Versamelde werke
(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermd1. Die Vonnis op Regter De WildtEerste verskyning Die Vaderland, 14 September 1934. | |
2. Die Pas van SantareyEerste verskyning Die Vaderland, 29 Desember 1933. Hoewel Marais hierdie verhaal laat in sy lewe geskryf het, was dit blykbaar sy voorneme om iets imposants daarvan te maak. Die herkoms van die sonderlinge aanhef is onbekend. Die hooffiguur in die verhaal is weer die bekende dr. Paul de Roubaix, dié keer in die ‘hoogste klowe van die Lakenveld-gebergte besig met die insameling van Euphorbiaciae’. p. 932: Die eerste paragraaf op dié bladsy is oorspronklik deur die volgende sin afgesluit: ‘Wat dit bepaald was wat my die indruk gegee het, herinner ek my nie meer nie. Ek dink dat dit uit mnr. Durand se algemene houding voortgespruit het eerder as uit iets definitiefs wat hy sou gesê het.’ Hierdie onnodige omslagtigheid, soos ook enkele ander langdradige sinne in die verhaal, is geskrap. | |
3. Ondergang van die Tweede WêreldEerste verskyning Die Vaderland, 20, 24 en 27 Mei 1933. Die vreemde oorsprong van hierdie ewe vreemde verhaal word in Die Groot Verlange behandel (p. 459 e.v.). Dit het oorspronklik as ‘Ondergang der Tweede Wêreld’ in die koerant verskyn; eers met publikasie in boekvorm is die ‘der’ in ‘van die’ verander. Die verhaal toon opvallende ooreenkomste met 'n toekomsverhaal deur Flammarion (Marais het graag na hom verwys), La fin du monde, wat in 1894 verskyn het en in dieselfde jaar as Het vergaan der wereld in Nederlands vertaal is. Dit lyk asof Marais by die skryf van ‘Ondergang’ bewus of onbewus van onverwerkte herinneringe gebruik maak, soos blyk uit sy gebruik van die Nederlandse genitief ‘der’. Ewe merkwaardig is die woord ‘tweede’ in die titel. Sonder kennis van Flammarion se boek (waarin die ‘eerste wêreld’ met 'n komeet bots en die ‘tweede’ deur uitdroging vergaan) is ‘tweede’ sinloos, aangesien dit nooit in Marais se verhaal genoem word nie. p. 950a: ‘Hierdie skeur was tot aan die rand met water gevul’: Op hierdie sin het in die oor- | |
[pagina 1284]
| |
spronklike uitgawe die volgende woorde gevolg: ‘... effens lou, wat my die bewys gelewer het dat dit 'n “bad” was wat uit die onpeilbare diepte van die aarde opkom.’ Hierdie woorde is geskrap omdat hulle onsinnig is in die lig van die skrywer se verklaring van die wêreldramp soos dit op p. 948 verskyn, nl. dat 'n groot holte in die middel van die aardbol al die oppervlakte-waters in ‘onbereikbare dieptes laat verdwyn’. p. 962: Die woord ‘mettertyd’ (vyfde reël van bo) was in die oorspronklike uitgawe ‘binne enige weke’, wat m.i. onoortuigend was. p. 962b: ‘Meer as 'n jaar’ in die oorspronklike uitgawe is vervang deur ‘meer as twee jaar’; dit was ten slotte twee jaar voor die verteller eens sy skuilplek naby Nastergal verlaat het (p. 950b). p. 964: Daar is 'n versoeking om die afstootlike slagting wat op hierdie bladsy beskryf word, te sien as 'n voorspooksel - of, meer vergesog, 'n voorspelling - van wat skaars tien jaar later in Europa in die deur Duitsland verowerde gebiede sou gebeur. Maar dan onthou 'n mens dat Stalin nog voor die publikasie van hierdie verhaal reeds miljoene van sy landgenote uitgewis het. p. 965a: Die laaste drie reëls in die tweede paragraaf het in die oorspronklike uitgawe as volg gelui: ‘... woordeloos gelaat het, elkaar met verbleekte gesigte aanstarende. Spoedig kon ons uitmaak dat dit Kafferstemme is, singende en skreeuende.’ Dit was een van die minderheid gevalle waar heelwat herskryf is. | |
