Vryheidsoorlog gaan die blad agteruit. Verskeie vervolgverhale in die jaargang 1899 word afgebreek en nooit weer vervolg nie; ander het 'n martelaarsgeskiedenis gehad, want hulle het oor jare verskyn en sommige is eers in Ons Taal voltooi. Natuurlik kon die lesers nie die draad van hierdie verhale volg nie. Die gehalte van die letterkundige bydraes daal; geen bekende name vind ons meer in die laaste jaargange nie. Artikels wat die redakteur voorheen versmaai het, moes hy nou maar tevoorskyn haal om sy blad vol te kry. Eers wou hy net oorspronklike stukke gehad het, nou vertaal hy self uit Engelse tydskrifte. Die gereelde rubrieke het verdwyn, die persoonlike kontak met die lesers bestaan nie meer nie. Die omvang van die tydskrif het ook sterk verminder. Ons Klyntji het dus na liggaam en gees maer geword. Maar daar was ook uiterlike gebeurtenisse wat Ons Klyntji 'n knou gegee het, soos die Tweede Vryheidsoorlog. Die tydskrif het honderde intekenare in die twee Republieke verloor, en wat nog belangriker is, ds Du Toit, die redakteur, het in onguns geraak by die Afrikaners deur sy veranderde politieke houding. Hy was tog ook redakteur van die Patriot, en dié koerant was in 'n slegte reuk by die publiek. Die uitgawe van Ons Klyntji is selfs gestaak vanaf Maart 1902 tot Maart 1903, sodat die nommers van beide jare saam één jaargang vorm. Die ultra-fonetiese spelling van Ons Klyntji (sedert 1896 kom f in die plek van v) het ook nie tot voordeel van die tydskrif gestrek nie. In Desember 1906 het die laaste nommer verskyn. Die tydskrif het sy volk verlaat, en die volk het hóm toe weer in die steek gelaat. Tog was Ons Klyntji in die kleuterjare 'n heilsame verskyning gewees. Dit was 'n kind van belofte wat liefde ontvang en beantwoord het - tot aan die oorlog. Dit het die letterkundige kragte in hom saamgetrek en 'n tweede bloei tussen 1896 en 1899 gebring. As ons afsien van | |||||
[pagina 103]
| |||||
Melt Brink se werk uit hierdie jare, dan is drie van die vier belletristiese werke in Afrikaans in hierdie periode oordrukke uit Ons Klyntji (die eerste kon nog nie daarin verskyn het nie) en dit reeds toon dat ons 'n nuwe tydkring binnegetree het. Ons het die oog op hierdie vier werke: Magrita Prinslo; of Liifde getrou tot in di Dood. 'n Historise Toneelstuk uit di Tyd fan di grote Trek, deur S.J. du Toit (1896); Di Koningin fan Skeba, of Salomo syn oue Goudfelde in Sambesia. Historise Roman met Prente. Deur Ds S.J. du Toit (1898); Wat Geld kan Doen en ander Storiis en Gedigte. Deur M.H. N(eser); en Deur Hoogmoed Misly. 'n Verhaal, ook deur M.H. N(eser). Die twee laaste ‘- Duiwels’ van Cachet het ook nou in Ons Klyntji verskyn, maar is nie apart uitgegee nie. Die letterkundige oes vir die vier jaar is dus vergelykenderwyse vet. Beskou ons die vorm-aspek, dan is daar veel nuuts. Wel is hier geen gedigteversameling of versebundel nie, maar met Magrita Prinslo het ons ons eerste gedrukte Afrikaanse toneelstuk (met ‘gedrukte’ sluit ons Di Bedriegers uit). Wel is hierdie poging nog op die episodiese plan van historiese gebeure, is die bou los en selfs gebrekkig, die karaktertekening en botsing veelal