Versamelde werke
(1984)–Eugène Marais– Auteursrechtelijk beschermdLaramie die WonderwerkerEerste verskyning Ons Vaderland, Junie en Julie 1932. Hierdie verhaal is ongeveer vier jaar voor Marais se dood geskryf, toe sy lewenswyse en morfine-afhanklikheid hom reeds aan feitlik elke vernedering blootgestel het. Die verhaal is literêr onbenullig, maar uit 'n biografiese oogpunt is dit van belang omdat hy daarin ‘miskien deels onbewus, 'n satiriese beeld gee van die man wat hy in sy eie oë geword het. Hy self is Laramie die Wonderwerker, die vroeër magtige towenaar wat nou soos 'n verloopte Don Quixote op 'n maer perd en met gelapte klere deur die wêreld sukkel, met 'n gesig waarop “uiterste neerslagtigheid en droefgeestigheid die vernaamste, feitlik die enigste, uitdrukking vorm”’. (Die Groot Verlange, p. 441.) p. 847b: ‘Skat’ Pretorius is kennelik gebaseer op Marais se groot vriend en weldoener uit sy Heidelbergse tydperk, Connie Pistorius. Ook Pistorius was baie ryk, het ‘te midde van rykdom en weelde grootgeword’ en was erg geheg aan groot en duur motors. p. 855b: Houdini, Eusapia Palladina en (tot die beste van my wete) ook die twee Miss Croswells was werklike mense; Maskaleyne en Cook miskien ook. Marais het seker nie self al hierdie mense sien optree nie, maar dit lyk waarskynlik dat hy gedurende sy vyfjarige verblyf in Europa meermale vertonings van sg. bonatuurlike verskynsels bygewoon het. | |
[pagina 1283]
| |
Die Pad van DromeEerste verskyning Die Vaderland, 18 Februarie 1933. p. 898b e.v.: In Die Groot Verlange (p. 446) verskyn die teorie dat hierdie drome van 'n verlate stad in werklikheid weerspieëlings is van angsdrome waaraan Marais gereeld gely het. ‘Die oorheersende element van die droom is nie visueel nie, maar bestaan uit 'n ontsettende angs, 'n besef van naderende onheil; dit is 'n intenser vorm van die beklemming wat Eugène Marais reeds in sy wakende uur ondervind’. p. 899b (voorlaaste reël van tweede paragraaf): Die woorde ‘so naby’ was in die oorspronklike uitgawe ‘nog so ver’, maar dit is seker nie wat Marais bedoel het nie. p. 906b: In die oorspronklike uitgawe het 'n artikel, ‘Merkwaardige Verhaal van 'n Verlore Seun’, tussen hierdie twee verhale verskyn. Dit is egter weggelaat omdat die verhaal van Willem Venter se verdwyning ook op minstens twee ander plekke vertel word. | |
Algemeen1. Die Man met die MantelEerste verskyning Die Vaderland, 24 November 1933. p. 915c: ‘'n Minuut of wat later’ het in die oorspronklike uitgawe gelui ‘vyf sekondes’, wat erg onwaarskynlik klink. | |
2. Die Swart AasvoëlEerste publikasie onbekend. |
|