4. Swart Bobbejane of AmnestieEerste verskyning Die Vaderland, 2 September 1933. Weer 'n merkwaardige mengsel van waarheid en verdigsel, asook 'n vermenging van tema. Marais begin met 'n kort verhandeling oor die kleur van bobbejane. Spoedig slaan hy oor in 'n storie. Hy is eerlik genoeg om saaklik op te merk: ‘Ek gaan nie ons reis beskrywe nie en die swart bobbejane verdwyn ook geheel en al uit hierdie geskiedenis.’ p. 973c: Marais het die jaartal onvoltooid gelaat: 189-. Moontlik wou hy die juiste datum kontroleer en later invul. Die diamant-jubileum van koningin Victoria se kroning is in 1897 gevier. Marais meld ook die datum 9 Januarie (sy verjaardag!), wat geskrap is omdat dit nie gekontroleer kon word nie. As dié datum korrek is, het Marais die jubileum dalk nog kon bywoon - of net misgeloop. Hy is op 19 Januarie 1897, kort na sy aankoms in Londen, as regstudent tot die Inner Temple toegelaat. p. 974b: ‘... die jare sewentig ...’: Ook hier het Marais 'n verkorte jaartal gehad, nl. 187-. Aan die einde van die vierde laaste paragraaf was daar: ‘vyf-en-twintig jaar ná die amnestie hom 'n vry man gemaak het.’ Dié woorde is geskrap omdat hulle kennelik foutief is. | |
5. Die DiamantEerste verskyning Die Vaderland, 15 Desember 1933. | |
6. Die Sonop-Moordp. 980c: Ná ‘die klein Bosvelddorpie Sonop’ was daar die volgende parentese: ‘... die leser moet goed verstaan dat die naam niks te doen het met die huidige nedersetting van die naam nie want ons verhaal speel lank voordat dit tot stand gekom het en ook op 'n heel ander plek.’ Die woorde is geskrap omdat hulle m.i. oorbodig is. Die KENNIS-pleknaamregister gee Sonop aan as 'n ‘aanleg met poskantoor wes van Brits’, wat dit laat lyk asof die werklike Sonop sedert Marais se tyd nie veel gegroei het nie. p. 984b: Ná die woord ‘asphyxia’ (sic) het Marais tussen hakies by wyse van verklaring ‘verwurging-ademloosheid’ bygevoeg. Die woorde is geskrap. | |
7. Die Man te PerdEerste verskyning Die Boerevrou, Desember 1927. As 'n mens jou in Marais se werk verdiep, besef jy weldra dat 'n subtitel soos ‘'n Ware spookstorie’ heel moontlik die teenoorgestelde beteken! Soos voorheen vermeld, verwys Marais in sy verhale graag na werklike plekke en selfs persone ten einde die verhaal die skyn van werklikheid te gee. In ‘Die Man te Perd’ is | |
[pagina 1285]
| |
Die sketskaart van die omgewing wat in die oorspronklike publikasie by ‘Die Man te Perd’ (p. 987) verskyn het. Die kaart en die verhaal, veral as hulle saam gesien word, gee so 'n duidelike, spesifieke beeld van die omgewing van die polisiepos waar Marais as resident-vrederegter opgetree het, dat die leser maklik kan aanneem dat die verhaal op feite gebaseer is.
hierdie tegniek baie oortuigend. Ek het aangeneem dat dit op werklike gebeure gebaseer was totdat Marais se seun my ontnugter het. Aanvanklik het ek gemeen om die sketskaart wat by hierdie verhaal verskyn, weg te laat. Toe ek later besluit dat dit sekere lesers tog sou interesseer, was dit om tegniese redes al te laat om dit nog by die verhaal te plaas. Ek druk dit dus hier af. p. 990a: ‘Pas geopende tinmyn’. Die tinmyn op Doringhoek waarna ongetwyfeld hier verwys word, is in 1910 geopen. Marais plaas die gebeure twaalf jaar ná die Driejarige Oorlog, d.w.s. 1914. |
|