uiterlik, maar tog besit die stuk met sy frisse gang, lewendige dialoog en kleurryke afwisselinge in sy simpatieke voorstelling van 'n heldhaftige tydperk in ons geskiedenis, 'n bekoring wat dit nog nie verloor het nie, veral vir 'n plattelandse gehoor. Die romantiese lyn in ons prosakuns begin met Catharina, die Dogter van die Advokaat (1879) en klim in hierdie tydvak die hoogte in. Daarmee streef dit die realistiese lyn soos bepaal deur ds J. Lion Cachet se boerenovelles vir die eerste keer verby. By ds Cachet is die dryfveer nog die stigtelike, al het sy ware kunstenaarstemperament hom daartoe gevoer dat die tendens dikwels op die agtergrond geraak het. By Neser is die dryfveer die vermaaklike. Maar hy het die oog op die literêr swak-ontwikkelde leser van Ons Klyntji gehad, en, selfs al kon hy, het hy nie hoog gemik nie. Daar was meer ambisie as skeppingsvreugde. Tog is sy werk nog nie na verdienste gewaardeer nie, wat ten dele seker aan die ongunstige tye te wyte was. | |||||
[pagina 104]
| |||||
Beide vermaak en lering was die bewegende kragte agter ds S.J. du Toit se historiese roman. Hoewel dit na die verre verlede teruggryp, en, behalwe deur ons godsdiens, 'n periode behandel wat geen direkte verband met ons volk hou nie, open dit die ry van historiese romans in Afrikaans wat nou spoedig gaan volg. Sedert twee jaar het ook D'Arbez hiermee begin; hy put uit ons eie volksverlede maar skryf in eenvoudige, Afrikaans-getinte Nederlands en werk met 'n dialoog wat na aan Afrikaans staan. Ook in 'n ander opsig verdien Di Koningin fan Skeba besondere aandag. Dit is in opset en konsepsie die mees ambisieuse Afrikaanse letterkundige werk van hierdie beweging. Breed is die opset van die verhaal met 'n dubbele veld van belangstelling: eerstens in die avontuurlike lotgevalle van die reisgeselskap en verder in die romantiese liefdesgeskiedenis van die koningin. Die skrywer is 'n belese man wat baie oor die geheim van die Simbabwe-ruïnes nagedink en 'n aanloklike persoonlike beskouing oor die geheim het. Die gees agter die roman is kragtig en sleep die leser in dinamiese vertes mee - oneindig sterker as by De Waal se intrige-romans wat hulle dinamiek net aan sy warme vaderlandsliefde ontleen. In die laaste instansie vind ons, na aanleiding van hierdie werke, dat ds S.J. du Toit vir die eerste keer ook op prosagebied vir hom aan letterkundige werk wy. Tot nou het hy, behalwe in 'n paar mooi gedigte en ballades, sy pen nog net in diens van die leersame en godsdienstige gestel. Daarom kan ons, wat die skrywers aangaan, met enige reg van 'n nuwe garde in hierdie nuwe herlewing praat. Die Afrikaanse werke wat nog oorbly, bring niks nuuts nie. Praktiese sake behandel die volgende: Di Eerste Afrikaanse Taalkongres gehou an Di Paarl, 15 en 16 Jannewari 1896 (1896); die Verslag van Taalkongres en Samenkomst... net die eerste 15 bladsye in Afrikaans (1897) en Bybelse Vrage en Antwoorde in Afrikaans, deur ds S.J. du Toit (1897). Om die verandering van opset kan ons as 'n nuwe boek beskou: Fergelykende Taalkunde fan Afrikaans en Engels deur S.J. du Toit (1897). Die werk van Bybelvertaling is onder baie werksaamhede getrou voortgesit en in 1898 het weer verskyn Di Openbaring fan Jesus Gristus. Met antekeninge deur S.J. du | |||||
[pagina 105]
| |||||
Toit. Tot stigting van gelowiges is die vertaling uit die Engels van kardinaal N.P.S. Wiseman deur Totius bedoel: Fabiola; of Di Kerk fan di Katekombe, 'n oordruk uit die Patriot (1899). Die opbloei was kortstondig. Die oorlog het nie net moeilikhede van 'n illogiese aard gebring nie (belemmerde posverkeer, geldskaarste, opbreking van die huislike kring), maar die teenstellings tussen redaksie en die leserspubliek tot op 'n breekpunt verskerp. Die tydperk 1900-1906 word die laaste. In 1904 raak die firma D.F. du Toit en Co. bankrot, die Patriot sterf ook, en twee jaar later Ons Klyntji. Die boeke uit dié tydvak is van weinig belang, behalwe miskien die Patriot-Woordeboek (1902 en 1904). Wel kom daar nog 'n oorspronklike werkie van 'n nuwe talent: 'n Haastige Huwelik en wat daarfan geworde het deur Barbu (B.R. Buys), 24 blss., in 1905 uitgegee deur die Paarl Drukpers Maatschappij, die voortsetting van die ou firma onder 'n nuwe beheer en naam. Origens is die werke vertalings (Di Skool op di Heide, uit Hollands, 1903?) of versamelings (De Gezellige, 1902, 'n ontspanningsboek met baie Afrikaanse stukke; Afrikaanse Gedigte. Byeenfersameld uit wat in di laaste 30 Jaar ferskyn is, 1876-1906, (1906) en Eerste 20 Afrikaanse Lidere met Musiik (1906). By één wil ons 'n oomblikkie stilstaan. In 1901 verskyn Afrikaanse Gedigte ‘Sewende Fersameling’ met die aanduiding ‘O'ergedruk uit di Patriot.’ Die bundeltjie stem ons diep tragies. Die lewe is weg, die mat grysheid het ingetree. Van al sewe die versamelings is hy die beskeidendste en swakste. Slegs honderd bladsye tel hierdie boekie van 4 by 5⅞ dm. En tog dek dit die periode van 1889 tot 1901, dus dit loop oor 'n twaalf jaar waarin gebeurtenisse soos die Jamesonstrooptog en die bange worsteling van die Tweede Vryheidsoorlog vir hulle afgespeel het. Hoe anders was dit nie gedurende 1880-1885 toe die gemoedere lang nie so ontroerd en gespan was nie en daar tog elke jaar (behalwe in 1884) 'n verdienstelike versameling verskyn het. En dan die inhoud! Mat soos die lig van 'n lamp wat nie meer olie het nie! Verreweg die grootste gedeelte word in beslag geneem deur gedigte wat onveranderd of gewysig oorgeneem is uit ander blaaie (Ons Land, Express, De Voor- | |||||
[pagina 106]
| |||||
trekker en Land en Volk), gedigte ook wat afkomstig is van persone buite die beweging (Maskew, Melt Brink), dan vertalinge, veral uit Engels, maar ook uit Duits, en 'n omwerking van 'n Nederlandse gedig van ds Du Toit. Die geesdrif wat vroeër 'n eie stem gekry het, is weg. Die heldere stroom Afrikaanse gedigte het troebel geword deur al die modderwatertjies. Bekende name mis ons. Bedroge Liifde van C.P. Hoogenhout is ‘o'ergeneém,’ ander gedigte van hom is uit Land en Volk van generaal Ben J. Viljoen gehaal. Maar ook glanspuntjies vang ons oog op, soos die toetrede van J.D. du Toit (Totius), wat, net soos met die reeds genoemde Fabiola, vir hom die nodige vaardigheid verwerf deur vertaaloefeninge, meestal van ballades en romanse. | |||||
(f) Nawerking (1907-1918).Nou moet die uurwerk nog net afloop. Die tweede fase van die Afrikaanse Beweging het reeds begin en alle poginge om die ‘nuwe’ aan die ‘oue’ te verbind, word deur die jonger en beter-toegeruste geslag van die hand gewys, o.a. omrede van die ‘politieke geurtjie’ wat die Paarlse beweging van ds Du Toit aangekleef het. Ook die opsy-skuiwing van die ou garde is 'n gebeurtenis wat elemente van diepe tragiek bevat. Die ou beweging wou nie sterf nie! Sy krag het altyd in die feit gelê dat hy 'n eie orgaan had, en terwyl Ons Klyntji ‘ni meer (wil) kom nie’ rig ds Du Toit 'n nuwe maandblad op, nl. Ons Taal, wat op ‘15 My 1907’ sy eerste buiging maak. Want ‘nou met di nuwe beweging op taalgebiid denk ek dit hoogs wenselik dat di beweging tog één tydskrif het, waarin net Afrikaans geskrywe word.’ Ds du Toit hoop nog om die jongeres se steun te erlang en sy apologetiese toon klink waarlik pateties. ‘Ek (lees: Ons Taal) hoop dus dat ek ook sal welkom wees.’ Die verwagting was dat Ons Taal die mondstuk van die nuwe beweging sal word. Ds Du Toit maak met die oog daarop toegewings op die gebied van die spelling, en sê, ‘... frinde wat fan my wil gebruik maak is folkome frygelaat om te skrywe na ferkising, en ek sal elkeen frylaat om syn yge spelling te folg.’ (Ons Taal, Mei 1907). Dit het, soos Von Wielligh | |||||
[pagina 107]
| |||||
aantoon, tot spellingverwarring gevoer (Baanbrekerswerk, 1925, bls. 101). Ook is verslae omtrent die Afrikaanse Taalvereniging en berigte oor sy leiers opgeneem (Kyk Jg I, p. 6; II, nr 10, p. 6, III nr I, p. I; III, nr 3, pp. 1 en 4) - maar die jongeres wou nie die hand aanneem nie.
In der waarheid is Ons Taal net 'n voortsetting van Ons Klyntji. Daar is nie net die uiterlike ooreenkomste nie (formaat, tipografie, maandblad, redakteur, uitgewery, ens.), maar ook andersins word die ou tradisie voortgeplant. Die onvoltooide vervolgverhale van Ons Klyntji (Buys se Terug in Lewe en 'n Haastige Huwelik; verder Di Tower-Dokter) word voortgesit. Verskeie ou stukke word weer opgedis en so verskyn in die fonetiese spelling die Geskiedenis fan di Afrikaanse Taalbeweging van 1880 stuksgewyse vanaf die eerste aflewering, ook met die oog op ‘di nuwe beweging fer Afrikaans.’ Veral van belang is die Afrikaanse Taalskat fan spreekwyse, gesegdes en uitdrukkings, fersamel deur S.J. du Toit, wat in die eerste nommer van die tweede jaargang begin. Ook dit is wesentlik 'n voortsetting.
Dan is daar die ou-bekende rubrieke, soos die populêrwetenskaplike praatjies (Jg. I, nr 1, pp. 7-8, I, 5, p. 19; II, 1, p. 6 e.v.) raaisels en oor boerdery deur H.H. In teenstelling met Ons Klyntji is anekdotes en verhaaltjies skaars, omdat die kontak met 'n wye plattelandse leserskring afwesig is; maar aan die ander kant kry ons volop toneelspelletjies, meestal eenbedrywe (net soos ook in De Goede Hoop van hierdie tyd).
Die vernaamste skrywer, na ds Du Toit self, is G.R. von Wielligh, wat soms byna 'n hele aflewering gevul het. Ook van J.T. Odendaal is heelwat sentimentele verhaaltjies en rympies opgeneem met die liefde as stimulus. Van Totius het net één gedig verskyn: Di laaste Afrikaner (Julie 1907).
Iets nuuts of vernuwends het Ons Taal nie meer gebring nie. Dit het ds Du Toit se tydskrif gebly, en na sy stem wou die Afrikaners nie meer luister nie. Hy was nog 'n generaal, maar sonder 'n leër. Al sy poginge om sy taal te dien nieteenstaande die menigte teenslae en die bittere miskenning, is 'n onomstootlike bewys dat ds S.J. du Toit Afrikaans waarlik lief gehad het en sy offers wou bring. Hy het gewerk tot 'n | |||||
[pagina 108]
| |||||
late uur en die geloof behou, toe ander in moedeloosheid, die wapenrusting reeds lang gelede sou afgelê het. Tot 1909 het ook nog 'n paar werkies verskyn wat die merkteken van die ou beweging aan die voorhoof gedra het. Di Psalme (In Afrikaans fertaald) deur S.J. du Toit e.a. (1907) toon dat die oorspronklike doelstelling van die Genootskap van Regte Afrikaners nog die harte van 'n Gideonsbende brandende hou. Ds Cachet se Sewe Duiwels en wat hulle gedoen het, kom in 1907 in een bundel uit. Ons eerste Afrikaanse speurverhaal is 'n oordruk uit Ons Klyntji en Ons Taal, t.w. Di Tower-Dokter (1908). Verder is daar van die nuwe skrywer, G.R. von Weilligh, sy eersteling Dire Storiis (soos deur Hottentots ferteld) (1907), en By'e Teelt (1909). Dit bly almal dun werkies en onaantreklik versorg. Die Afrikaanse Almanak, burgerlik en kerklik, wat deur die Genootskap vir die jaar 1877 begin is, loop met 'n onderbreking gedurende die Tweede Vryheidsoorlog en weer gedurende die Wêreldoorlog, deur tot 1918 as publikasie van die uitgewersfirma in later jare. Die lewenstekens word minder. In 1911 val ook die oue eik, ds S.J. du Toit. 'n Man met visioene en die wil om te lei - dit was hy. Die tragiek van hierdie lewe is die beloftes wat onvervuld gebly het. Hulle strewe het G.R. von Wielligh telkens onder die aandag van die jongeres gebring en sy roeping verstaan in die gees van die ou garde. Homself het hy, soos hy in sy huldigingswerk Eerste Skrijwers (1918) gesê het, bestempel as ‘die laaste stem uit die ou Genootskap van Regte Afrikaners.’ As ons die hele periode van 1795-1906 in sy ontwikkeling wil saamvat, dan kan ons dit in drie fases skets: tot 1860 is die stukke net sporadiese verskynings en eksperimente in koddigheid in die vorm van briewe, samesprake en liedere. Daarna kom meer durf maar nie veel fyner, dieper lewe nie. Eers na 1875 kom groter selfbewuste gevoel. Die lied word die ‘gedig,’ wat nie meer op die wysie van iets anders teer nie, maar reeds 'n eie rym- en ritmewet volg, deur homself gestel. Die briewe, d.i. vertellinge en mededelinge in gesprektoon, maak ook plek vir groter onafhanklikheid deur mededelings van anekdotes, stories, vertellings, ja selfs deur die opkoms | |||||
[pagina 109]
| |||||
van drie novelles (Hoogenhout, Cachet) en die roman (Du Toit, Neser, Buys). Die samesprake word ook tot 'n groter, bindender eenheid saamgesnoer in Magrita Prinslo en baie een-bedrywe, veral in Ons Taal. Op alle vormterreine is daar uitbouing merkbaar. Maar ons mis nog konsentrasie in die komposisie, grootsheid van konsepsie en diepte van belewing. Die kortverhaal, ter verduideliking, is nog onbekend, en van gesonde kritiek is daar geen sprake nie. Die fase 1875-1906 het twee toppunte: die eerste beweeg om die Eerste Vryheidsoorlog, die tweede val saam met die verjonging wat Ons Klyntji bring. Oor die algemeen het hierdie dertig jaar getoon dat die Afrikaanse beweging 'n aantrekkingskrag het wat in breedte en diepte van veld toeneem. Dit was 'n periode van oortuiging, oefening en eksperiment. As die beweging doodgebloei het, dan moet die oorsake nie in die letterkundige voortbrengsels gesoek word nie - hulle was die uitkomste van die drange van hulle tyd - maar in bykomstige sake wat die fontein vertroebel het; die fontein self het die behoeftes van die dorstige bevredig solank as die waters rein gestroom het. |
|